PDA

View Full Version : Wat is belangrik, as mens vir Jesus getuig?



CFJ
Sep 19th 2007, 07:03 AM
In myself moes ek al baie maal agterkom hoe gebroke mens is in jou bediening. Elke mens wat Jesus vind moet in 'n bediening staan, want dit is waarvoor Christus jou geroep het. Tog faal mens so baie, want met tye is die kennis nie daar nie, met tye is die gesindheid nie daar nie, met tye is die inspirasie nie daar nie en so is daar baie maal iets wat mens mis om in 'n werklik vrugbare bediening te kan staan. Die vraag is nou, hoe kan mens jouself en ander help om jou eie bediening so vrugbaar as moontlik te maak.

Die meningspeiling spreek nie noodwendig alle vrae korrek aan nie, maar is bloot daar om die gesprek te stimuleer en meer as een opsie kan gekies word. Bespreek elke opsie wat jy gekies het asseblief. Bespreek ook die opsies wat jy dink nie noodwendig gaan werk nie en die wat jy dink glad nie gaan werk nie... en belangrik, gee Skrif asseblief! As daar opsies is wat bygevoeg kan word laat weet asseblief dan kan mens dit byvoeg.

Phil Fourie
Sep 20th 2007, 09:26 AM
Ferdi

Ja, ek sal graag iets wil byvoeg.

Gehoorsaamheid.

Gehoorsaamheid aan die opdrag van Christus
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Matt 28:19
Gehoorsaamheid aan die stem van die Heilige Gees

maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Acts 1:8
Groete
Phil:cool:

CFJ
Sep 20th 2007, 12:59 PM
Wat mens miskien moet doen, is om te vra dat diegene wat reeds gestem het, miskien moet oorweeg om weer te kom stem. Ek wil graag die meningspeiling oordoen en dan gaan al die stemmings terug na nul. Hier is punte waarvoor ek self wil stem en mens kan net een keer stem, alhoewel mens vir baie opsies kan stem op een slag. Van die opsies is goeie opsies en is eers na die tyd bygevoeg.

Phil Fourie
Sep 20th 2007, 01:42 PM
Wat mens miskien moet doen, is om te vra dat diegene wat reeds gestem het, miskien moet oorweeg om weer te kom stem. Ek wil graag die meningspeiling oordoen en dan gaan al die stemmings terug na nul. Hier is punte waarvoor ek self wil stem en mens kan net een keer stem, alhoewel mens vir baie opsies kan stem op een slag. Van die opsies is goeie opsies en is eers na die tyd bygevoeg.

Ja nee regtig, want dit lyk nou asof ek my eie voorstelle nie ondersteun nie:lol:.

Ferdi, is daar 'n manier hoe 'n gewone lid soos ek 'n poll kan maak? Ek het maar net gewonder:hmm:

CFJ
Sep 20th 2007, 06:11 PM
Phil,

Almal kan "polls" maak. Hier is 'n skakel (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=8) waar jy kan gaan speel met die sagteware en daar kan jy seker al die reëls oortree, solank dit net speel speel is... :D

Ta-An
Dec 2nd 2008, 04:49 PM
Om 'n getuie vir Christus te wees moet jou werke harder praat as jou woorde, sonder om 'n Bible-puncher te wees :)

Etienne Marais
Jun 13th 2009, 10:54 PM
Ta An ek se ook as jy 'n getuie vir Christus wil wees moet jou werke harder praat as jou woorde. Jesus het aan die Kruis gesterf om ons van sonde te red. Ons moet getuig van wat Jesus aan die Kruis gedoen het om die prys vir ons sonde te betaal sodat ander mense ook van Jesus kan hoor deur ons.