PDA

View Full Version : Is die "Waarheid" regtig belangrik?



CFJ
Sep 16th 2007, 07:14 AM
Op 'n ander forum lees ek hierdie plasing van 'n agnostikus raak...


En dit laat my wonder: Hoekom is dit so belangrik dat jou denkraamwerk noodwendig die "waarheid" moet versinnebeeld?

Watter waarheid?

Volgens wie?

Wie sÍ dis hoegenaamd moontlik om 'n grip op die "waarheid" te kry, whatever dit ookal mag beteken?

Moet 'n mens nie maar eerder aanvaar dat ons inderdaad een of ander denkraamwerk nodig het, ongeag of dit noodwendig die "waarheid" is of nie, al is dit dan nou net om darem almal op min of meer dieselfde bladsy te wees sodat die samelewing kan funksioneer nie?

En is die vraag dan nie eerder hoe gesond en toepaslik daardie denkraamwerk vir die oomblik is, as hoe "waar" dit is nie?

Sal mens ooit enigiets meer van 'n denkraamwerk kan sÍ as: "Dit werk goed genoeg onder die omstandighede", of: "Dit *#$@!" ?

Hoe sal jy hom antwoord?

Phil Fourie
Sep 17th 2007, 06:09 AM
Ferdi

Jy sal dalk moontlik weet hoe ek hom sal antwoord, dit sal iets wees soos:

....Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Matt 3:2

Hierdie persoon is vasgevang in die post moderne/NAM (New Age Movement), of hy homself nou wil klasifiseer as 'n agnostikus of nie, feit bly, hy deel die waardes van hierdie "geloof"-struktuur.

Hoekom sÍ ek so?

Want post modernisme berus daarop dat waarheid relatief is en dat wat vir jou waar is, nie noodwendig vir my waar is nie, jou morele waardes is nie noodwendig my morele waardes nie, maar nie een van ons is verkeerd nie. Nou ek en jy sal weet dat dit heeltemal teen die Woord is.

Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.
Spr 9:10

En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
die Gees van die waarheid wat die wÍreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Joh 14: 16-17

En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.
1 Joh 2:20

En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos diť julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
1 Joh 2:27

Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Joh 14:6

Natuurlik ontken post modernisme/NAM hierdie Skrifgedeeltes rakende waarheid aangesien waarheid volgens hulle nie op een plek kan berus nie, maar ook met die ontken van hierdie Skrifgedeeltes, ontken hulle ook vir Christus as die enigste weg tot die Vader en dus ontstaan die vraag by hulle of Jesus wel die enigste weg is na die Vader.

Dus, buite die wil van God en die kennis van God en die bekering tot God deur Jesus Christus, tesame met die ontvang van die Heilige Gees, is daar geen manier hoe jy die waarheid kan ken nie.

Nou sal so 'n persoon seker ook iets kan vra soos:

Nou wie dan tussen die Christen en bv. die Moslem besit die waarheid?

Ek ken 'n ou wat al redelik met Moslems evangelisasiewerk gedoen het. Nou hierdie ou ken die Koran ook goed. Dit is amazing om te hoor hoe hy dit vir die Moslems uitlÍ.

Hy sal bv. begin deur die vra of die persoon glo in die profete, waarop hy sal antwoord natuurlik "Holy are they".

Dan sal hy vra of 'n profeet 'n leuen kan vertel en die Moslem sal hom antwoord dat 'n profeet nie kan nie.

Goed, dan sal hy vir hom vra of Jesus 'n profeet was. Dan moet hy natuurlik daarop antwoord, ja, Jesus was 'n profeet, "een van die groot profete".

Nou kom die deel in wat ek nie geweet het nie, aangesien ek nie die kennis het van die Koran wat hy het nie.

Dan sal hy vra of die Moslem bewus is daarvan dan die Koran sÍ jy moet die Bybel lees. Hier begin die Moslem dan ongemaklik raak, want soos ek verstaan is dit inderdaad wat die Koran sÍ.

Dan noem hy dat hierdie persoon nou beaam het dat Jesus 'n profeet is, dat 'n profeet nie 'n leuen kan vertel nie en dat die Koran sÍ hy moet die Bybel lees.

Nou laastens neem hy die Moslem na Joh 14:6

Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Ja wel, wat sal Moslem se kind dan nou vir homself te sÍ hÍ?:lol:

Hierdie persoon waarvan jy hier aangehaal het Ferdi, sal vir God moet leer ken, dit is nie goed genoeg om te sÍ, "maar ek het nie geweet nie".

It's good to be good, but it aint good enough

Groete
PFM

Phil Fourie
Oct 4th 2007, 10:26 AM
Ek het noudie dag iets gelees wat nogals baie snaaks was.

Iets soos:

"Vir my is groen rooi en rooi groen, wil jy dalk so 'n entjie saam met my deur die dorp gaan ry?":lol::lol::lol:

Verduidelik nogals vir my baie goed die beginsel van "waarheid is relatief"

:rofl::rofl:

Groete
Phil

CFJ
Oct 4th 2007, 01:01 PM
:lol:
Ek het noudie dag iets gelees wat nogals baie snaaks was.

Iets soos:

"Vir my is groen rooi en rooi groen, wil jy dalk so 'n entjie saam met my deur die dorp gaan ry?":lol::lol::lol:

Verduidelik nogals vir my baie goed die beginsel van "waarheid is relatief"

:rofl::rofl:

Groete
Phil

Net op die lang pad... of net as jy by die groen ligte stop en oor die rooi ligte jaag... ek hou van sports, veral as dit relatief gevaarlik is :lol:

Phil Fourie
Oct 4th 2007, 01:19 PM
:lol:

Net op die lang pad... of net as jy by die groen ligte stop en oor die rooi ligte jaag... ek hou van sports, veral as dit relatief gevaarlik is :lol:

Jy weet mos, vir my is die treinspoor relatief veilig, want die trein beweeg mos maar relatief stadig.

:rofl::rofl:

Ta-An
Oct 4th 2007, 02:13 PM
Jy weet mos, vir my is die treinspoor relatief veilig, want die trein beweeg mos maar relatief stadig.

:rofl::rofl:.... of relatief selde :lol:

CFJ
Oct 4th 2007, 02:34 PM
.... of relatief selde :lol:

In hierdie klein plekkie waar ek bly, ry hulle relatief nooit nie... :B:spin:

Gene
Oct 5th 2007, 11:17 AM
Julle is relatief laf! Maar die punt is gemaak! (Ek dink dis 'n puik voorbeeld)

Phil Fourie
Oct 5th 2007, 11:37 AM
Julle is relatief laf! Maar die punt is gemaak! (Ek dink dis 'n puik voorbeeld)

Dit is jou persepsie, dit is nie noodwendig vir my waar nie:lol:

OK JAMMER.

Almal, sien julle amptelik as oor die vingers getik:cry::D

And I exit, --> stage right;)

Gene
Oct 5th 2007, 11:45 AM
Ek het dit nie bedoel as 'n beskuldiging nie.....wat's fout met "laf wees"? Of RELATIEF laf dan!

Gene
Oct 5th 2007, 11:49 AM
Dit laat my dink aan 'n ander onderwerp - ligsinnigheid! Maar ek sal 'n nuwe draad daaroor oopmaak.

Phil Fourie
Oct 5th 2007, 12:00 PM
Ek het dit nie bedoel as 'n beskuldiging nie.....wat's fout met "laf wees"? Of RELATIEF laf dan!

Ek weet;)

Ek twyfel sterk of jy dit in jou het om gemeen te kan wees;)

Groete
Phil

CFJ
Jan 8th 2010, 09:45 AM
Soms lees mens 'n ou draad raak en dan wonder mens net weer, is die WAARHEID regtig belangrik?

Philip dT
Jan 8th 2010, 04:34 PM
Soms lees mens 'n ou draad raak en dan wonder mens net weer, is die WAARHEID regtig belangrik?

Wat is jou gevoel hieroor, Ferdi?

CFJ
Jan 9th 2010, 07:22 AM
Hi Philip,

Ek dink die waarheid is kritiek. Die agnostikus wat die aanvanklike stelling gemaak het, sal seker nie wil hoor dat iemand wat hom wil moor die waarheid beet het nie. Nog minder sal hy wil hoor dat die voertuig wat hy besit eintlik 'n leuen is, nie aan hom behoort nie en Sipho-highjacker of Kallie-karsteler hom maar kan 'neem' nie. Die ergste gaan seker wees om te hoor, die waarheid oor sy verlore siel het saak gemaak, die dag as hy voor God se regterstoel gaan staan. Ons sal nie kan leef as daar nie 'n waarheid is nie, ongeag of mens in God glo of nie, want om darem net 'n smakie van redelikheid in die lewe te kan hÍ, moet daar 'n waarheid wees. Almal ry tog aan die linkerkant van die pad, want dit is die waarheid en bepaald betaal meeste mense darem dit wat hulle in Checkers van die rakke af neem. Ek dink as die leuen moet heers sal Checkers nie een dag oorleef nie en om op die pad te wees sal 'n absolute nagmerrie raak.

Philip dT
Jan 9th 2010, 09:00 AM
Ek stem saam Ferdi, en Fila. Dis vir my net hartseer om te sien hoe die postmoderne samelewing van vandag gebreinspoel word dat daar nie absolute waarheid is nie. En die ergste daarvan is as Christene of teoloŽ dit sÍ. Want as die waarheid nie absoluut is nie, dan is dit subjektief. Elke ou besluit wat vir hom reg is. Die volgende stap is natuurlik dat die bybel nie meer gesag dra nie. Dit is nodig dat ons getuies sal wees van die waarheid in hierdie laaste dae.

Interessant is die feit dat die slagspreuk van Satanisme en Luciferianiste niks te doen het met die aanbidding van Satan nie, maar soos Alister Crowley gesÍ het: "Do what thy want, and that is the whole of the law" [for satanists]. Luciferianisme begin dus by die "innerlike lig" in jou wat jy vrye teuels gee. Uiteidelik aanbid jy jouself. Dit is natuurlik die wortel van "idolatry", die skepsel word vereer in plaas van die Skepper wat geprys moet word.

Johnny
Jan 11th 2010, 07:49 AM
In die Bybel word die woord "waarheid" 170 keer gebruik. Ek kies sommer die heel eerste keer wat dit in die bybel voorkom (E-Sword search). Ek is seker uit die vers kan ons sommer dadelik aflei dat die "waarheid" vir God belangrik is, en Hy gebruik ook sommer Josef wat 'n tipe van Christus is. Wow!

Genesis 42:16 Stuur een van julle, dat hy julle broer gaan haal, maar jķlle moet in die gevangenis bly. So sal dan julle woorde getoets word, of die waarheid by julle is of nie. So waar as Farao leef, julle is spioene!

H571
אמת
'emeth
eh'-meth
Contracted from H539; stability; figuratively certainty, truth, trustworthiness: - assured (-ly), establishment, faithful, right, sure, true (-ly, -th), verity.

H539
אמן
'âman
aw-man'
A primitive root; properly to build up or support; to foster as a parent or nurse; figuratively to render (or be) firm or faithful, to trust or believe, to be permanent or quiet; morally to be true or certain; once (in Isa_30:21; by interchange for H541) to go to the right hand: - hence assurance, believe, bring up, establish, + fail, be faithful (of long continuance, stedfast, sure, surely, trusty, verified), nurse, (-ing father), (put), trust, turn to the right.

chisel
Jan 11th 2010, 08:22 AM
Mens wonder of die agnostikus reken dat sy stelling dat die waarheid nie belangrik is nie, belangrik is. As sy stelling waar is, is dit volgens sy eie sienswyse onbelangrik, en as dit vals is, dan hoef mens dit nie in ag te neem nie.

chisel
Jan 11th 2010, 08:52 AM
Sal mens ooit enigiets meer van 'n denkraamwerk kan sÍ as: "Dit werk goed genoeg onder die omstandighede", of: "Dit *#$@!" ?


Hi CFJ,

Ek het onlangs na 'n praatjie van die Christen filosoof J.P Moreland geluister waarin hy postmodernisme bespreek. Veral die idee dat waarheid nie so belangrik is nie, "solank dit werk". (Pragmatisme)
Hy het 'n uitstekende illustrasie gebruik om die tragiesheid van hierdie denkwyse aan te dui:

Wonmug
In medicine, we all know what a placebo is. It is an innocuous substance that doesn’t really do anything to help an illness. But the patient’s false belief that it works brings some mental relief. Unfortunately, a placebo works due to the naive, misinformed, false beliefs on the part of the patient. Sadly, the placebo effect is not limited to medicine. Many people have worldview placebos — false, naive, misinformed beliefs that help someone because they are living in a safe fantasy world of their own mental creation and not because of the truth of the beliefs themselves. To see why this is sad, consider the fictitious story of Wonmug.
Wonmug was a hopelessly dumb physics student attending a large Western university. He failed all of his first semester classes, his math skills were around a fifth grade level, and he had no aptitude for science. However, one day all the physics students and professors at his college decided to spoof Wonmug by making him erroneously think he was the best physics student at the university. When he asked a question in class, students and professors alike would marvel out loud at the profundity of the question. Graders gave him perfect scores on all his assignments when in reality he deserved an F.

Eventually, Wonmug graduated and went on for his Ph.D. The professors at his university sent a letter to all the physicists in the world and included them in the spoof. Wonmug received his degree, took a prestigious chair of physics, regularly went to Europe to deliver papers at major science conferences, and was often featured in Time and Newsweek. Wonmug’s life was pregnant with feelings of respect, accomplishment, expertise, and happiness. Unfortunately, he still knew absolutely no physics. People hated Wonmug and mocked him behind his back, yet being oblivious to the truth, Wonmug was as happy as could be.

Do you envy Wonmug? Would you wish such a life for your friends? Of course not. But why? Because his sense of well-being was built on a false, misinformed worldview placebo. People who disregard truth and simply care if a religious idea works, are worldview Wonmugs. If they are willing to be Wonmugs, they should be pitied because they don’t take their lives seriously.

Retha F
Jan 12th 2010, 08:17 AM
Ek het al elders die apologeet Anthony Horvath sien reageer op 'n "daar is nie waarheid nie. Alles kan geÔnterpreteer word soos jy wil" met iets soos:

"Jy vertel dat jy in 'n ballet tutu deur jou buurman se tuin sluip? Hoekom?"

Skeptikus oor waarheid antwoord iets soos: Is jy koekoes?

Anthony H: "Jou baas eet Weetbix? Hoe is dit relevant?"

Na 'n rukkie van sulke nie-gesprek kom Anthony by die punt uit dat as mens werklik enigiets kon verstaan soos jy wil, as daar nie iets soos waarheid was nie, dan sou enige manier om skeptikus se woorde te verstaan ewe goed wees, sou mens net sowel die woorde "daar is geen waarheid nie" kon opneem as "ek sluip in balletklere deur my buurman se tuin." Die blote feit dat Skeptikus die moeite doen om 'n standpunt uit te spreek, beteken dat daar 'n korrekte manier moet wees om Skeptikus se woorde te verstaan.

Greg Koukl maak hier die saak dat 17 dinge waar moet wees voor mens die Engelse sin "There is no truth" kan uiter: http://www.theologyweb.com/campus/showthread.php?p=503189

Die Filadelfieer
Jan 12th 2010, 10:06 AM
Ek dink tog sekere waarhede is uiters subjektief, veral waar wetenskappe bespreek word. Enige wetenskap moet, om as 'n eerlike wetenskap gesien te word, dinamies van aard wees. (Dit sluit kreatonisme in !) As voorbeeld dink ek aan Newton se wette : hier op aarde is dit 'n gegewe, en dit word aan ons voorgehou as absolutes, terwyl die eintlike waarheid is dat die res van die heelal glad nie blyk volgens hierdie wette regeer te word nie !

Daar is natuurlik een Waarheid waaraan ons kan vasklou, een Onveranderlike in 'n wÍreld van veranderlikes , maar van Hom hoef ek julle seker nie te vertel nie. :)

Retha F
Jan 12th 2010, 10:36 AM
Ek sou sÍ dat Newton se wette, om 'n voorbeeld te noem, waar is, waar om te beskryf hoe dinge op aarde werk. Die stelling "Newton se wettewerk oral" is egter nie waar nie, want hierdie wette is nie oral in die heelal hoe dinge werk nie.

Ta-An
Jan 12th 2010, 11:07 AM
Wanneer is die waarheid nie belangrik nie??:hmm:

Ek lees eendag op in 'speel'/'spel' ?? kaart: Dit is nie nodig om die waarheid te praat as niemand deur die weerhouding daarvan gaan seer kry nie. Dit was 'n kaart wat ek opgetel het wat gelyk het of dit uit 'n speel/spel pak uitkom..... iets soos "Harry Potter" goed :o

RR van Wyk
Jan 13th 2010, 08:30 AM
My Pastoor het my die volgende teksgedeeltes gegee:
Joh.14:6
Joh8:36

Volgens wat hier staan is die waarheid ontsettend belangrik!!

Ta-An
Jan 13th 2010, 01:36 PM
My Pastoor het my die volgende teksgedeeltes gegee:
Joh.14:6
Joh8:36

Volgens wat hier staan is die waarheid ontsettend belangrik!!

Die waarheid is altyd belangrik.....

Johnny
Jan 13th 2010, 01:49 PM
Nog so 'n paar skrifte: Waarheid staan teenoor Leuen soos Lig teenoor Duisternis. Wie is die LIG en wie is DUISTERNIS?

(Rom 1:25) hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.

(Rom 3:7) Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel?

(Eph 4:25) Daarom, lÍ die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.

(2Th 2:9) hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

(2Th 2:11) En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

(1Jn 2:21) Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.

(1Jn 2:27) En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos diť julle geleer het, so moet julle in Hom bly.