Your Advert here
cure-real
Results 1 to 6 of 6

Thread: God se beheer is ons behoud

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    God se beheer is ons behoud

    Hieronder is iets wat op my hart lê en ek deel dit graag. As enige iemand kommentaar wil lewer, is jy welkom.

    God se beheer is ons behoud

    Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus.
    (1Kor 7:22)


    God se beheer is iets wat baie mense nie van hou nie, inteendeel, mense verag dit, want hulle dink dit neem hulle vryheid weg. Die mens wil vry wees en inherent wil geen mens gebind wees nie. Miskien is dit omdat mense nie Sy beheer verstaan nie, dat hulle selfs vry buite God wil wees ook. Jy moet werklik bereid wees om Sy robot te wees, sodat jy vry kan word. Jy word egter nooit ‘n robot in Hom nie, maar kry eers jou werklike identiteit wanneer jy jouself moet verloën, en soos Christus word - Hy moet meer word, maar ek minder (Joh 3:30). Dit is eintlik ‘n oksimoron (teengestelde begrippe), wanneer mens ‘n slaaf word, om vry te wees. Net so as jy eers moet sterf, om te kan lewe (1Kor 15:31; Gal 2:20) en swak moet word, om sterk te wees (2Kor 12:10). Die self moet totaal verloën word om Christus se volg (Luk 9:23) en jy moet werklik deur God beheer word, om vry te wees (Filp 2:13). Dit is dan ook die dwaasheid van die kruis, wat sondaars red (1Kor 1:18). By die Here werk dinge anders as wat ons op die oppervlak lees en Jesus het spesifiek in gelykenisse gespreek, sodat Sy beheer nie ons soewereine domein word nie (Mat 13:13-14). Kyk maar wat die mens se vryheid vermag het in die modernistiese era van die wetenskap, met iets soos evolusie wat God se beheer as soewereine Skepper minag.

    Die Bybel het geen ander boodskap nie en die geskiedenis bewys hierdie waarheid, toe ‘n man wat God se beheer ten koste van die mens se sogenaamde vryheid weer eerste gestel het, ‘n beweging in die geestes-wêreld veroorsaak het, wat ons vandag as die Reformasie ken. Hierdie man se grootste werk was, ‘The Bondage of the Will’ en sy naam was Martin Luther. Dit het uit en uit daaroor gehandel dat die mens nie vry kan handel soos o.a. geleer was in die Roomse Kerk nie (wat juis mense gevange geneem het), maar vry gemaak moet word, want sonde heers oor die mens totdat God jou vry kom maak.

    Ons het Sy beheer nodiger, as wat ons self wil erken en hoe gouer ons besef, dat Hy die aktiewe vennoot in ons verhouding is en ons die reaktiewe vennoot, hoe vinniger sal ons binne Sy wil leef. Sy wil is nie moeilik om te verstaan nie, dit gaan oor oop en toe deure. Ons kan nie self die deur oopmaak… en dink dit sal oopbly nie, maar as Hy die deur oopmaak, maak niemand dit toe nie (Open 3:7)! Ons redding is ook nie uit onsself nie, maar uit Hom en tot Hom en deur Hom is ALLE dinge (Rom 11:36). Dit is nie wat onsself moet doen om gered te word nie (Joh 1:13, Efe 2:8, 9), maar wat ons moet erken, Hy alleen doen en slegs dan sal ons spontaan in Sy genade vloei, sonder inspanning, sonder die ‘eie ek’ wat juis nie moet lewe nie, want dan is jy in die pad van die Almagtige Here wat soewerein werk (Rom 8:28-30)!

    Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig? Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?
    (Jes 40:13-14)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #2

    Re: God se beheer is ons behoud

    PRE-SIES wat ek vandag nodig het.

    Ek is interesant genoeg besig met 'n Bybelstudie oor heeltemal iets anders, maar loop as te ware vas teen hierdie einste beginsel om elke hoek en draai : God is inderdaad 100% in beheer, maak nie saak watse draaie ons lewens draai nie.

    Dankie !

  3. #3
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: God se beheer is ons behoud

    Pragtig en een van die pilare waarop die Evangelie staan! Ek kan nie verstaan hoekom so baie mense ten alle koste beheer van alles in hulle lewens wil behou nie... Die vrede en rus kom as jy n aan God oorgegewe lewe lewe , wetende dat alles in Sy almagtige hande is.

  4. #4
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    187

    Re: God se beheer is ons behoud

    Quote Originally Posted by protea View Post
    Pragtig en een van die pilare waarop die Evangelie staan! Ek kan nie verstaan hoekom so baie mense ten alle koste beheer van alles in hulle lewens wil behou nie... Die vrede en rus kom as jy n aan God oorgegewe lewe lewe , wetende dat alles in Sy almagtige hande is.
    Janee, ek stem. Met Hom aan die stuur in mens se lewe kan dit net beter en beter gaan. Die Bybel se mos dat die reen op die gelowige en op die Goddelose val. As hulle maar besef wat sou gebeur as God moes onttrek uit die wereld uit...

  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10

    Re: God se beheer is ons behoud

    As ons nie glo dat God nie in beheer van ons lewens is nie.... waar is ons hoop dan??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  6. #6
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    187

    Re: God se beheer is ons behoud

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    As ons nie glo dat God nie in beheer van ons lewens is nie.... waar is ons hoop dan??
    Janee, goeie vraag. Ek onthou nog die jare toe ek gedink het ek is in volle beheer. My lewe was soos 'n rubber bootjie op 'n stormagtige see. Dis 'n goeie ding dat ons Here se liefde en genade groot genoeg is om ons terug te roep na Homself toe. Hy het my terug geroep - en toe ek luister, en terugkom, toe raak die storm stil. Toe wys Hy my wat Hy kan doen in iemand se lewe wie maar net probeer om Hom te volg.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •