cure-real
Results 1 to 15 of 15

Thread: Moenie Dominee Moenie!

  1. #1
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Gauteng
    Posts
    7

    Moenie Dominee Moenie!

    Hello aan almal hier by die Afrikaanse Lighuis.

    CFJ lyk vir my na die vuurtoring wagter hier as ek dinge reg lees. Ek is dankbaar om te sien dat daar van julle hier is wat bekommerd is oor die geestelike toestand van die NGK. Ek deel julle bekommernis heelhartiglik. Wil graag hier die woorde van twee Afrikaanse liedere plaas wat juis hierdie frustrasie en bekommernis duidelik na vore laat kom. Die liedere is getiteld:

    Moenie Dominee Moenie!

    en

    Die Wolwe is Hier

    Dit word gesing deur 'n gelowige kavalier en kan ook verniet afgelaai word van hierdie adres. (Sal graag wil hoor of julle die sentimente van die liedere deel):

    http://www.gereformeerdenafrikaans.c...ndex.php?id=22


    Moenie, Dominee moenie!


    Die tyd het gekom vir transformeer
    Die tyd om die leuen te akkommodeer
    Die tyd om die waarheid finaal te verleer
    En om relativisme te verabsoluteer

    God se heilige stad Jerusalem moet
    ‘n Nuwe woonbuurt met glimlag begroet
    Dit sal as Sodom bekend wil staan
    Want daarin sal alles wat skeef is aangaan

    O moenie, Dominee moenie
    Moenie in Junie dit doenie
    Moenie, Dominee moenie
    Moenie die waarheid verbloemie
    Moenie Dominee moenie

    ‘n Sagte landing in die nuwe Suid-Afrika
    Van die President met breë wit glimlag gevra
    “Wie ek die regering konfronteer?
    En so my medies-pensioen fonds kompromiteer?”

    “NG-joiner” is my nuwe naam
    “Red my eie bas” my klaam tot faam
    “Wat sę jy? ‘n Legitimasie eed afgelę?
    “Ek moes daai woorde sę, my salaris wou dit so hę!”

    O moenie, Dominee moenie
    Moenie die Mammon beeld soenie
    Moenie, Dominee moenie
    Moenie die waarheid verbloemie
    Moenie Dominee moenie

    Gereformeerde belydenis , belydenis
    O hoe wonder ek wat jy is
    Het beloof die wat jou teë spreek te bestry
    Dat die kerk net die een waarheid sal bely

    Maar ek’s vasgevang in die gees van die tyd
    En is heeltemal te besig om die leuen te verwyt
    Elke stem wat ons tot reformasie oproep is ‘n skande op ons naam
    Maar met dwaalleraars wat God se Woord verdraai stap ons graag die
    pad saam.

    O moenie, Dominee moenie
    Moenie die duisternis soenie
    Moenie, Dominee moenie
    Moenie die waarheid verbloemie
    Moenie Dominee moenie

    Ja ekumeniese smelting staan ek voor
    Met pous, Mullah en profeet staan ek voor in die koor
    Dat die Roomses tot Maria bid pla my min
    Buig dalk nog self voor haar beeld: “Ek is min gespin!”

    O moenie, Dominee moenie
    Moenie die pous se toon soenie
    Moenie, Dominee moenie
    Moenie die waarheid verbloemie
    Moenie Dominee moenie
    Moenie Dominee moenie
    Moenie Dominee moenie



    Legitimasie eed – Hierdie woorde verwys na die plegtige belofte voor God wat elke predikant afgelę het, voor hulle tot die bediening toegelaat kon word.

    Ekumeniese smelting – Hierdie woorde verwys na die die beweging in die węreld wat eerstens alles en almal wat aanspraak maak op die naam “Christen” onder die pous van Rome wil verenig. Tweedens verwys dit nou al ook na die beweging wat alle christene, moslems, judaďste, hindoe’s ensovoorts wil verenig in een enkele religie.


    Die wolwe is hier


    O julle’t reeds eenmaal vir ons oor Apartheid gelieg
    Maar o nie weer nie, nie hierdie keer nie
    K’het amper alles geglo, daardie tyd dit moet ek bieg
    Maar o nie weer nie, nie hierdie keer nie
    Sę my hoe kry julle dit reg om die Here se Woord so te draai?
    Voor in die Here se kerk die Satan se leuens te verfraai?
    Ja julle sę skaamteloos dat die Bybel feilbaar is,
    En dat Sodom en Gomorra eintlik die heilige Stad van Dawid is

    O Here skeur die hemel
    O en kom met U vuur
    Die wolwe in skaapsklere is hier
    Here in die kerk
    Is waar hulle werk
    O dat U die kudde sal versterk
    Want Here die wolwe is hier

    Amper die laaste een van julle se naam spel: “Judas”
    Julle Hom in die tuin toe gesoen het, o ja dat ek daar was
    Julle die geld vasgeklem het as prys vir die donker verraad
    Hamer en spykers versteek het onder liturgiese gewaad
    Ja ek sien julle skelm uitloer agter titel en lessenaar
    Agter toesprake, verskynings, vertonings dit maak my naar
    Julle ge - ”Ja broer, ja broer” se klank is lankal al hol
    En die maat van die kerk se woede is oor die rand, toe, vol

    O Here skeur die hemel
    O en kom met U vuur
    Die wolwe in skaapsklere is hier
    Here in die kerk
    Is waar hulle werk
    O dat U die kudde sal versterk
    Want Here die wolwe is hier

    En sou julle werklik die liggaam van Jesus Christus ontken
    Toe Hy die derde dag na die kruis, die graf het oorwin
    Julle probeer om die Skrif van die geskiedenis los te skeur
    Al hou julle aan met die leuens ons glo vas dit het alles gebeur
    Sę my hoe durf julle as predikante die Here se Woord so te draai?
    Voor in die Here se kerk die Satansteoriëe te verfraai?
    Julle harige Darwin-dissipels boggom van die kansels af
    Maar Gods vuur is oppad en verteer, onuitbluslik die kaf

    O Here skeur die hemel
    O en kom met U vuur
    Die wolwe in skaapsklere is hier
    Here in die kerk
    Is waar hulle werk
    O dat U die kudde sal versterk
    Want Here die wolwe is hier

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,110
    Lukaris,

    Baie welkom hier. Ons het al gesels met mekaar op jou webblad GA. Ek was van die begin CFJ (nou nie 6000 jaar gelede nie...lol), maar die laaste 2 jaar of so skryf ek onder my regte naam, Ferdi (Ferdi Alberts).

    Die woorde van die liedere vertel die hele verhaal. Ek wonder werklik of mens iets kan byvoeg?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,981
    Blog Entries
    10
    Welkom hier by ons.... sal bietjie nadink oor die lirieke
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  4. #4
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Gauteng
    Posts
    7

    My genugtig Ferdi

    My genugtig Ferdi

    Daar by ons groet jy net so oor die heining nou en dan. Maar hier het ek nou jou sitkamer ontdek, ek meen die plek waar jy die graagste kuier. Aangename kennis.

    Dan wil ek net aan die persoon wat na jou gereageer het, ek dink iets soos CCM of so, herinner dat dit nie net woorde soos in 'n gedig is nie. Die woorde het ook 'n wysie wat jy kan gaan aflaai.

    Mens voel nogal heel kalm en beskermd hier by julle forum, asof jy by gelowige beskaafdes iewers in 'n bomskuiling kuier. Dit vrot maar daar buite is dit nie? Fantasties.

    Groete

    Lukaris

  5. #5
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,110
    Hehehe... dit vrot nogal daar buite. Ek skryf miskien nie baie daar by julle nie, maar ek lees baie gereeld die artikels. Ek het nou al 'n paar mense ontmoet wat baie graag 'n plek soek waar Afrikaners of mense wat Afrikaans praat, gesellig kan kuier en in 'n opbouende atmosfeer dinge kan bespreek en teologie kan ondersoek en wat daarmee saamgaan. Een van die ander deelnemers hier, PhilipdT, is juis so iemand wat ek al ontmoet het. Net soos jyself het hy ook 'n baie goeie webblad waar werklik goeie artikels en ook 'n forum is. Jy kan gerus daar besoek aflę.

    Dan is ACCM na wie jy verwys het in jou plasing die wederhelfte van die eienaar van hierdie forum, bdh. Hulle het in krag van die Here saam hierdie forum begin en het dit streng volgens Bybelse beginsels gemodereer, eintlik gefasiliteer, tot waar dit vandag is met bykans 20 000 geregistreerde lede, waarvan byna 3000 aktiewe lede is. Die formaat om dit binne hoofstroom Protestantisme te doen, het baie te doen met die sukses van hierdie forum. Die uitleg van die hoof-forum het spontaan ontwikkel waar baie spesifieke mense ge-akkomodeer kan word. Soos byvoorbeeld ongelowiges het 'n spesiale forum om vrae wat hulle kwel oor geloof en dies meer, te kan vra en te beredeneer. Hulle word egter nie toegelaat om dit op die ander forums te doen nie. Hopenlik kan mens met tyd die Afrikaanse forum ook so begin ontwikkel met sub-forums vir spesifieke onderwerpe. Wat net interessant is, is dat ons wat Afrikaans praat werklik sukkel om ons mede-Afrikaners te kry om saam te praat soos byvoorbeeld die (hoofsaaklik) Amerikaners dit op hierdie forum doen. Tog is die forum eg tot ons eie bodem, waar alles begin het, want ACCM en bdh is Johannesburgers. Die suksesse van Bibledatabase die afgelope 5 jaar of so, hoop mens kan op hierdie forum ook herhaal word. Ons is nou so 3 weke aan die gang.

    Tog is die saak waarmee mens besig is groter as 'n forum en sal ek enige tyd jou webblad en ook Philip s'n, ondersteun en promoveer waar nodig. Daar is enkele webbladsye soos julle s'n waar mens dit met groot oorgawe kan doen, maar ongelukkig is die groot meerderheid "Christelike" forums wat Afrikaans betref, meesal aan politiek gekoppel en moet mens maar baie versigtig skryf en doen op daardie plekke.

    Ek was nogal aangenaam verras toe ek jou vandag hier sien. Ek hoop so tussen ons wat reeds hier is, dat hier mooi dinge kan gebeur, nie net hier nie, maar op elke plek waar die Here se eer eerste gestel word!
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,981
    Blog Entries
    10
    Ek stem... die musiek en liriek van die twee liedere vertel die hele waarheid

    .... en dit is hoekom dit so belangrik is dat elke ou maar self sy Bybel moet ken, en in 'n persoonlike verhouding met sy Skepper moet staan.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  7. #7
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Gauteng
    Posts
    7

    Dankie vir die verwysing

    Baie dankie vir die verwysing onder jou "Goeie Webwerwe" gedeelte na "Gereformeerd en Afrikaans" se webwerf. Ons kry binnekort daar as die Here wil 'n nuwe permanente bydraer wat veral op natuurwetenskaplike artikels gaan fokus.

    Groete

    Lukaris

  8. #8
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,110
    Dit is 'n plesier Lukaris... mens sien uit daarna, want die artikels wat reeds daar is lees ek met groot ywer elke dag.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  9. #9
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Gauteng
    Posts
    7

    Oor onderwys en Prof Keet

    Het jy al die boekies "Dit is gereformeerde onderwys" en "Suid-Afrika waarheen? - Prof BB Keet" gelees. Daardie twee werke is volgens my die heel kosbaarste op G&A. Die eerste een het met baie meer as onderwys te make en bespreek al die studie velde op skool vanuit christelike perspektief. Die laaste boekie ruk mens nogal as jy dink dis al in 1955 geskryf. Die boekie is meer as relevant vir die tyd waarin ons nou leef, veral in die lig van die groeiende delarey-generasie.

    Groete

    Lukaris

  10. #10
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,110
    Quote Originally Posted by Lukaris View Post
    Het jy al die boekies "Dit is gereformeerde onderwys" en "Suid-Afrika waarheen? - Prof BB Keet" gelees. Daardie twee werke is volgens my die heel kosbaarste op G&A. Die eerste een het met baie meer as onderwys te make en bespreek al die studie velde op skool vanuit christelike perspektief. Die laaste boekie ruk mens nogal as jy dink dis al in 1955 geskryf. Die boekie is meer as relevant vir die tyd waarin ons nou leef, veral in die lig van die groeiende delarey-generasie.

    Groete

    Lukaris
    Lukaris,

    Jy is welkom om beide hierdie boekies as onderwerpe voorlopig in drade oop te maak vir ander om te lees, sou jy dit wil doen. Soos die forum ontwikkel, kan of sal mens dan later spesifieke drade in relevante forums plaas. Mens kan 'n forum soos ,"Jy en jou Kind" of "Christelike Onderwys vir jou Kind" begin, sou die verkeer net bietjie meer word om dit te regverdig. Sulke inligting kan dan op praktiese wyse benut word en oorgedra word aan mense wat dit al meer nodig gaan kry in die toekoms. Die forum kan ook direk na jou webblad wys, om ook dit wat daar gedoen word, as 'n groter geheel te kan aanbied.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  11. #11
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,981
    Blog Entries
    10
    Deur aan 'n spesifieke denominasie te behoort, behooert die predikante verantwoordbaar te maak aan sy gemeente. Alhoewel dit vir my meer klink of hulle ook maar aan groeps-druk onderwerpe is..... om sy salaris te verdien
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  12. #12
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,110
    Quote Originally Posted by ACCM View Post
    Deur aan 'n spesifieke denominasie te behoort, behooert die predikante verantwoordbaar te maak aan sy gemeente. Alhoewel dit vir my meer klink of hulle ook maar aan groeps-druk onderwerpe is..... om sy salaris te verdien
    ACCM,

    Dit is ongelukkig wat in die hoofstroom gebeur, maar mens is nogal dankbaar om te sien dat daar mense is wat hierdie ongelukkigheid aan die kaak probeer stel. Dit gebeur binne denominasies en natuurlik buite denominasies ook. Binne die gereformeerde sienswyse is 'n webwerf soos Gereformeerd en Afrikaans, 'n inspirasie in tye waar dinge veral in die NG-Kerk, nogal kommerwekkend begin raak. Liberale teologie is besig om alles te verkanker in veral die kweekskole, waar hierdie ondertoon in predikante gekweek word, hulle dra dit weer oor aan gemeentes en so gaan alles net agteruit, saam met ander aanslae wat alles wat reg en goed is, tot 'n val wil bring.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  13. #13
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,110
    Quote Originally Posted by Lukaris View Post
    Het jy al die boekies "Dit is gereformeerde onderwys" en "Suid-Afrika waarheen? - Prof BB Keet" gelees.
    Lukaris,

    Toe ek nou weer jou webblad besoek het, toe val dit my by ek het al "Suid-Afrika waarheen?", gelees. Dit is 'n uitstekende boek wat veral hierdie verering van die "volk", in die regte lig plaas. Ek sukkel net self om die invalshoek op apartheid te verstaan. Alhoewel apartheid nie enige iets met 'n mens se redding te doen kan hę nie, glo ek dat enige mens se węreldbeeld binne 'n volksverband, makliker die bestaan van God of ook 'n god bewerk, in so mens se geloofsbeskouing. Voor die verligte era of modernisme was die volksgedagte algemeen en was godheid feitlik by alle mense 'n realiteit. Hierna was begin om mense te verwar en is mense blootgestel gewees aan allerhande vreemde konsepte waaraan hulle nie voorheen gewoond was nie. Evolusie, kommunisme, humanisme ensovoorts.

    Ateďsme en derglike ''-ismes" binne post-modernisme en wat dit vooraf gegaan het, het baie te doen met die mens se identiteit wat hom/haar ontneem is. Soos ek verstaan is daar 3, sekeres maak dit 4 vlakke of dimensies waarin enige mens se identiteit gegrond is. Wie jyself as mens is, hoe slim, hoe groot, hoe wat ook al. Die familie waaruit jy kom, die volksverband waarbinne jy staan en dan die aanbiddingsvorm wat binne een of ander godheid manifesteer.

    As satan dit kan regkry om mense se identiteit in Christus van hulle te ontneem (wat hy ook kan doen deur mense glad nie in enige godheid te laat glo nie - evolusie en die wetenskap is die gereedskapstuk waarmee hy dit doen), dan is die volgende om hul identiteit op makro-vlak, hul gemeenskap of volk ook van hul te ontneem. Op mikro-vlak is dit dan net die familie en wie jyself is, wat nog identiteit aan jou wese verskaf. Nie dat dit juis in daardie volgorde geskied nie, dit kan verskil van mens tot mens en van aanslag tot aanslag! 'n Identiteitlose wese sien alles as relatief en is inderwaarheid oopgestel vir demoon-besetting. Ek het al gewonder hoe satan almal gaan beheer in die laaste dae... en om hul identiteit algeheel weg te neem, maak enige mens oop vir demone, wat dan op so wyse 'n moontlikheid is om beheer oor hulle uit te oefen. Dit is egter spekulasie en lyk net na 'n interessante moontlikheid. Die ander ding wat mens moet waarneem, is dat 'n nuwe god wat almal moet aanneem, net gegee kan word as die eintlike identiteit wat alle mense het, weggeneem is. Die ou SA Weermag het dit gedoen, breek jou eers af en dan kry jy 'n nuwe identiteit as soldaat, om eenheid en gelykheid by almal te kon bewerk. Almal gaan die anti-chris aanbid en God asook die verskeidenheid ander afgode, moet almal uit die weg geruim word, om die vals "christus" te legitimeer as die nuwe gelykheid onder alle mense.

    Om terug te kom na apartheid, glo ek dat God juis ordes in hierdie węreld ingestel het, soos by die toring van Babel, om die rebelsheid van die mens in toom te hou. Soos 'n huisgesin wat volgens Christus se gebooie rebelsheid in toom kan hou, so doen 'n gesonde volk of nasie ook, wat dieslefde kultuur en waardes nasteef. Dit is uiteraard versteur in ons dag, maar as Bybelse beginsels gebou op God se ordes, maak dit tog sin dat aparte volke meer orde kan bewerk as mengelmoese. Vandag sien ons dat hier 'n rebelsheid besig is om pos te vat, wat in alle waarskynlikheid die nuwe toring van Babel is, wat met hierdie vals eenheid bewerk wil word. Huisgesinne is afgebreek en iets soos apartheid as politieke model het nie noodwendig meriete nie in alle fasette nie, maar uit die oogpunt van die ordes wat 'n węreldkaart sommer uitwys, blyk dit dat ons almal dit moet erken, daar is grense tussen volke, soos wat daar grense tussen huisgesinne is.

    Hierdie grense het Jesus kom wegneem, deur in Sy liggaam 'n eenheid onder mense te kom bewerk wat oor alle grense van volke, nasies en tale heen strek. Selfs broers en susters is nou in Hom, 'n groter familie as die normale huishouding se orde van broers en susters. Dit is 'n gegewe, maar ongelukkig is dit ook waar dat by vęrre die meeste mense Christus nie dien en Hom nie ken nie. Om orde in Sy skepping te handhaaf, glo ek het God juis die grense van almal se woonplek vasgestel en dit wat in die begin-jare deel was van die apartheidsbeleid, was nie spesifiek gemik daarop gewees om noodwendig ander uit te buit nie, maar om die realiteite van ingebore ordes in die mens, te probeer aanspreek. Die boek van Genesis vertel ons vandag hoekom lyk hierdie węreld soos dit lyk... en die volgende 4 groot gebeurtenisse blyk dan ook die verhaal uit lig. Die skepping, die sondeval, die vloed en die toring van Babel. Dit is maar wat ons as feite vandag sien, feite wat 'n verwarde węreld nie meer kan identifiseer mee nie. Sonde is nou baie keer nie meer sonde nie, kyk maar homoseksualiteit, huisgesinne is gebreek en om aparte volke te mag wees is 'n bose begeerte. God se ordes is vandag verkeerd en moet afgebreek word. Verskillende kulture wat op mekaar afgeforseer word buite eenheid in Christus, is wreed en minderhede sal altyd uitgebuit word. Wat egter gebeur het was dat daar van buite 'n geweldige veldtog was om die identiteit, wat iets soos die apartheidsbeleid kon bewerk het vir verskillende volke, af te breek om die einddoel van satan na te streef waar niemand identiteit moet hę nie.

    Sedert John Vorster het apartheid 'n beeld begin kry wat almal 'n probleem mee moet hę, want dit was nie 'n beleid wat volvoer was om almal tegemoet te kon kom nie. Die uiteinde daarvan moes noodwendig eindig waar dit tans is... en nou kry apartheid die skuld en niemand sien eers waarmee satan werklik besig is/was nie. Mense mag op geen vlak, hetsy in Christus, hetsy op makro- of mikro-vlak enige identiteit hę nie.

    Is dit nie insiggewend, dat die Nuwe Suid-Afrika 5 jaar na die post-moderne era (dood van die waarheid noem sekeres dit)aangebreek het nie? Mens wil egter nie werklik politiek gesels nie. Op die Engelse hoof-forum is spesiale forums geskep waar sulke debatte gevoer kan word, tussen diegene wat werklik daarin belangstel, want sulke debatte kan tot ondergang van die hoorders wees en apartheid is maar 'n onderwerp waaroor mense baie sensitief kan raak en baie, natuurlik weens verstaanbare, manipulerende redes, nooit in volheid sal kan begryp nie. Apartheid mag egter nooit godsdiens of evangelie raak nie, oor daardie aspek stem ek 100% saam met Prof BB Keet.
    Last edited by CFJ; Aug 18th 2007 at 03:52 PM.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  14. #14
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Gauteng
    Posts
    7

    Haai Ferdi

    Ferdi

    Een van jou gesprekke op "die afrikaansepatriot" raakgelees. Die een waar jy een van my artikels oor die balans tussen Afrikanerskap en Christenskap geplaas het. Kyk, ek stem heelhartiglik saam dat daar 'n volk genaamd die Afrikaner volk is. Ek is self 'n Afrikaner. Maar om ons Afrikanerskap die een ononderhandelbare saak in ons gesprekke met die regering te maak is vir my heeltemal onaanvaarbaar. God en Sy woord is vir my as christen Afrikaner ononderhandelbaar. Net vanoggend gelees hoe Paulus sy eie herkoms en etnisiteit in vergelyking met Christus en die evangelie as drek afmaak. So, waar Afrikanerskap die Bybel se boodskap bevorder is ek bly ek is Afrikaans. Maar die regse element onder Afrikaners maak weer vir 'n wit swart konfrontasie wat ons ten alle koste moet vermy. Het jy al ooit Dan Roodt gelees? Geen Afrikaanse skrywer lewend vandag argumenteer sterker, meer oortuigend, en met soveel aanhoudende vuur soos daardie man nie. As hy dit maar net vir die Here en sy koninkryk wou doen.

    Ek is vir gereformeerd en Afrikaans. Nie, vir Nederduits (Afrikaans) Gereformeerd nie. Die Afrikaans versmoor in ons tyd te maklik die gereformeerde kant. Altwee is goed en reg. Maar ons christenskap behoort heel bo-aan te wees.

  15. #15
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,110
    Lukaris,

    My eie motief op daardie webblad het werklik niks met die Afrikaner se politiek persé te doen nie, maar om as dit moontlik is, hulle te oortuig dat ons antwoorde by God gesoek moet word en nie by onsself nie. Dit is 'n frustrasie om te sien hoe mense vasgevang is in 'n politieke web... en net nie die boodskap kan kry wat God duidelik uitspel nie. Kom tot inkeer en maak jou saak reg, is al wat alle mense, maar spesifiek Afrikaners moet doen. Tog is hier buiten die regse gevaar wat jy tereg uitlig, net so groot indien nie groter gevaar wat liberale en linkse Afrikaners/Afrikaanses op veel subtieler en gevaarliker wyses bewerk nie. Is apartheid as politieke model erger as die nuwe węreld-orde? Die eenheid waarvoor mense in hierdie land staan het niks met Christus te doen nie en apartheid is uit die aard van hierdie soort van eenheid, 'n gevaar wat hul doelstellings bedreig. Vanuit beide kaders kan die invalshoek t.o.v. apartheid 'n gevaar wees, maar ek hoop dat hierdie plasing sal wys dat dit 'n veel groter gevaar is om vanuit die afbreek van ál God se ordes, 'n Nuwe orde in die węreld te kom vestig, wat ons nie noodwendig gaan keer nie, maar wat mens moet teenstaan. Uiteraard moet mens enige iets teëstaan wat buite Christus is, maar miskien kan mens wys dat ou ordes beter antwoorde bied as hierdie sogenaamde, beter, "NUWE" węreldorde (totale verval!)...?

    Moontlik het my plasing hierbo ook nie die punt goed oorgekry nie, maar ons word vandag gedruk om 'n węreldkaart waaraan ons almal gewoond geraak het oor eeue, vaarwel te roep en dit het niks met eenheid in Christus te doen nie. Al wat dit met Christus te doen het, is dat dit die wederkoms kan vervroeg. Miskien verskil ek maar net met jou oor die feit dat eenheid in Christus net 'n werklikheid is vir 'n klein minderheid en dat praktiese antwoorde vir die massas ook in ander ordes kan wees, maar nie noodwendig nie. Jy lees dalk dat ek dit as noodwendig sien, maar dit is bloot vir my 'n alternatief wat sin maak, omdat dit God se antwoord was by die toring van Babel toe die mensdom teen Hom in opstand gekom het en ook na die vloed was dit die spontane drang by alle mense(Gen 10:30-31), gegewe dat so min mense Jesus werklik ken en die mensdom nie in Hom verenig kan en sal word nie, want die Skrif leer nie so nie. In daardie eenheid wat ons wel in Christus oor alle grense van volke, nasies en tale kan hę, is ek dit egter met jou eens en is daar geen verskil in ons sieninge nie. Christus het juis alle ordes kom herstel, maar dit is net in Christus wat dit herstel is, nie in die węreld nie, daar geld die ou ordes nog. Selfde soos die wet werk, in Christus het ons nie die wet nodig nie, buite Christus is dit noodwendig net die wet. Israel is nog 'n voorbeeld, hulle wil en wou nie in Christus wees nie en laat die ou orde nog geld in hul eie godsdiens wat niks anders as apartheid is nie. Israel en elke sinagoge węreldwyd bewys dit, hoekom word net Afrikaners soms veroordeel wat na hierdie selfde inherente ou ordes streef?

    Die ou ordes bied geen blywende antwoord nie, want Jesus het hulle almal kom vervul, tog glo ek dat hierdie ordes die beste alternatief bied, sou Christus nie aanneemlik wees vir hierdie bose geslag nie. 'n Nuwe węreld orde is seker ons voorland en ten goede dat dit sal kom en weer sal gaan om plek te maak vir die finale orde, maar hopenlik sien jy my punt in al is dit nie 'n primęre doel by myself om na te jaag nie.
    Last edited by CFJ; Aug 18th 2007 at 10:38 AM.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •