".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
Dit is nie ons wat hierdie tipe van doop (besprinkeling) beoefen of voorhou as Bybels nie. Ek het op die Vatican se persoonlike webblad nou die volgende gaan haal.
Holy baptism is the basis of the whole Christian life, the gateway to the life in the Spirit ("vitae spiritualis ianua"), and the door which gives access to the other sacraments. Through Baptism we are freed from sin and reborn as sons of God; we become members of Christ, are incorporated into the Church and made sharers in her mission. The sheer gratuitousness of the grace of salvation is particularly manifest in infant Baptism. The Church and the parents would deny a child the priceless grace of becoming a child of God were they not to confer Baptism shortly after birth. Christian parents will recognize that this practice also accords with their role as nurturers of the life that God has entrusted to them.
Pontifical Council for the Family00120 Vatican City
Tel: 39 – 06. 69.88.72.43
Fax: 39 - 06. 69.88.72.72
E- -mail: pcf@family.va
http://www.vatican.va/roman_curia/po...-texts_en.html
".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
Voorbeelde waarvan ? Ek vra jou wie die onderwerp van die kleindoop aanhaal in hierdie draad behalwe jy, en jy haal jouself aan as voorbeeld.
Weereens : die kleindoop word nie hier in kontras met die grootdoop gebruik nie. Jesus se kruisdood as volmaakte daad word kontrasteer met die menslike aksie van grootdoop ter verlossing van ons sondes. Jy het jouself in 'n hoek geverf bloot omrede jy geen Bybelse fundering vir jou stellings kan maak nie, en om die onderwerp te probeer verander werk ook nie vir jou vandag nie.
Pastoor Roelof is besig met 'n boek genaamd "Tweegesprek" wat binnekort die lig sal sien. Hy het ook die volledige Openbaring reeks aangebied. Daar is 10 verskillende onderwerpe in sy boek en een daarvan is die doop. Daar is sommer praktiese vrae wat ingevul kan word. Ek plaas graag die gedeelte.
“God's people should be baptized because God commanded it, not because some church requires it.”
– John Rice
6 - Kritiese vrae oor die doop
![]()
“Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”
– Markus 16:16
Die woord “doop” kom van die Griekse woord “baptizo” wat beteken “onderdompel”. Dit is ʼn maklike woord om te verstaan. As die Kook en Geniet byvoorbeeld sê doop die koeksuster in die sous, wonder niemand oor wat om met die koeksuster te doen nie.
Wanneer die Bybel egter die opdrag gee om jou te laat doop, het mense allerhande vrae oor die toepassing van hierdie opdrag. Dit is jammer, want dit is ʼn baie duidelike en maklik-verstaanbare opdrag in die Bybel.
Ons gaan nou na ʼn paar kritiese vrae rondom die doop kyk om ons te help om hierdie belangrike opdrag in die Bybel beter te verstaan en uit te voer.
Hoeveel waterdope ken die Bybel?
“Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof, een doop” (Efésiërs 4:4-5). Meeste van ons weet dat verskillende kerke, die doop op verskillende maniere bedien, maar uit hierdie Skrif is dit duidelik dat die Bybelskrywers en lesers van die begin af net een doop geken het. Hulle het die instruksies van die apostels in eenvoud gelees, geglo en toegepas.
“Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan” (2 Korinthiërs 1:13). Om die doop te verstaan gaan ons dieselfde benadering tot die Woord volg en bloot doen wat ons lees.
Wie mag gedoop word?
“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Matthéüs 28:19).
In die lig van hierdie Skrifgedeelte, wie mag gedoop word?
_____________________________________
“En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is” (Handelinge 8:36-37).
In die lig van hierdie Skrifgedeelte, wie mag gedoop word?
___________________________________
“Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang” (Handelinge 2:37-38).
In die lig van hierdie Skrifgedeelte, wie mag gedoop word?
___________________________________
Ons het nou gesien dat volgens die Skrif slegs die volgende persone gedoop mag word, naamlik:
1. dissipels of volgelinge wat lering kan ontvang en onderhou
2. iemand wat glo dat Jesus die Seun van God is en
3. iemand wat hom van sy sondes bekeer het en Jesus se kruisdood aanvaar het vir vergifnis.
Die groot vraag is nou, kan ʼn babatjie aan hierdie vereistes voldoen?
Eerstens kan ʼn babatjie tog nie ʼn dissipel wees wat Jesus se lering onderhou en navolg nie, want hy kan nog nie eers sy ouers navolg nie. ʼn Suigeling kan, in die tweede plek, tog ook nie glo dat Jesus die Seun van God is nie, omdat hy hierdie begrippe nog nie eers kan verstaan nie. In die derde plek weet ʼn baba ook niks van bekering en wedergeboorte af nie. Inderdaad, so ʼn klein kindjie weet nog nie eers van Jesus se kruisdood waardeur Hy vir ons vergifnis bewerk het nie.
Al kan babatjies dus nie gedoop word nie, hoef ons nie bekommerd te wees oor hulle nie.
“Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God” (Markus 10:14).
Waaroor gaan die doop regtig?
“Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel” (Romeine 6:3-4).
Wat beeld die doop uit in hierdie verse?
__________________________________________________ _____
“En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep” (Handelinge 22:16).
In die lig van hierdie verse, waarvan is die doop ʼn simbool?
________________________________________
“Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee” (Galásiërs 3:26-27).
Waarmee word die doop in hierdie verse vergelyk en wat beteken hierdie beeld vir ons?
_____________________________________
Hoe moet die doop prakties bedien word?
Dit wat die doop simboliseer en uitbeeld, wys reeds vir ons hoe ons die doop prakties moet uitvoer. As ons iemand begrawe, sit ons nie net ʼn enkele graaf sand op sy kis neer nie. Nee, ons maak die kis heeltemal toe. Wanneer ons bad, was ons nie net ons gesigte en verklaar dan dat ons skoon is nie. Nee, ʼn mens was jou hele lyf! As ons onsself aantrek, sit ons ook nie net ʼn hoed op ons koppe en besluit dat ons nou reg is vir die dag nie. Nee, jy trek jouself behoorlik aan. Al is hierdie beelde van begrawe, bad en aantrek dus reeds sterk aanduidings oor hoe ons die doop moet uitvoer, wil ons nie die onderwerp afhandel deur bloot van afleidings gebruik te maak nie. Ons wil eerder kyk na wat die Bybel eksplisiet vir ons sê oor hoe ons die doop prakties moet bedien aan gelowiges.
“En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ’n duif neerdaal en op Hom kom” (Matthéüs 3:16).
“En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop” (Johannes 3:23).
“En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. En toe hulle uit die water opklim ...” (Handelinge 8:38-39).
Hierdie Skrifgedeeltes maak dit duidelik dat ons baie water nodig het om iemand te doop. As besprinkeling die wyse was waarop ons die doop moes bedien het, waarom maak die Bybel telkens melding van baie water en dat mense uit die water opklim nadat hulle gedoop is?
Mag ek die doop weier as ek tot bekering gekom het?
Nee, want Jesus en die Apostels het vir ons ʼn voorbeeld gestel om na te volg. Ons vind dit opgeteken in die Skrifgedeeltes hieronder:
“Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat” (Matthéüs 3:13-15).
“Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het” (Filippense 3:17).
As ʼn mens werklik tot bekering gekom het, mag jy nie weier om gedoop te word nie, want die doop is deel van God se raadsplan:
“Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van God is groter as hy. En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes. Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie” (Lukas 7:28-30).
Ons mag die doop nie weier nie, want as Jesus ons Here is, moet ons doen wat Hy sê in
Lukas 6:46: “En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?”
“Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Johannes 3:36).
Die doop is ʼn stap van gehoorsaamheid en gehoorsaamheid is die hoeksteen van dissipelskap en geestelike groei. Daarom is dit belangrik om hierdie opdrag so gou as moontlik te gehoorsaam nadat jy tot bekering gekom het.
Praktiese toepassing
1. Het jy Jesus waarlik as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker aangeneem?
__________________________________________________ _________________
2. Het jy jou waarlik tot die Here Jesus bekeer? Indien, nee, wat verhinder jou om dit nou te doen?
__________________________________________________ __________________________________________________ ______________________________
__________________________________________________ _____________________
3. Het jy jou al laat doop? Indien, nee, wat verhinder jou om jou te laat doop?
__________________________________________________ __________________________________________________ ______________________________
__________________________________________________ _____________________
“God's people should be baptized because God commanded it, not because some church requires it.”
– John Rice
".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
Hi Johnny
Mag ek 'n versoek doen, wil jy nie a.s.b. begin moeite doen om vrae direk en reguit te antwoord nie, om 'n vraag met 'n vraag te antwoord is nie 'n antwoord nie.
Jou antwoorde is steeds uitstaande vir bewyse van waar jy die skeiding van die liggaam van Christus in die Bybel sien. En ek wag ook vir 'n antwoord oor die feit dat jou leer hieraangaande baie ooreenstem met die JG en of jy weet hulle is 'n kultus?
Net reguit antwoorde a.s.b. Johnny, niks forum gimnastiek nie a.s.b.
Groete daar
Phil
Johnny,
Net om by die lys van vrae by te voeg wat jy nog nie geantwoord het nie :
Jy haal Jesus se doop aan in jou skrywe hierbo as voorbeeld dat ons ook so gedoop moet word. Beteken dit met ander woorde dat Christus ook 'n bekeringsdoop moes ondergaan ?
Miskien kan julle tweetjies vir my 'n ordentlike studie plaas, soos ek uit die Bybel aangaande die "besprinkelings doop".....met duidelike Skrifverwysings en voorbeelde van "baba's" wat gedoop is. Stop beating around the bush and go through it!
Ek doop solank my koeksister.
Kom ons kyk of julle julle sin vinniger kan besprinkel.
![]()
".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
Why was Jesus baptized? To fulfill all righteousness! He wasn’t baptized to fulfill his own righteousness, since he was already ‘righteousness fulfilled’. All righteousness! Jesus was baptized to fulfill all righteousness. Full Stop! This is what that means; the baptism of Jesus made your righteousness, and mine, possible to achieve! How is that possible?
The ordinance of baptism is a symbolic act on our part that acts out our rebirth on the narrow path. God has commanded this to be the way that we ‘sign the contract’ with Jesus, so that we shall never forget the wonderful blessings that comes from obeying the baptism-covenant;
http://www.jesus-explained.org/why-w...-baptized.html
Ek verbeel my ek het die toepaslike Skrif ook vir dit aangehaal. Julle het nie gelees nie.....ne!
Fila.....dit is asof jy Jesus self bevraagteken....en hier gee Hy sommer vir jou die antwoord self, asof Hy jou 'n antwoord skuld! Verbeel jou!
Matteus 3:15 Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.
".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
Johnny,
Jy maak dit al hoe meer duidelik dat daar geen Bybelse fundering vir jou (by)gelowe blyk te wees nie. Ek sien ook geen nut daarin om verder hieroor te redeneer nie. Dit is weereens hard en duidelik hier ontbloot dat jou sieninge in hierdie verband sektaries en kultus-agtig is, en jy dit met halwe waarhede en mens-uitgedinkte argumente probeer motiveer. Dit is verder ook 'n baie gevaarlike siening om te handhaaf, veral met betrekking tot julle totale negering en verdunning van die Kruisboodskap.
".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
Johnny, daar is en behoort geen probleem met die groot doop te wees nie en my eie argumente is nie teen die praktyk daarvan nie. Die probleem is wanneer dit oorbeklemtoon word en op direkte wyse, die kruis verydel...
Dit nie net 'n probleem nie, dit is fataal en destruktief vir die behoud van die krag van die Here...
Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie. Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;
(1Kor 1:17-18)
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
Johnny, ons debatteer nie met jou soseer oor die metode van die doop nie, maar die klem wat jy daarop plaas wat totaal on-bybels is, waar jy dit 'n uitsluiting maak as mense nie soos jy gedoop is nie, m.a.w. Christus se volmaakte werk aan die kruis is nie genoeg vir VOLMAAKTE redding (bruidskap as jy dit so wil noem nie). Dit is jou siening, dit is on-bybels (nie jy of van Aarde kan die uit die Bybel aandui nie) en die slotsom wat ek al 'n ruk terug wou sê, wat Fila nou hier gesê het, dis sektaries. Sektaries = Jesus + iets vir redding. In jou geval is die Jesus + Doop, vir die RKK is dit Jesus + Werke, so al skop jy so teen die RKK (wat ek ook teen skop) is byde julle oortuigings en sienings in my oë sektaries.
Daar is genoeg Bybelse studies oor "pedo" doop al vir jou gegee, jy kies bloot om dit nie te lees nie en geen van die vrae aan jou gestel te antwoord nie, nog so 'n studie (wat ek byderhand het) sal deur jou net bloot dieselfde hanteer word.
Soos Fila, sê ek dan ook maar eers halt vir hierdie gesprek, want dit voel soos 'n pad waar ons al af was en is nie die pad wat daar gestel is deur die OP nie.
Groete dan
Phil
Soos ek reeds genoem het daar is 'n video boodskap wat jy jou Skrif aanhaling verduidelik......uit 'n Bybelse perspektief. Jy weet goed dat ek nie die Doop bo die Kruis stel nie, maar in gehoorsaamheid aan 'n Goddelike opdrag kan ek nie sien hoe jy gehoorsaam aan bekering kan wees maar ongehoorsaam aan die doop nie......en die twee loop ALTYD hand aan hand in die Bybel.....en in volgorde....1) Bekering 2) Doop. Dit is NOOIT andersom nie. God is 'n God van orde en nie wanorde nie.
".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)
Bookmarks