Your Advert here
cure-real
Results 1 to 7 of 7

Thread: Hoe om 'n móéílike persoon te benader/troos/ondersteun...

  1. #1
    Join Date
    Jun 2012
    Location
    North West
    Posts
    10

    Hoe om 'n móéílike persoon te benader/troos/ondersteun...

    Ek voel al vir 'n geruime tyd dat hierdie spesifieke persoon wat deur 'n verskriklike moeilike tyd gaan, net 'n skouer nodig het. Probleem is, sy's nie 'n katjie wat jy sonder (leer)handskoene aanpak nie...en sy's my direkte bestuurder!!

    Sy vloek en skel alles en almal en praat sleg van als wat leef en beef en is sommer net 'n onaangename mens en almal probeer haar sover moontlik vermy.
    Maar ek weet sy het meer drama al in haar lewe gehad as wat die gemiddelde mens in 'n hele leeftyd moet deurmaak. 'n Egskeiding, 2e man oorlede, 3e man nog nie mee getroud nie, dogter uit 1e huwelik met 2 buite egtelike kinders in minder as 15maande, verskillende pa's geen van die verhoudings het gehou nie. En die 1e kleinkind se pa, ouma en oupa probeer die kind van hulle wegvat. So sy't skielik haar dogter in die huis, wat werkloos is, en die 2 seuntjies (1 jaar, 4 maande en 2maande). Ek weet sy's stukkend binne en probeer dit beter maak deur haar agressie teenoor als en almal.

    Ek weet as ek haar net by die regte persoon kan uitkry, (berader) sal sy praat sonder ophou en daar's baie meer seer as wat ek van weet.

    Ek het gister oggend die gevoel gekry die Here verwag dit van my, maar ek weet nie hoe nie. Ek en sy kom nog altyd heel goed oor die weg. Ek het haar van haar dogter se 1e swangerskap baie ondersteun, ek is gewoont aan moeilike mense, maar net hoe om hulle te verduur sonder konflik.

    Hoe benader ek haar om haar by iemand te kry wat met die seer kan help? Ek twyfel of sy alles voor my sal erken wat van haar so suur mens maak, en ek is inelkgeval nie opgewasse om so situasie te hanteer nie. Maar ek dink werklik sy't hulp nodig, en dringend.

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,531

    Re: Hoe om 'n móéílike persoon te benader/troos/ondersteun...

    Hi Esme,

    Dit is nogal 'n moeilike een as mens wil help, maar nie weet wanneer, hoe en hoeveel nie. Mens moet altyd versigtig wees en beste is om net eers 'n voorbeeld te stel ('n moeilike een vir almal van ons). Jy sal moet wag op die Here, want Hy alleen weet wanneer, hoe en hoeveel, maar intussen is daar gebed en dit is hoe jy vir haar kan intree. As jy meer as dit moet doen, sal jy dit maklik weet, sou jy werklik op die Here wag, want Hy is duidelik in Sy opdragte. Hy is die heel beste en mees effektiewe 'Baas' (met respek gesê) om voor te werk...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #3
    Join Date
    Jun 2012
    Location
    North West
    Posts
    10

    Re: Hoe om 'n móéílike persoon te benader/troos/ondersteun...

    Dis wat ek tot dusver probeer het, ek doen dit by die huis ook en dis amazing hoe alles verander as jy 'n goeie voorbeeld stel.

    Ek het so tyd gelede met haar begin praat oor wat die Here al vir my gedoen het en sy't sommer gaan sit en luister terwyl sy eintlik opad huistoe was. Ek het toe ook van 'n vrou gepraat, 'n berader, by wie ek ook al was en wat vir my so baie beteken het en my geloof goed gedoen het. Sy het toe nogal genoem 'miskien moet ek ook by so iemand uitkom', maar toe nooit weer dit genoem nie, en nou voel ek al meer ek moet haar daar kry.

    Ek dink sy kan sien hoeveel gelukkiger ek is vandat ek my lewe verander het en ek kry die idee sy's 'jaloers' omdat ek probleme, en ek bedoel GROOT probleme so maklik hanteer. (ek het myself ook verbaas!! )

    Ek sal bid daaroor, ek weet reeds ek MOET haar help, nou om te uit te vind hoe.

  4. #4
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    968

    Re: Hoe om 'n móéílike persoon te benader/troos/ondersteun...

    Hi Esmé, dit is bemoedigend vir my om te sien hoe jy andere sien deur Jesus se oë, al is hulle buitekante soms maar growwerig.

    God plaas ons in sekere situasies, omdat Hy ons wil gebruik. As jy 'n werknemer is, wees dan in die eerste plek 'n goeie werknemer, want dit is die posisie waarin jy geplaas is. Omdat jy eerstehandse kennis het van die situasie, kan jy ook spesifiek en effektief vir die persoon intree. Ek bid vir jou dat jy die wysheid sal hê om die leiding van die Heilige Gees te onderskei. Wysheid het twee komponente: Die eerste om die regte ding te doen, en ek glo jou hart is om in liefde die regte ding te doen, en verder ook tydsberekening, om dit op die regte tyd te doen. Ek gebruik altyd die voorbeeld van lemoensap en tandepaste. Om lemoensap te drink is goed vir jou en om gereeld jou tande te borsel is ook die regte ding om te doen, maar as jy lemoensap drink kort na jy tande geborsel het, is dit nie baie lekker nie. So moet ons God vir wysheid vra om mense nie alleen met die regte raad by te staan nie, maar ook wag vir die tyd en geleentheid wat Hy daarvoor skep.

  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,536
    Blog Entries
    10

    Re: Hoe om 'n móéílike persoon te benader/troos/ondersteun...

    Hi Esme...

    Wen haar vertoue deur 'n vriendin te wees, neem haar uit vir koffie.... en soos Ferdie sê,,,, wag op die Here,,,, maak jou se oortjies fyn oop, en hoor Sy stem.
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  6. #6
    Join Date
    Jun 2012
    Location
    North West
    Posts
    10

    Re: Hoe om 'n móéílike persoon te benader/troos/ondersteun...

    Thanx julle! Sy's vandag nogal heel 'benaderbaar' as dit ooit 'n woord is, bietjie meer geselserig waar sy die hele laasweek nie uit haar kantoor uitgekom het nie, so kom ons kyk hoe dit gaan.

    I'll keep you posted!

  7. #7
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Hoe om 'n móéílike persoon te benader/troos/ondersteun...

    Esme, gee vir haar net liefde! Geen mens is bestand teen die liefde van Jesus nie. Daardie liefde van ons Vader wat van Hom deur ons as sy kinders straal na diegene met wie jy in aanraking kom. Daardie allesoorheersende , hartverwurwende Liefde! En almal, mens en dier het liefde nodig. Selfs ons optelhondjie en hans kalfie straal as hulle net n bietjie liefde van ons ontvang. Hoeveel te meer nie mense nie?! En daar is SOveel mense met emosionele nood wat hulle net MOET hanteer . Weet nie hoe nie , maar hulle moet net.... Jesus se liefde soos deur jou geprojekteer, bring kalmte en rus en vrede en die Heilige Gees sal die werk verder doen. Jy kan die Christenberader se tel no so n bietjie 'byderhand' hou as die onderwerp weer ter sprake sou kom. As jy haar aanmekaar 'bombardeer' met Jesus se liefde , gaan sy later begin vrae vra en uitreik na jou. En dan kan jy haar of na die Christen berader verwys of self met haar begin gesels soos die HG jou lei.....

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •