Your Advert here
cure-real
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 30

Thread: Verlate kerke

  1. #1

    Verlate kerke

    In vandag se koerant is daar 'n artikel oor Suid Afrikaanse kerke wat leeg loop. Ons almal weet dit gebeur, maar HOEKOM is dit besig om te gebeur ? Die komentators in die artikel het verskillende en uiteenlopende menings, maar wie is reg ? Is almal reg ? Is dit waar dat mense al hoe meer ongelowing raak, of is dit 'n geval waar Christene eenvoudig nie meer tuis voel in kerklike organisasies wat al hoe meer eenvormig aan die wêreld probeer wees nie ?

    Om dit nou sommer reguit te vra :

    Word godsdiens, soos voorgehou deur die hoofstroom kerke, al hoe meer in teenstelling gesien met 'n werklike en persoonlike verhouding met Jesus Christus ?

    Meer verlaat kerke

    2012-08-12 20:48

    Neels Jackson

    Die verlies aan godsdienstigheid onder Suid-Afrikaners is nie ’n verrassing nie, maar die omvang daarvan is wel skokkend.

    So het prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, gister gereageer op die nuutste peiling van die Win-Galup International Religiosity and Atheism Index.

    Daarvolgens het die aantal Suid-Afrikaners wat godsdienstig is, van 2005 tot 2012 geval van 83% van die bevolking tot 64%.

    Dié daling van 19 persentasiepunte word net oortref deur dalings in Viëtnam (23%), Ierland (22%), Switserland en Frankryk (21% elk).

    Niemandt sê die tendens bevestig die vermoede van groeiende sekularisasie.

    Hy meen kerke moet diep vrae aan hulself stel. Hulle moet die geweldige kragte van die verbruikerskultuur beter verstaan en ’n alternatiewe leefstyl aan hul mense bied.

    Dr. Wim Dreyer van die Hervormde Kerk se Sentrum vir Missionale Bediening sê dis nie ’n nuwe tendens nie. Dit kom al sedert die dae dat Galileo en Darwin vir denkskuiwe gesorg het wat mense laat vra het waar God inpas.

    Kerke moet nou vra of daar weer so ’n denkskuif aan die gang is. Hy verwys na die opkoms van postmodernisme en die verlies van ’n waarheids­begrip wat mense die geloof laat bevraagteken.

    Volgens hom is daar tog hoop vir die kerke. Daar is plekke waar mense by die egtheid van die geloof uitkom waar dit weer groei.

    Dit is waar mense verby die verbruikerskultuur kyk en herontdek wat dit beteken om ’n egte dissipel van Jesus te wees.

    Geloof self is nie die groot probleem nie, sê Dreyer. Die probleem is om dit sinvol te kommunikeer in veranderende omstandighede.

    Niemandt sê mense stel deesdae minder belang in dogma en meer in ervaring van God.

    Kerke is egter nog op dogma ingestel.

    Hy meen kerke moet skuif van ’n benadering waar dit van mense verwag word om eers te bely, dan om tot ’n kerk te behoort en dan om hul geloof in God te ervaar, na ’n omgekeerde volgorde waarin die ervaring met God eerste kom, die behoort tweede en die bely eers daarna.

  2. #2
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Verlate kerke

    Ja Fila, sommige kerke loop leeg, waar ander weer groei... hier by ons groei die Metodiste kerke baie...Hoekom??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  3. #3
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Verlate kerke

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post

    Ek weet van 'n sekere Angus Buchan wat op elke stadion.....en plaas 'n herlewing voorspel het! So.....waar is die herlewing? Miskien loop die kerke leeg omdat almal stadions en plase toe gaan. OOoppppsssss......sorry.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  4. #4

    Re: Verlate kerke

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Ek weet van 'n sekere Angus Buchan wat op elke stadion.....en plaas 'n herlewing voorspel het! So.....waar is die herlewing? Miskien loop die kerke leeg omdat almal stadions en plase toe gaan. OOoppppsssss......sorry.

    Ek dink nie jy verstaan die onderwerp van die draad reg nie. Die idee is nie om klippe in 'n persoon se rigting te gooi nie, maar om te probeer vasstel of mense nog vir Christus in kerklike instansies vind, en of die antwoord dalk die rede is vir die leë kerke. Hierdie draad gaan met ander woorde nie oor Angus, die doop, of Israel nie.

  5. #5

    Re: Verlate kerke

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Ja Fila, sommige kerke loop leeg, waar ander weer groei... hier by ons groei die Metodiste kerke baie...Hoekom??
    Dit is 'n interesante vraag ! Sou jy reken dat die Metodiste as 'n steeds-behoundende kerk voorkom ? Is dit dalkdie rede vir die groei ?

  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Verlate kerke

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post

    Fila, ek het al baie gewonder of dit nie dalk gaan oor die "Metodiek" van die Methodiste Kerk nie... ek wonder of dit dalk 'n soort van tevredeheid (gerustheid) by die mense stel omdat daar vir alles 'n vaste patroon en metode van doen is. Die Metodiste Kerke hier in die omgewing (almal loop oor van lidmate) het almal baie aktiewe jeugbedieninge...
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  7. #7

    Re: Verlate kerke

    Kan een rede, dalk 'n groot rede, wees dat mense te besig is? Dit is natuurlik 'n swak verskoning, maar is nogal 'n groot probleem. Die moderne mens is te besig vir hul kinders, te besig vir hul huweliksmaat, te besig vir God..

    En daardie "te besig" is 'n groot siekte waarmee ek self worstel. Om 'n goeie balans in die lewe te handhaaf is nogal 'n kuns.

  8. #8
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494

    Re: Verlate kerke

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ek dink nie jy verstaan die onderwerp van die draad reg nie. Die idee is nie om klippe in 'n persoon se rigting te gooi nie, maar om te probeer vasstel of mense nog vir Christus in kerklike instansies vind, en of die antwoord dalk die rede is vir die leë kerke. Hierdie draad gaan met ander woorde nie oor Angus, die doop, of Israel nie.
    Dankie Fila. Dis tyd dat almal besef, mens hou eerstens by die draad van 'n ondnerwerp en tweedens en eintlik gelyk daaraan, die respek wat mens moet hê.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  9. #9
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Verlate kerke

    Die Methodiste Kerk is nogals die groot voorloper in SA met die Emmaus beweging, op so 'n naweek, re-dedicate baie Christene weer hulle lewens, en dan beweeg die mense na die kerk waar hulle weer 'n re-konneksie gemaak het.... So dink ek die geval hier in ons omgewing is.
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  10. #10

    Re: Verlate kerke

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Die Methodiste Kerk is nogals die groot voorloper in SA met die Emmaus beweging, op so 'n naweek, re-dedicate baie Christene weer hulle lewens, en dan beweeg die mense na die kerk waar hulle weer 'n re-konneksie gemaak het.... So dink ek die geval hier in ons omgewing is.
    Wat is jou opinie oor die Emmaus beweging ? Het jy al daarmee te doen gehad ?

  11. #11
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Verlate kerke

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Wat is jou opinie oor die Emmaus beweging ? Het jy al daarmee te doen gehad ?
    Ek was daar, maar Fila jy weet, ek swem 'stroom-op' so miskien moet ek jou nie my opinie gee nie.., ek is bly ek was daar sodat ek weet waaroor dit gaan,

    Ander mense vind dit baie geseënd... en ek is bly dat hulle so 'n wonderlike ervaing het...
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  12. #12
    Join Date
    Aug 2012
    Location
    Bloemfontein, South Africa
    Posts
    23

    Re: Verlate kerke

    Om terug te keer na die oorspronklike onderwerp:
    Is kerke nie verlate juis omdat mense nie hoor wat hul wil hoor nie? Wat ek bedoel - 2 Tim 4:4 -5 waarsku dat mense nie meer die waarheid sal wil hoor nie, maar eerder "mooi storietjies"... verder waarsku Openbaring ons in die 7e brief wat aan die gemeentes geskryf is - Open 3:15, dat daar 'n louheid in die kerk sal heers... Dws. mense nie die skrif ernstig opneem nie, en dat hul verhoudings met God nie is wat dit moet wees nie.

    Ons leef in 'n era van "so what?" ... vandaar is kerk toe gaan nie meer belangrik. ....

  13. #13
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Verlate kerke

    Quote Originally Posted by Mari van der LInde View Post

    Jy het dit reg.

    2 Petrus 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik (mooi storietjies) sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  14. #14
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Verlate kerke

    Quote Originally Posted by Mari van der LInde View Post
    Om terug te keer na die oorspronklike onderwerp:
    Is kerke nie verlate juis omdat mense nie hoor wat hul wil hoor nie? Wat ek bedoel - 2 Tim 4:4 -5 waarsku dat mense nie meer die waarheid sal wil hoor nie, maar eerder "mooi storietjies"... verder waarsku Openbaring ons in die 7e brief wat aan die gemeentes geskryf is - Open 3:15, dat daar 'n louheid in die kerk sal heers... Dws. mense nie die skrif ernstig opneem nie, en dat hul verhoudings met God nie is wat dit moet wees nie.

    Ons leef in 'n era van "so what?" ... vandaar is kerk toe gaan nie meer belangrik. ....
    Loop die Afrikaanse kerke leeg??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  15. #15
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Verlate kerke

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Loop die Afrikaanse kerke leeg??
    Kleiner kerke loop leeg en groter kerke word net groter. Vandag se generasie gaan na 'n kerk waar hulle wil hoor wat hulle WIL hoor.

    2 Timoteus 4:3 "....want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,....."

    Hulle soek opwinding en "nuwe winde" wat waai. Kerke wat dramaties groei dink hulle is besig met 'n herlewing, maar is hulle werklik? 'n Mens moet kyk wat is dit wat mense na so 'n gemeente trek. Die Woord was nog NOOIT gerieflik nie, inteendeel se Jesus ons sal vervolg word in die laaste dae. 'n Kerk wat vervolg word is nie 'n Mega kerk nie, want dinge gaan net te lekker daar.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Inligting Waarom Calvinistiese Kerke nie die Profesieë Verkondignie
    By Johnny in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 22
    Last Post: Apr 16th 2012, 05:35 PM
  2. BELANGRIK Leviet-Soektog na Kerke GPS posisies van Suid Afrika Namibië
    By Leviet in forum Alles en nog wat
    Replies: 8
    Last Post: Dec 4th 2011, 11:23 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •