Waarvan moet ons onvlug?
Die Groot Verdrukking wanneer die Antichris gaan heers en wanneer die toorn van God oor die hele aarde gaan losbars tot en met die Wederkoms van Christus met al Sy heiliges.Openbaring 6 tot 19 Wanneer hierdie gebeurtenis gaan plaasvind gaan ons nie deel uitmaak van hierdie toorn en heerskappy van die Antichris nie en bied God vir ons bonatuurlike ontvlugting.
Paulus verkondig hierdie ontvluting (Harpazo)in 1 Thess 4:13-18. Verder beklemtoon Paulus in 1 Thess 5 die volgende:”Maar oor die tye en geleenthede, broeders,het julle nie nodig dat aan julle geskrywe word nie;want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos n’ dief in die nag. Want wanneer hulle sê:Vrede en veiligheid – dan oorval n’ skielike verderf hulle soos die barensnood n’swanger vrou,(wanneer die Antichris geopenbaar gaan word.) en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. (Ons ontvlug, hulle ontvlug nie.)Maar julle broeders,is nie in die duisternis,dat die dag julle soos n’ dief sou oorval nie”.(Hoekom nie? Want ons is waaksaam!)Vers 9:”Want God het ons nie bestem tot toorn nie,maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het,sodat ons,of ons waak en of ons slaap ,saam met Hom kan lewe.
Bookmarks