PDA

View Full Version : Waar is die fotograwe?



Phil Fourie
Oct 26th 2007, 06:59 AM
Op die Engelse deel van die forum het hulle 'n draad waar jy jou fotos kan gaan insit.

Ek wil graag vra as hier een van julle is wat mooi fotos kan neem om dit hier te plaas, ek is mal vir fotos. As jy nie weet hoe nie, vra net en ek probeer my bes om dit vir jou te verduidelik. Nou nie hoe om 'n foto te neem nie, as jy dit nie kan doen nie, dan is dit beter jy vermy hierdie draad:D:saint:, ek bedoel as jy nie weet hoe om hom hier op te kry nie.

Hier is solank een van my fotos

http://i210.photobucket.com/albums/bb93/philfm/Geelvolwilvlieg.jpg

En nog enetjie

http://i210.photobucket.com/albums/bb93/philfm/DSC_0175.jpg

Groete
Phil

Pierre van Zyl
Oct 26th 2007, 10:37 AM
Aaaaaaahhhhhh
Ek hou van skilder, dit lyk my ekke gaat 'n bietjie inspirasie op die draad kry :pp

Phil Fourie
Oct 26th 2007, 10:46 AM
Hier is nog 'n paar vir die inspirasie;)

http://i210.photobucket.com/albums/bb93/philfm/Jump.jpg

http://i210.photobucket.com/albums/bb93/philfm/MichelleKleiner.jpg

Die Filadelfieer
Oct 26th 2007, 12:30 PM
Het die forum 'n snaakse manier hoe mens fotos pos ?

Phil Fourie
Oct 26th 2007, 12:35 PM
Het die forum 'n snaakse manier hoe mens fotos pos ?

Ek glo nie so nie, dit is dieselfde manier as op ander forums.

Hoekom, sukkel jy?

Die Filadelfieer
Oct 26th 2007, 12:37 PM
Ek glo nie so nie, dit is dieselfde manier as op ander forums.

Hoekom, sukkel jy?


So die forum het nie sy eie "image server" nie ? Mens gebruik dus Imageviper of photobucket ?

Phil Fourie
Oct 26th 2007, 12:40 PM
So die forum het nie sy eie "image server" nie ? Mens gebruik dus Imageviper of photobucket ?

Ek dink nie die forum het 'n image server nie, ek gebruik maar steeds photobucket

Die Filadelfieer
Oct 26th 2007, 01:00 PM
http://www.imageviper.com/displayimage/100082/0/DSC006452.JPG

Die Filadelfieer
Oct 26th 2007, 01:28 PM
http://www.imageviper.com/displayimage/100083/0/DSC006861.JPG

Die Filadelfieer
Oct 26th 2007, 01:48 PM
http://www.imageviper.com/displayimage/100085/0/DSC022921.JPG



Hierdie foto is eenvoudig maar ek vind dit altyd treffend. Die kleure het net mooi saamgewerk :

http://www.imageviper.com/displayimage/100084/0/DSC017241.JPG

Phil Fourie
Oct 26th 2007, 01:53 PM
Baie nice Fila.

Phil Fourie
Oct 26th 2007, 01:57 PM
http://i210.photobucket.com/albums/bb93/philfm/Blommetjie.jpg

David2
Nov 10th 2007, 08:23 PM
http://i241.photobucket.com/albums/ff68/elsdm/DrieSprinbokkeEtosha.jpghttp://i241.photobucket.com/albums/ff68/elsdm/Mkuze-Drinkgat.jpghttp://i241.photobucket.com/albums/ff68/elsdm/Buffel.jpg

Phil Fourie
Dec 10th 2007, 09:58 AM
Ek het gaan visvang Saterdag by die Doorndraai dam tussen Potgietersrus en Naboomspruit.

Ek het nogals baie van hierdie twee foto's gehou. (Moet ek maar net sÍ ja, dit het die hele dag gereŽn en ons het nie 1 vis gevang nie:rolleyes:)

http://i210.photobucket.com/albums/bb93/philfm/Doorndraai1.jpg

http://i210.photobucket.com/albums/bb93/philfm/Doorndraai.jpg

chisel
Jan 2nd 2008, 06:47 PM
http://i240.photobucket.com/albums/ff190/JeyesFluid/sterkies-1.jpg

chisel
Jan 2nd 2008, 06:50 PM
http://i240.photobucket.com/albums/ff190/JeyesFluid/jettyshot.jpg

chisel
Jan 2nd 2008, 06:51 PM
http://i240.photobucket.com/albums/ff190/JeyesFluid/ocean1.jpg

chisel
Jan 2nd 2008, 06:52 PM
http://i240.photobucket.com/albums/ff190/JeyesFluid/orangedawn.jpg

Phil Fourie
Jan 10th 2008, 11:46 AM
Van my vakansiefotos hier (http://bibleforums.org/showthread.php?t=55062&page=59).

My fotos begin by plasing nommer 877.

Groete
Phil

Phil Fourie
Jan 15th 2008, 01:44 PM
http://i210.photobucket.com/albums/bb93/philfm/Zebra-1.jpg

http://i210.photobucket.com/albums/bb93/philfm/Tuinson.jpg

Phil Fourie
Jan 15th 2008, 07:49 PM
http://i210.photobucket.com/albums/bb93/philfm/DSC_0443.jpg

MrT
Feb 12th 2008, 08:33 PM
Phil

Hoe doen ek dit? Kry nie geattached of gecopy en paste nie?

Phil Fourie
Feb 12th 2008, 09:45 PM
Het jy 'n photobucket rekening, ek plaas sommer my fotos op fotoemmer en dan plak ek die image url hierso. As jy nie verstaan nie, sal ek more verduidelik, ek moet nou gaan slaap en my laptop se battery het net 2 min krag oor :D

MrT
Feb 19th 2008, 12:44 PM
Het jy 'n photobucket rekening, ek plaas sommer my fotos op fotoemmer en dan plak ek die image url hierso. As jy nie verstaan nie, sal ek more verduidelik, ek moet nou gaan slaap en my laptop se battery het net 2 min krag oor :D

Ek verstaan nie, help seblief!:help: En dit was n laaaaaang slapie!

Phil Fourie
Feb 19th 2008, 02:27 PM
Ok Nardus

Gaan na www.photobucket.com , dan maak jy vir jou 'n gratis rekening daar oop. Nou sal jy sien daar is 'n plek waar hy vir jou toelaat om foto's van jou rekenaar af op te laai op die site (photbucket). Goed, sodra jy die foto klaar opgelaai het, sal so 'n klein weergawetjie van jou foto daar verskein, daar is nou 'n klomp links onder daardie fototjie, kies die "image" (IMG) link, selekteer die hele link, copy hom en dan paste jy hom in 'n nuwe plasing hier op die forum.

Laat wees as jy nie verstaan nie, dan probeer ek beter verduidelik ;)

mari
Feb 26th 2008, 11:54 AM
http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/CJUMP.jpg

( manlief )

mari
Mar 23rd 2008, 02:36 PM
http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/06OCT015.jpg

Korentepoortdam, Riversdal

mari
Mar 23rd 2008, 02:41 PM
http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/07MAY026.jpg

Plettenberg Baai

Ta-An
Mar 23rd 2008, 07:21 PM
mari hierdie twee plasings van jou is baie mooi, dit is regtig inspirasie vir 'n skilderstuk!!

Ta-An
Mar 23rd 2008, 08:27 PM
mari hierdie twee plasings van jou is baie mooi, dit is regtig inspirasie vir 'n skilderstuk!!

mari
Mar 24th 2008, 01:16 PM
mari hierdie twee plasings van jou is baie mooi, dit is regtig inspirasie vir 'n skilderstuk!!

... dis nogal presies waarvoor ek die fotos geneem het......... :spin:



Phil, jou se eerste foto op hierdie draad is net so inspererend ( die besonderse voeltjie ) .... sal jy omgee as ek dit in 'n skildery gebruik ? .......

;) m

protea
May 17th 2008, 10:44 AM
My fotografiese aspirasies het het letterlik in die Oranjerivier verdwyn.... By die 'Entrance Exam' stroomversnelling het my 'mik-en-druk'in die water beland. Sommer net so... Nou goe-oe-oed, laat ek maar met die waarheid uitkom: Ek en Hubby het SAAM met die 'mik-en-druk' in die water beland. Sommer net so...en toe dop ons die 'Entrance Exam' letterlik. Vra vir ons: Dis SOO maklik om jou kajak om te dop as die oomblik te groot raak... En veral as jy jouself nou nie juis as die 'omvallerige soort' beskou nie. Ja vrinne , so kom die hoogmoed voor die val. Glo maar wat in die Bybel staan ! En dit vroeg die oggend van dag 2 met nog 700 fotos tot jou beskikking op jou 'memory card'...

Die een foto is van ons in ons 2x2m groote 'vakansiehuis' wat n hele 1 en n half kg weeg en ideaal was om saam te neem. In die tent is net plek vir 2 matrassie en n klyyyyyn Bybeltjie. Al ons bagasie staan in plastiekemmers buite ons 'huis'. Al ons vrinne het toe van hulle fotos gestuur en so maak ons nou n heerlike fotopakket vol. Sagkens gestel: Ons kan die trip hoogs aanbeveel.

protea
Sep 26th 2008, 01:20 PM
Met die meisies se bo-menslike hulp en geduld het ek dit nou reggekry om die fotos op te laai!

Op die eerste fotos sien julle die Erica Regia/ Koninklike heide/ Elim heide wat hier voorkom. In die botaniese boeke wys hulle die kleur daarvan as effe rooi aan . Die foto van die effe rooies is suid van Elim geneem (soeter grond?) en dieselfde spesie wat by ons op die plaas voorkom (noord van Elim) het drie kleure nl rooi , wit en pers tussen-in (suurder berggrond?)

Die Bluebell ken julle seker? Hy is so groot soos n mens se duim se punt. Kyk net hoe 'steady' was die engeltjies se hande en verfkwaste vir die binnekant se skilder!

Die Funicoma (laaste foto) ken julle as een van die baie soorte sewejaartjies.

Kyk na God se skepping en geniet dit en loof Hom as die wonderbare Skepper van die heelal!

Phil Fourie
Sep 29th 2008, 09:33 AM
Protea, dit lyk regtig baie goed, dankie dat jy dit met ons gedeel het.

Groete
Phil

protea
Oct 4th 2008, 05:12 PM
Kyk na ons nuwe 'kleinkinners'! Tweelinge onder beeste kry jy nog ,maar drielinge is uiters skaars. En raak die mamma nie ontsteld as ons nou bietjie TE naby staan om fotos te neem nie! Seker maar beginner-ma-senuwees...

Optimis
Oct 5th 2008, 05:29 AM
Dis nou ŤŤn koei wat 'n rukkie welkom sal wees op die plaas!

mari
Oct 12th 2008, 09:20 PM
De Vlugt .... Tomas Bains huisie oppad na Uniondale....hierdie naweek....


http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/Quad%20kamp/08OktDeVlugt001.jpg

http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/Quad%20kamp/08OktDeVlugt032.jpg

http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/Quad%20kamp/08OktDeVlugt043.jpg

http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/Quad%20kamp/08OktDeVlugt082.jpg

http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/Quad%20kamp/08OktDeVlugt070.jpg

protea
Oct 13th 2008, 01:12 PM
Mari,
Daardie 'rooi springkane' van julle bring julle voorwaar by baie unieke plekke uit! Ek is bly om te weet julle is van die 'oorlewendes'... En sal so n plaashuisstoep nie kyyyyyer nie...:)

Lanie
Nov 18th 2008, 04:27 PM
Ek dog ek kom wys maar bietjie vir julle wat maak ekke my myse dae. :D

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/Photo30_27_3.jpg


http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/IMG_3587_2.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/TertiusKarin041_2_2.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/bez_IMG_0996_2_2.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/bez_IMG_0974_2_2.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/IMG_3549_2.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/IMG_2861_2.jpg

MercyChild
Nov 18th 2008, 04:37 PM
Lanie die fotos is regtig pragtig geneem!;)

protea
Nov 18th 2008, 05:10 PM
Lanie , jy 'skilder' werklik met jou kamera! Doet zo voort! Vind jy dat die vraag na fotograwe verhoog soos die Kerstyd nader? Ons hoop jy word oorstroom met versoeke sodat die dollars ook as gevolg daarvan sal instroom! :hug:

Lanie
Nov 19th 2008, 03:56 AM
Lanie , jy 'skilder' werklik met jou kamera! Doet zo voort! Vind jy dat die vraag na fotograwe verhoog soos die Kerstyd nader? Ons hoop jy word oorstroom met versoeke sodat die dollars ook as gevolg daarvan sal instroom! :hug:

Dankie, julle...

Protea, kerstyd was eintlik vir my nog maar altyd stil. My besigste tyd is gewoonlik September tot middel November want dan is daar baie lente-troues, jaareindfunksies en matriekafskeide. Ai, ek geniet die matriekafskeidfoto's altyd so. Die jongmense het altyd so aansteeklike energie en lus vir die lewe. :pp Ek het darem 'n troue in Desember, maar net een want ek kan nie eintlik werk as my manlief verlof vat nie. Ons sien mekaar min genoeg en Kerstyd is ook familietyd.:hug:

Wat die dollars betref, ek moet bieg dat dit my nie regtig aanspoor nie. Ek weet dis dalk 'n snaakse ding vir iemand in ons situasie om te sÍ, maar geld word vir my al hoe minder aansporing, want my oŽ het so oopgegaan vir die feit dat God ons Vader ons Voorsiener is. Ek is so oortuig in my hart dat Hy vir ons sorg dat ek werklik nie bekommernis het oor finansies nie. Ek weet dat dit wat Hy vir ons bedoel het, sal na ons kant toe kom, dit beteken nie ek sit agteroor nie, ek werk baie hard, dit beteken maar net ek het daai dingetjie gesnap van om in alle omstandighede vergenoeg te wees. Ek dink dis makliker vir ons vroue om God as die Voorsiener te sien as wat dit vir mans is want om te voorsien is nie in ons "blueprint" nie. :D

Willem
Nov 21st 2008, 09:05 PM
Wow, ek dink jy het sopas my oortuig om my vrou kamera vir krismis te koop.:yes: Soos Protea se "doet zo voort!" :agree:

Sy is ook mal daaroor en nou kan ek vir haar se hier is klaar 'n bezuidenhout girl wat kan so sy kan ok! Daai 1.3 mp mik en druk moet nou maar retire...

Het jy al gedink aan web-site met fotos daar vir desktop users? Ek weet van ou wat digital goed doen en so sy brood verdien. :mad:dink net hy glo beslis nie....

Lanie
Nov 22nd 2008, 05:36 AM
Wow, ek dink jy het sopas my oortuig om my vrou kamera vir krismis te koop.:yes: Soos Protea se "doet zo voort!" :agree:

Sy is ook mal daaroor en nou kan ek vir haar se hier is klaar 'n bezuidenhout girl wat kan so sy kan ok! Daai 1.3 mp mik en druk moet nou maar retire...

Het jy al gedink aan web-site met fotos daar vir desktop users? Ek weet van ou wat digital goed doen en so sy brood verdien. :mad:dink net hy glo beslis nie....

:D Dankie boeta! Ek wil verskriklik graag 'n website hÍ, maar dit kos bietjie duur as iemand dit vir jou doen en op die oomblik gaan al my ou geldjies vir ons huishouding. ;) En ek wil eerder nie self probeer nie want dit help nie mens doen dit as dit nie profesioneel lyk nie. Ek glo maar aan doen 'n ding ordentlik of los dit eerder. Mens kan dadelik sien as iemand "geskimp" het met 'n website.

Daar is eintlik soveel maniere hoe mens jou brood kan verdien met fotografie....mens moet eintlik net bietjie sit en "brainstorm". Jy kan byvoorbeeld vryskutwerk vir publikasie, soos tydskrifte, koerante (ek doen dit ook tans), poskaarte, kaartjies, kalenders en plakate, en boeke doen. Of jy kan jou werk verkoop aan "picture libraries" op die web. Dan is daar natuurlik sosiale fotografie waar jy troues, familieportrette, kindertjies en selfs troeteldiere :o afneem. KommersiŽle en industriŽle fotograwe neem nou weer produkte en stillewes, voedsel, alles natuurlik in 'n studio af. Of hulle neem "on location". Jy kry van hulle wat amper eksklusief op argitektuur fokus, of op kommersiŽle portrette. Sommiges fokus uitsluitlik op hulle spesialiteit bv skoolfotografie, natuurlewe, motors, kuns, sport, onderwater (wow, sal dit nie stunning wees nie!:idea:) dokumentÍre fotografie, skoonheid, teater en dans.
Soos Phil vir my al gesÍ het kan mens natuurlik ook vir 'n maatskappy werk bv. 'n fotografiese winkel of studio, baie groot maatskappye van motors af reg deur tot by skoonheidshuise stel hulle eie fotograwe aan. En laastens kry jy ouens wat omtrent uitsluitlik neem vir kompetisies.

Die werk is daar, ek dink net mens moet besluit wat jou teikenmark is en waarvoor jy lief is om af te neem en dan van daar af werk. Om "jack of all trades" te probeer wees beteken amper versker "you'll be master of none". :lol:

Groete

Son of the South
Nov 22nd 2008, 08:39 AM
Jou nismark is obviously om mense af te neem. :D :2cents:

Lanie
Nov 23rd 2008, 10:11 AM
Aaaaaaaah.... Nou moet ek jou gou verkeerd bewys.....

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/verlof-feb2006206.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/KrugerenNagelJaareindfunksie2006004.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/verlof-feb2006428.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/verlof-feb2006335.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/WILDTUIN12NOVEMBER2006030.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/Esthieverjaar007.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr1/Yolane/WILDTUIN12NOVEMBER2006020.jpg

Son of the South
Nov 23rd 2008, 11:30 AM
:rolleyes: Hmmm, daar gaan teorie A :blush:

Wag, wag stoppie horlosie :pp Jy wys vir mense hoe mooi God se skepping is. Die mense, vir wie Hy lief is. Die huwelik, wat Hy ingestel het. Die diere wat Hy gemaak het. Die veldblomme, wat Hy getooi het. Die sonsondergang, wat Hy geskilder het... :spin:

Lanie
Nov 23rd 2008, 11:36 AM
:rolleyes: Hmmm, daar gaan teorie A :blush:

Wag, wag stoppie horlosie :pp Jy wys vir mense hoe mooi God se skepping is. Die mense, vir wie Hy lief is. Die huwelik, wat Hy ingestel het. Die diere wat Hy gemaak het. Die veldblomme, wat Hy getooi het. Die sonsondergang, wat Hy geskilder het... :spin:

:hug: :kiss: :hug: :kiss: :hug: :kiss:

Dankie. Ek is eerlik as ek vir jou sÍ dat ek nog nooit so daaraan gedink het nie. Ek is nou so opgewonde... :pp.... ek kan God verheerlik met die werke van my hande. Wat 'n wonderlike besef. Ek bedank jou uit die diepte van my hart....:cry:

protea
Nov 23rd 2008, 11:58 AM
n Vriendin van my wat ook n fotograaf is , ry nooit met haar kamera rond as sy nie n redelike groot stuk grys onderrokmateriaal ook by haar het nie. Sy gebruik dit as agtergrond waar sy veral mense (matriekafskeidfotos ideaal!) afneem . Die grys materiaal is sag , word maklik gedrappeer en absorbeer dan ook die oortollige lig (sy EINTLIKE doel!) So as jy nie sterk is nie , moet jy net vindingryk wees...

daughter
Nov 23rd 2008, 12:04 PM
Mooi! Hier is een van my gunsteling prente. Cape Point, Suid-Afrika. . . Ek het gedroom omtrent die Koningin van die Suid, en John (johannes?) Newton. :cool:

http://bibleforums.org/picture.php?albumid=239&pictureid=1868

MercyChild
Nov 23rd 2008, 12:17 PM
Sjoe, dis so pragtig,:cool: julle laat my sommer huistoe verlang!

CFJ
Nov 23rd 2008, 01:33 PM
Jy ken van Lanie, dis lekker om te sien as iemand weet wat hulle doen. Die foto by Magoebaskloofdam, lyk vir my baie soos by AlŰn, naby Tzaneen.

Lanie
Nov 23rd 2008, 01:46 PM
Hei Ferdi, die foto is by Magoebaskloof Hotel geneem. Ek het al gehoor van AlŰn (blykbaar 'n sekte"), maar ek was nog nie self daar nie.... bly maar eerder weg. Was jy al daar?

CFJ
Nov 23rd 2008, 02:15 PM
Hei Ferdi, die foto is by Magoebaskloof Hotel geneem. Ek het al gehoor van AlŰn (blykbaar 'n sekte"), maar ek was nog nie self daar nie.... bly maar eerder weg. Was jy al daar?

Ek stem verseker nie saam met alles wat hulle doen en leer nie, maar ek was al daar, toe 'n goeie vriend van my se begrafnisrede daar gehou was. Daar is geweldig baie van die pers blomme, soos in die foto wat jy geneem het, dis wat my aan AlŰn laat dink het.

Dit was aangenaam om te ondersoek wat alles daar aangaan en ek het heelwat by die mense geleer en ook goeie vriende gemaak. Hulle leier het my ook al kom besoek hier waar ek bly en ek self, sou hulle nie as sektaries beskou nie. Ek het wel al mense ontmoet wat voel dat hulle sektaries is en ander weer nie, maar tot tyd en wyl ek dit nie bevestigend kan sÍ nie, sal ek in my gemoed wandel soos die Here wil hÍ ons moet deurentyd wandel, om versigtig te wees soos slange en opreg soos duiwe.

marline
Nov 23rd 2008, 04:10 PM
Wow Lanie, Jy het 'n wonderlike talent!! Jou foto's is pragtig.
Sal jy van jou diere foto's verkoop om te skilder? Ek ken 'n skilderes wat die groot 5 skilder, van haar skilderye verkoop ook in die buiteland.

Lanie
Nov 23rd 2008, 04:30 PM
Hi Marline,

PM vir my haar e-pos adres, dan sal ek met haar in verbinding tree. Dankie...

Willem
Nov 23rd 2008, 08:11 PM
sal ek in my gemoed wandel soos die Here wil hÍ ons moet deurentyd wandel, om versigtig te wees soos slange en opreg soos duiwe.

Dankie Ferdie,

nog nie daarvan gehoor nie, maar e-sword het weer uitgehelp en dit gekry. Net soos met uitstuur van die 72? 70 in Luk10...skape tussen die wolwe.

Willem
Nov 23rd 2008, 08:25 PM
:hug: :kiss: :hug: :kiss: :hug: :kiss:

Dankie. Ek is eerlik as ek vir jou sÍ dat ek nog nooit so daaraan gedink het nie. Ek is nou so opgewonde... :pp.... ek kan God verheerlik met die werke van my hande. Wat 'n wonderlike besef. Ek bedank jou uit die diepte van my hart....:cry:

Lanie,

ek dink jy doen dit al lankal! Jy vang oomblikke van God se skepping en skepsels op hulle mooiste en uniekste. Jou fotos getuig dan mos ook van die wonder van Sy skepping en by implikasie God ook.

Jy is geseen omdat jy
Col 3:23 En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
Col 3:24 omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.

doen...:hug:

Lanie
Nov 25th 2008, 02:21 PM
Dankie Mona vir die "tip", ek gaan dit defnitief probeer. :idea:.....

en dankie vir almal se mooi kommentaar.... as daar nog een ietsie van my is wat julle nie weet nie is dat ek hiper-krities oor my eie werk is. My senuwees is altyd gedaan as ek 'n troue moet afneem en gewoonlik sien ek net al die foute raak... en ander mense se foto's lyk altyd vir my mooier as my eie. Dis maar 'n selfvertroue-issue waaraan ek hard probeer werk, maar dis moeilik as jy soveel van jouself insit om iets te skep.... ek dink daar is maar Írens 'n diepgegronde vrees of "mindset" dat kritiek op my foto's eintlik op my as persoon gemik is..... :crazy: - ek weet. Bid maar vir my ou liefie wat met my moet huishou......................:rofl:

Phil Fourie
Feb 16th 2009, 09:06 AM
Van my Desember vakansiefotos's

http://i735.photobucket.com/albums/ww355/PhilFourie/Des08Sprinkaan.jpg

http://i735.photobucket.com/albums/ww355/PhilFourie/Des08Sononder1.jpg

http://i735.photobucket.com/albums/ww355/PhilFourie/Des08Sononder2.jpg

http://i735.photobucket.com/albums/ww355/PhilFourie/Des08Koedoe.jpg

http://i735.photobucket.com/albums/ww355/PhilFourie/VisarendDes08.jpg

Lanie
Feb 16th 2009, 09:28 AM
WOW! Dis baie mooi, Phil. :)

protea
Feb 17th 2009, 07:19 AM
Phil , die arend wat so vlieg laat my so dink aan Jes 40 vs 31 : Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke ,hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
Watter soort kamera het jy? Of sal dit advertensie wees as jy dit noem? Jou fotos is pragtig. Doet zo voort!

Phil Fourie
Feb 17th 2009, 08:55 AM
Ja, dit laat my ook aan daardie teksgedeelte dink, dit is een van my gunsteling teksverse.

Ek gebruik 'n Nikon D80

Phil Fourie
Feb 17th 2009, 09:09 AM
Hier is nog enetjie, hierdie is die pragtigste bokkie, dit is 'n rooiduiker, een van die kleinste bokkies wat daar is, hierdie outjie is al volwasse. Te sweet vir woorde

http://i735.photobucket.com/albums/ww355/PhilFourie/Des08Rooiduiker.jpg

Phil Fourie
Feb 17th 2009, 09:18 AM
En dan 'n laaste een vir nou

http://i735.photobucket.com/albums/ww355/PhilFourie/Des08Krok.jpg

protea
Feb 18th 2009, 12:16 PM
Ja, dit laat my ook aan daardie teksgedeelte dink, dit is een van my gunsteling teksverse.

Ek gebruik 'n Nikon D80

Ek het darem gedink dis nie een van die 'models-wat-jy-oor-die-OK-bazaar-se-toonbank' koop nie! Om jou fokus reg te kry is baiekeer n probleem bv : Waar wil jy die fokus he , op die krokodil se kop , sy lyf of selfs die omgewing?
n Wenk wat ek by iemand eenkeer gekry het is om jou flits aan te skakel as jy n objek in die skadu van n boom afneem . Dan is jou objek genoegsaam belig en die omgewing 'absorbeer' die oortollige lig van die flits sodat jou foto nie oorbelig uitkom nie.
Ek het n Canon kamera wat nie weer in die Oranjerivier se water sal val nie...;)

MG Van Wyk
Feb 20th 2009, 05:47 AM
Ek is maar nog 'n amateur as dit kom by fotos neem.... maar hier is een van my gunstellings:

http://i649.photobucket.com/albums/uu215/Marivanwyk/DSC00853bw.jpg

MG Van Wyk
Feb 20th 2009, 06:00 AM
Hierdie is wat ek geneem het by 'n troue:

http://i649.photobucket.com/albums/uu215/Marivanwyk/BW5.jpg

http://i649.photobucket.com/albums/uu215/Marivanwyk/DVD324.jpg

protea
Feb 20th 2009, 11:59 AM
Mari , as jy n amateur is wonder ek hoe n pro se fotos lyk! Sit nog op?

MG Van Wyk
Feb 20th 2009, 01:45 PM
Dankie Protea, ek sal nog opsit :)

MG Van Wyk
Feb 23rd 2009, 05:22 AM
Ek het probeer van facebook af oplaai maar dit werk nie. Sal weer terug gaan na photobucket toe.

MG Van Wyk
Feb 23rd 2009, 05:39 AM
http://i649.photobucket.com/albums/uu215/Marivanwyk/DSC013291.jpg

MG Van Wyk
Feb 23rd 2009, 06:41 AM
http://i649.photobucket.com/albums/uu215/Marivanwyk/DSC007421.jpg

Francois Marais
Jul 14th 2009, 07:01 PM
Foto geneem by North West for Jesus 11 Julie 2009

protea
Jul 15th 2009, 11:42 AM
Hoekom is daar so baie 'kiekies' geskuif of verwyder?:o

David2
Jul 21st 2009, 07:43 PM
Ek is op die oomblik in die VSA - nog tot die end van September DV. My fotos en ander beskrywings word gereeld opgedateer. Die wat belangstel kan op die volgende site gaan kyk en so elke dan en wan weer gaan kyk vir nuwe materiaal. Ek voeg elke keer 'n bladsy op die site by. Moet julle nie steur aan advertensies en goed nie. Ek gebruik natuurlik 'n gratis "gesponsorde" webruimte en vandaar die advertensies.

http://dawelsa.shutterfly.com

Die Filadelfieer
Jul 22nd 2009, 06:02 AM
Hoekom is daar so baie 'kiekies' geskuif of verwyder?:o


Nie ons nie , is Photobucket self of die persoon wat die kiekies geplaas het wat dit van Photobucket afgehaal of geskuif het.:saint:

Francois Marais
Aug 31st 2009, 11:53 AM
HOW 2009 - Worship the Lord most High

Francois Marais
Aug 10th 2010, 07:20 AM
Dit is vir my 'n mooi prentjie wat wys dat liefde iets is wat almal na soek.

Francois Marais
Oct 20th 2010, 04:47 AM
Ons het so baie storms in ons lewe, maar tog vergeet ons dat as die storm verby is, dat daar 'n lig is wat wag vir ons. Mag Vader julle vandag seŽn en voorsien in als wat julle nodig.

http://farm5.static.flickr.com/4083/5097559102_70e764512d_b.jpg

Johnny
Oct 28th 2010, 07:46 AM
Ek hou ook van foto's neem. Het geen duur kamera nie. Oppad werk toe een oggend moes ek langs die pad stop want die sonsopkoms was vir my besonders. Ek stop toe langs die hoofweg oppad JHB vanaf Sasolburg en neem die reeks foto's met my selfoon. Ek glo nie in tekens en wonders nie, maar hierdie was nou "op die regte plek op die regte tyd" foto. Ek weet een of ander van prediker se besoek in Vanderbijlpark was daar kwansuis 'n bevestiging in die wolke in die vorm van 'n "hart" dat die Here daar is. Nou ons weet dat die "hart" vorm okkulties is en ook so die gebruik van Valentynsdag. Is dit nie interssant dat die RKK bevoorbeeld die songod aanbid nie. Die 3de foto wat ek met my selfoon geneem het, het toevallig die vorm van 'n "hart" voor die son gemaak. Van foto 1 - 3 is dit asof die vorm gestalte kry tot ek op die regte oomblik "inzoom" en die laaste foto neem. Daarna was dit verby. Die "hart" vorm is nou wel skuins, maar jy kan dit sien. Ek noem sommer die foto "The Heart of the Sun"

Johnny
Nov 8th 2010, 07:34 AM
Vrydag middag met my selfoon in Vanderbijlpark agegeneem. Die foto's moet langs mekaar inpas om 'n "eenheid" te vorm. Dit was nogal "scary". Lyk nes 'n tornado wat vorm........en toe kom die wind, hael en reen!

Francois Marais
Nov 8th 2010, 08:33 AM
Dit was die begin van 'n tornado gewees as ek die foto's so kyk (voorbeeld van 'n wall cloud)... Die hael is 'n gevolg van so klein wind wat begin waai agv sterk opwaartse winde wat die water laat ys en dan bo hou, en dan laag op laag vorm... Wens ek was daar gewees... Sal weer probeer kyk het hoe naby ek daaraan kon kom :)

Francois Marais
Nov 8th 2010, 06:04 PM
Die baba eend goeters het amper omdat hy nie geluister het na die mamma eend al die eendjies direk na my maak swem... Sjoe ek het nog nooit so kwaai mamma eend gesien nie... Nou wonder ek net as 'n mamma eend so baie sorg het vir haar bondeltjies vere, hoe baie worry Vader oor ons elke dag...

http://farm2.static.flickr.com/1226/5158882734_06d638b374_b.jpg

protea
Nov 9th 2010, 12:07 PM
Dis te dierbaar Francois! As jy enetjie in jou hande sou kon vashou, sou jy hulle 'dood-dood' speletjie geleer het. Hulle is aansitters van die eerste water en sou jy so rats wees om hom te kon vang , maak hy jou dink dat hy morsdood is en hy le sommer so willoos in jou handpalm. Maar laat jy hom net by n watervoor neersit, vaar hy soos n wafferse Speedy Conzalis in die water in en jy sien hom nie weer nie! Ongelukkig is hulle nogal gereeld otterkos hier by ons....