Your Advert here
cure-real
Page 13 of 44 FirstFirst ... 23456789101112131415161718192021222324 ... LastLast
Results 181 to 195 of 646

Thread: Nuwe lede, stel jouself voor

  1. #181
    Hallo almal,

    Ek is Tessa Lombaard, vier in die lente my 40ste jaar, is verloof aan 'n man wat God vir my uitgekies het, meer as waarvoor ek gevra het, hy's ongelooflik en is innig dankbaar teenoor my skepper vir 'n maat wat my perfek pas.

    Is ongelukkig deur 'n moeilike egskeiding so 7.5 jaar gelede en het twee pragtige meisiekinders 11 en 16 wat absoluut kinders van die Here is!

    Het in Warmbad en Nylstroom groot geword en is al 21 jaar in Pretoria, woonagtig in Centurion. As my en Andrè se droom bewaardheid word en dit binne die wil van ons Pappa val, trek ons oor twee jaar wanneer my oudste matriek geskryf het, terug Nylstroom toe om op my erfplaas te gaan bly.

    Ek het al gesels met van julle en dit was baie insiggewend en reeds baie van julle geleer deur net julle kommentaar te lees en natuurlik die veel besproke dvd te kyk.

    Dis al 'n geruime tyd dat ek begin navors het oor vals profete en dwaalleringe en dit hou nooit op om my te verstom nie. Wat my meer verstom is mense se goedgelowigheid en blindheid om net te aanvaar wat ander mense/kerke/boeke ens sê.

    Dis seker nie die plek hierdie nie maar ek is dringend opsoek na inligting oor die NG Kerk in Moreletapark - Dirkie van der Spuy en Adrio Keunig (weet nie of die spelling korrek is nie) en dan ook oor die nuwe 3de dag kerk, Soteria in Centurion - Stephen Smith.

    Ons gesels weer (die vergaderings roep ...)
    Groete
    T

  2. #182
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Hi Tessa

    Baie welkom hier in ons kleine hoekie van die kuberruim, ek hoop hierdie kan vir jou ook 'n geestelike tuiste op die internet word soos dit vir baie van ons geword het.

    Onthou net dat ons nie persone hier op Lighuis bespreek as hulle nie self hul standpunt kan verdedig nie, maar as dit kom by leerstellings, dan sal ons altyd dit opweeg teen die Woord, maar met die balans dat ons nie die persoon sal aanval nie. Ek is seker ons sal jou kan help binne hierdie grense, ek sal my ore oophou oor die kerke waarvan jy praat en hulle leer ondersoek as ek daarby kan uitkom, ek is seker hier is ook van die ander lede wat dit vir jou sal kan doen.

    Groete en baie seen vir julle
    Phil

  3. #183
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by BHG View Post
    Dis seker nie die plek hierdie nie maar ek is dringend opsoek na inligting oor die NG Kerk in Moreletapark - Dirkie van der Spuy en Adrio Keunig (weet nie of die spelling korrek is nie) en dan ook oor die nuwe 3de dag kerk, Soteria in Centurion - Stephen Smith.

    Ons gesels weer (die vergaderings roep ...)
    Groete
    T
    Hallo Tessa

    van my kant af ook baie welkom by Lighuis. Weet jy, ek het vriende in Moreletapark, onder andere ook een van hulle leraars. Ek beskik nie oor veel inligting nie, maar is nogal opgewonde oor die gemeente. Jy kan gerus op hul webblad gaan rondkyk - jy behoort daar baie inligting te kry : www.moreleta.org

    Hoop dit help

    Eugene

  4. #184

    Hallo Almal

    Ek is James of te wel Friends-in-Jesus. Ek is vandag die eerste keer hierop. Dit verheug my dat ons Christene nog plekke het waar ons so openlik bymekaar kan kom. God seen julle almal ryklik.

    Ek weet nie of ek mag nie, maar wil graag ook my website aan julle bekend stel wat ek opgedra het aan God met die doel om sielle te win en my deel by te dra. Ek nooi julle almal dus friendelik uit om te kom kyk

    Julle insette, voorstelle en konstruktiewe kritiek sal hoog op prys gestel word.

    Wel, tot later dan.....

    Jesus groete van 'n mede Vriend-in-Jesus

    EDIT: Plaas asseblief jou website se link in jou profile
    Dankie ACCM
    Last edited by Ta-An; Aug 27th 2008 at 06:52 PM. Reason: Link to website removed

  5. #185
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,469
    Blog Entries
    10
    Welkom hier by ons James.....

    Ek het jou link verwyder.... volgens die reels wat jy gelees het toe jy aangesluit het vra dat jy nie persoonlike websites sal adverteer op die oop bord nie,,, so Plaas asseblief jou webblad se link in jou profile ... sodat ons vandaar jou kan gaan besoek..
    Dankie ACCM
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  6. #186
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,485
    Welkom by Lighuis James en hoop jy geniet dit hier!
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  7. #187
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Hi James en baie welkom hier by ons

  8. #188
    HI ek is Cornelius van Pretoria (so 25 km Noord uit die stad uit op die platteland ) Ek is n lid by a profetiese forum ook, waar ek al vanaf 2005 betrokke by is.
    Ha, ek is glad nie gewoond om in Afrikaans te tik nie, na al die jare se Engels op die forum. Ek werk vir myself, so daar is nie n baas wat oor my skouer loer nie en ek post nogal gereeld, waneer ek betrokke raak.

    Ek is 52 . Ek ken die Here al sowat 30 jaar . Ek is nie betrokke by enige "kerk" nie , ons kom in huise bymekaar. Ons groep druk boeke wat ons gratis uitdeel (met toestemming van die skrywer) en ons bedien Afrika.Ons verhouding is met n wereldwye groep gelowiges en ons gesels met mekaar via die Internet, waar ons mekaar bedien.

    Nice om julle te ontmoed
    Cornelius

  9. #189
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,485
    Welkom by ons Cornelius! Jou omstandighede en verhaal klink baie soos my eie en ek dink ons gaan nog lekker kuier! Hoop jy geniet dit hier...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  10. #190
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369

    Shalom

    Goeie Saterdag aand almal, ek is spik splinternuut op die forum, Eng en Afr. Ek is een van die vrouens wat getroud is sonder 'n man, (werk mos oor die groot waters) en kinders loop ook al mooi sterk. Ek is amper klaar met die eerste module van ons studies in "Hebraic roots" en dit is ontsettend interresant. Ek weet nie of almal weet waaroor dit gaan nie, kortliks is dit meer 'n navorsing in die Joodse gebruike, ons as gelowiges se wortels in 'Judaism' en ook navorsing in die geskrifte van die Bybel. Dit is so opwindend en maak weer ander deure oop. Soos onse professor anderdag se, almal kyk na dieselfde berg, die een kyk van die ooste, die ander van die weste, ens. Daarom sien elkeen 'n ander kant van die berg, maar dit bly dieselfde berg.
    Geseende naweek,
    Marline

  11. #191
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,469
    Blog Entries
    10
    Welkom weer Marline....

    Saam met wie doen jy Hebraic Roots studies?? Ek self doen ook Hebraic Roots studies,so op my selwers, bietjie van oa Brad Scott en Monte Judah.... en ook is ek besig met Hebreeus en Pictograph language
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  12. #192
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    Hi Accm, Op die studie cd staan as volg "The Hebraic Roots Teaching Institute and the Eschatology Institute was established by Prof WA Liebenberg" Prof gee natuurlik nie self vir ons klas nie, maar ons skool in Witbank is 'Yeshiva B'rit Hadassah' Ons het in Julie begin en het al meer as 30 studente, Dr. E Greyling bied die klasse hier aan, Prof Liebenberg is in Pta, ek kan vir jou uitvind wie en waar die skool daar is. Dit gaan ook nie oor 'n spesifieke kerk nie, ons het studente van die AGS, NG, ens ens.

  13. #193
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Hi Cornelius en Marline, baie welkom hier op die forum, hoop om nog baie van julle te hoor.

    Ja, Prof Wimpie Liebenberg is 'n baie goeie keuse vir hierdie studies, baie interresant, ek het hom gisteraand ontmoet, hy het hier by ons EG Kerk in Pietersburg gepreek Sondagoggend en Sondagaand.

    Dan bied ons gemeente hier in Pietersburg ook hierdie studies aan in ons Bybelskool. Daar is werklik baie inligting beskikbaar en goeie kundiges daarbuite wat jou baie hieraangaande kan leer.

    Groete
    Phil

  14. #194
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    Pretoria, South Africa
    Posts
    37
    hierdie is 'n bietjie laat maar ek het vanaand eers my pad na die Afrikaanse groeteblad verdwaal. Ek is verlig om te sien dat ek nie aleen is in die stryd om die forum en sy dinge gewoont te raak nie.

    My naam is Petra. Ek het groot geword in 'n wonderlike Gereformeerde huis is die Vaal Driehoek wat my 'n goeie basis gegee het. Na skool het ek verhuis na Pretoria waar my ware verhouding met Jesus Christus begin het onder die vleuel van Hatfield Christian Church. Ek is nou 5 jaar gered, 3 jaar getroud en 12weke mamma.

    Ek voel my roeping vir nou is om Waarheid te bele in die lewens van mense. Die wat kom vir berading en ook die wat Die Here uit ander rigtings in my lewe stuur. En ek is op die forum om seker te maak dat ek soveel waarheid moontelik inneem en op die nou pad bly.

  15. #195
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Petra

    Baie welkom hier by ons, skop jou skoene uit en maak jouself gerus tuis

    Groete
    Phil

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •