Goeie môre al my boeties en sussies in die Here Jesus Christus. Van alles wat bestaan is die liefde die een ding wat nie sal vergaan nie want God is liefde en in die end is dit net God wat gaan oorbly as die lig in die nuwe Jerusalem. Jy word deur jou lewe voorberei deur die Heilige Gees om 'n waardige en liefdevolle bruid te wees vir die Bruidegom Jesus wat jou kom haal. Hy gaan jou nie kom haal as jy nie lief is vir Hom nie. Lê jy in jou bed en verlang na Hom. Staan jy op en gaan soek na jou geliefde wat jou soos 'n ribbok op die kruine van berge sal laat huppel. Is jy bereid om alles op te gee vir hierdie geliefde van jou. Onthou, jy kan net 'n bruid wees as jy lief is vir hom. As jou liefdes lampie se olie opraak gaan jy Hom misloop. Hy wat alles die moeitewerd maak. Hy, Jesus Christus, die Bruidegom, my geliefde.
Shalom
Bookmarks