Your Advert here
cure-real
Results 1 to 2 of 2

Thread: Die onskuld van kinders.

  1. #1
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Die onskuld van kinders.

    Ons een dogter vertel van n klein 4 jarige dogtertjie wie se pa langs die Oranjerivier boer. Hulle plaasbestuurder kry toe twee klyyyn skilpadjies en gee vir Patat enetjie. Na n rukkie kom sy by die bestuurder aan en vra:" Oom , my skillie gaan darem te alleen wees. Kan oom se skillie nie vanaand by my skillie kom kuier vir n 'oorslaap-kuier' nie?" (Stel jou daardie ernstige ogies van n 4 jarige voor terwyl sy dit vra....) So gemaak , so gedaan . Die volgende oggend is daar krisis want ALTWEE skillies het weggeloop .... en trippe trappe trone moes sy toe vir die plaasbestuurder gaan 'verslag' doen oor die treurmara... Natuurlik was die bestuurder nie kwaad nie , maar die besorgde houding van die klein dogtertjie kan ek my voorstel...

    Gisteraand se haar mamma haar aan om te gaan bad , maar sy kry te koud om voor die kaggel weg te gaan en dink toe gou n verskoning uit: "Mamma, dis so koud vanaand , ek dink nie Liewe Jesus sal omgee as ek nie vanaand bad nie...." Kinders hoef nie manipulasie te gaan leer nie. Hulle word met daardie vermoe gebore !

  2. #2

    Re: Die onskuld van kinders.

    Skilpaaie ( of is dit nou skilpede ? ) is meesters van ontsnapping !
    Weet nie hoe hulle dit reg kry nie, maar hulle kry bykans altyd 'n manier om weg te glip.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bid vir kinders
    By Willem in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 58
    Last Post: Oct 6th 2011, 11:31 AM
  2. Behoede die kinders
    By Son of the South in forum Families vir Christus
    Replies: 12
    Last Post: Mar 25th 2011, 12:21 PM
  3. Hoe dissiplineer jy jou kinders?
    By Lanie in forum Families vir Christus
    Replies: 25
    Last Post: Mar 1st 2011, 08:36 AM
  4. Die effek van TV op kinders
    By Son of the South in forum Families vir Christus
    Replies: 21
    Last Post: Dec 6th 2010, 08:33 AM
  5. Jou kinders en Halloween???
    By Francois Marais in forum Families vir Christus
    Replies: 20
    Last Post: Oct 22nd 2010, 07:40 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •