I Gebruikers Beperkinge
Elke persoon mag slegs een gebruikers rekening hê. Persone met meervoudige rekeninge kan geban word. Die administrateurs behou die reg voor om enige gebruiker se plasings voorregte op te skort sonder enige kennisgewing. Neem asseblief kennis dat gebruikers geblok kan word om sekere forums of privaat boodkskap funksies te gebruik onder sekere omstandighede.
Vir meer inligting aangaande rekening voordele, besoek asseblief die “FAQ” forum.
Die Cooler/Coffee Break status word aan gebruikers toegeken om die verbreking van reëls te bespreek of om privaat probleme met moderators op te los. Die doel van hierdie tydelike reëling is om tot ‘n ooreenkoms te kom of ‘n oplossing te vind ten einde die gebruiker so spoedig moontlik terug op die forum bord te kry sonder enige rekening beperkings.
‘n Permanente verbanning sal volg na ernstige misbruik van die forum of veelvoudige Cooler/Coffe Break geleenthede soos beskryf hierbo.
II Algemene Reëls
Neem asseblief kennis dat meeste van die sub forums op Bibleforums hul eie spesifieke stel reëls en riglyne het. Maak seker jy lees daardie reëls en riglyne voor jy in daardie forums pos.
‘n Paar algemene forum riglyne is:
a. Neem kennis van forum kategorië en pos drade in die forum wat die beste by daardie draad pas.
b. Probeer sovêr moontlik om nie besprekings op drade te ontspoor nie.
c. Toon respek aan ander gebruikers. Geen beledigings, naam noemery of persoonlike aanvalle ens. nie. As iemand nie met jou saamstem nie, voel vry om dit te bespreek, maar wees traag om kwaad te word en wees eerder gretig om die Woord te ondersoek vir antwoorde.
d. Geen trolle a.s.b. Moenie gebruikers vra vir donasies of pla met “spam” in plasings of via privaat boodskappe nie.
e. Respekteer asseblief die privaatheid van ander gebruikers en moenie inligting wat in privaatheid aan jou gegee is met ander deel nie.
f. Geen “links” na kultiese materiaal, werwe waar met God die spot gedryf word, ateistiese werwe, immorele werwe, pornografiese werwe ens. nie.
g. Geen ongegronde advertering of weglok van gebruikers na ander forum borde in plasings, handtekeninge, privaat boodskappe ens. nie. Respekteer ook ander forums en moet nie persone van ander forums af probeer weglok na Afrikaans Lighuis toe nie, behalwe as jy van die oortuiging is dat daardie persoon nie op daardie forum die gesonde gemeenskap met mede gelowiges kry nie. Ons bevorder reeds op Afrikaans Lighuis ander goeie gesonde Afrikaanse Christelike forums, gaan kyk gerus na die draad wat daarvoor geskep is.
h. Moenie kopiereg materiaal op die forum plaas sonder die nodige toestemming vanaf die kopiereghouer nie.
i. Moet asseblief nie dieselfde onderwerp meer as eenmaal plaas of in meer as een forum plaas nie. (Kruis-plasings)
j. Nie-Christenne mag slegs plasings maak in “Introductions”, “Christian Answers”, “Kicking Back”, “Chat to the Moderators” en “Kontroverse Sake” forums.
k. As jy 'n "link" plaas na 'n ander webwerf (hetsy 'n video, artikel of watookal), gee 'n beskrywing van wat dit is wat mens op daardie webwerf te siene gaan kry. As jy net 'n "link" plaas soos "kyk 'n bietjie hier", sal daardie plasing of draad verwyder word.
III Spesifieke Reëls
Onortodokse leerstellings of besprekings van leerstellings van ENIGE van die volgende gelowe sal geskuif word na die Kontroverse Sake forum:
1. Sewende Dagse Adventiste
2. Jehova Getuienis
3. Mormone
4. Enige nie-Christelike geloof, soos Islam, Hindoeisme, Boeddhisme, Wicca ens.
5. Rooms Katolisisme
6. Ontkenning van die Drie-Eenheid
7. Israelvisie/Israelwaarheid
Bookmarks