Hallo julle.
Ek is steeds vars op hierdie forum, en wat my opgeval het was toe ek antichrist in die soek enjin op die webwerf intik. Dit krioel van die antichriste!!!! Van Obama, Matrya reg deur tot Islam! EEN Bybel en legio Antichriste.Dit dui vir my net op een ding! Ons is besig om te verdwaal in ons eie detail en teorië. Dis asof mens in hierdie doolhof is en al wat mens om mens sien is gange en deure en verdwaal. En as mens verdwaal, moet mens terug gaan na die begin toe, is dit nie? Mens moet as’t ware opgelig word uit die doolhof uit sodat mens van bo af na die ding kan kyk in geheel beeld en jou pad daaruit vind. Hoe doen ons die geheel-beeld?
Daar is twee stappe:
1) Gaan kyk wat sê die Bybel.
2) Gaan kyk wat is die leerskole van Profesie vandag.
Openbaring is ‘n wonderlike boek, een wat aanvanklik selfs vir Martin Luther verward gehad het. Tot hy Daniel “ontdek" het; die sleutel tot Openbaring. En dis baie belangrik om albei die twee altyd langs mekaar te hou wanneer mens die spulletjie benader. J. Maar ek is seker dit is geen nuwe nuus vir meeste van julle nie.
So al ken meeste van julle baie van die dinge, is dit miskien goed om net weer hierdie pad te stap saam met my......Die doel van hierdie draad is dus om net weer diep asem te haal om weer perspektief te kry.
Punt 1:Wat sê die Bybel oor die Antichris:
Sy naam:
· Antichris(1Joh 2:18; 2:22, 4:3; 2Joh 1:7);
· Mens van sonde (2 The 2:3);
· Klein Horinkie (Dan 7:8).
· Dier uit die see (Open 13:1)
· Vrou op Skarlaken rooi dier (Open 17:3)
Kenmerke Klein Horinkie
(Daniel 7) Mens van sonde
(2 Thes 2) Dier uit die see
(Open. 13) Vrou op Dier
(Open. 17) OorsprongGroei uit die kop uit van die VIERDE DIER (Rome)(7:8; 7:20) Reeds aan die werk in Paulus (2 Thes 2:7) en Johannes (1 Joh 4:3) se tyd, maar kom tot prominensie nadat hy wat teë hou, verwyder is (2 Thes 2:6) Kom uit die see en wat is see in profesie? Rev 17:15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.) Verreis uit ‘n plek met 7 berge ( (Rome is op 7 berge gebou) en regeer oor baie waters (7:1; 7:15) i.e. “Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.”
En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.(17:18) BeginKom uit TUSSEN die 10 horings, maar nadat die 10 horings reeds daar was. (7:8; 7:20) (Onthou: die val van Romeinse Reik het tot 10 koninkrtyke gelei). So, Verreis Net na die val van Romeinse Reik!! Word geopenbaar eers nadat dit wat hom teë hou, verwyder is (2 Thes 2:3). Die ou Kerkvaders was dit eens: Die Romeinse reik het hom tee gehou. en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag (13:2) Vrou tussen 10 horings, wat haar eventueel sal haat (17:3; 17:16) Religio-politieke
Kerk-Staat
MagMag se gestalte is groter as die voriges, En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd. Dan 7:25
Politieke karakter word nie genoem nie, maar verhef himself bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
So word aanbid/verwag om aanbid te word.Konglomeraat van Daniel se diere,wat koningkryke is, dra krone en verwag en ontvang aanbidding
En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?(13:4)
En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.(13:8)Die hoer /vrou is ‘n afvallige kerk. Die dier is ‘n Mag van die staat, ‘n koninkryk. So hier het ons ‘n Kerk-Staat Mag wat ‘n “priester”-koning heerser het. Ken jy een? Gods lasterlik
Verwaantheidin hierdie horing was oë soos mens-oë, en ‘n mond wat groot dinge spreek. (7:8)
En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandle (7:25)die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. (2:4) En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek (13:5).
En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. (13:6)
it is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.(13:7)en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name (17:3) Tyd van Magen die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd.(7:25)
Dus: 1260 profetiese dae ---en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. (13:5) --- Oorlog teen Gos se menseEk het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin, (7:21)
en die heiliges van die Allerhoogste mishandle (7:25) ---Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.(13:7) En ek het die vrou (afvallige Kerk) gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus (17:6). Dodelike wond - - En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.(13:3)waarvan die dodelike wond genees is.(13:12)vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.(13:14) - Verwag godelike aanbiddingEn hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. and they worshipped the beast(13:4)
En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nieen die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery. (17:2) Sy EindeMaar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig. (7:26) deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
(2:8)v 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. Rev 18:8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.
So, ons kan soort van ‘n “tick”-lys maak van die Antichris:
Nou kan ons al hierdie “antichriste” soos Obama et.al hieraan gaan meet. Byvoorbeeld; vervolg Obama Christene, word hy aanbid, was hy al teenwoordig in Paulus en Johannes se tyd, bly hy in Europa,is Washington op sewe berge gebou??? NEE. So ontspan, hy is nie die antichrist NIE! En so kan mens maar deur die lysie van potensiele kanidate gaan....· Hy verreis wanneer Rome opbreek (uit die 4de Dier uit)(Dan 7:7-8, 20). (Dit is inharmonie met Paulus (2 Thes 2:7) en Johannes (1 Joh 4:3) wat bevestig dat die gees van antichrist reeds teenwoordig is in hul tyd, maar nog teë gehou worddeur ‘n Rome wat nog moet opbreek (2 Thes 2:6)).
· Hy verreis tussen die 10 horings (Dan 7:8)(Dan17:3;16)). So dit is ‘nEUROPESE Mag..
· Hy verreis nadat die 10 horings reeds daar is (na 476 AD toe Rome opgebreek het)(Dan 7:24).
· Hy is anders as die ander (Dan 7:24).
· Hy is van gestalte groter as die ander (Dan 7:20)
· Hy ontwortel en vernietig 3 koningkryke (Dan 7:8; 7:20).
· Hy verhef homself na waar God is (Dan 7:8; 7:25). Hy vervang Godelike voorskrifte met menslike voorskrifte,en hy karteer die pad hemel toe deur mense, nie Jesus Christus nie).
· Hy word dus aanbid (2 Thes 2:4)(Open 13:4, 12)(Open 17:2). ‘n Kerk-komponent!
· Voer oorlog teen God se volgelinge en mishandle hulle(Dan7:21,25)(Open 17:6). Dus, ‘n vervolgings mag.
· Verander tye en wette (Dan7:25). Watter tye en wette is vir God belangrik? Sy tye en wette!! Nie mense s’n nie.
· Die gelowiges word aan hom oorgegee vir 1260 profetiese dae.(Dan 7:25)
· Hy sal die hele aarde verslind (Dan7:23) en oor hom regeer (Open 17:1, 2, 15, 18),en Heers vanaf ‘n stad met sewe berge (Open 17:9, 18). ‘n Politieke komponent!
· Bestaan tot en met Wederkoms (Dan7:22).
· Sy heerskappy sal weg geneem word deur Jesus self met Sy wederkoms (Dan7:26).
Ons hierso is almal protestante uit die reformasie-stal, neem ek aan. So kom ons gaan terug na ons wortels toe en kyk wat het die kerkvaders hieroor te sê gehad.Want sedert die reformasie het ons protestante nie net in ons eie detail verdwaal nie, maar ook as gevolg van “politieke korrekheid” en kompromieë baie vêr van die waarheid af weg gedwaal!
“The Reformation of the sixteenth century, which gave birth to Protestantism, was based on Scripture. It
gave back to the world the Bible. It taught the Scriptures; it exposed the errors and corruptions of Rome by
the use of the sword of the Spirit. It applied THE PROPHECIES, and accepted their practical guidance.
Such Reformation work requires to be done afresh. We have suffered prophetic anti-papal truth to be too
much forgotten.This generation is dangerously latitudinarian indifferent to truth and error on points on
which Scripture is tremendously decided and absolutely clear.” Romanism and the reformation. H. Grattan Guiness. 1887.
"Oh Christ, my Lord, look down upon us and bring upon us thy day of judgment, and destroy the brood of Satan in Rome. There sits the Man, of whom the apostle Paul wrote (2 THESSALONIANS 2:3-4)that he will oppose and exalt himself above all that is called God - that man of Sin, that Son of Perdition. What else is papal power but sin and corruption? It leads souls to destruction under thine own name, O Lord!....The papal see is practicing iniquity to its heights. He suppresses the Law of God and exalts his commandments above the commandments of God."-- Dr. MartinLuther's sämmtliche Werke.Vol 21, p339.
"I deny him to be the vicar of Christ, who,infuriously persecuting the gospel, demonstrates by his conduct that he is the Antichrist - I deny him to be the successor of Peter... I deny him to be the head of the church." (Calvin, 'Tracts', Vol.1, pp.219-220).
Of hulle was almal verkeerd, en is verniet dood gemartel en verbrand, of hulle was reg en 95% van die Protestante vandag glo nie meer wat die Reformeerders gepreek het nie! Hoekom nie? Rome was glad nie gelukkig om uitgewys te word nie. Die Jesuitiese orde is gestig met die uitsluitlike doel om die reformasie tee te werk en ook hul uitwysing as Antichris tee te werk. Hoe het hulle dit gedoen? Deur twee Jesuite by name De Alcazar en Ribera wat met twee doctrines vorendag gekom het: Preterisme en Futurisme. Dit bring ons by punt 2:A Great Cloud of Witnesses:"Wycliffe, Tyndale, Luther, Calvin, Cranmer; in the seventeenth century,Bunyan, the translators of the King James Bible and the men who published the Westminster and Baptist confessions of Faith; Sir Isaac Newton, Wesley,Whitfield, Jonathan Edwards; and more recently Spurgeon, Bishop J.C. Ryle and Dr. Martin Lloyd-Jones; these men among countless others, all saw the office ofthe Papacy as the antichrist." Taken from All Roads Lead to Rome, by Michael de Semlyen. Dorchestor House Publications, p. 205. 1991.
Wat isPreterisme en Futirisme?
Preterisme: RC Sproul deffinieer dit as “An eschatological viewpoint that places many or all eschatological events in the past, especially during the destruction of Jerusalem in AD 70. (R C Sproul, The Last Days according toJesus, p 228). ‘nSoeke op die wys dit is begin deur ‘n Rooms Katolieke Jesuiet by name Luis De Alcazar (1554-1613) en nog een van sy medewerkers. In Preterisme is die antichris dan ook uit gewys as ‘n Griek by name Antiochus Epiphanes terwyl nog ‘n groep in hierdie groep sê dit was Keizer Nero.
Futerisme is begin deur Francisco Ribera (1537-1591). Hy was a Jesuiet doktor in teologie, ook gebore in Spanje. Hy’t ‘n boek geskryf by name: “InSacrum Beati Ioannis Apostoli, & Evangelistiae Apocalypsin Commentarij”,gepubliseer in omtrent 1590. Hierin het hy voorgestel dat die eerste paar hoofstukke van die “Apocalypse” toegepas moet word op die ou Romynse Ryk, en die ander helfte plaas hy in 7 letterlike jare aan die einde in die eindtyd,oomblike voor die wederkoms. Verder het hy dan ook gesê dat, gedurende hierdie tyd sal die Rooms Katolieke Kerk “wegval” van die pous af in “apostasy”. Verder het hy dan gesê die antichris , ‘n enkele individuele persoon, sal Jesus se volgers vervolg en belaster, Die tempel in Jerusalem herbou, Die Christelike gehoof verban, Jesus Christus ontken, Met ope arms deur die Jode ontvang word, Voorgee hy is God, God se twee getuies doodmaak en oor die wereld heers.
Klink dit bekend??
So hierdie is wat die internet sê De Alcazar en Ribera sê. En dit is wat 90% van die Protestante kerke skielik vandag ook sê!
Wat sê jy?




Dit dui vir my net op een ding! Ons is besig om te verdwaal in ons eie detail en teorië. Dis asof mens in hierdie doolhof is en al wat mens om mens sien is gange en deure en verdwaal. En as mens verdwaal, moet mens terug gaan na die begin toe, is dit nie? Mens moet as’t ware opgelig word uit die doolhof uit sodat mens van bo af na die ding kan kyk in geheel beeld en jou pad daaruit vind. Hoe doen ons die geheel-beeld?
Reply With Quote





Bookmarks