Your Advert here
cure-real
Page 63 of 63 FirstFirst ... 13525354555657585960616263
Results 931 to 943 of 943

Thread: Die 'vry wil' godsdiens?

  1. #931

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Quote Originally Posted by chisel View Post
    Ek dink wat HH bedoel het is die volgende:
    Aan die een kant het jy 'n jong man wat 'n meisie begeer. Hy besluit om 'n tower mengsel in haar glas wyn te gooi, en wanneer sy die drankie drink, word haar wil sodanig verander dat sy die jong man begeer, vanwee die krag van die "magical potion".
    Aan die ander kant het jy 'n jong man wat 'n meisie begeer. Hy besluit om vir haar blomme te koop, om haar huis se dak reg te maak, om haar te beskerm wanneer boewe haar wil aanval, hy help haar pa op die plaas ens. en op die ou end smelt haar hart en besef sy dat sy nie anders kan as om ja te sê vir hierdie wonderlike jong man nie. Op die ou end kan sy tereg sê dat die jong man dinge so bewerk het dat sy op hom moes verlief raak, maar daardie liefde is vryelik gegee en sy het hom vryelik gekies.

    Die eerste geval is die geforseerde liefde van Calvinisme, die tweede geval is hoe Armeniers God se liefde verstaan en ek dink dit is die punt wat HH wou tuisbring. In die eerste geval kan mens nie juis sê dat die vrou werklik lief is vir die man nie.
    Dankie Chisel, dit is presies wat ek bedoel het, en jy het dit baie goed verduidelik...

    Ek voel in hierdie voorbeelde kan mens n duidelike verskil in die twee konsepte sien, en is dit ook moontlik om te bepaal watter een reg en verkeerd is.
    See how much the Father has loved us! His love is so great that we are called God's children---and so, in fact, we are! - 1John 3:1
    Gods true word!
    Believing it . Defending it . Proclaiming it .


  2. #932

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Hoe kan jy omstandighede van keuses skei of losmaak daarvan? Bepaal omstandighede nie maar wie gered gaan word en wie nie.... en as omstandighede dan niks met keuses te doen het nie, hoekom sou jy dit sê?
    Ek kan omstandighede en wie gered word skei van mekaar, want as jy dit nie doen nie dan ontstaan daar "onregverdigheid"...Weereens soos Ben gese het, dit is nie n swart en wit nie, en glo ek elke persoon se redding sal afhang van sy Lig ontvang.

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Hoekom speel tyd nie 'n rol in hoe lank mens tyd kry om 'n regverdige keuse te maak nie? Is dit 'n regverdige speelveld dat een 20 jaar kry en 'n ander 80 jaar om 'n keuse te maak? Antwoord dit net direk...
    Nee, dit is nie regverdig nie, daarom skei ek weereens die twee van mekaar! Dit is tog ooglopend, God se: "Soek my VANDAG", hoekom? Want more kom dalk nie vir jou soos vir jou buurman nie...

    Is dit nou onregverdig as jy net 20 jaar gekry het om jou keuse te maak, maar jy het die waarskuwing om Hom te kies vermy in jou 20 jaar lewe? Wie se skuld is dit as jy die waarskuwing vermy het? Joune of God sin?

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    As God jou nie eerste lief gehad het nie, sou jy Hom liefhê? Geforseerde liefde is nie so ongewoon soos jy dit probeer afmaak om te wees nie. Baie huwelike se bestaan gaan op sekere stadiums geforseerde liefde wees. Ek dink jy gee soveel vryheid in jou konsep van liefde, dat dit later te vry is om lief te hê... en hiermee wys ek net die anderkant uit en die fyn lyn waarop jou eie argument wel kan dui op...

    'n Man en vrou wat versoekings wil weerstaan, moet in hierdie wêreld hulle liefde forseer vir mekaar, om nie in vrye liefde weg te breek nie... Ek hoop jy kan die anderkant van die pool probeer raaksien, want ek wil nie pertinent sê dis hoe jy glo nie. Ek dink jy maak 'n fout om te dink, die mens kan God se wil weerstaan...., soos en wanneer hulle wil. Hy laat slegs toe dat ons Sy wil kan weerstaan en kan anders ook werk...
    Soos reeds bespreek praat ons nie hier van dieselfde ding nie. Chisel se voorbeeld verduidelik dit baie goed.
    Ek sal net byvoeg dat ek nogsteeds nie dink jy jouself kan "forseer" om iemand lief te he soos en wanneer jy wil nie...

    Daar is fout met hierdie tipe "liefde" en dan keer dit terug na my aanvanklike debat, is dit dan werklik liefde?

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Berperk jy die liewe Here nie as Hy nie mag forseer nie? Forseer by Hom is anders as by ons, want Sy volmaaktheid dring ook volmaak en skep nie gebrokenheid nie. Omdat jy aan menslike nietigheid die begrip 'forseer' koppel, kan jy 'n fout maak as jy presies net so met God wil omgaan as Hy wil forseer (by gebrek aan 'n beter woord gebruik ek dit ook maar).
    Nee ek dink nie ek beperk Hom nie, forseer is nie volgens my n goeie kenmerk in die vorm van wat ons hier praat nie...Dit val vir my in dieselfde kamp as lief, bedrieg, skelm wees, stil bly en nie die waarheid praat nie...

    Nou as ek se God kan nie bedrieg nie, sal almal saamstem ek beperk Hom nie, maar as ek se God forseer Hom nie, (weereens in die vorm van wat ons dit hier gebruik) dan wil julle se ek beperk Hom..

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Die een persoon gee al die eer aan God wat hom/haar TREK en die keuse wat hy/sy maak verdwyn teen daardie agtergrond. Die ander persoon lyk dit my fokus so op MY KEUSE, dat God wat trek in die agtergrond verdwyn...
    CFJ, dit is nie dat ons fokus op die "MY KEUSE" is, soos wat jy dit wil uitmaak nie, dit is net dat ons julle fokus wil afhaal van "ONS IS PRE-DETERMINIEERD" dat ons moet fokus op die MY KEUSE om julle dit te laat insien...
    See how much the Father has loved us! His love is so great that we are called God's children---and so, in fact, we are! - 1John 3:1
    Gods true word!
    Believing it . Defending it . Proclaiming it .


  3. #933
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    778

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Die voorbeeld van die man wat 'n towerdrankie vir die meisie gee is volgens my 'n misplaaste en valse voorbeeld van liefde volgens die wat glo in God se uitverkiesing. Jy sien dit impliseer nog steeds dat die besluit afhang van die meisie en aangesien die man nie die kans wil neem dat die meisie hom nie gaan kies of vir hom gaan lief wees nie, bedrieg en manipuleer hy haar. Dit is glad nie die Bybelse wyse van hoe God deur Sy genade en uitverkiesing met die mens handel nie.

    God handel eerste uit liefde vir die mens, onverdiend. Hy het die mens lief toe die mens nog dood was en nie in staat om Hom lief te hê nie. Hy kom maak nie die aanbod en wag op 'n antwoord nie, want 'n dooie kan nie kies nie. Hy kom maak die mens wat Hy uitgekies het eers lewendig. Noudat sy lewendig is maak Hy haar die hof, want sy is sy geliefde en sy kan nie anders as om te reageer op dit wat Hy gedoen het nie. Hy het haar nie forseer nie, maar Hy het haar lewend gemaak. In Sy liefde is Hy ernstig oor die aanbod, Hy maak dit nie ligtelik en speel met haar gevoelens en sê ek het jou lewendig gemaak net weer om te sterf nie. Nee, Hy maak jou die hof en hou nie op nie totdat jy reageer en dan bly Hy met jou, al raak jy somtyds die pad byster, want Hy het met jou 'n liefdesverbond gestig. Dit hang nie af van wat jy doen nie, dit hang af van Sy belofte en Sy liefde. Jy hoef nie iets te doen van jou kant af sodat Hy jou moet lief hê nie, nee Hy het jou lief. Altyd. Jy is nuut gemaak, nie meer dieselfde as voorheen nie. Jy kan nooit weer teruggaan soos wat jy was nie, want jy is geskep uit onverganklike saad.

    Indien mens dink dat die liefde altyd ongeforseerd is, dan het hulle met alle respek nog nie deur moeilike tye gegaan wat jou liefde beproef nie. Partykeer moet jy bly om die ander persoon lief te hê al voel die persoon nie dieselfde nie. Jy forseer nie die ander persoon nie, jy bly net getrou aan jou belofte wat jy gemaak het. Ons het hier egter te doen met volmaakte liefde versus onvolmaakte liefde. Daarom kan ons nie altyd God se liefde verstaan nie, maar ons kan genoeg verstaan om te weet dat Hy ons nooit sal verlaat nie. Deur in vryewil te glo sal mens moet glo dat God jou wel sal verlaat en dat Hy niks daaromtrent kan doen nie. Dit is nie volmaakte liefde nie en maak 'n bespotting van God se liefde. God mag nie forseer nie, maar jy kan jou wil en liefdeloosheid op God afforseer. Dit is nog 'n rede hoekom ek nie kan dink dat vryewil korrek is nie. God mag nie forseer nie, maar jy die onvolmaakte met beperkte kennis mag wel jou wil afforseer op 'n liefdevolle en regverdige God.

    Ons almal is dit eens dat daar wel keuses is wat gemaak moet word. Niemand ontken dit nie, of altans nie ek nie. Die oorsprong van die keuse is egter verskillend. Volgens my is die keuse se oorsprong die uitverkiesing wat deur God se genade daar gestel is. Volgens die vryewil kamp is dit hulle onvolmaakte vryewil wat hulle kan afforseer op God en Sy liefde impotent maak. Die vryewil tas ook God se beheer aan, tog lees ons dwarsdeur die Bybel waar God bekend maak wat Hy gaan doen en ook stel dat dit wat Hy wil doen dit sal Hy doen. Niemand kan Hom keer nie, want Hy is God. Tog ontken die vryewil dit, want hulle wil kan vir God keer, want God het dit vrywillig aan hulle geskenk om Hom te kan verwerp. Dit bly vir my onverstaanbaar om te kan dink dat 'n liefdevolle regverdige God sal toelaat dat Sy belangrikste skepping, die toppunt van Sy skepping, Hy sal oorlaat aan hulle onvolmaakte wil wat so deur die sonde verander is dat hulle nie eers dit belangrik ag om Hom te soek nie. Die wil is so belangrik dat dit tot belangriker is as die offer wat God goedgekeer het nl Sy Seun. Die mens sal geoordeel word volgens die lig wat hulle ontvang het tov om die keuse te kan maak volgens hul wil. Die Seun is nie ter sprake nie. Klink vir my baie new age.

    Alles in die skepping gaan oor God. Vryewil in my opinie gaan oor die mens en dit is die verskil.

    Kalahari

  4. #934

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Die voorbeeld van die man wat 'n towerdrankie vir die meisie gee is volgens my 'n misplaaste en valse voorbeeld van liefde volgens die wat glo in God se uitverkiesing. Jy sien dit impliseer nog steeds dat die besluit afhang van die meisie.
    Nee, die besluit hang juis nie af van die meisie nie. Sy maak geen besluit nie maar word deteministies veroorsaak om vir die jong man lief te wees.

    God handel eerste uit liefde vir die mens, onverdiend.
    Ek dink beide voorbeelde, die towerdrankie en die twee opsie, kan mens sê dat die jong man eerste uit liefde gehandel het.
    Onthou net dat volgens Calvinisme God nie almal liefhet nie, maar slegs diegene liefhet wat Hy self determineer om Hom lief te hê.

    Hy het die mens lief toe die mens nog dood was en nie in staat om Hom lief te hê nie.
    Slegs die uitverkorenes.

    Hy kom maak nie die aanbod en wag op 'n antwoord nie, want 'n dooie kan nie kies nie.
    Ek sien juis dat die Bybel vol daarvan is waar God by die mens pleit om weg te draai van hul sondes af en na Hom toe te kom.

    Hy kom maak die mens wat Hy uitgekies het eers lewendig.
    En dit is waarom ek dink Calvinisme se soteriologie is agterstevoor. Volgens die bybel kom geloof eerste en dan wedergeboorte, maar volgens Calvinisme kom wedergeboorte eerste en dan geloof.

    Jy hoef nie iets te doen van jou kant af sodat Hy jou moet lief hê nie, nee Hy het jou lief.
    Hierdie stelling is glad nie teenstrydig met die vryewil siening nie. Dit is juis die vryewil seining wat verseker kan sê dat God jou life het. Volgens Calvinisme het God slegs diegene lief wat uitverkies is, en mens kan slegs verseker weet dat mens uitverkies is, wanneer mens se lewe tot 'n einde kom en mens nog nog.

    Jy is nuut gemaak, nie meer dieselfde as voorheen nie. Jy kan nooit weer teruggaan soos wat jy was nie, want jy is geskep uit onverganklike saad.
    Ek stem saam dat mens nuutgemaak is. Baie Armeniers glo ook in perseverance of the saints, so hierdie punt is nie juis krities op hierdie stadium nie.

    Indien mens dink dat die liefde altyd ongeforseerd is, dan het hulle met alle respek nog nie deur moeilike tye gegaan wat jou liefde beproef nie. Partykeer moet jy bly om die ander persoon lief te hê al voel die persoon nie dieselfde nie. Jy forseer nie die ander persoon nie, jy bly net getrou aan jou belofte wat jy gemaak het.
    Ek en Ben het alreeds die verskil uitgewys tussen om jouself te forseer om iemand anders lief te hê en om jou liefde op iemand af te forseer. Hierdie voorbeelde is dus nie juis geldig nie.

    Deur in vryewil te glo sal mens moet glo dat God jou wel sal verlaat en dat Hy niks daaromtrent kan doen nie.
    Die ironie is dat in die praktyk dit juis Calviniste is wat meer geneigd is om te twyfel of hulle werklik gered is, as Armeniers. Armeniers kan aanspraak maak op God se liefde vir hulle terwyl Calviniste se sekerheid altyd subjektief is.

    Hier is 'n erkenning van 'n prominente Calvinis:

    "It may surprise you to know that just about every contact I have had with people who are doubting their salvation are Calvinistic in their theology. In other words, they believe in unconditional election. These are the ones who believe in perseverance of the saints. These are the ones that believe that we cannot lose our salvation! Yet these are the ones who are doubting their faith the most." - http://www.reclaimingthemind.org/blo...ng-calvinists/

    Beskou gerus die konteks as jy wil.

    Dit is nie volmaakte liefde nie en maak 'n bespotting van God se liefde.
    Ek stem beslis nie saam nie, en ek dink glad nie dat die tweede opsie in my gelykenis 'n bespotting is nie.

    God mag nie forseer nie, maar jy kan jou wil en liefdeloosheid op God afforseer.
    Ek sê maar net wat ek in die Bybel lees. Dit lyk vir my of God baie keer met Israel gepleit het om op te hou sondig, op te hou afgode aanbid, op te hou om die profete te vermoor, maar hulle wou nie.
    As God besluit om wesens te skep en hulle keuses te gee en hulle verantwoordelik te hou vir hul keuses, dan is ek seker nie verkeerd om dit so te rapporteer nie.

    Die vryewil tas ook God se beheer aan, tog lees ons dwarsdeur die Bybel waar God bekend maak wat Hy gaan doen en ook stel dat dit wat Hy wil doen dit sal Hy doen.
    Is sonde die wil van God? Indien nie, hoe is dit dat iets wat teen die wil van God is kan gebeur?

  5. #935

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Vryewil in my opinie gaan oor die mens en dit is die verskil.
    Ek troos my daaraan dat jy 'n paar plasings van nou af weer vryewil sal erken wanneer mens oor sonde verantwoordelikheid praat. Jy sal dit wel iets noem soos "ruimte" of "vryheid", maar die konsep is nie juis verskillend van vryewil nie.
    Dit wil vir my voorkom of Calvinisme rondspring tussen 'n aanvaarding van vryewil en 'n verwerping daarvan afhangende van watter aspek van die doktrine op daardie stadium bespreek word. Soos die geloofsbelydenis wat jy aangehaal het self sê, die enigste manier om die spanning tussen God se soewereinheid en menslike verantwoordelikheid te breek is om 'n konsep van "ruimte" in te bring.

  6. #936
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    778

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Chisel

    Ek dink nie in die voorbeeld van die towerdrankie handel die man uit liefde nie. Daarvolgens handel hy eerste, maar nie uit liefde nie maar uit vrees. Tog weet ons dat ware liefde vrees uitdryf. Omrede die man die uitslag vrees, vat hy die keuse weg. Dit is egter nie die weg van die uitverkiesing nie.

    Ek lees nie dat God die keuse om weg te draai aan almal maak nie. Ek lees dat Hy dit gee en dat dit effek het by die verkiesdes hetsy in die Ou Testament , sy volk en in die Nuwe Testament die wat die geloof ontvang het. God maak die uitnodiging. Dit is egter net die wat lewend gemaak is wat hierop kan reageer. Vir die res is dit sinneloos en bly hulle verhard in hulle toestand.

    Ons sal vir eers moet aanvaar dat ons gaan verskil oor die volgorde van geloof en wedergeboorte. Voor jy nie lewend gemaak is nie kan jy nie glo nie.

    Ek het die skakel gelees, maar dit is nog steeds die subjektiewe mening van die skrywer. Die Bybel gee ons die versekering dat ons seker kan wees en dat dit nie van ons afhang nie.

    Die keuses wat jy aanhaal is volgens my verstaan oor om te lewe as gehoorsames en om te leef as heiliges. Ek sien nie in dit die keuse van saligheid nie. Die keuse was gedoen in die OT op grond van geboorte (fisies) en in die NT ook van geboorte (geestelik).

    Ons almal weet dat sonde nie God se wil is nie en dat Hy nooit die outeur van dit is nie. Die sonde tas egter nie God se beheer aan nie. God is groter as die sonde, maar dit beperk Hom nie. Ek kan in dieselfde asem vra hoe dit is dat God sê dat dit Sy wil is dat niemand verlore gaan nie en tog gaan daar. Is jou wil dan sterker en meer belangrik as God s'n? Jy gaan altyd 'n skewe antwoord kry indien jy God wil definieer volgens sonde. Jy kan nie, want Hy is buite sonde alhoewel Hy sonde toelaat.

    Kalahari

  7. #937

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Ek dink nie in die voorbeeld van die towerdrankie handel die man uit liefde nie.
    Ons ook nie, dis juis hoekom ons sê dat waar liefde kom vanwee 'n deterministiese verandering van die wil is so liefde nie ware liefde nie.

    Daarvolgens handel hy eerste, maar nie uit liefde nie maar uit vrees.
    Nee, ek het nêrens in die gelykenis vrees genome nie, en vrees is glad nie betrokke nie, juis omdat hy die wil deterministies kan verander.

    Ons sal vir eers moet aanvaar dat ons gaan verskil oor die volgorde van geloof en wedergeboorte. Voor jy nie lewend gemaak is nie kan jy nie glo nie.
    Bewys asseblief uit die bybel uit dat wedergeboorte geloof voorafgaan.
    Let wel, om "dood" op Calvinistiese wyse te interpreteer is 'n sirkel redenasie.

    Jy gaan altyd 'n skewe antwoord kry indien jy God wil definieer volgens sonde.
    Ek het geen idee hoe jy hierby uitkom nie. Sonde is 'n realiteit, God is 'n realiteit. Ek prober sin maak van die twee. Ek probeer nie God definieer volgens sonde nie.

  8. #938

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Ek het die skakel gelees, maar dit is nog steeds die subjektiewe mening van die skrywer.
    Ek sien geen rede waarom hy dit sou opmaak of daaroor sou lieg nie.
    Tot dusver kon nie jy of enige ander gereformeerde enige objektiewe versekering van jul uitverkiesing aanbied nie. Die Bybel sê nie dat jy wat Kalahari is uitverkies is nie. Jul interpretasie is bloot as as mens uitverkies is, mens gered is. So wanneer jy na die Bybel verwys verwys jy na die interpretasie, nie jou individuele versekering nie.

    Ek kan wel sê dat God jou lief het.

    Maar ons het alreeds hieroor gesels. Ek dink dis nogal interessant in daardie artikel dat die Calvinis reken dat mens practise gesproke soos 'n Armenier moet vashou aan die geloof.
    Hoe is dit dat as Calvinisme die waarheid is, mens se evangelisasie en mens se praktiese Christen wandel die beste ooreenstem met Arminianisme.
    Net iets om aan te dink.

  9. #939
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,709

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Vryewil in my opinie gaan oor die mens en dit is die verskil.
    My mening. Die diepere rede waarom ek vrye wil/keuse verdedig is juis omdat God se eer op die spel is.

    Soos 'n paar keer vantevore in die bespreking geopper is:

    1. Indien die mens nie 'n vrye keuse het nie, kom dit daarop neer dat die mens nie verantwoordelik gehou kan word vir die sonde nie, en die sonde eintlik God se skuld moet wees.
    2. Indien God nie die mens met 'n vrye wil/keuse gemaak het nie, en die mens bloot 'n objek is in God se hand, beteken dit God is nie werklik geïnteresseerd in 'n persoonlike, wederkerige verhouding nie. Dit doen afbreuk aan die karakter van God.
    3. Indien die mens nie 'n vrye wil/keuse wil of keuse het nie, beteken dit God se skepping is glad nie so wonderlik soos ons dink nie. Dan beteken dit nie God het werklik "artificial intelligence" gemaak nie, maar beheer bloot die mens aan 'n stingetjie soos 'n marionetmeester. Dit raak dan meer problematies om die mens van die dier te onderskei. Die vermoë van die mens om sy/haar vrye wil uit te oefen onderstreep juis God se skeppingsvermoë, sy grootheid en glorie. Niks hiervan hoef God te gedoen het nie, en dit dui ook op God se loutere genade aan die mens.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  10. #940
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    786

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Hi Kalahari.

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Ek dink nie in die voorbeeld van die towerdrankie handel die man uit liefde nie. Daarvolgens handel hy eerste, [B}maar nie uit liefde nie maar uit vrees[/B].
    Volgens Chisel se voorbeeld gee die man 'n towerdrankie aan die dame sodat sy geen keuse het, maar om "lief" vir die man te wees nie. Jy sê dit is uit vrees, nie liefde nie.
    Volgens Uitverkiesing kies God voor geboorte wie Hom moet lief hê sodat die verkores geen keuse het nie, maar on "lief" te wees vir God nie. Jy sê dit is uit liefde uit, nie vrees nie.

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Omrede die man die uitslag vrees, vat hy die keuse weg. Dit is egter nie die weg van die uitverkiesing nie
    Uitverkiesing vat tog die keuse weg.....

    Ek verstaan bogenoemde werklik en met alle respek nie op 'n logiese vlak nie...

  11. #941
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Gordonsbaai
    Posts
    786

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Ook:

    As Uitverkiesdes inelkgeval uitverkies is om hemel toe te gaan, sonder keuse natuurlik, is die uitkoms voorspelbaar en nie spesiaal nie. As eenmaal gered, altyd gered is, hoekom dan die volgende?:

    Luk 15:8 Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie ‘n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?
    Luk 15:9 En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: Wees saam met my bly, want ek het die penning gekry wat ek verloor het.
    Luk 15:10 So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.
    Hoekom die blydskap? Hy kan mos volgens Uitverkiesing nooit verlore gaan om mee te begin nie.....???

  12. #942

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Jy is nuut gemaak, nie meer dieselfde as voorheen nie. Jy kan nooit weer teruggaan soos wat jy was nie, want jy is geskep uit onverganklike saad.
    Hierdie is vir my glad nie in stemming met wat die Bybel se nie:

    Open 22:19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is..
    Hoe kan jou naam uit die boek van die lewe gehaal word, as dit nie daar in was nie?

    1 Tim 4:1 MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang
    Hoe word jy afvallig van iets wat jy nooit deel van was nie? Die engels se "they will depart", hoe depart mens van die Kaapstad lughawe, as jy nie in Kaapstad was nie?

    Ese 18:24 Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen — sal hy lewe? Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe
    .

    Hierdie is duidelikke bewys dat die regverdige kan afwyk van sy weg af, en die vers se ook wat met hom sal gebeur, hy sal sterf. So hier sterf n man wat eens regverdig was.. Dit is sterk in kontras met:

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Jy kan nooit weer teruggaan soos wat jy was nie
    2 Pet 2:20 Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
    Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
    Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
    Meer duidelik as hier bo kan mens nie kry nie...dit bevestig selfs dat hulle die weg van die geregtigheid geken het, dws hulle het die weg gevolg...dws hulle was deel van die "uitverkiesdes"...

    En nog meer belangrik vir my, die verse is duidelik dat al hierdie mense SELF die weg verlaat het, dws hulle moes n "lewensbelangrike" besluit maak om verlore te gaan, dit was nie God wat vir hulle besluit het, of sommer net hulle gelos het om verlore te bly nie
    See how much the Father has loved us! His love is so great that we are called God's children---and so, in fact, we are! - 1John 3:1
    Gods true word!
    Believing it . Defending it . Proclaiming it .


  13. #943

    Re: Die 'vry wil' godsdiens?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Dit hang nie af van wat jy doen nie, dit hang af van Sy belofte en Sy liefde. Jy hoef nie iets te doen van jou kant af sodat Hy jou moet lief hê nie, nee Hy het jou lief. Altyd. Jy is nuut gemaak, nie meer dieselfde as voorheen nie. Jy kan nooit weer teruggaan soos wat jy was nie, want jy is geskep uit onverganklike saad.
    Ook, vanuit hierbo, as God jou lief het, is jy automaties gered...

    Dit is nie wat die Bybel ons leer hoe dit werk nie...

    Die feit dat God ons lief het, maak die Weg oop vir ons om gered te word. Hy het dit moontlik gemaak, maar dit beteken nie jy is gered nie...

    Ander sou die volgende vers nie gelees het:

    Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
    Dit is nog nie eers gepraat van wie God nou eintlik lief het nie...die hele wereld, of net Sy uitverkorenes nie...
    See how much the Father has loved us! His love is so great that we are called God's children---and so, in fact, we are! - 1John 3:1
    Gods true word!
    Believing it . Defending it . Proclaiming it .


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Godsdiens sterf in 9 lande uit?
    By CFJ in forum Alles en nog wat
    Replies: 3
    Last Post: Sep 24th 2011, 12:55 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •