Your Advert here
cure-real
Page 3 of 23 FirstFirst 1234567891011121314 ... LastLast
Results 31 to 45 of 334

Thread: Hoekom soveel antichriste?

  1. #31
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    786

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Hi CFJ
    Baie dankie vir twee baie in diepte-antwoorde. Dit het egter baie teen-vrae by my opgebring en hierdie gesprek gaan te groot raak vir hierdie draad se doel. So ek gaan 'n ander draad begin vandag waarop ons hierdie gesprek kan voortsit.
    Ek beklemtoon egter net weer; ek is altyd oop vir oortuiging. Maar daarvoor het ons spasie nodig.

  2. #32
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    786

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Kom ons kyk na nog ‘n kriterium van die antichris:

    By voorbaat wil ek net verskoning maak vir al die Engelse kwotasies. Maar in kwotasies wil mens nie foute maak met interpretasie in vrye vertaling nie.

    Dan 7:25.... en hy sal probeer om tye en wet te verander,.......

    Watter tye en wette? Is ons tye en wette vir God belangrik? Of is God se eie wette, feeste en tye vir Hom belangrik?

    “The pope has the power to change times, to abrogate laws, and to dispense with all things, even the precepts of Christ.” – Decretal De Translat, Episcop. Cap.
    Het hulle die tye verander? Wat se kalender gebruik ons vandag? Die Gregorian kalender. Vernoem na Gregory XIII, ‘n pous. Wat sę Wikipedia?

    “The Gregorian calendar, also called the Western calendar and the Christian calendar, is the internationally accepted civil calendar.[1][2][3]It was introduced by Pope Gregory XIII, after whom the calendar was named, by a decree signed on 24 February 1582; the decree, a papal bull, is known by its opening words, Intergravissimas.[4]The reformed calendar was adopted later that year by a handful of countries, with other countries adopting it over the following centuries. The motivation for the Gregorian reform was that the Julian calendar assumes that the time between vernal equinoxes is 365.25 days, when in fact it is presently almost exactly 11minutes shorter. The discrepancy accumulates at the rate of about three days every four centuries, resulting in the equinox being on March 11 (a cumulative error of about 10 days since Roman times), and moving steadily earlier in the Julian calendar, at the time of the Gregorian reform. Because the spring equinox was tied to the celebration of Easter, the Roman Catholic Church considered this steady movement in the date of the equinox undesirable.” –http://en.wikipedia.org/wiki/Gregorian_calendar
    In die proses het hul paasfees (Easter) geskuif om in lyn te val met die fees van Ishtar,‘n heiden fees. Waar die Pasga gevier moes word volgens die nuwe maan, wat beteken dit kon val op enige dag van die week afhangende van die vol maan, het die RRK dit verander agter die Saduseers aan (wat hul opleiding in Alexandria gehad het in okultiese dinge) om in lyn te val met Ishtar. Ishtar (en nou Easter) val slegs op ‘n Sondag. As die Pasga wel saamval met “Easter”, skuif die RKK dit sodat hulle nie saamval nie!!!!
    So die RKK het die tye en feeste vir seker verander.......

    Because of the Protestant Reformation, however, many Western European countries did not initially follow the Gregorian reform, and maintained their old-style systems. Eventually other countries followed there form for the sake of consistency, but by the time the last adherents of the Julian calendar in Eastern Europe (Russia and Greece) changed to the Gregorian system in the 20th century, they had to drop 13 days from their calendars, due to the additional difference between the two calendars accumulated after 1582.– Wikipedia.
    So geleidelik het almal maar ingegee.
    Die dag is ook in die proses verander van sons ondergang tot sons ondergang na middernag tot middernag! Die bronne is egter verdeeld hieroor, so ek wil dit nie aan die proses toeskryf sonder meer soliede getuienis nie!


    Gen 1:5,“...En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.”

    Gen 2:3, “En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.”

    Eks 31:16, “En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.”

    “The Pope can modify divine law.” – Prompta Bibliotheca”, “Papa,” art. 2
    Tien gebooie: Wat het die RK daarmee gemaak? Hieronder word die 10 gebooie soos in Eksodus 20 vergelyk met die Rooms Katolieke Kategisme wat jul kan vind op hul webtuiste:
    http://www.vatican.va/archive/ccc_css/archive/catechism/command.htm

    Die langste gebooie is die meeste gesny..., twee is totaal uitgehaal, en die tiende is opgebreek in twee gebooie om tien te kry; om op te maak vir die tweede gebod wat uit gelaat is....
    10 Gebooie (Eksodus 20) “A Traditional Catechetical Formula”
    Eerste: Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hę nie. 1. I am the LORD your God: you shall not have strange gods before me
    Tweede: Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou VERWYDER
    Derde: Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. 2. You shall not take the name of the LORD your God in vain
    Vierde: Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. 3. Remember to keep holy the LORD’s day
    Vyfde: Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee. 4. Honor your father and your mother
    Sesde: Jy mag nie doodslaan nie. 5. You shall not kill
    Sewende: Jy mag nie egbreek nie. 6. You shall not commit adultery
    Agtste: Jy mag nie steel nie. 7. You shall not steal
    Negende: Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. 8. You shall not bear false witness against you neighbor
    Tiende: Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. 9. You shall not covet your neighbor’s wife
    10. You shall not covet your neighbor’s goods

    En wat het hul gedoen met die vierde gebod? Kom ons vra hulle self:
    “Q: Which is the Sabbath day?
    A: Saturday is the Sabbath day
    Q: Why do we observe Sunday instead of Saturday?
    A: We observe Sunday instead of Saturday because the Catholic Church transferred the solemnity from Saturday to Sunday.” (The Convert’s Chatechism of Catholic Doctrine. 1957, p50)

    “Sunday is our mark of authority... The Church is above the Bible, and this tranceference of Sabbath observance is proof of that fact.” Catholic Record. September 1, 1923.

    “She took the pagan Sunday and made it the Christian Sunday...and thus the pagan Sunday, dedicated to Balder, became the Christian Sunday sacred to Jesus.” Catholic World, March 1894, p. 809.

    “Of course the Catholic church claims that the change was her act, and the act is a MARK of her ecclesiastical power”. Faith of our fathers (Cardinal Gibbons).

    “The Bible says remember that thou keep holy the Sabbath day. The Catholic Church says No! By my devine power I abolish the Sabbath day and command you to keep holy the first day of the week. And lo the entire civilized world bows down in reverent obedience to the command of the holy Catholic church.” Father Enright, American Sentinal, June 1893.

    “Sunday is a Catholic institution, and its claims to observance can be defended only on Catholic principles...From the beginning to the end of Scripture there is not a single passage which warrants the transfer of weekly public worship from the last day of the week to the first.” Catholic Press (Sydney) August 25, 1900.

    “If Protestants would follow the Bible, they should worship God on the Sabbath Day. In keeping the Sunday, they are following a law of the Catholic Church.” Albert Smith, Chancellor of the Archdiocese of Baltimore, replying for the Cardinal in a letter dated February 10, 1920.

    ‘Protestantism, in disregarding the authority of the Roman [Catholic] Church, has no good reasons for its Sunday theory, and ought logically to keep Saturday as the Sabbath.” John Gilmary Shea, in the “American Catholic Quarterley Review”,January 1883.

    “Not the Creator of the Universe, in Genesis 2:1-3, but the Catholic Church can claim the honor of having granted man a pause to his work every seven days.” S.C. Mosna, “Storia della Domenica”, 1969, pp. 366-367.

    “Reason and common sense demand the acceptance of One or the other of these alternatives; either Protestantism and the keeping holy of Saturday, or Catholicity and the keeping holy of Sunday. COMPROMISE is impossible.” The Catholic Mirror, December 23, 1893.

    Open 13:3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

  3. #33
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    786

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Hi CFJ
    Ek sien met nabetragting hier in #15 van die draad, jy se:

    Die enigste mens wat ooit 'n onbelemmerde determinaie (vry wil) gehad het, was Adam, want Adam het nie 'n nietige keuse uitge-oefen nie, nee Adam het gedetermineer en 'n hele mensdom het geval. Watter mens na Adam, kon so besluit neem? Dit is presies wat die Satan wil poog, om die mensdom te laat dink, hulle kan self determineer en hoe vals is dit nie. Mens kan tot jou eie redding determineer en weer determineer om dit te verloor ook, wat 'n grap! Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. (Joh 15:16)

    Ek gaan 'n draad oopmaak hieroor, want hoe kan mens langer stilbly!
    Het jy al 'n draad hieroor oopgemaak? Want ek wil nie een oopmaak as jy al reeds het nie?

    As jy nie het nie, en nog wil, begin sommer met hierdie qote van jou op die nuwe draad, dan neem ons die vrye wil-gesprek soentoe.

    Ben

  4. #34
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,531

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Quote Originally Posted by Ben Cronje View Post
    Hi CFJ
    Ek sien met nabetragting hier in #15 van die draad, jy se:



    Het jy al 'n draad hieroor oopgemaak? Want ek wil nie een oopmaak as jy al reeds het nie?

    As jy nie het nie, en nog wil, begin sommer met hierdie qote van jou op die nuwe draad, dan neem ons die vrye wil-gesprek soentoe.

    Ben
    Jy kan hier gaan lees Ben...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  5. #35
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    786

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    In plasing #1 van hierdie draad het ons gekyk na wat die Bybelse kriteria is vir die antichris, of anders gestel, aan watter kriteria ‘n indivudie/instelling moet voldoen om as die antichrist te kwalifiseer dan. Julle sal met my saamstem dat die antichris AAN AL die kriteria moet voldoen, nie net ‘n paar nie! Ons het ook gesien dat al die vroeë Kerkvaders dit EENS was oor wie hierdie antichris is. Dan het ons ook gekyk na ander leerstellings daar buite, nl Futerisme vs Preterisme.

    In plasing #6 Het ons gesien dat in Saggaria word geopenbaar dat die antichrist vir ‘n kort tyd ontbloot sou word, maar dat die deksel weer terug gesit sou word. So het die Reformasie die antichrist ontbloot, maar ‘n deksel van Futerisme/Preterisme is weer oor hom gesit om hom weg te steek.

    In Plasing #9 is vlugtig verwys na die 10 tone van Dan 2, die 10 horings en die vals profeet (Vervalle Protestantisme)

    Plasing 12 het bevestig dat die antichris ‘n vrou is, en dat ‘n vrou in profesie altyd ‘n KERK is, daarom kan die antichris SLEGS ‘n kerk wees, nie ‘n indivudie nie!! In Saggaria is die persoon in die effa ook ‘n VROU ter bevesteging.

    In Plasing #22 is kortliks gekyk na die “dodelike wond” van die antichris.

    In Plasing #32 het ons gekyk na die kriterium dat die antichris sou tye en wette verander........

    Hierdie is maar net die samevatting sovęr. Die volgende kriterium waarna ons gaan kyk is die MERK van die dier (antichris).......

  6. #36
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    786

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Die Merk van die dier:

    En hier raak dinge baie interessant! Hierdie merk is al orals gesien: van “barcodes” op produkte, super rekenaars soos “Big Brother” reg deur. Byna net soveel merke soos antichriste. Maar kom ons stop biedjie, haal biedjie asem en begin stap-gewys dink.

    In die opsomming van die plasings het ons al reeds gesien wie die antichris is; die hervormers en vroeë protestante kerke was dit almal eens: Rooms Katolieke kerk.
    So as hulle die dier is en hulle het ‘n merk, wat het hulle self oor ‘n merk, HUL Merk, te sę???? Kom ons kyk:

    “Sunday is our mark of authority... The Church is above the Bible, and this tranceference of Sabbath observance is proof of that fact.” Catholic Record. September 1, 1923.
    "Of course the Catholic Church claims that the change (from Saturday to Sunday) was her act. It could not have been otherwise, as none in those days would have dreamed of doing anything in matters spiritual and religious without her, and the act is a mark of her ecclesiastical power and authority in religious matters." Letter from H.F. Thomas, Chancellor of Cardinal Gibbons.
    OK, so hulle sę Sondag is hul MERK of teken. En hulle self klaim dat hulle die dag van aanbidding verander het van Saterdag na Sondag.
    Maar dan beteken dit Saterdag is ‘n merk of teken van outoriteit van iemand anders. Van wie? Wat sę die Bybel?

    Ese 20:12,20 Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om ‘n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat hulle heilig. En heilig my sabbatte; en hulle sal ‘n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die HERE julle God is.
    Wat is die oorspronklike woord vir teken hierso?
    oth
    Probably from H225 (in the sense of appearing); a signal (literally or figuratively), as a flag, beacon, monument, omen, prodigy, evidence, etc.: - mark, miracle, (en-) sign, token.
    So......, dis ‘n Saterdag/Sondag ding? Kan dit wees? Miskien moet ‘n mens biedjie meer in detail hierso ingaan...:hoe meer informasie mens het, hoe beter om iets te sien al dan nie..

    Eks 20:8-11 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
    “Want” beteken daar is ‘n rede, so alles wat na ‘n want volg is ‘n rede.....
    Wat doen evolusie met “in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is”? Gooi dit weg. Hoekom? Anders is mens in die moeilikheid met die volgende stukkie, nl. ,”en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig”.
    Met ander woorde, Hy het dit eenkant gesit vir heilige gebruik. Reg? So God moet in hierdie formule wees!
    Hierdie stukkie sę dan ook wie die Skepper is: “Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is.”
    en op die sewende dag het Hy gerus”.
    So was God moeg? Nee. So wat is hierdie rus dan? Want in hierdie skepping wat vervul is in die mens, Sy hele plan vir die heelal, vind God rus in dit. Soos twee geliefdes amper wat vir ‘n ruk geskei was en mekaar intens gemis het en skielik weer saam kom..., daardie gevoel van weer saam wees...om rus te vind in die verhouding. Verstaan wat ek probeer sę?
    Die oorspronklike woord:

    noo'-akh
    A primitive root; to rest, that is, settle down; used in a great variety of applications, literally and figuratively, intransitively, transitively and causatively (to dwell, stay, let fall, place, let alone, withdraw, give comfort, etc.): - cease, be confederate, lay, let down, (be) quiet, remain, (cause to, be at, give, have, make to) rest, set down.
    So God vind rus in die mens en die mens vind rus in God. As ek dit so kan probeer stel. En God sę as’t ware vir die mens; gaan heers, gaan doen wat jy ookal wil doen, verander, modifiseer, gaan aan, maar een keer ‘n week kom ons saam en spandeer tyd saam. Ons gesels steeds elke dag en praat elke dag, maar EEN KEER ‘n week, een dag ‘n week sit ons opsy! En daardie dag is die sewende dag. MAAR DAAR IS MEER...kom ons kyk gou weer na Esegiel:

    Eze 20:12 Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om ‘n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat hulle heilig.
    Eze 20:20 En heilig my sabbatte; en hulle sal ‘n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die HERE julle God is.
    Is dit per implikasie dus moontlik dat iemand anders jou “here jou god” kan wees???? Wel, deur die eeue het die mens maar telkemale afgedwaal en voor ander gode die knie gebuig. So God sę dus nee, nee, nee, heilig MY sabatte, sodat julle kan weet dat Ek julle God is. So hierdie is soos ‘n TOETS!!! ‘n Baie groot toets.

    Exo 31:13 Spreek jy met die kinders van Israel en sę: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
    Exo 31:16 En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.
    Exo 31:17 Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
    So om op te som, dis ‘n teken. Vir? Want God is ons Skepper, en Hy sę basies, “Kies My! Al die ander gode steel jou net, hulle het jou nie gemaak nie, en gee niks terug nie, behalwe dood nie.....”
    OK, ons het gesien verder op wat die oorspronklike woord vir teken is. “Oth”. Kom ons kyk gou weer:

    oth
    Probably from H225 (in the sense of appearing); a signal (literally or figuratively), as a flag, beacon, monument, omen, prodigy, evidence, etc.: - mark, miracle, (en-) sign, token.
    So het God ‘n MERK???? Jip. Die Sabbat. Het die Dier ‘n MERK???? Jip. Hulle sę self so heel bo aan die plasing. Die Sondag.
    Is God geďnteresseerd in ‘n bar-code en ‘n rekenaar? Of is God geďnteresseerd in jou karakter en jou getrouheid? Duidelik in die tweede opsie.
    So God het ‘n Merk of Teken, die Sabbat, en dit is vir ewig (Eks 31:16-17). Maar wat is ‘n merk, ‘n teken, ‘n seël?
    ‘n Seël staaf/bekragtig ‘n dokument. Hoe lyk die deursnee tipe seël?



    Hier is Koning George V se sëel. Wat kry mens op so ‘n tipiese seël?
    ‘n Naam: George V
    Titel: Koning
    Gebied: Groot Brittanje etc.

    En sonder dit is ‘n wet nutteloos. Ek kan my eie wette maak en onderaan teken. Maar wie gaan die wette nakom? Want ek het nie outoriteit nie. Vir al nie in Brittanje nie.....Maar sit die boonste seël op ‘n wet in Brittanje, en die mense gehoorsaam dit, want dit het outoriteit.
    Gaan kyk nou na die 10 gebooie. Dis die wet van God. Hoe weet ons dit? Want Sy seël is daarop!! En wat is die seël? Die vierde Gebod!! Die ander wette is net moets en moenies. Maar die 4de gebod is spesiaal: Dis ‘n seël.

    Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig
    Naam: Die Here
    Titel: Skepper
    Gebied: Hemel, aarde, See en alles wat daarin is.

    So sonder die Sabbat het die wet geen outoriteit en egtheid nie. Dis net nog ‘n stel reels as’t ware. Maar nou het dit die stempel van God. Nou het dit outoriteit? Lees weer Ese 20:12:

    Eze 20:12 Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om ‘n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat hulle heilig.
    Maak die vers nou meer sin?
    Hoe wys ons God dat ons gewillig is om Hom te aanbid? Sit ek ‘n banier op of dra sekere klere of sekere hoedens? Of gehoorsaam ek Hom en “Exo 20:8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig”?

    So wat as iemand anders nou kom en sę, “Hey! Wag ‘n biedjie! Wat gaan hier aan? Hoekom gehoorsaam jy hierdie bevel/voorskrif en gee jou getrouheid aan daai Mag? Ek sę vir jou, ek wil nie hę jy moet Hom gehoorsaam nie, ek wil hę jy moet MY gehoorsaam! Ek sę vir jou, ek gaan dit nou verander. Kom ons kyk wie het outoriteit in jou lewe! Gehoorsaam MY! Van nou af op hierdie manier! Op hierdie dag! Wat gaan jy doen??

    Jes 56:6-7 En die uitlanders wat hulle by die HERE aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die HERE lief te hę deur sy knegte te wees—elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond, hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke.
    Net nog een wat beklemtoon dat dit nie net 'n Jode-ding is nie....
    So die Sabbat is ‘n teken van jou getrouheid aan God, ons Skepper. En nou raak dit nog interessanter:

    Deu 11:13-20 As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te hę en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel, dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel. En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word. Neem julle in ag dat julle hart nie verlei word nie, sodat julle afwyk en ander gode dien en voor hulle neerbuig, en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy die hemel toesluit, sodat daar geen reën is en die aarde sy opbrings nie gee nie, en julle gou uit die goeie land omkom wat die HERE julle gee. Lę dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees, en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lę en as jy opstaan; en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,
    So die gebooie (insluitend Sabbat)(Deut 5:29 AL My gebooie) moet op jou hand EN voorhoof tussen jou oë wees. Kom ons maak seker:

    Deu 6:8 Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.
    Wat beteken die “hand en voorkop”? Beteken dit mens moes hul letterlik as papiertjies om jou hand en voorkop vasbind soos die fariseers ens gedoen het? Of beteken dit jy moet dit GLO (voorkop) en DOEN (hand)??? Hy is my God en ek sal Hom volg. Reg?

    Het die Dier ‘n Merk wat op die hand OF die voorkop moet wees??????

    Open 14:9 En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesę: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,
    Open 13:16-17 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
    Rev 13:16 And he causeth all, both small and great, rich and poor, free and bond, to receive a mark in their right hand, or in their foreheads:
    Wat is die verskil egter hier? By die dier moet die merk op die hand OF die voorhoof wees, God se merk moet op die hand EN die voorhoof wees! En dit is baie belangrik.
    God is nie tevrede met halwe “dien” nie. Dis alles of niks. Warm of koud, nie lou nie!
    Die Dier aan die ander kant gee nie om hoe jy hom dien nie, solank jy hom net dien. So of jy nou in jou voorkop het (glo dis reg) OF net doen, al glo jy nie dis reg nie, hy is gelukkig! Solank jy hom net dien, hy gee nie om hoe nie.....
    En as jy dit nie doen nie; ekonomiese boikot (Open 13:17). Vries jou bankrekening of wat ook al.

    So kom ons kyk na nog ‘n paar kwotasies van die RKK:

    “He can pronounce sentences and judgements in contradiction to the rights of nations, to the law of God and man.....He can free himself from the commands of the apostles, he being their superior, and from the rules of the old testament.” (Decretal de Translat. Episcop. Cap.)
    “The Pope has power to change times, to abrogate laws, and to dispense with all things, even the precepts of Christ.” (Decretal de Translat. Episcop. Cap.)
    So die Pous is bo God, sę hy. Herken julle hom in die volgende verse:

    2Th 2:3-4 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
    “The Church, ....after changing the day of rest from the Jewish Sabbath, or seventh day of the week, to the first, made the third commandment refer to Sunday as the day to be kept holy as the Lord’s Day” Catholic Encyclopedia, Vol. 4. P. 153.
    “The Bible says remember that thou keep holy the Sabbath day. The Catholic Church says No! By my devine power I abolish the Sabbath day and command you to keep holy the first day of the week. And lo the entire civilized world bows down in reverent obedience to the command of the holy Catholic church.” Father Enright, American Sentinal, June 1893.
    Hy val duidelik die outiriteit van God direk hier aan!!! Jy kan nie die outoriteit van God op enige van die ander gebooie so aanval soos op die Sabbat-gebod nie!!!!

    Gaan lees nou weer hul eie woorde in die laaste klomp kwotasies in plasing #32 om te sien wie het die Sabbat van Saterdag na Sondag verskuif.
    En gaan ons geforseer word om te kies tussen die Merk van God en die Merk van die dier???
    VIR SEKER. Google net “Blue Laws” en sien hoe word daar in Europa en Amerika gepoog om Sondag wetgewing in te bring....

    Die dag wanner ons moet kies is om die draai.....

  7. #37

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    As ek die volgende mag byvoeg..:

    Hierdie uitgahaal uit wikipedia:

    Sunday: Old English Sunnandćg (pronounced [sun.nan.dćg] or [sun.nan.dćj), meaning "sun's day". This is a translation of the Latin phrase dies Solis. English, like most of the Germanic languages, preserves the original pagan/sun associations of the day. Many other European languages, including all of the Romance languages, have changed its name to the equivalent of "the Lord's day" (based on Ecclesiastical Latin dies Dominica). In both West Germanic and North Germanic mythology the sun is personified as a goddess, Sunna/Sól.

    Dit is interresant hoe baie kulture regoor die węreld die dae benoem volgens planetere liggame. baie van hulle noem byvoorbeeld sondag as bogenoemde uittreksel.

    Iewers anders uit wikipedia:
    "It was a custom of the Pagans to celebrate on the same 25 December the birthday of the Sun, at which they kindled lights in token of festivity. In these solemnities and revelries the Christians also took part. Accordingly when the doctors of the Church perceived that the Christians had a leaning to this festival, they took counsel and resolved that the true Nativity should be solemnised on that day." [46]

    So ons hou nie net kerk op 'n sondag(wat volgens die vroee romynse tyd en vroeer die son se dag is), maar ons beskou die 25ste desember as Jesus se geboortedag(wat volgens bogenoemde deur die "pagans" beskou was as die son se geboortedag)

    En ek hoef nie eers te noem van paasfees, hoe hase en eiers vermeng is met die dag nie(ook van "pagan" geloof)

    So wat nou??

    God weet wat in elkeen se hart aangaan. Hy weet, sowel as mense om my, wie my God is. Selfs 'n ongelowe sal weet, deur na my te kyk en na my leefstyl, wie ek volg en liefhet.

    Ek het 'n saak met dae van die week, hase en eiers en 'n snaakse man in 'n rooi jas. Al daai goed saai verwarring en verdeeldheid.

  8. #38
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    968

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Ben, ek wil voorstel dat jy hierdie gesprek mooi gaan bekyk. Philip dT gee daar ook 'n paar skakels na goeie artikels wat jy gerus kan volg en mooi rustig bestudeer. Ek sou graag wil hoor wat jy daarvan dink.

    Hierdie behoort baie interessante leesstof te wees.

  9. #39
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    187

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Quote Originally Posted by Ben Cronje View Post
    Hallo Fila...
    O Ja, in die interim, ek weet hierdie is seker nie die plek daarvoor nie, maar kan iemand my dalk red met 'n praktiese oplossing: waar "click" mens as mens 'n kappie-e of deelteken-e soek terwyl mens tik? Soms gaan tik ek eers als in MS-word en "copy and paste" als hierin, maar dis teen-produktief!
    Hi Ben

    Ek kan help met die kappie-e, of enige ander soort "e". Ek maak mos my brood en botter uit rekenaars.

    As jy die "alt" knoppie inhou, en 137 tik op die numeriese area - heel regs op jou sleutelbord, sal jy die spesiale karaktertjies kry. Byvoorbeeld, Alt+137 gee vir jou "ë", en Alt+136 gee vir jou "ę". Die ander kodes kan jy hierso opkyk.

    Ns. Dankie vir jou plasings - ek lees hulle gereeld.

  10. #40
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    786

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Ben, ek wil voorstel dat jy hierdie gesprek mooi gaan bekyk. Philip dT gee daar ook 'n paar skakels na goeie artikels wat jy gerus kan volg en mooi rustig bestudeer. Ek sou graag wil hoor wat jy daarvan dink.
    Dankie SOS, het gaan kyk en dit is interessant. Hopelik bring mense dieselfde goed hier op, dan kan ons daarna kyk.

    Dankie AndreHa. Jy help my inderdaad verskriklik baie. Ek gaan dit op 'n papier skryf en langs my rekenaar plak! . Ek moes die karakters elke keer in MSWord skryf en "copy en Paste". En Dankie vir die kompliment. Ek is bly dit is stof tot nadenke.

  11. #41
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    786

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Ek sou graag wil hoor wat jy daarvan dink.

    Hierdie behoort baie interessante leesstof te wees.
    Hierdie artikel het ek egter net die eerste paragraaf gelees. Hierdie woorde daarin:

    "Unlike so many other works on the Antichrist, this book does not attempt to name a specific person or over-emphasize a single aspect of the Antichrist, but examines the whole of Scripture to fulfill the goal of the book’s subtitle, “How the identity of the coming Antichrist will be revealed to the faithful church”."
    The comming antichrist = Futerisme.
    "....but examines the whole of Scripture...." Ons het al genoeg gestoei met Futerisme om te weet hul kyk nie na AL die kriteria van die antichris nie, net die wat die Futerismiese model pas....

  12. #42
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    968

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Quote Originally Posted by Ben Cronje View Post
    Dankie SOS, het gaan kyk en dit is interessant. Hopelik bring mense dieselfde goed hier op, dan kan ons daarna kyk.
    Ek is bly jy het daarna gekyk en sal graag wil hę jy moet die tyd maak om meer aandagtig daarna te kyk. Veral ook na die artikels rakende die Wet en die Sabbat waarna daar verwys word, want hoe ons onsself posisioneer ten opsigte van die wet en die Kruis gaan deurslaggewend wees van hoe ons hierdie dinge gaan interpreteer.

    Ek sal graag ook wil weet hoe ons die tien gebooie en veral die Vierde gebod moet verstaan in die lig van die kruisboodskap en spesifiek ook Hebrieërs 4.

    Ek moet met jou eerlik wees: as die DAG die seel is van die Antichris, sal hy vir hom 'n ander seel moet kry. Alhoewel die dae se name na die afgodery teruggelei kan word, sit dit nie in enige iemand se broek om vir homself die eerste of enige van die ander dae toe te eien nie (ook nie die pous nie), want God is die Skepper en die Baas daarvan:
    Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis; en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.
    (Gen 1:4-5)

  13. #43
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    786

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Ek is bly jy het daarna gekyk en sal graag wil hę jy moet die tyd maak om meer aandagtig daarna te kyk. Veral ook na die artikels rakende die Wet en die Sabbat waarna daar verwys word, want hoe ons onsself posisioneer ten opsigte van die wet en die Kruis gaan deurslaggewend wees van hoe ons hierdie dinge gaan interpreteer.

    Ek sal graag ook wil weet hoe ons die tien gebooie en veral die Vierde gebod moet verstaan in die lig van die kruisboodskap en spesifiek ook Hebrieërs 4.

    Ek moet met jou eerlik wees: as die DAG die seel is van die Antichris, sal hy vir hom 'n ander seel moet kry. Alhoewel die dae se name na die afgodery teruggelei kan word, sit dit nie in enige iemand se broek om vir homself die eerste of enige van die ander dae toe te eien nie (ook nie die pous nie), want God is die Skepper en die Baas daarvan:
    .

    Ek hou van jou diplomasie.

    Hoekom moet die antichris vir hom 'n ander seel/merk kry SoS? Ek verstaan nie heeltemal wat jy bedoel nie. Ek verstaan wel dat toe Farao 'n anti-Sabbat wet gemaak het dat die Israeliete MOET op die Sabbat werk, toe gryp God in met plae. Aan die eindtyd kom daar plae teen die manne met die merk. Die een is mos 'n Tipe van die ander??

    Onthou, ek kwoteer die RKK self hier; hul EIE woorde! En hulle is glad nie vaag oor hoe hulle hier voel nie. Ek sal twee van hul kwotasies herhaal:

    “The Bible says remember that thou keep holy the Sabbath day. The Catholic Church says No! By my devine power I abolish the Sabbath day and command you to keep holy the first day of the week. And lo the entire civilized world bows down in reverent obedience to the command of the holy Catholic church.” Father Enright, American Sentinal, June 1893.
    Hier is hulle baie duidelik! Die Bybel sę ook die antichris gaan dink hy kan God se tye verander. Maar wie kan God se tye verander? Niemand...Dit beteken egter nie die antichris gaan nie probeer nie

    Maar hier trek die RKK die lyn in die sand:

    “Reason and common sense demand the acceptance of One or the other of these alternatives; either Protestantism and the keeping holy of Saturday, or Catholicity and the keeping holy of Sunday. COMPROMISE is impossible.” The Catholic Mirror, December 23, 1893.
    Wat het die Guru's van die verskeie denominasies al te sę gehad oor die Saterdag/Sondag storie? Jammer vir die Engelse name. (Dis nie noodwendig dat hul vandag nog so sę nie, maar hul is nie onbewus daarvan nie, as jy sal verstaan wat ek bedoel):

    Episcopal: “Is there any command in the New Testament to change the day of weekly rest from Saturday to Sunday? None.” (Manual of Christian Doctrine, p. 127)
    “We have made a change from the seventh day to the first day, from Saturday to Sunday, on the authority of the one holy Catholic and apostolic church of Christ.” (Why we keep Sunday, p. 28.)

    Lutherse: “ The observance of the Lord’s day (Sunday) is founded not on any command of God, but on the authority of the church.” (“The Augsburg Confession” In: Catholic Sabbath Manual, part 2, section 10.)

    Presbyterian: “A Change of the day to be observed from the last day of the week to the first. There is no record, no express command, authorizing this change. N.L. Rice, The Christian Sabbath, p. 60)

    Methodiste: “Take the matter of Sunday... there is no passage telling Christians to keep that day, or to transfer the Jewish Sabbath to that day.” (H.F. Rall, Christian Advocate, July 2, 1942)

    Congregationalist: “It is quite clear that however rigidly, or devoutly we spend Sunday, we are not keeping the Sabbath... There is not a single sentence in the New Testament to suggest that we incur any penalty by violating the supposed sanctity of Sunday.” (Dr. R.W. Dale, The Ten Commandments, pp. 100-101)

    Anglican: “Many people think that Sunday is the Sabbath, but neither in the New Testament nor in the early church, is there anything to suggest that we have any right to transfer the observance of the seventh day of the week to the first. The Sabbath was and is Saturday and not Sunday...” (Rev. Lionel Beere, Church and People, Sept. 1st, 1947)

    Baptist: “There was and is a commandment to keep holy the Sabbath day, but that Sabbath day was not Sunday... There is no scriptural evidence of the change of the Sabbath institution from the seventh day to the first day of the week.” (Dr. Edward T. Hiscox, (author of the Baptist Manual) New York Ministries Conference, Nov. 13, 1893)

    “Reverend Philip Carrington, Anglican Archbishop of Quebec, sent local clergymen into a huddle today by saying outright that there was nothing to support Sunday being kept holy. Carrington definitely told a church meeting in this city of straight-laced Protestantism that tradition, not the Bible, had made Sunday the day of worship.” (Toronto Daily Star, Oct 26, 1949).
    Tradisie, ingebring deur die Rooms Katolieke Kerk. Kyk na die volgende kwotasie:

    “Almost all churches throughout the world celebrate the sacred mysteries (the Lord’s supper) on the Sabbath of every week...yet the Christians of Alexandria and Rome, on account of some ancient tradition, have ceased to do so.” (Ecclesiastical History, bk. 5, Ch. 22. NPNF 2nd series, V2.)
    Alexandria was die plek waar al die “Pagan” doctrines in gebring is destyds. Dis waar die Sadisieers geleer het dat daar nie ‘n opstanding was nie. Dat as jy dood gaan, jy op Abraham se skoot gaan sit het.... Alexandria en Rome was die setel van “Paganism”. Alexandria het antieke Egiptiese gnostiese leringe geleer. Met ‘n groot dosis Kabalisme in vermeng.

    “Sunday is founded not on Scripture, but on tradition, and is a distinctly Catholic institution.” (Catholic Record, Sept. 17, 1893)
    “The New Testament makes no explicit mention that the apostles changed the day of worship, but we know it from tradition.” (The New Revised Baltimore Catechism (1949), p. 139)
    Wat sę die Bybel oor tradisie?
    Mat 15:3 Maar Hy antwoord en sę vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?
    Mat 15:6 So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.
    Mat 15:9 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.
    Die King James gebruik “Tradition” in die plek van “oorlewering”. Hier gaan dit nou wel oor ‘n ander gebod, maar wat vir die een geld, geld vir die ander, is dit nie?

    Mar 7:9 And he said unto them, Full well ye reject the commandment of God, that ye may keep your own tradition.
    So die Bybel sę een ding, die RKK sę die ander, en hier het ons ‘n basis vir konflik! Die een staan teenoor die ander. En hierdie konflik gaan al groter word.

    “The authority of the church could therefore not be bound to the authority of the Scriptures, because the Church had changed...the Sabbath into Sunday, not by command of Christ, but by it’s own authority.” (Canon and Tradition, p. 263)
    Hiermee word nęrens gesę mense wat vandag op Sondae aanbid het die merk van die dier nie! Wanneer die Sondag wette inkom EN 'n anti-Sabbat wet, dan is die Merk daar en dan gaan ons moet kies! Want dan is dit of die een, of die ander...

    Maar Sos, as ons by mekaar verby praat en ek mis jou punt bo, spel hom maar net weer vir my uit....soms is ek biedjie stadig

  14. #44
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    786

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Quote Originally Posted by RR van Wyk View Post
    As ek die volgende mag byvoeg..:

    Hierdie uitgahaal uit wikipedia:.
    Dankie vir jou by voeg, RR. Jip, ons kon ook maar gehou het by dag1, dag twee, dag 3 ens. Dit sou egter niks verander het aan Dag 7 wat nou Dag 1 geword het nie...

    Ek dink Shakespear het gesę; "A Rose called by any other name smell just as sweet..". Maar ek dink nie ek het hom verbatum reg kwoteer nie.. Wie het die "Pagan" geloof in Paasfees ingebring? Of was dit nog altyd in Paasfees. Ek herfraseer: Wie het Pasga Paasfees gemaak? Die RKK. Maar laat ons nie die draad weer skeeftrek nie. Maak vir ons 'n draad oop hieroor iewers. Dit sal lekker gesels...

  15. #45
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,809

    Re: Hoekom soveel antichriste?

    Hiermee word nęrens gesę mense wat vandag op Sondae aanbid het die merk van die dier nie!
    Proof the official doctrine of the Seventh-day Adventist churches is that the Mark of the beast is those who worship on Sunday.
    "Sunday-keeping must be the mark of the beast." ... "The reception of his mark must be something that involves the greatest offense that can be committed against God." (The Marvel of Nations, Elder U. Smith pages 170, 183)
    "Here we find the mark of the beast. The very act of changing the Sabbath into Sunday, on the part of the Catholic church, without any authority from the Bible." (Ellen G. White, The Mark of the Beast, page 23)
    "The Sunday Sabbath is purely a child of the Papacy. It is the mark of the beast." (Advent Review, Vol. I, No. 2, August, 1850.)
    "The change of the Sabbath is the sign or mark of the authority of the Romish church." ... "The keeping of the counterfeit Sabbath is the reception of the mark." (Ellen G. White, Great Controversy, Vol. 4, page 281.
    "The mark of the beast is Sunday-keeping. A law will enforce this upon Seventh-day Adventists. They won't obey. Then they will be outlawed, persecuted, and condemned to death! Of all the wild Advent speculations in the prophecies, this deserves to stand among the wildest." (Seventh-day Adventism Renounced" by D.M. Canright, 1914)
    "Sunday-keeping is an institution of the first beast, and ALL who submit to obey this institution emphatically worship the first beast and receive his mark, 'the mark of the beast.' .... Those who worship the beast and his image by observing the first day are certainly idolaters, as were the worshippers of the golden calf." (Advent Review Extra, pages 10 and 11, August, 1850)
    "the Seventh day, Saturday, must be kept; that keeping Sunday is the mark of the beast; that all should pay tithes; that Mrs. White is inspired as were the writers of the Bible; that the Bible must be interpreted to harmonize with her writings" (Seventh-day Adventism Renounced" by D.M. Canright, 1914)

    Show me where Leo Schreven indicates: Sunday-keeping is a step towards the mark of the beast Show me where Leo Schreven says: Sunday-keepers will be condemnedhttp://www.bible.ca/7-mark-beast.htm
    ".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Help asseblief Hoekom??
    By Ta-An in forum Alles en nog wat
    Replies: 29
    Last Post: Aug 11th 2012, 03:23 PM
  2. Hoekom Here??
    By Ta-An in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 3
    Last Post: Nov 26th 2009, 05:50 PM
  3. Hoekom die mens ?
    By mari in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 22
    Last Post: Aug 21st 2009, 01:25 PM
  4. Hoekom wonder ons nog ?
    By Die Filadelfieer in forum Alles en nog wat
    Replies: 13
    Last Post: Aug 18th 2009, 07:58 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •