Hello aan almal hier by die Afrikaanse Lighuis.
CFJ lyk vir my na die vuurtoring wagter hier as ek dinge reg lees. Ek is dankbaar om te sien dat daar van julle hier is wat bekommerd is oor die geestelike toestand van die NGK. Ek deel julle bekommernis heelhartiglik. Wil graag hier die woorde van twee Afrikaanse liedere plaas wat juis hierdie frustrasie en bekommernis duidelik na vore laat kom. Die liedere is getiteld:
Moenie Dominee Moenie!
en
Die Wolwe is Hier
Dit word gesing deur 'n gelowige kavalier en kan ook verniet afgelaai word van hierdie adres. (Sal graag wil hoor of julle die sentimente van die liedere deel):
http://www.gereformeerdenafrikaans.c...ndex.php?id=22
Moenie, Dominee moenie!
Die tyd het gekom vir transformeer
Die tyd om die leuen te akkommodeer
Die tyd om die waarheid finaal te verleer
En om relativisme te verabsoluteer
God se heilige stad Jerusalem moet
‘n Nuwe woonbuurt met glimlag begroet
Dit sal as Sodom bekend wil staan
Want daarin sal alles wat skeef is aangaan
O moenie, Dominee moenie
Moenie in Junie dit doenie
Moenie, Dominee moenie
Moenie die waarheid verbloemie
Moenie Dominee moenie
‘n Sagte landing in die nuwe Suid-Afrika
Van die President met breë wit glimlag gevra
“Wie ek die regering konfronteer?
En so my medies-pensioen fonds kompromiteer?”
“NG-joiner” is my nuwe naam
“Red my eie bas” my klaam tot faam
“Wat sę jy? ‘n Legitimasie eed afgelę?
“Ek moes daai woorde sę, my salaris wou dit so hę!”
O moenie, Dominee moenie
Moenie die Mammon beeld soenie
Moenie, Dominee moenie
Moenie die waarheid verbloemie
Moenie Dominee moenie
Gereformeerde belydenis , belydenis
O hoe wonder ek wat jy is
Het beloof die wat jou teë spreek te bestry
Dat die kerk net die een waarheid sal bely
Maar ek’s vasgevang in die gees van die tyd
En is heeltemal te besig om die leuen te verwyt
Elke stem wat ons tot reformasie oproep is ‘n skande op ons naam
Maar met dwaalleraars wat God se Woord verdraai stap ons graag die
pad saam.
O moenie, Dominee moenie
Moenie die duisternis soenie
Moenie, Dominee moenie
Moenie die waarheid verbloemie
Moenie Dominee moenie
Ja ekumeniese smelting staan ek voor
Met pous, Mullah en profeet staan ek voor in die koor
Dat die Roomses tot Maria bid pla my min
Buig dalk nog self voor haar beeld: “Ek is min gespin!”
O moenie, Dominee moenie
Moenie die pous se toon soenie
Moenie, Dominee moenie
Moenie die waarheid verbloemie
Moenie Dominee moenie
Moenie Dominee moenie
Moenie Dominee moenie
Legitimasie eed – Hierdie woorde verwys na die plegtige belofte voor God wat elke predikant afgelę het, voor hulle tot die bediening toegelaat kon word.
Ekumeniese smelting – Hierdie woorde verwys na die die beweging in die węreld wat eerstens alles en almal wat aanspraak maak op die naam “Christen” onder die pous van Rome wil verenig. Tweedens verwys dit nou al ook na die beweging wat alle christene, moslems, judaďste, hindoe’s ensovoorts wil verenig in een enkele religie.
Die wolwe is hier
O julle’t reeds eenmaal vir ons oor Apartheid gelieg
Maar o nie weer nie, nie hierdie keer nie
K’het amper alles geglo, daardie tyd dit moet ek bieg
Maar o nie weer nie, nie hierdie keer nie
Sę my hoe kry julle dit reg om die Here se Woord so te draai?
Voor in die Here se kerk die Satan se leuens te verfraai?
Ja julle sę skaamteloos dat die Bybel feilbaar is,
En dat Sodom en Gomorra eintlik die heilige Stad van Dawid is
O Here skeur die hemel
O en kom met U vuur
Die wolwe in skaapsklere is hier
Here in die kerk
Is waar hulle werk
O dat U die kudde sal versterk
Want Here die wolwe is hier
Amper die laaste een van julle se naam spel: “Judas”
Julle Hom in die tuin toe gesoen het, o ja dat ek daar was
Julle die geld vasgeklem het as prys vir die donker verraad
Hamer en spykers versteek het onder liturgiese gewaad
Ja ek sien julle skelm uitloer agter titel en lessenaar
Agter toesprake, verskynings, vertonings dit maak my naar
Julle ge - ”Ja broer, ja broer” se klank is lankal al hol
En die maat van die kerk se woede is oor die rand, toe, vol
O Here skeur die hemel
O en kom met U vuur
Die wolwe in skaapsklere is hier
Here in die kerk
Is waar hulle werk
O dat U die kudde sal versterk
Want Here die wolwe is hier
En sou julle werklik die liggaam van Jesus Christus ontken
Toe Hy die derde dag na die kruis, die graf het oorwin
Julle probeer om die Skrif van die geskiedenis los te skeur
Al hou julle aan met die leuens ons glo vas dit het alles gebeur
Sę my hoe durf julle as predikante die Here se Woord so te draai?
Voor in die Here se kerk die Satansteoriëe te verfraai?
Julle harige Darwin-dissipels boggom van die kansels af
Maar Gods vuur is oppad en verteer, onuitbluslik die kaf
O Here skeur die hemel
O en kom met U vuur
Die wolwe in skaapsklere is hier
Here in die kerk
Is waar hulle werk
O dat U die kudde sal versterk
Want Here die wolwe is hier



Reply With Quote





Bookmarks