PDA

View Full Version : Hulp met opstel Van Meningspeilings



CFJ
Oct 26th 2007, 12:24 PM
Elkeen moet hom-/haarself vergewis dat daar net een forum is (Vrae en menings oor die Bybel (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=8)), waar ons meningspeilings kan opstel. Hier kan elkeen bietjie gaan speel met die sagteware (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=8), sou jy nie seker wees hoe doen mens dit nie.

As jy 'n nuwe draad oopmaak, is die deel waar jy jou plasing maak, op die "taskbar" aangedui as, Post New Thread.

Onder Post New Thread is nog 'n "taskbar" waar staan, Additional Options. Onder Additional Options sal jy Post a Poll vind. Moenie in die begin te bekommerd wees oor die aantal opsies nie, mens kan dit altyd weer verander en aanpas.

Lanie
Jul 11th 2009, 06:36 AM
Met die sluiting van die "Polls" Forum aan die Engelse kant hoop die moderators dat meningspeilings verantwoordelik en effektief aangewend sal word om besprekings in alle forums aan te vul. Neem asseblief 'n oomblik, soos wat u doen met enige gesprek wat u begin en 1) maak seker die onderwerp hou verband met die doel van die forum en 2) die meningspeiling sal gebruik kan word as 'n hulpmiddel om die bespreking uit te brei.

Indien u enige vrae het in verband met die gebruik van meningspeilings in enige forum kan u dit aanspreek in die Chat to Moderators forum.