Ek sal vir jou kyk of ons dit kan verander
Hallo daar ! Dis nou my 4e probeerslag om hallo te se! Die vorige probeerslae het erens in die 'niet' verdwyn deur skoolkinnertjies wat gou iets op die internet wil kyk... en moeder is te onkundig om dit weer 'daar te gaan haal'! Praat van tegnologies gestrem...
Ek is n Suid Kaapse boervrou en my man en ek boer met beeste , skape , fynbos en heuningbostee. (Hier kook die teewater ALTYD!) Ek het as st 8 kind my hart vir die Here gegee om ook n 'datum 'te he want al my maats het dan gehad. Soos iemand opgemerk het: Ek kom eerder met 10 datums by die hemelpoorte as met geen!
Ek is deur n ander forum na julle verwys toe hulle godsdiens en geloofsdraad gesluit het a.g.v. n woordelike 'free-for-all' en toe het ek maar besluit om by n 'kalm' plek te gaan kuier waar mens nie gedurig die 'pilare' van die Evangelie moet verdedig nie. Ek wil saam met ander gelowiges groei en saam met hulle verryk word deur in God se Woord te delf en dit te oordink.
Dankie ook vir die Afrikaanse forum. Ai , jou moertaal bly maar jou moedertaal!
Groete in Jesus
Protea
Hallo protea en baie welkom hier by ons! Ons darem 2 wat hier van die Suid-Kaap is... ek is net so bietjie meer oos, daar waar hulle met volstruise boer.
Hier is 'n hele paar mense wat ook maar soos jy die kalmte en opbouende karakter van dit wat mens sou verwag, van 'n Jesus-forum najaag. Ek hoop jy geniet dit hier en dat jy ook geseën sal word om hier deel te neem, soos baie al getuig het!
Mooibly!
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
Hallo Protea, baie welkom hier.
Ek is bly jy het ons forumpie gekry en ek hoop dit gaan vir jou werklik baie handig inkom vir jou geestelike groei.
Ek hoor graag van jou en sien uit na jou plasings.
Groete
Phil
Haai almal ek hoop ek is nou by die afrikaansa kant want ek was eers by die engelse kant en te laat besef dat ek ñ foutjie gemaak het en ek toe op verkeerde taal kant geland het so as ek weer verkeerd is jammer.
My naam is Louis ek en my vrou woon in Hermanus ,Werk by Overstrand Munisipaliteit en kap nou aan vir 50 kom internet agter kan ook al praat van broadband en lyk dan soos daai ou in die vodacom advertensie.Ons is betrokke by baie lewendige gemeente in Onrusrivier en is werklik geseen om deel te wees daarvan.Het die Here vir lank ontwyk in my jong jare kon egter later nie meer nie en moes keuse maak en begin toe pad met Jesus stap so gedurende my army jare en was verstom hoe my lewe verander het.Het nog steeds up en downs maar het Jesus se liefde altyd by my en het ook al geleer om net gehoorsaam te wees en na Sy stem te luister en seker te maak ju is altyd bewus van die werking van die Heilige Gees in jou.Noe ja wou my net bekend stel en kyk nou.Gaan eers baai se en geniet net SY teenwoordigheid.
Groete in Christus.
Hi Louis
Ek is baie bly jy is nou hier by ons in Afrikaans. Baie welkom hier en ek hoop hierdie forum sal vir jou tot groot seën wees.
Ai, dit is darm maar net baie lekkerder om iemand hallo te sê in Afrikaans
Groetnis
Phil
Wel waar begin ek, my naam is Jean-marie dis ook my heel eerste keer en ek bly ook in limpopo, ek is ook ongetroud en het n pragtige 5jarige dogtertjie.
Ek het n passie vir my Skepper en hoop ook so om elke dag Meer van hom te kry en minder van my. Ek voel so bietjie verdwaald maar ek dink ek sal regkom.
![]()
Ek is seker jy sal regkom![]()
Ag dankie Phil ek waardeer dit.![]()
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)
Bookmarks