Ferdie, dankie vir die skrifte wat die besprekings vir my duidelik ggemaak het.
Ta-An dankie vir die PPP.
Dankie vir al die terugvoering. Ek weet nie of dit moontlik is nie, maar as 'n mens die Heilige Gees beter kan leer ken, wil ek graag.
Ferdie, dankie vir die skrifte wat die besprekings vir my duidelik ggemaak het.
Ta-An dankie vir die PPP.
Dankie vir al die terugvoering. Ek weet nie of dit moontlik is nie, maar as 'n mens die Heilige Gees beter kan leer ken, wil ek graag.
Saved by Grace!
Praying for Mieke and CharlesCor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.
My testimony
http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096
Wel, dis iets waarvoor mens ook kan vra - en daars niks fout om daarvoor te bid nie. Ek was op 'n stadium mos bekommerd dat ek van die pad sou afdwaal, weg van die Here af. Dis toe ek die skrif sien wat wys daarop dat ons sonder die Heilige Gees nie eens vir Jesus Heer kan noem nie, dat ek begin wonder het of mens Hom nie persoonlik kan uitnooi, en Hom kan verwelkom om ons in die Vader se wil te hou nie. Vir lank was ek half bang om die Heilige Gees direk te vra vir Sy invloed in my lewe. Maar, op een goeie dag, maak ek mos so - en verklaar my hart se diepste begeerte aan Hom. Ek kan nie in woorde volledig beskryf watter wonderlike verskil Hy maak in mens se lewe nie. As mens Hom uit jou eie verwelkom om die Vader se wil te doen - en jouself heeltemal te gee. Mens is nooit weer dieselfde daarna nie...
Hi MC,
Ek glo self die antwoord lê om by die kruis te wandel en na my mening, is hierdie die belangrikste opdrag wat Jesus vir gelowiges in Hom gegee het, 'En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.' (Luk 9:23)
Om by die kruis te kom en op te staan in Jesus, moet ons Gal 2:20 leef en om dit te doen, is daar in my verstaan twee baie praktiese dele in die Skrif (Rom 7-8 en Gal 5), wat dit punt vir punt behandel. Ek verstaan dat iemand soos Andrew Murray, dit ook so verstaan het. Hy het Romeine 7 as die daaglikse verloëning van die self gesien (sodat Luk 9:23 waar kan word), waar hierdie stryd tussen Gees en vlees (sien ook Gal 5), jou by 'n hopelose plek moet bring, voor jy in Christus kan opstaan vir die dag of vir die geleentheid en dit bly voortdurend. Daar staan, 'Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?' (Rom 7:24)
Jou gemoed is weens jou nuwe natuur wat jou dring en die wet van die sonde is die sonde wat in jou vlees woon en die detail hiervan word in Galasiërs 5 weergegee (lees dit gerus). Die antwoord in Romeine 7, sodat die opstanding van Romeine 8 waar kan word by 'n gelowige, is in hierdie vers vasgevang..., 'Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.' (Rom 7:25)
Jy moet eintlik net by die besef kom, dat jyself nie jou vleeslike swakheid kan oorwin nie, maar dat God se beheer in wat Jesus reeds gedoen het, net tot jou moet deurdring en dan eers kan elkeen die volgende getuig..., 'Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.' (Rom 8:1-2)
(NS: Ek dink nie mens besef dat jou nuwe natuur die nuwe jy is nie en word verwar met jou vleeslikheid. Paulus poog om hierdie verwarring in Romeine 7 aan te spreek, sodat mens kan sien jou vlees is eintlik in vyandskap met jou nuwe natuur (vlees teen Gees). Mens kan jouself voorstel as 'n leeu se natuur hom gras wil laat eet, maar sy gewoonte in die vlees was nog altyd om vleis te eet, wat alles in die gemoed van daai leeu gaan afspeel. Tot op die stadium dat die leeu besef, ek moet eintlik gras eet, want my natuur dring my. Dit sal elke dag nodig wees dat die leeu dit moet besef, tot tyd en wyl so leeu in die vlees vasgevang is en verheerlik kan word. Dit is dalk 'n swak voorbeeld, maar soms moet mens wegkom van die mens se verhewe en komplekse vermoë en bloot na 'n dier se eenvoud van lewe kyk. Heiligmaking het juis te doen met oorwinnings oor vleeslike swakheid en dit geld tot op die laaste dag vir elke mens.)
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
Nou hier is ‘n skrif wat opgekom het wat redelik skrikwekkend is:
“En bedroef nie die Heilige Gees van God nie” (Efésiërs 4:30)
Wanneer bedroef ons die Heilige Gees? Agv van ons vleeslike optreded volgens die hele Efesiers 4 blyk dit dat ons baie maklik die Gees kan bedroef.
Ek wonder soms dat wanneer God op ons neerkyk of Hy nie bitter spyt oor Hy ons gemaak het nie veral as 'n mens kyk na die twis en skeuring onder Christene. En hoe maklik sê ek soms die vlees is swak, maar verstaan God dit werklik as ons fouteer?
En dan verder......
“Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.” ” (Efésiërs 4:31)
“Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. “” (Efésiërs 4:32)
Met hoeveel bitterheid, woede en torn loop ons soms rond, en dan natuurlik weer die ou bekende onvergewensgesindheid. Alles dinge wat God se Gees bedroef?
AndreHa ek dink ek staan in jou ou skoene op die oomblik en dankie vir jou raad om daaroor te bid.
Saved by Grace!
Praying for Mieke and CharlesCor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.
My testimony
http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096
Nou hier is 'n iets wat ek in die begin nie raak gelees het in die skrifie nie, die woordjies "ELKE DAG" Ek begin my elke dag met gebed en skrif en klop my selfs soms op die skouer omdat ek dit nie altyd voorheen gedoen het nie met die begeerte om my dag reg te wil begin. Maar dit slaan my toe tussen die oë van iets wat ek onlangs erens gelees het van wat die verskil tussen ‘n ritueel en ‘n verhouding met God is. Hoe maklik oortuig ons onsself dat ons tog elke dag doen wat God van ons verlang, maar eintlik is dit ‘n koue verhouding. Die begeerte om mens se dag reg te begin, is dit gedryf deur God se Gees om Hom beter te leer ken, of is dit net sodat ons beter voel oor ons self of “obligated” om dit te doen? Word ons hier gelei deur die leiding van God se Gees of die misleiding van die vyand se leuens?
Gal 5:16-17 "Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie."
..... en dan natuurlik verduidelik die bostaande skrifte jou vergelyking met die leeu (en dit was nie ‘n slegte/swak verduideliking nie, dit het heeltemal die boodksap tuis gebring)
Rom 7:17 "Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon."
Maar dit lyk amper of Gal 5:16 “.....nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;” en Romeine 7:17 in kontras met mekaar staan. Volgens Galasiers 5:16-17 blyk dit dat as ons wandel deur die Gees ons nie noodwendig sal ingee vir die vlees nie, dat ons menslikheid of vleeslikheid nie ‘n verskoning is as ons verkeerd doen nie, maar in Romeine 7 is daar dan nog sonde wat in my woon.Dit gooi net biejtie my kop deurmekaar.
Saved by Grace!
Praying for Mieke and CharlesCor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.
My testimony
http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096
Ek dink die verskil tussen Gal 5 en Rom 7-8 is bloot dat Rom 7 die stryd wat jy (ons) het, verwoord om by Rom 8 te kan kom en Gal 5 praat direk hiervan sonder om die detail weer te gee. Mens moet miskien die twee eerder saam lees, om die verband te sien. Om te doen wat in Gal 5:16-17 staan en by Rom 8 (opstanding as Jesus in jou leef) te kan kom, is Rom 7 (kruisiging van die self of die vlees) daar om mens beter toe te lig oor die pad wat dit verg wanneer die self gekruisig moet word.
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
Sjoe ma mens kan vinnig agter raak hier....
Hi CFJ
Iets wat ek net oor wonder, die nuwe natuur, is dit n proses, of kry jy dit dadelik..? En eks nog nie heeltemal met jou oor wat gebeur met die nuwe natuur wanneer jy sondig nie...En kan jy die nuwe natuur verloor?Goeie plasing HammerHead en veral hierdie aangehaalde deel glo ek is belangrik, juis omdat ons moet sien dit is die Gees wat in ons werk en nie onsself wat werk nie. Ek wil sommer van die geleentheid gebruik om oor die nuwe natuur waaroor ons al reeds gesels het, ook iets te meld en my verstaan aan jou gee. Die Gees wat in ons werk, doen dit juis weens die nuwe natuur waarin Hy dit kan doen. Geen boer kan 'n land saai, as hy nie eers die grond voorberei het nie. Doen hy dit anders, dan sal baie saad nooit opkom nie of nooit vrug dra nie. Die saad van God is die Gees wat in ons gewederbaar word en die land waarin die saad gesaai word moet eers voorberei word, deur die nuwe natuur wat God in die mens skep. Enige saad wat gesaai word in die ou natuur, sal of nie opkom nie, of nie werklik wortel skiet wat vrug dra nie.![]()
Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"
Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"
Isa. 30:32
And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them
G_d was gracious He has shown favor
What are you willing to die for? Now live for it!
Net my gevolgtrekking, of ek reg is weet ek nie.......
Openbaring 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
Ek verstaan nie heeltemal nie. Maak die sowereine God dan ‘n fout om in die eerste plek ons name in die boek van die lewe te skryf terwyl daar staan dat as jou naam in die boek gekryf is sal Hy dit nooit uitwis nie. Die vraag wat dus opkom is, was ‘n mens in die eerste plek werklik weer gebore? Openbaring 13:8 verklaar dat ons name dan reg van die begin in die boek geskryf is al dan nie. Maw God weet wie Hom gaan aanneem of verwerp?
Openbarin 13:8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.
‘n skrif wat ek wel opgetel het is:
Psalm 69:28 Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.
........hierdie is ‘n versoek van die mens na God, en nie God self wat sê Hy sal jou naam uitwis nie.
Dit klink vir my “insecure” as God ‘n God is wat nie kan lieg nie volgens Num 23:19, waarom maak Hy aan ons die belofte van die ewige lewe as dit van ons weg gevat kan word? Watter tipe pa sal vir sy kind ‘n geskenk gee en dit terugneem? Dit klink vir my meer soos 'n menslike eienskap as 'n Goddelike eienskap.
My vraag bly steeds. Was die naam in die eerste plek in die boek van die lewe geskryf?
Saved by Grace!
Praying for Mieke and CharlesCor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.
My testimony
http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096
Hi HammerHead,
Ek dink daar is 'n besonderse vers, wat die beginsel wat jyself reeds aangedui het, naamlik die 'in Christus' beginsel by gelowiges, direk koppel aan die nuwe skepsel en hierdie skepsel is nuut oor die nuwe natuur. Die nuwe natuur gaan oor die Gees wat in ons opstaan en 'in' ons woon en werk..., 'Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.' (2Kor 5:17) en ook, 'Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.' (Rom 6:5-6)
Hoe kom mens in Christus? Geen mens kan in Christus se liggaam ingaan, as so mens nie eers verander het nie en die nuwe natuur is die kruks om dit te kan doen. Ons doen dit egter nie self nie en God gee dit en dit was ook voorspel (Ese 11:19, Ese 18:31, Ese 36:26), dat ons 'n nuwe hart sou ontvang, wanneer die Gees in ons opstaan. Dit is God wat ons eerstens regverdig, tweedens heilig en derdens verheerlik. Redding is 3-ledig, regverdiging (wedergeboorte met nuwe natuur van geregtigheid), heilig (heiligmaking om werke van die vlees af te lê) en verheerliking (by die wederkoms)..., 'En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?' (Rom 8:28-31)
Die nuwe natuur is 'n skepping van God..., 'Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep' (Efe 2:14-15)
Soos met elkeen se aanvanklike bekering, is daar ook 'n daaglikse bekering, soos met elkeen se aanvanklike kruisiging van die vlees, is daar ook 'n daaglikse kruisiging van die vlees en soos met die aanvanklike vernuwing van die nuwe skepsel, is daar ook 'n daaglikse vernuwing..., 'Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,' (Kol 3:9-10) sien ook Rom 12:2; Efe 4:23.
Ek glo nie enige mens kan met sonde afreken, as iets in jou nie werklik verander word nie. Jy as mens word verander, omdat jy die Gees van God deelagtig word en die nuwe natuur is nie in afsondering van die Gees van God nie. Sonder 'n nuwe natuur van geregtigheid, kan niemand in Christus leef of wandel nie. Dit sal interessant wees om te sien hoe jyself in Christus kan wandel, sonder dat iets dramaties in jou verander het? Dit is die nuwe natuur, die nuwe skepsel en dit is waaroor dit gaan na die wedergeboorte..., 'Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel.' (Gal 6:15)
Hier staan in Gal 6 dat niks mens in Christus kan bring, behalwe as jy 'n nuwe skepsel is nie en 'n nuwe skepsel, het 'n nuwe natuur. Wat sou fout wees met hierdie stelling? 'Die ou mens het 'n ou natuur wat 'n sondige natuur is en die nuwe skepsel het 'n nuwe natuur wat 'n natuur van geregtigheid is...'
Is daar iets soos 'n sondige natuur en 'n natuur van geregtigheid en as daar nie is nie, hoekom sou jy so sê?
Ek glo nie mens kan die nuwe natuur verloor nie, want mens lees nie dat hierdie skepping van God, 'ontskep' word nie, maar daaroor moet mens miskien 'n nuwe draad oopmaak. Kortliks gaan dit daaroor dat die saad van God en ons nuwe natuur hand aan hand loop en onlosmaaklik aan mekaar is en hierdie saad is 'n ewige beginsel en kan nooit tot niet gaan nie..., 'want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.' (1Pet 1:23) My persoonlike gevoel en wat ek glo is kortliks dat sou mens glo jy kan jou redding verloor, mens eerstens God se genade goedkoop maak en tweedens die wedergeboorte se krag en impak in die nuwe skepsel se lewe, as 'n relatief nietige gebeurtenis sien. Ek sou reken die wedergeboorte is die enkele grootste wonderwerk wat enige mens op aarde kan ervaar en beleef, want dit is 'n oombliklike moment waar elkeen God kan beleef as Hy skep!
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)
Bookmarks