Welkom aan elkeen wat nuut is. Hierdie draad is spesifiek hier dat jy jouself kan voorstel en om vir ander dit te vertel waarmee jy gemaklik voel. As jy 'n skuilnaam verkies, doen dit gerus. Vertel ook wanneer jy die Here ontmoet het. Ons kan selfs later 'n draad oopmaak spesifiek vir getuienisse, want dit is ons getuienisse wat vertel wie Jesus is.
My naam is Ferdi Alberts en ek bly hier in die volstruis-hoofstad, ook bekend as klein Jerusalem of Oudtshoorn. Ek is ongetroud en word in die begin van elke lente 'n jaar ouer. In my 23ste lente het ek Jesus ontmoet en ek nader nou so 44 lentes...
Ek is sedert 2002 baie aktief op internet forums, spesifiek Christelike forums en dit is iets waaraan mens maar gewoond moet raak, maar as mens dit eers gewoond is, is dit sekerlik een van die beste leerskole beskikbaar! Hier kan mens jou idees toets en sien hoe mens groei. Jy word soms kwaad, kry soms skaam vir jouself en leer om reg te maak, leer om te vergewe en leer om die waarheid met die regte gesindheid te verdedig.
Ek hoop om baie van julle ook hier te ontmoet en soos 'n hele paar wat ek reeds deur die internet ontmoet het, beter te kan leer ken en saam met julle 'n pad met die Here te stap.





Reply With Quote
, ek was eintlik al hier vandat die bord begin het 




Bookmarks