Hi almal
Ek is sedert 4 Junie 1994 'n wedergebore kind van die Here met 'n duidelike roeping en 'n passie om siele vir God se Koninkryk te wen. (Terloops, ek glo dat ELKE christen daardie roeping het en dat dit die grootste enkele rede is waarom ons op aarde leef.)
Ek woon al 27 jaar in Lichtenburg, in die ou Wes-Transvaal, gelukkig getroud met een kind. Ek glo dat kontak met boeties en sussies in die Here noodsaaklik is vir enige kind van die Here om staande te bly, en om geestelik te groei. Dis die hoofrede waarom ek by hierdie forum, waarvan ek onlangs eers gehoor het, aangesluit het.
EK het grootgeword in die era voor rekenaars, en dus is die elektroniese media vir my nog 'n redelik onbekende veld. Ek is nog lekker dom, maar ek leer elke dag, en is baie opgewonde oor die moontlikhede wat lidmaatskap aan hierdie forum inhou. Ek sien baie uit daarna om julle hier te ontmoet en saam te gesels oor dinge wat saak maak.
Groetnis!

Bookmarks