Your Advert here
cure-real
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 26

Thread: Kan gelowiges permanent mislei word?

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Kan gelowiges permanent mislei word?

    Mens lees die volgende..., Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. (Mat 24:24)

    Is dit volgens hierdie gedeelte moontlik dat iemand wat die Here uitverkies het, permanent mislei kan word? Bespreek gerus hoe julle dit verstaan...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  2. #2
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    CFJ, die Bybel waarsku gelowiges wel om versigtig te wees. As mens na hierdie gedeelte ook kyk, dan lyk dit nie vir my asof mens "sommer so" mislei kan word nie:
    Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
    (2Th 2:7-12)
    Vir die wat kies om nie die waarheid aan te neem nie en behae het in die ongeregtigheid, is dit 'n heel ander saak.

  3. #3
    Join Date
    Jun 2012
    Location
    Bethlehem
    Posts
    64

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Miskien moet ons ook kyk na 2 Petrus 2 in die konteks van Matt 24:24. My mening is dat baie gelowiges veral in die laaste dae valse leraars wat in die naam van Jesus hulle boodskap verkondig sal aanhang, dit is deesdae allerdaags en besef hierdie gelowiges dit nie eens nie en sien ons dit daagliks.Hierdie mense staan onkundig teenoor die ware Evangelie en is dit maklik om hulle te mislei.Die vraag is ook natuurlik of hulle dan uiteindelik tot verhaal gaan kom.Die gedeelte waarna verwys word in 2Thess2:7-12 gaan oor die ongelowiges wat mislei en in die dwaling geglo het.

    2Pe 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;
    2Pe 2:2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
    2Pe 2:3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.

  4. #4
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    .....dus kan jy jou saligheid verloor as jy eens tot bekering gekom het, maar nou 'n valse evangelie, valse jesus en valse heilige gees navolg.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  5. #5

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Daar bestaan nog 'n opsie dat, indien daar wel so iets soos 'n wegraping gaan wees, hierdie teks praat van die tyd NA die wergraping, wanneer dit nie moontlik gaan wees om die uitverkorenis te mislei nie ..........want hulle gaan nie meer hier wees nie !

  6. #6
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post

    Daar gaan baie (die meerderheid van die kerk vandag) gelowiges in die verdrukkng wees wat nie waardig was vir Bruidskap nie. Daar gaan ook baie mense gelowig word gedurende die 7 jaar verdukking....ongelukkig op 'n baie moeilker manier as die vryheid wat ons het om die Here te dien vandag.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  7. #7

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Daar gaan baie (die meerderheid van die kerk vandag) gelowiges in die verdrukkng wees wat nie waardig was vir Bruidskap nie.
    Kan jy dit staaf met Bybeltekste Johnny ?

  8. #8
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Kan jy dit staaf met Bybeltekste Johnny ?
    Fila....dit lyk my nie jy glo in 'n wegraping in elk geval as ek na onderstaande aanhaling kyk....dus sal enige aantal Bybel verse jou nie oortuig nie.

    "..........indien daar wel so iets soos 'n wegraping gaan wees.........."
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  9. #9

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Fila....dit lyk my nie jy glo in 'n wegraping in elk geval as ek na onderstaande aanhaling kyk....dus sal enige aantal Bybel verse jou nie oortuig nie.
    Dit antwoord min of meer my vraag, dankie Johnny.

  10. #10
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Dit antwoord min of meer my vraag, dankie Johnny.
    Gin wonder dit sneeu nie, want dit gebeur nie baie dat ek jou vrae kan antwoord nie.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  11. #11
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Goeie middag mense

    Gegewe die konteks waarin ons die gedeelte lees het Fila 'n punt hier beet dat die teks juis binne die raamwerk van eskatelogie benader moet word, m.a.w. die leer oor die eindtye. So die vraag is, wanneer gaan hierdie kragtige valse leraars daar wees en wie gaan daar wees om verlei te kan word, m.a.w. praat ons hier van 'n tyd wat nog moet kom, reeds gekom het of waarin ons ons tans bevind?

    Groetnis
    Phil

  12. #12
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post

    Wel ek dink, dit is 'n proses van wat al aan die gebeur was/is en nog moet gebeur.... maar dan ook tog 'n finale gebeurtenis.Vir my is dit net dat mense baie meer ingesteld moet wees/raak op onderskeiding....want op die ou einde is dit tog die mens as individu wat self God se stem moet kan hoor en volg
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  13. #13
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    ....want op die ou einde is dit tog die mens as individu wat self God se stem moet kan hoor en volg
    Die vraag is hoe doen ons dit?

  14. #14
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Die vraag is hoe doen ons dit?
    ...mens luister, want jy ken mos Sy stem uit tussen ander,,,
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  15. #15
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6

    Re: Kan gelowiges permanent mislei word?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    ...mens luister, want jy ken mos Sy stem uit tussen ander,,,
    Net om reg te verstaan, verduur my asb dis deel van die draad, is dit 'n hoorbare stem, 'n stem uit die wolke, 'n stil sagte stem?

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Replies: 19
    Last Post: Jan 27th 2012, 02:04 PM
  2. Formulier vir die bediening van die doop aan die kinders van gelowiges.
    By Johnny in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 3
    Last Post: Aug 16th 2011, 07:42 AM
  3. Replies: 6
    Last Post: Jan 1st 2011, 05:56 AM
  4. Replies: 0
    Last Post: Dec 31st 2010, 03:16 AM
  5. IMPORTANT word, word,word and more word
    By disciple831 in forum Growing in Christ
    Replies: 1
    Last Post: Jan 19th 2009, 01:34 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •