Your Advert here
cure-real
Page 1 of 13 123456789101112 ... LastLast
Results 1 to 15 of 195

Thread: Wegraping

  1. #1
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,487
    Blog Entries
    10

    Wegraping

    Deel asseblief met my jou oortuiging oor die wegraping.
    Indien jy die wegrasping van die kerk (bruid) voorstaan... watter skrif bevestig dit??
    Indien jy nie die wegraping van die kerk (bruid) voorstaan nie, hoekom sê jy so,,, watter skrif bevestig dit??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  2. #2
    Quote Originally Posted by ACCM View Post

    Kan ons nie eerder hierdie een bietjie beter bewoord nie want op die oomblik kom dit net so slinks deur as de klerk se "ja" en "nee" vraag voor die 1994 oorgawe aan die heidene!

    Wat van "wegraping" en "wederkoms" want dit maak beter onderskeid tussen die leuen en die waarheid. Want as ek op die oomblik sou se ek glo nie in die wegraping nie, is dit vir my 'n strik aangesien almal dan kan se ek glo nie dat Jesus weer gaan kom om die te kom haal wat aan Hom behoort nie en dan ontspoor die draad sommer van die begin af!
    Tradisioneel is "wegraping " gekoppel aan die onbybelse chiliasme en "wederkoms" gekoppel aan die eenvoudige waarheid van die Skrif

  3. #3
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6

    Hallo ACCM

    Ek wil net eers sê ek glo wel in die wegraping en dit ook voor die groot verdrukking. Ek is net bietjie besig vandag en het groot probleme om uit te sorteer, so ek gaan nie hierdie naweek vir jou ten volle kan antwoord nie, maar soos ek in die week al gesê het, sal ek ten volle hier Bybels my antwoord plaas rakende die wegraping.

    Groete
    Phil

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,487
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by oppiweb View Post

    So eitlik sê jy dat die wegraping op dieselfde tyd as die wederkoms gaan plaasvind
    Hoe staaf jy dit volgens skrif?
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,487
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post

    okay, Phil, dus glo jy dat Christene nie deur die groot verdrukking gaan gaan nie Wanneer jy tyd het, ek hoor jy is besig, hoe staaf jy dit met skrif??
    So eintlik (sonder om datums te set) kan ons binnekort mense begin vermis ??

  6. #6
    Quote Originally Posted by ACCM View Post
    So eitlik sê jy dat die wegraping op dieselfde tyd as die wederkoms gaan plaasvind
    Hoe staaf jy dit volgens skrif?
    Eintlik het ek jou gevra om jou strikvraag beter te bewoord...dan sal ek jou antwoord......wees versigtig om nie woorde aan my toe te dig wat ek nie gese het nie...die stelling wat jy hierbo maak het ek nie gese nie en ek glo nie die Here dans met mense wat so skaamteloos goeters in ander se woorde inploeg wat daar nie is nie....

  7. #7
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by ACCM View Post
    okay, Phil, dus glo jy dat Christene nie deur die groot verdrukking gaan gaan nie Wanneer jy tyd het, ek hoor jy is besig, hoe staaf jy dit met skrif??
    So eintlik (sonder om datums te set) kan ons binnekort mense begin vermis ??
    Wel vir 'n begin, ek dink ons leef in die eindtyd, die tekens is daar, hoe lank dit nog moet aangaan sal ek nie weet nie, maar ek glo dit gaan nog baie erger gaan. Onthou daar is die verdrukking en dan is daar die groot verdrukking. Ek glo die ware kerk van Christus was nog altyd in die verdrukking en is tans ook, ek weet daar is baie kerke en baie denominasies, maar ek het onlangs tot my skok begin besef hoe deurspek die "kerke" van die dwaalleer is en as jy daarteen opstaan, word jy uitgewerp, die anti-intellektuele genoem en van 'n bespotting gemaak, ek weet, ek praat uit persoonlike ondervinding, so ek glo ons word reeds verdruk, maar hoeveel erger die huidige verdrukking gaan word voor die groot verdrukking en die laaste plae, sal net God weet, aangesien slegs Hy die dag en datum ken.

    Ek glo wel dat die wegraping van die liggaam van Christus wat nog in die lewe is voor die groot verdrukkings sal wees, juis oor hierdie vers waar Jesus met Sy dissipels praat rakende die geslag van die eindtyd, die tekens, hoe sleg dit gaan raak en dan ook die wegraping.

    Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
    Luk 21:36 (33/53 AV)

    Hierdie woord ontvlug is dieselfde griekse woord wat gebruik word vir wegruk en wegraap en soos in Op 12... weggeruk "harpazo"

    G0726 to seize, catch (away, up), pluck, pull, take (by force)

    G5343 by anology, to vanish

    G0142 to lift up, to take up, bear (up), lift up, remove, take (away, up)

    Groete
    Phil

  8. #8
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,487
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by oppiweb View Post
    Eintlik het ek jou gevra om jou strikvraag beter te bewoord...dan sal ek jou antwoord......wees versigtig om nie woorde aan my toe te dig wat ek nie gese het nie...die stelling wat jy hierbo maak het ek nie gese nie en ek glo nie die Here dans met mense wat so skaamteloos goeters in ander se woorde inploeg wat daar nie is nie....
    Okay.... dit is wat ek verstaan het, miskien kan jy dit beter aan my verduidelik
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  9. #9

    Die Wederkoms in die Laaste Dag.

    Jesus praat van Sy wedrkoms in die laaste dag...die dag waarvan net God die Vader die tyd ken.

    Johannes 6:
    39 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
    40 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
    44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
    54 Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

    Wanneer Hy kom in die laaste dag, sal ons wat deur Hom opgewek word, Hom tegemoet gaan in die lug....

    1 Thess4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
    17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

    Volgens die skrif vind ek dus nie dat die bruid van die planeet af weg geraap gaan word voor die tyd nie....alles gebeur in die laaste dag.

    In hierdie laaste dag kom Hy om Sy voet op die berg te sit...ons wat in Christus ontslaap het of steeds in die lewe hier op aarde is in daardie laaste dag sal Hom tegemoet gaan, en dan saam met Hom kom sit om te oordeel oor die lewende en die dode:

    Mat. 12:
    41 Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en - meer as Jona is hier!
    42 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en - meer as Salomo is hier!

    Verder....Joh.5:
    21 Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
    22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
    23 sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
    24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe. ( die "eerste opstanding" van Open. 20:4 )
    25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
    26 Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
    27 En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
    28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor ( in die laaste dag )
    29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling. ( in die laaste dag )
    30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

    Nou het vriend Phil verwys na die volgende in Lukas 21:
    34 MAAR pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. ( weereens verwys Jesus na die Laaste dag )
    35 Want soos ’n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.
    36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

    Wat hier ontvlug moet word is die oordeel van die laaste dag...nie die verdrukking nie en ek se dit na aanleiding van die volgende skrif:

    Mat. 23:33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?

    en

    Joh. 5:
    24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe. ( Efe 2:1-3 )

    28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
    29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

  10. #10
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Wel vir 'n begin, ek dink ons leef in die eindtyd, die tekens is daar, hoe lank dit nog moet aangaan sal ek nie weet nie, maar ek glo dit gaan nog baie erger gaan. Onthou daar is die verdrukking en dan is daar die groot verdrukking. Ek glo die ware kerk van Christus was nog altyd in die verdrukking en is tans ook, ek weet daar is baie kerke en baie denominasies, maar ek het onlangs tot my skok begin besef hoe deurspek die "kerke" van die dwaalleer is en as jy daarteen opstaan, word jy uitgewerp, die anti-intellektuele genoem en van 'n bespotting gemaak, ek weet, ek praat uit persoonlike ondervinding, so ek glo ons word reeds verdruk, maar hoeveel erger die huidige verdrukking gaan word voor die groot verdrukking en die laaste plae, sal net God weet, aangesien slegs Hy die dag en datum ken.

    Ek glo wel dat die wegraping van die liggaam van Christus wat nog in die lewe is voor die groot verdrukkings sal wees, juis oor hierdie vers waar Jesus met Sy dissipels praat rakende die geslag van die eindtyd, die tekens, hoe sleg dit gaan raak en dan ook die wegraping.

    Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
    Luk 21:36 (33/53 AV)

    Hierdie woord ontvlug is dieselfde griekse woord wat gebruik word vir wegruk en wegraap en soos in Op 12... weggeruk "harpazo"

    G0726 to seize, catch (away, up), pluck, pull, take (by force)

    G5343 by anology, to vanish

    G0142 to lift up, to take up, bear (up), lift up, remove, take (away, up)

    Groete
    Phil

    Hi Almal
    Hierdie is 'n tameletjie onderwerp, aangesien almal die Bybel anders interpreteer. Ek het al baie oor hierdie onderwerp opgelees en ek dink ons moet almal ons eie keuse maak.

    Ons moet eerstens die Jesus Christus as ons Verlosser erken en aanvaar en dan moet ons LEEF soos gehoorsame christene (dws nie closet christene nie).

    Sou daar dan 'n wegraping wees, sal Jesus net die wat rein van hart en gehoorsaam is aan Hom saam met Hom neem en die ander agterlaat.
    Sou daar nie 'n wegraping wees nie, gaan ons deur die verdrukking en soveel groter sal ons beloning wees as ons ter wille van Jesus ly en sterf.

    Ek wil tog nog 'n vers in die Bybel aanhaal wat ek dink ook 'n goeie "bevestiging" van die wegraping kan wees:

    Openbaring 3:10 (1953 vertaling)
    Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

    Ek wil ook die KJV (engels en vanaf e-sword gecopy) aanhaal :
    Rev 3:10Because thou hast kept the word of my patience, I also will keep thee from the hour of temptation, which shall come upon all the world, to try them that dwell upon the earth.

    Ek het ook "Heaven is so Real" van Choo Thomas gelees. Daar praat sy van 'n wegraping. Ja ek weet in die eindtyd sal daar vals profete ens wees, maar ek dink iewers moet mens seker iemand ook kan glo - nie soos Judith de Beer wat nie eens die Bybel as vertrekpunt gebruik nie. Lees ook gerus die boek "Are we living in the end times?" geskryf deur Tim la Haye en Jerry B. Jenkins (Skrywers van die Left Behind reeks). In hierdie boek skryf hulle hoekom hulle glo daar wel 'n wegraping gaan wees, maar sal dit nou te lank neem om dit hier aan te haal.

    Daar is nogals iets waaroor ek baie wonder. Hoekom is dit so dat die christen geloof so 'n deurmekaar geloof is? Elke persoon glo anders en elke persoon tree anders op en dit maak dit moeilik om 'n christen te wees, want elkeen glo dat net hy/sy reg is. Hoekom kan ander gelowe soos bv islam almal dieselfde sienswyse he - ek dink ander gelowe kyk met verbasing na ons en kan net hulle koppe skud. jammer as ek deurmekaar skryf (ek was nog nooit 'n goeie skrywer nie).

    Groete

  11. #11
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Hallo ChildofJesus

    Dankie vir jou plasing.

    Ek wil net op een deel van jou plasing ingaan en dit is die vraag wat jy vra. Hoekom is ons geloof so deurmekaar?

    Ek glo dit is oordat ons met die 1 ware geloof sit en die Satan sal alles in sy vermoë doen om hierdie geloof van ons te verdraai, hy sal mense op kansels sit wat nie die Gees van God in hulle het nie en sodoende dwaalleer verkondig.

    As ons almal wat kinders van Christus is eerlik met mekaar moet wees en net getuig oor wat die Gees van God vir ons geleer het, glo ek nie ons sal so verskil nie, maar ons sê te maklik "God het vir my gesê" en dan was dit nooit waarlik so nie.

    Ons moet iet dalk by Paulus gaan leer en ophou die Satan vatplek gee om ons onder mekaar te verstrooi, want dink net wat kan gebeur as ons almal as liggaam van Christus saamstaan in hierdie geestelike stryd

    Paulus sê:

    For now we see through a glass, darkly; but then face to face: now I know in part; but then shall I know even as also I am known.
    1 Corinthians 13:12

    Ek praat hier van myself in spesifiek, dit is so moeilik vir ons om te erken ek weet nie alles nie en ek "know in part", want ek wil mos soos 'n grote profeet of apostel oorkom, ek wil respek afdwing met my kennis van die Woord. Ek moet leer erken dat ek maar slegs met 'n stuk van die geheel sit en my broer moontlik met 'n ander stuk. Ek moet hom nie ter helle verwerp nie, maar ons moet saamsit en hierdie stukke van ons bymekaar sit, dit aan die Woord van God meet en as alby stukke opweeg teen die Woord, kan dit ons beide soveel verryk, maar nou hou ek net aan my stukkiekiekie vas en hol die wêreld in as die "grootste evangelis" ooit.

    Ons stry te veel en sit te min saam met mekaar om die Woord van God.

    Groete en baie seën
    Phil

  12. #12
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,487
    Quote Originally Posted by ChildofJesus View Post

    Daar is nogals iets waaroor ek baie wonder. Hoekom is dit so dat die christen geloof so 'n deurmekaar geloof is? Elke persoon glo anders en elke persoon tree anders op en dit maak dit moeilik om 'n christen te wees, want elkeen glo dat net hy/sy reg is. Hoekom kan ander gelowe soos bv islam almal dieselfde sienswyse he - ek dink ander gelowe kyk met verbasing na ons en kan net hulle koppe skud. jammer as ek deurmekaar skryf (ek was nog nooit 'n goeie skrywer nie).
    ChildofJesus,

    Dit is iets wat ekself ook oor wonder en dit pla my nogal, dat mense wat ek 100% seker is die Here ken, met mekaar kan verskil. Dit het gemaak dat mens van hierdie verskille begin ondersoek het... en so min soos wat ek nog ontdek het, was daar ongelooflike ontdekkings vir myself gewees. Iets wat ek persoonlik glo belangrik is, is om nie met die bril van 'n spesifieke denominasie se leerstellings, na 'n saak te kyk nie. Kyk eerlik en soos God jou alleen lei na sake. Dit kan ongelukkig jare neem voor daar deurbrake kom, maar mens moet leer om op die Here te wag.

    Hier is 'n draad wat juis handel oor hierdie verskille tussen kinders van die Here. Mens het eintlik gehoop daar sou al meer bespreek kon wees op hierdie draad, maar miskien kan mens dit begin ondersoek, want ek glo die Here het dit juis so beskik, dat diegene wat eerlik soek, alleen die waarheid kan vind. Ek twyfel 100% dat daar een enkele denominasie is, wat die volle waarheid kan beredeneer en kan verwoord. Die waarheid lê met permissie gesê, verflenterd tussen 'n bepaalde groep denominasies wat mens in wese, so glo ekself, binne hoofstroom protestantisme vind.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  13. #13
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Hi ChildofJesis

    Phil is heeltemal reg - die satan val die kerk van Christus juis aan op hierdie manier - deur ons te probeer verdeel. Kyk maar hoeveel verskilende denominasies is daar wat almal die waarheid glo, maar verskil oor 'n magdom minder belangrike onderwerpe. Neem nou maar die wegraping. Watter verskil gaan dit aan ons saligheid maak as daar 'n wegraping op 'n bepaalde tyd gaan plaasvind of nie? Verstaan my mooi, ek dink ons het nodig om hierdie goed te weet, daarom is dit in die Bybel opgeteken. Maar dit is nie belangrik vir ons saligheid nie. En dit is juis op sulke goed wat die satan konsentreer - hy probeer die fokus wegneem van dit wat belangrik is (die kruis van Christus en ons opdrag in hierdie wêreld) deur sulke onderwerpe op te blaas sodat 'n mens naderhand al jou energie daaraan spandeer, en sodat broers en susters onder mekaar verdeel kan word. Maar ek dink die grootste rede daarvoor is dat die kerk sy geloofwaardigheid verloor wanneer daar nie eenheid onder christene is nie, en dit pas so reg in die satan se kraal. Want dit verhinder ons om ons opdrag in hierdie wêreld uit te voer

    Ek dink Jesus het dit voorsien. As 'n mens Sy gebed vir sy dissipels (vir Sy kerk op aarde) in Johannes 17 lees, dan sien ons dat eenheid die een ding was wat Hom die heel meeste gepla het. Hy bid nie minder nie as vier keer in daardie gebed dat die Vader Sy kinders sal bewaar, sodat hulle EEN kan wees. En Hy maak dit ook duidelik dat Hy dit vra, juis sodat die wêreld kan glo....

    Hierdie is 'n saak wat vir my persoonlik baie naby aan my hart lê en ek dink ons gaan eendag voor God moet verantwoording doen oor hierdie verdeeldheid. Ek sê vir geen oomblik dat ons almal altyd oor alles moet saamstem nie - terwyl ons in hierdie gebroke wêreld leef, sal dit sekerlik nooit heeltemal moontlik wees nie. Maar ons wat in wese dieselfde glo, ons wat wedergebore is, MOET probeer om verby die verskille te kyk, en meer na mekaar uitreik in liefde en mekaar se hande vat. Maar daar dwaal ek alweer van die onderwerp af.

  14. #14
    Goeie Naand aan almal

    Baie dankie vir die terugvoer. CFJ, ek het 'n klein pos geplaas in die draad wat jy genoem het en dink ek dit is 'n goeie draad om te he. Miskien word daar lig op baie onderwerpe geplaas as ons insette kan lewer.

    Tot later!

  15. #15
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,147
    Beste vriende

    Die wegraping is 'n wonderlike onderwerp om uit die Bybel te bestudeer. In wese gaan dit oor die vraag na die kerk. Wie en wat is die kerk van vandag? As ons nie hieroor baie duidelikheid het nie, sal ons nooit die vraag oor die wegraping kan verstaan nie.

    Daar is basie twee opsies. Die kerk is 'n direkte voortsetting van Israel van die Ou Tetament of die kerk is 'n nuwe skepping van die Nuwe Teatament. Dit klink nou miskien of ek nou in 'n nuwe lyn hier wil begin praat oor die kerk in plaas van oor die wegraping, maar dit is nie so nie. Ek praat eksklusief oor die wegraping, maar die feit is dat die wegraping nooit begryp kan word sonder om die kerk te verstaan nie. Die wegraping is 'n nuwe waarheid wat aan die kerk van die Nuwe Testament gegee is. Vir diegene wat ontken dat die kerk 'n nuwe skepping van die Nuwe Testament is (dit sluit al die groot kerke in) sal die wegraping nooit kan bestaan nie.

    Hulle sien die kerk as 'n direkte voortsetting van die Israel van die Ou Testament en daardie Israel het baie beslis nooit 'n wegraping gehad as deel van sy toekomsverwagting nie.

    Ek glo natuurlik dat die kerk duidelik 'n nuwe skepping is:

    Hierdie dramatiese nuwe ontwikkeling vind in die Nuwe Testament plaas:

    "Deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insttinge bestaan; sodat Hy deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep". (Ef. 2:15).

    Groete
    David

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •