
Originally Posted by
CFJ
Hi Johnny,
Die waterdoop se doel, kan nooit losgemaak word van die kruis nie. In elke liewe redding gemeld in die Skrif en wyse waarop dit gestel was (glo in die Here Jesus, elkeen wat Sy naam aanroep, ens.), was en is die kruis onomwonde sentraal en nie in elke teks was die waterdoop ook bygevoeg om redding se krag te wys nie. (Redding se krag lê net in die Here Jesus en Sy kruis) Geen mens kan in Jesus wees, met Hom geïdentifiseer wees, in Hom ingelyf wees, as mens nie deur jou eie kruisiging daar kom nie. Hierdie boodskap, was eers deur Paulus openbaar en as interim maatreel, het die Here Sy volk wat gewoond was aan fisiese manifestasies en tekens, deur die waterdoop bewaar. Vandag nog, is daar mense vir wie fisiese manifestasies belangrik is en dit is nodig, want die krag van die kruis sal die Here op elke denkbare manier wil openbaar aan ons. Daai krag handel daaroor, dat jy en ek moet sterf, om geestelik te kan lewe. Die waterdoop kan dit nooit wees nie en is slegs 'n hulpmiddel, om hierdie krag te illustreer.
Kyk maar na vele der vele uitsprake oor hoe mens gered word en jy sal altyd die kruis daarin sien, maar nie altyd die waterdoop nie. Net 'n oneerlike mens, kan dit ontken... en in hierdie ontkenning, word mens 'n vyand van die kruis, as jy nie die kruis alleen in die soewereine krag daarin, kan aanvaar nie!
Maar wat ons reeds bereik het—laat ons volgens dieselfde reël wandel, laat ons eensgesind wees. Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het. Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê—wandel as vyande van die kruis van Christus.
(Filp 3:16-18)
Bookmarks