PDA

View Full Version : Neem jou kruis op, elke dag!



CFJ
Nov 1st 2007, 05:53 AM
En Hy s: Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan. En Hy s vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlon en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. Wat baat dit n mens tog as hy die hele wreld win, maar homself verloor of skade aandoen? Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en di van die Vader en van die heilige engele. Ek s vir julle met waarheid: Daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie.
(Luk 9:22-27)

Om elke dag jou kruis op te neem, is al manier hoe mens Jesus werklik kan volg. Dit is ook net die kruis wat hierdie krag het, om werklik gehoorsaamheid by 'n gelowige te verwek, want in die afl van jou selfsug en in die sterf van die eie ek elke dag, is dit al manier hoe Jesus in jou opstaan. Paulus het spesifiek hierdie kruisboodskap gebring, omdat hy wou aanvoer dat ons in niks anders, as die kruis mag roem nie en Andrew Murray het in wese die volgende riglyn gegee, oor wat dit beteken, om elke dag jou kruis op te neem...


Jy moet jouself eerstens kan verootmoedig, deur vernedering te kan aanvaar, want Jesus was verneder voor Hy gekruisig was.
Jy moet totaal hulpeloos kan wees, want Jesus was totaal hulpeloos, toe Hy dors was en hulle Hom asyn aangebied het om te drink, in 'n totaal hulpelose toestand.
Nou kan jy sterf in jouself en jou selfsug afl, want eers na hierdie dinge gebeur het, het Jesus gesterf vir 'n verloregaande wreld op onselfsugtige wyse.
Jy hoef nie self op te staan nie, dit doen Christus self in jou, omdat jy dan eers bruikbaar vir Hom is.