Ek glo dat omdat die bybel deur God geinspireer is, dat hy homself NOOIT sal weerspreek nie, en as dit lyk of die bybel hom weerspreek, dan moet jy gaan kyk waar jy die bybel misverstaan het.
Nou as ons moet kyk na die wegraping, dan, net soos Ben, los dit my met baie vrae en ander verse wat nie sin maak nie...vrae soos:
- Hoekom gaan daar n Wederkoms wees, as ALLE regverdiges reeds in die Hemel is, en die "dooies in Christus" is OOK reeds in die hemel?
- Hoekom se die bybel dat die regverdiges sal geen voorsprong he oor die dooies, (maar dit lyk my meer of die dooies n voorsprong het oor die lewendiges) as hulle Hemel toe gaan voor die wederkoms?
Daarom as iets nie sin maak nie, moet mens gaan kyk waar iets verkeerd geinterpreteer is:
2 Thess 2:3 - soos vroer in die "thread" verduidelik is, " apostasy" beteken n VERVALLING van die geloof, dit is soos om jou rug op Christenskap te draai, of soos Clarke se bybel kommentaar, kan dit ook n "corruption of the principles in Christianity". Dit het geensins iets tedoen met n wegraping nie...
Nou maak dit sin dat daar n affalligheid gaan wees net voor die Wederkoms? Absoluut! Net anderdag het ek gehoor die nuutste statistiek van gelowiges het geval van 80% tot iewers in die 60%...
Jesaja 57:1 - "The righteous perisheth, and no man layeth it to heart: and merciful men are taken away, none considering that the righteous is taken away from the evil to come. 2 He shall enter into peace: they shall rest in their beds, each one walking in his uprightness." (jammer vir die engels, maar dis n beter vertaling)
Vers 2 se vir ons presies wat gebeur met die vromes na hul "weggeruk" is, hulle rus in hul beddens! Nou die toestand van die dooies is n ander dag se gesprek, maar hulle word " weggeruk" van die lewe af, en gaan in VREDE in, hoekom vrede? Want hulle het Christus aangeneem en weet as hulle weer hulle oe oopmaak, sal dit wees met Christus se Wederkoms...
2 Korintiers 12: 1 - 10 - goeiste, Paulus se duidelik hy praat hier van n gesig/visioen/openbaring wat "iemand" gehad het!!! En hy begin deur te se dis iemand wat hy ken, maar later vanaf vers 5 omtrent, begin jy agterkom hy praat eintlik van homself!! En hy doen dit omdat hy wil beklemtoon dat hy nie in homself wil roem omdat sulke dinge met hom gebeur het nie...(diesele as wat jy na iemand toe gan en se jou vriend het dit en dat gedoen, maar jy praat eintlik van jouself)
Die "in die liggaam/buite die liggaam" maak dit meer duidelik want Paulus se hy weet nie eers of God die visioen na hom toe gebring het, en of God hom weggeruk het hemel toe en FISIES die hemel gewys het nie!
Weereens het dit niks met wegraping tedoen nie...
Openb 12 - hier praat Johannes van n visioen, het geensins tedoen met n wegraping nie, en alles is simbole wat ander betekenisse het..
Daar is honderde verse, nes Matt 25 hierbo, wat presies verduidelik hoe die wederkoms van die Here gaan plaasvind, en daarom as n ander vers iets anders se, is een van die 2 verkeerd geinterpreteer...




Reply With Quote




Bookmarks