Valse Christusse was toevallig die heel eerste teken wat Jesus aan Sy dissipels uitgewys het met dié woorde, "pasop dat niemand julle mislei nie".
Hennie Prinsloo het hierdie lys van valse Christusse in sy boek, Die Wederkoms van Christus, aangedui,
Daar is vele ander, dit is net goed om prakties te sien dat hierdie mense bestaan en dat dit letterlik waar is. Daar is ook diegene wat hulleself as gesalfdes voorhou met voortdurende wonderwerke. "Annointed ones", is meeste van die tyd niks anders as valse Christusse nie, want dit is wat Christus beteken, "the Annointed One".
As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
(Mat 24:23-24)
Bookmarks