Your Advert here
cure-real
Page 10 of 44 FirstFirst 123456789101112131415161718192021 ... LastLast
Results 136 to 150 of 646

Thread: Nuwe lede, stel jouself voor

  1. #136
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484
    Hallo Likkedilla,

    Baie welkom hier en deel gerus wat op jou hart is. Ek hou van jou naam, dit lees lekkeman...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #137
    Join Date
    Apr 2008
    Location
    Bronkhorstspruit
    Posts
    25
    Baie dankie, my naam bring vir my baie heimwee. My bynaam by die familie is Lilla en ek was maar altyd rond. My Boetie is onlangs oorlede en op skool het hy altyd vir my gesê Likkedilla komende van Dikkelilla

  3. #138
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Baie welkom hier by ons, ek dink ek kan met eerlikheid se jy is nou op 'n goeie plek

  4. #139
    Welkom Likkedilla!

  5. #140
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    Quote Originally Posted by Likkedilla View Post
    "Third time lucky" Ek gaan nou die derde keer probeer om myself bekend te stel.

    Hi, ek en my sussie het op 'n ander meer alledaagse forum gesels. Een van die gesprekke het gegaan oor geloof en een van die lede het erken dat sy 'n moderne satanis is. My sussie is sterker as ek en het so gou as moontlik daar weggekom en my natuurlik gewillig saamgesleep. Dis hoe ek hier beland het. Ek sal met 'n volgende geleentheid vertel hoekom ek so bang is vir sataniste. Ek het netnou maar dan gaan my reply nie deur nie.
    Welkom Hier, jy sal dit geniet

  6. #141
    Join Date
    Apr 2008
    Location
    Bronkhorstspruit
    Posts
    25
    Ek moet darem uitblaker dat LienQ my sussie is.

  7. #142
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    Eintlik myne ook!

  8. #143
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Dit lyk my dit gaat lekker hier

  9. #144
    Join Date
    Apr 2008
    Location
    Bronkhorstspruit
    Posts
    25
    Quote Originally Posted by MrT View Post
    Eintlik myne ook!
    Ek is nou gladnie by nie. Sy is my regte egte sussie en ek het net een ander sussie en sy sal nie op 'n forum gesels nie.

  10. #145
    Nee jitte ! Is almal nou skielik familie hier rond ?

    Welkom al die nuwe mense ! Hoop julle kuier lekker hier by ons.

  11. #146
    Join Date
    May 2008
    Location
    Fairlands, Johannesburg
    Posts
    11
    Dagsê,

    Eintlik voel ek reeds welkom, want ek het dinge so effens vooruitgeloop met die kommentaar op ander se plasings.

    Tydens die Mighty Men konferensie so 'n paar weke terug het ek die belofte gemaak om elke dag tyd in gesprek met die Here deur te bring en in 'n soeke na wat die regte ding is om te doen, was hierdie een van die antwoorde. Ek sal maar net moet probeer om seker te maak dat ek nie, soos Louis Malherbe altyd gesê het, té besig te wees met die dinge van die Here dat jy nie by die Here van die dinge uitkom nie.

    Dankie Here vir 'n inisiatief soos hierdie webblad, want nou kan ek die internet op 'n positiewe manier aanwend of hoe? Ek sal maar net met MTN moet gesels oor my datapakket - hy raak te klein.

  12. #147
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484
    Baie welkom by ons Thomas, ek weet dis nou die 2de keer, maar dis lekker om sommer weer welkom te sê! Miskien het ek jou nog daar gesien ook, ons het in C-kamp gebly, C 4.4.

    Ons het die afgelope Sondag-middag so 4 uur, al die manne wat by die MMC was, geleentheid gegee om te kom getuig oor hulle wedervaringe. Dit is ongelooflik hoeveel mans tot bekering gekom het, net oor dit wat die MMC kon help in hul eie oorwinning. Elkeen wat getuig het, kon 'n verhaal vertel wat opgeloop het tot waar God hulle kon verander. Daar was ander getuienisse ook waar gelowiges net weer versterk was, maar meeste wat spontaan getuig het, was diegene wat net wou vertel wat Jesus vir hulle gedoen het!

    Hulle het 'n uitnodiging ontvang om hul storie hier te kom vertel en mens hoop dat God 'n plek sal verseker, waar hierdie getuienisse die wêreld ingestuur kan word, want mens wil dit nooit vergeet nie en ander moet dit ook hoor.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  13. #148
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Thomas, ons het al ook so bietjie hier saam gesels. Weereens baie welkom hier by ons en ek hoop ons kan nog vele lekker gesprekke saam he.

    Groete
    Phil

    NS! Ek moes al lankal daaraan begin dink het om my Vodacom pakket groter te maak, dit is die 21 ste en ek het klaar my Cap bereik, en ek het so hard probeer om dit nie te doen nie

  14. #149
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    Thomas baie welkom hier. Ek weet jy gaan dit geniet.

    Wat betref julle data pakkette, ek gebruik n Telkom R384 per maand Adsl pakket en het nog nooit die cap van 3GB bereik nie, en ek is heeldag op die net. Ek het ook n Vcom konneksie vir as Telkom af is, maar vind dit vreeslik duur en gebruik dit absoluut net in noodgevalle.

    Wat MMC betref, ons het ook Sondag aand tydens ons aanddiens geleentheid gehad vir getuienisse. Dit was wonderlik om te hoor hoe die manne een na die ander getuig oor die impak op hulle geloofslewe. Ons hou op die 07 Junie 'n MMC manneonbyt wat spontaan na laasjaar se MMC onstaan het. Die keer kom Balie Swart, ek wonder nog steeds hoekom sy van nie Rooi is na die Andre Watson debakel nie, getuig oor sy ervaring by MMC 2008.

  15. #150
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Seun van die Suide

    Ek het vir lank gereeld gekuier op die WEG forum (onder 'n ander skuilnaam) en geniet dit om so bietjie in my eie taal te kan gesels. Ek is Brits heeltemal magtig, maar as mens Afrikaans praat, dan voel dit asof jou kake sommer ontspan. Ek kyk nog so af en toe na die WEG forum, maar ek voel dit sal verkeerd van my wees om my werklike belangstelling, JESUS CHRISTUS, aanhoudend daar te bespreek. Ek het so vlugtig na die reels van hierdie forum gekyk en dit lyk my ek sal nie te veel verkwalik word as ek dit eerder hier doen nie. Synde ek nou van die WEG forum af hiernatoe verhuis het is ek nog so bietjie stilgeskrik deur al die tegnologie (ek dink daar is 'n woord daarvoor). Hierdie forum is darem baie luuks in vergelyking.

    Terloops, my login naam Son of the South is maar net vertaal na Brits sodat julle kan sien ek is darem tweetalig. Spreek my gerus aan as Seun van die Suide.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •