Your Advert here
cure-real
Page 11 of 44 FirstFirst 12345678910111213141516171819202122 ... LastLast
Results 151 to 165 of 646

Thread: Nuwe lede, stel jouself voor

  1. #151

    'N Namibiër hier

    Hallo almal

    My naam is Christy en is woonagtig Windhoek(wow,Afrikaans lyk en klink vreemd op die internet) Ek is 'n 33 jarige enkel lopende man. Dit is my eerste keer op hierdie webtuiste. Ek hoop om nuwe christen vriende hier te ontmoet. Ek was onlangs by die Angus Buchun saamtrek en was dit nou vir jou 'n geseënde affêre.... Jy sien net altyd baie mense by sokker en rugby geleenthede maar hiedrdie keer het almal,bruin,swart,wit en moontlik Chinese vir dieselfde SPAN(Christus en sy Koninkryk) geskreeu....

    Dit is verbasend hoe 'n taal 'n mens tuis kan laat voel op 'n totale vreemde terrein.

    Christy

  2. #152
    Welkom aan die nuwelinge met die Ingelse name ! Ons sal dit nie te veel teen julle hou nie. Net 'n bietjie.

  3. #153
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484
    Quote Originally Posted by sweetmusicman View Post
    Hallo almal

    My naam is Christy en is woonagtig Windhoek(wow,Afrikaans lyk en klink vreemd op die internet) Ek is 'n 33 jarige enkel lopende man. Dit is my eerste keer op hierdie webtuiste. Ek hoop om nuwe christen vriende hier te ontmoet. Ek was onlangs by die Angus Buchun saamtrek en was dit nou vir jou 'n geseënde affêre.... Jy sien net altyd baie mense by sokker en rugby geleenthede maar hiedrdie keer het almal,bruin,swart,wit en moontlik Chinese vir dieselfde SPAN(Christus en sy Koninkryk) geskreeu....

    Dit is verbasend hoe 'n taal 'n mens tuis kan laat voel op 'n totale vreemde terrein.

    Christy
    Welkom by ons Christy. Ek is self 'n oud Suidwester of Namibiër..., het daar groot geword. Jy moet ons bietjie meer vertel van die byeenkoms in Windhoek. As jy so deur ons drade lees, sal jy sien daar is al 'n hele paar drade wat oor Angus Buchan en sy bediening handel. Kyk veral in die getuienis-forum. 'n Paar van ons was ook so 5 weke gelede op Greytown en as jy in Windhoek was, sal jy verseker weet hoe Greytown se ervaring was.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  4. #154
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Ek het vir lank gereeld gekuier op die WEG forum (onder 'n ander skuilnaam) en geniet dit om so bietjie in my eie taal te kan gesels. Ek is Brits heeltemal magtig, maar as mens Afrikaans praat, dan voel dit asof jou kake sommer ontspan. Ek kyk nog so af en toe na die WEG forum, maar ek voel dit sal verkeerd van my wees om my werklike belangstelling, JESUS CHRISTUS, aanhoudend daar te bespreek. Ek het so vlugtig na die reels van hierdie forum gekyk en dit lyk my ek sal nie te veel verkwalik word as ek dit eerder hier doen nie. Synde ek nou van die WEG forum af hiernatoe verhuis het is ek nog so bietjie stilgeskrik deur al die tegnologie (ek dink daar is 'n woord daarvoor). Hierdie forum is darem baie luuks in vergelyking.

    Terloops, my login naam Son of the South is maar net vertaal na Brits sodat julle kan sien ek is darem tweetalig. Spreek my gerus aan as Seun van die Suide.
    Welkom hier, ons sal jou sommer SVS vir short aanspreek

  5. #155
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    Quote Originally Posted by sweetmusicman View Post
    Hallo almal

    My naam is Christy en is woonagtig Windhoek(wow,Afrikaans lyk en klink vreemd op die internet) Ek is 'n 33 jarige enkel lopende man. Dit is my eerste keer op hierdie webtuiste. Ek hoop om nuwe christen vriende hier te ontmoet. Ek was onlangs by die Angus Buchun saamtrek en was dit nou vir jou 'n geseënde affêre.... Jy sien net altyd baie mense by sokker en rugby geleenthede maar hiedrdie keer het almal,bruin,swart,wit en moontlik Chinese vir dieselfde SPAN(Christus en sy Koninkryk) geskreeu....

    Dit is verbasend hoe 'n taal 'n mens tuis kan laat voel op 'n totale vreemde terrein.

    Christy
    Welkom Christy, dis goed om van ons bure hier te he, ons is nie xenofobies op die forum nie!

  6. #156
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    HALLO!!! Ek is Yolané, dogter van die Allerhoogste, vrou van Marius en mamma van Carli (7) en Esthie (5). Ek het die forum ontdek nadat ek "christen forums" "ge-google" het. Ek het soos baie grootgeword met die storie van Jesus wat aan my vertel is en ouers wat kerk toe gegaan het, maar nie in 'n ware verhouding met Here was nie, Sondagchristene kan jy seker maar sê. Ek het af en toe bybel gelees, gebedjie gesê voor ek gaan slaap het maar ek het nie geweet wat dit is om die Here Jesus waarlik te ken en lief te hê nie. - Maar die Here het 'n afspraak met my gehad. 3 jaar terug is my man verplaas na 'n dorp waar ons NIEMAND ken nie, en toe stuur God vir my 'n engel met die naam Lizle. Hulle was ook splinternuut in die dorp en ons het mekaar in 'n dokter se spreekkamer ontmoet. Aan die begin wou ek weghardloop, so ongemaklik het sy my laat voel. Sy het oorgeborrel van liefde vir Jesus. Gelukkig het sy soos 'n pitbull vasgegryp, en stadig maar seker het sy my geleer en gewys hoe "awesome" Jesus is en hoe lekker dit is om sy kind te wees. Dis nou 3 jaar later en dinge lyk radikaal anders. Ons kry finansieel nou swaarder as ooit, maar ons is gelukkiger as wat ons nog ooit was. My man was hierdie jaar ook na die MMC toe. Anyway, die rede hoekom ek die forum opgesoek het, is omdat die Here besluit het om Lizle en haar gesin terug te stuur Kaap toe. Ons kan weens finansiële redes mekaar nie eintlik bel nie en sy kan nie e-pos ontvang nie. Nou soek ek iemand om mee te gesels oor al die dinge waaroor ek en sy gesels het. Ons kon so lekker oor die Here gesels en ek kon nog niemand weer kry wat daardie gaatjie vul nie. Hoop om dit hier te kry.

  7. #157
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484
    Welkom by ons Lanie. Ek is oortuig dat jy dit baie gaan geniet by ons en dat hierdie plek net so groot seën vir jou sal wees, soos van ons ander dit ook ervaar.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  8. #158

    dankie Ouens

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Welkom aan die nuwelinge met die Ingelse name ! Ons sal dit nie te veel teen julle hou nie. Net 'n bietjie.
    Lag uitbundig......

    Oor die Angus Buchan byeenkoms- Ek was een van die geel t-hemp werkers wat nuwe bekeerlinge of mense wat hulle self teenoor Chrustus re-commit te begely deur gebed,bearbei en hul besonderhede neem vir opvolg werk. Mense het 'n groter opkoms verwag wat toe nie die geval was nie...

    Wat ek wel kan sê is dat 'n mens sal nooit met die blote oog kan sê watter impak Angus gemaak het met sy uitreiking(getuienis) nie en ek dink ook nie dit is reg dat 'n mens dit moet probeer meet nie. God sal wel die vrugte seën sou mense hulle tot Hom bekeer.

    By sulke byeenkomste kry ek die indruk dat mense meet sukses op die hoeveelheid mense wat opdaag m.a.w kwantiteit oor kwaliteit terwyl God ons leer dat daar blydskap in die hemel is oor een sondaar wat hom/haar bekeer.

    Christy

  9. #159
    Welkom Lanie !
    Hoop al die nuwelinge kuier lekker hier by ons hoekie van die interweb.

  10. #160
    Quote Originally Posted by MrT View Post
    Welkom Christy, dis goed om van ons bure hier te he, ons is nie xenofobies op die forum nie!

    Baie dankie,en ek weet presies die rede hoekom julle nie xenofobies is nie--'As kinders van die hemelse Vader weet julle daar is genoeg brood vir almal en slefs meer as wat ons as God's kinders ooit kan droom van. Baie dankie vir die verwelkoming, Ek voel tuis.


    Ek behoort aan 'n groep(Sosiaal Diakonie en HIV en Vigs) in ons gemeente. Ons het 'n uitreiking môre na 'n naby geleë dorpie met die naam Witvlei; Ons gaan kos paakkies,klere en lekker goed vir die kinders uitdeel.

    Bid dat God die uitreiking sal seën en ons veilig terug bring. Ek beplan ook om môre 'n rugby wedstryd tussen Namibië en WP(Stomers) te gaan kyk.

  11. #161
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    Quote Originally Posted by sweetmusicman View Post
    Baie dankie,en ek weet presies die rede hoekom julle nie xenofobies is nie--'As kinders van die hemelse Vader weet julle daar is genoeg brood vir almal en slefs meer as wat ons as God's kinders ooit kan droom van. Baie dankie vir die verwelkoming, Ek voel tuis..
    Ons is nie xenofobies nie want ons is FILAfobies en PHILofobies veral as twee sekere moddermakers FILAsofies en PHILosofies raak!

    Quote Originally Posted by sweetmusicman View Post
    Ek behoort aan 'n groep(Sosiaal Diakonie en HIV en Vigs) in ons gemeente. Ons het 'n uitreiking môre na 'n naby geleë dorpie met die naam Witvlei; Ons gaan kos paakkies,klere en lekker goed vir die kinders uitdeel...
    Baie sterkte hiermee, ons selgroep het n soortgelyke bediening en het juis gisteraand kos en klere daar gaan uitdeel. Nabyglee in Namibia = 150kms!

    Quote Originally Posted by sweetmusicman View Post
    Bid dat God die uitreiking sal seën en ons veilig terug bring. Ek beplan ook om môre 'n rugby wedstryd tussen Namibië en WP(Stomers) te gaan kyk...
    Ek dink die Namibiese rugbyspan het baie gebed nodig!!!

    Groete vir Andre Huysamen!

  12. #162
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Nou soek ek iemand om mee te gesels oor al die dinge waaroor ek en sy gesels het. Ons kon so lekker oor die Here gesels en ek kon nog niemand weer kry wat daardie gaatjie vul nie. Hoop om dit hier te kry.
    Welkom hier Lanie. Ek is seker jy gaan kry wat jy soek. Maak ook gerus 'n draai daar by Esther se Koffiekroeg. Ons mans is uitgeskop daar maar die dames doen daar wat julle die beste doen!

  13. #163
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,444
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    HALLO!!! Ek is Yolané, dogter van die Allerhoogste,
    Hallo Yolanè... oops my strepie lê verkeerde kant toe, welkom hier by ons, en as jy vroe sake wil gesels, kom klop aan by Ester se Koffiehuis
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  14. #164
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484
    Quote Originally Posted by MrT View Post
    ... Esther se Koffiekroeg. Ons mans is uitgeskop daar maar die dames doen daar wat julle die beste doen!
    Hmmm, dit is nou al sommer 'n koffiekroeg..., ons sal maar moet keer vir die wynhuis wat oppad is...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  15. #165
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Kwambonambi in kwazulu Natal
    Posts
    1

    Met Liefde vir almal in Jesus

    Hallo almal ek is Tinkie(skuilnaam),
    Ek is nuut hierso maar nie vir lank nie Ons as gesin is almal wedergebore Ghristene,wat die heilige gees ontvang het die 25ste Augustus 2007 en as gesin gedoop is die 28ste September.Ek kan die Here nie genoeg dankie se en prys nie
    Ek sal later ons getuienisse afle as ek meer met julle te doen kry.
    Met liefde in Jesus Christus Inkie.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •