PDA

View Full Version : Die leer my beter ken draad



Phil Fourie
Nov 1st 2007, 10:09 AM
Vir almal wat meer gemaklik raak op hierdie forum, wil ek vra as jy oop is daarvoor om ons bietjie meer van jou te vertel. Wat is dit wat jou laat tick, jou stokperdjies en sommer net al daardie "hoe lyk die weer" dingetjies. As jy wil kan jy vir ons 'n foto van jouself ook plaas.

Kom ek vertel bietjie meer van myself. Ek bly in Pietersburg, dit is al wat ek regtig ken, want ek bly al vir 23 jaar hier, ek is nou 25 jaar oud. Gebore in Johannesburg, of so sÍ hulle, ek lyk veels te veel na my ma, so moenie worry nie, ek is nie aangeneem nie:saint:.

Ek het grootgeword oppie plaas. Dit was so 30km uit die dorp uit, so dit was maar elke dag inry en aand weer uitry, maar dit was lekker, dit was 'n rustige lewe, ene waarna ek vandag vreelik verlang. As gevol hiervan is ek kwaai lief vir enige buitelewe dinge, jag, bikes, fotografie, kamp (ek kan nie visvang nie:blush:) en what have you.

In 1995 is my pa oorlede, ek was toe 12 jaar oud. My ma het nie kans gesien vir al die ryery alleen nie, die laat aande alleen op die plaas aankom en sommer net die hele pakket nie, toe verkoop sy plaas en ons trek dorp toe. Ek was in drie skole in my lewe. 1 Kleuterskool, 1 laerskool en 1 hoŽrskool, ek weet lekker boring:rolleyes:

Na skool het ek sommer dadelik begin werk en deur UNISA my "Bachelor of Accounting Science" oftewel BCom Rek gedoen en terselfdetyd my oudit klerkskap by KPMG hier in Pietersburg gedoen. Vandaar na 'n ander ouditfirma en laas jaar my klerkskap klaargemaak asook my graad verwerf. Ek werk nou in die privaatsektor as finansiŽle bestuurder vir 'n groep maatskappye. (Ook in Pietersburg natuurlik;)).

Verder het ek al vir 15 jaar 'n groot passie vir die bestudering van die Bybel. Ek het die EEIII kursus (Vlak 1) gedoen vir evangelisasie en toe op 'n latere stadium het ek ook akreditasie verkry as EEII dosent, m.a.w. ek kan nou enige plek in die wÍreld iemand oplei in die EEIII program. Vir diegene wat nie weet nie, dit is 'n evangelisasie program wat gemeentelede mobiliseer om evangelisasie te doen in hulle omgewing op 'n doeltreffende manier. O en soos Fila sal sÍ, ek noem 'n graaf 'n graaf, ek dink dit is hoekom hulle my by my vorige gemeente weggejaag het:saint:.

Ja wel, ek weet nie wat om meer van myself te sÍ nie.

Hier is my gevreet

http://i210.photobucket.com/albums/bb93/philfm/ShoeSizePig-1.jpg

Pierre van Zyl
Nov 1st 2007, 11:17 AM
Maar jy is dan blond op daai foto !!!!!!!!!!:o

Phil Fourie
Nov 1st 2007, 12:12 PM
Maar jy is dan blond op daai foto !!!!!!!!!!:o

En jou probleem daarmee is?:P

Pierre van Zyl
Nov 1st 2007, 03:48 PM
Phil........:rofl::rofl::rofl::rofl::rofl::rofl::r ofl::rofl::rofl::rofl::rofl:

Phil Fourie
Nov 2nd 2007, 08:19 AM
Phil........:rofl::rofl::rofl::rofl::rofl::rofl::r ofl::rofl::rofl::rofl::rofl:

Wat van hou op lag en vertel ons bietjie meer van jouself. Jy weet mense darm:rolleyes:

Gene
Nov 7th 2007, 11:43 AM
Hi Phil

Laat ek dan maar die tweede een wees wat op hierdie draad reageer. Wie weet, miskien spoor dit ander aan om ook deel te neem.

Terloops, jy kan gerus vir my sÍ "Oom" Jy is dan nog 'n snuiter! (Waag dit as jy moeilikheid wil hÍ!) Ek is al aan die verkeerde kant van 50, het in Pretoria grootgeword (saam met Naas Botha skoolgegaan) en is as jong man in 1980 na Lichtenburg verplaas. Hier het ek my vrou ontmoet, is ek getroud, is my enigste kind (meisiekind) gebore, en is ek weergebore.

Ek het ook my lewe lank in die finansiŽle sektor gewerk, eers by die Landbank, maar in 1990 wou die bank my na Upington verplaas. Daarvoor was ek nie te vinde nie en toe bedank ek en begin by die plaaslike kooperasie (NWK) as asst kredietbestuurder werk. Toe ek al byna 40 was, het die kooperasie my op 'n ses maande kursus na die Universiteit van Pta gestuur, waar ek die kursus met lof geslaag het. Ek het agtergekom dat ek hou van swot, en toe skryf ek in vir 'n sertifikaat in sakebestuur. Toe ek daarmee klaar was, het ek besluit om iets te swot waarvan ek regtig hou, en toe ingeskryf vir 'n driejaar kursus in Pastorale Teologie - net om myself te verryk en my eie kennis te verbreed. Maar die een ding het op die ander gevolg en uiteindelik het ek sewe jaar lank aan studies spandeer, wat vir my deure oopgemaak het, onder andere om te preek.


In 2003 het my pos by NWK oorbodig geraak en moes ek die pad vat. Ek het al die pensioengeld wat aan my uitbetaal is, gebruik om my huisverband af te los, wat my sonder 'n sent gelos het. In hierdie dae is daar nie werk vir iemand van my ouderdom en velkleur nie en sedertdien val ek maar rond en doen wat my hand vind om te doen. Die afgelope jaar werk ek as bestuurder by 'n mikrofinansierings instansie, waar ek amper twee maal minder verdien as my 20 jarige dogter. Dit gaan dus maar broekskeur om kop bo water te hou en ek wil dikwels myself jammer kry en vra, wat het ek verkeerd gedoen om op my "oudag" so swaar te kry. Maar dan herrinner die Here my daaraan dat Hy die Een is vir my sorg en dan besef ek telkens, ek het baie om voor dankbaar te wees. Ek het 'n dak oor my kop en ek het nog nooit honger gely nie - meer as wat baie ander mense kan sÍ. Een ding het ek geleer in hierdie afgelope jare, en dit is vertroue. Ek weet dikwels nie vooraf waar die geld om te oorleef, vandaan gaan kom nie en ek het geen ander keuse nie, as om op die Here te vertrou. En Hy is getrou....

Ewenwel, dis wie en wat ek is. Ek is al 25 jaar lank baie gelukkig getroud met my "beste maat" in die lewe, en ek het 'n pragtige kind (wou graag meer gehad het, maar die Here het anders besluit)

Ek is wedergebore in 1994 en vandaar het my lewe radikaal verander! Van 'n totale introvert (in die oortreffende trap) wat nie eers voor my eie vrou hardop kon bid nie, tot iemand wat vandag op kansels staan en die Woord verkondig. Daarvoor prys ek die Here, en sal graag my getuienis, oor hoe die groei plaasgevind het, en die pad wat die Here met my gestap het, eendag met julle wil deel, maar hierdie draad is nie die plek daarvoor nie.

Terloops, ek is ook 'n geakrediteerde EEIII dosent. Die EEIII kursus was 'n baie waardevolle kursus en ek is nie een dag spyt dat ek dit gedoen het nie, maar ek het 'n rpobleem met die EEIII se metodes van evangelisasie. Maar ook dit is 'n onderwerp vir 'n ander draad.

Dis dit! Foto's van myself is baie skaars, ek verskyn nie gewillig voor 'n kamera nie. Maar ek sal krap, miskien is daar een wat ek op 'n later stadium hier kan plaas.

Phil Fourie
Nov 7th 2007, 12:03 PM
Oom Eugene (ek gaan binnekort vir almal op hierdie site moet oom sÍ:mad:):D

Baie dankie vir die deel en vir ons vertel wie jy nou eintlik is, ek waardeer dit en geniet dit baie.

Groete
Phil

Gene
Nov 7th 2007, 12:08 PM
Oom Eugene (ek gaan binnekort vir almal op hierdie site moet oom sÍ:mad:):D


Ek het vir jou gesÍ, waag dit net as jy moeilikheid wil hÍ - ek is niemand se oom nie (ten minste niemand op hierdie forum nie...)

Phil Fourie
Nov 7th 2007, 12:24 PM
Ek het vir jou gesÍ, waag dit net as jy moeilikheid wil hÍ - ek is niemand se oom nie (ten minste niemand op hierdie forum nie...)

O, dankie tog, ek dog jy bedoel ek moet jou nou oom noem:blush:

Gene
Nov 7th 2007, 01:01 PM
O, dankie tog, ek dog jy bedoel ek moet jou nou oom noem:blush:
Nee ek grap maar net. Ek is nie regtig gepla deur sulke goed nie. Ek is maar net Eugene.

Die Filadelfieer
Nov 7th 2007, 01:35 PM
Liewe oom Eugene, Pierre, en Phil
Ek wou regtig iets van myself vertel, maar toe sien ek daai gedaaide hare, en nou is ek heeltemal van stryk af. Vergun my om te herstel van die skok, dan probeer ek weer.

Phil Fourie
Nov 7th 2007, 01:44 PM
Liewe oom Eugene, Pierre, en Phil
Ek wou regtig iets van myself vertel, maar toe sien ek daai gedaaide hare, en nou is ek heeltemal van stryk af. Vergun my om te herstel van die skok, dan probeer ek weer.

Liewe broer Fila

Ons het mos nou al hierdie storie uitgepraat het ons nie?

Ek kan 'n ander foto plaas, maar dan gaan dit met die bok moet wees wat dood is en ek dink party mense gaan nie baie daarvan hou nie.

Liefde groete
Phil

chisel
Nov 7th 2007, 02:20 PM
Hi Phil,

Watse boog is daardie, 'n Q2?
Ek self het 'n Darton Maverick besit. Maar nooit gaan jag nie. En de pyle het my te duur gekos op die 3d ranges...

Groete

Vim.

chisel
Nov 7th 2007, 02:27 PM
Ek en my stokperdjie. Of is dit 'n seeperdjie?

Dis geneem by Sterkfontein Dam in die Vrystaat. Pragtige plek.

Pierre van Zyl
Nov 7th 2007, 03:45 PM
Wat van hou op lag en vertel ons bietjie meer van jouself. Jy weet mense darm:rolleyes:

Okay Phil,
Ek is dik, onfiks en gelukkig :lol:

Yolande~
Nov 7th 2007, 04:37 PM
Hi almal

My naam is Yolande. Ek bly in pretoria. Ek het al verskeie tipe werk gedoen, vanaf dosent, na groepsrekenmeester, bestuursrekenmeester en besigheidsanalis...maar op die oomblik wil ek meer met mense werk, betrokke wees by berading ens, maar ek is steeds in opleiding.

Ek is ontsaglik lief vir Jesus, het die voorreg gehad om al elke kontinent te sien in die wereld, is 35 jaar oud, ongetroud, en oor die algemeen baie gelukkig :)

Hier is 'n foto

Die Filadelfieer
Nov 8th 2007, 01:47 PM
Hier is 'n foto


Jitte, as ek geweet het hier pos sulke mooi mense het ek lankal my taalgebruik begin polish..ek bedoel poleer.


(Ek sal weldrae iets oor myself skryf, is nog net effens getraumatiseer deur daardie blonde kuif van my vriend. )

Ta-An
Jan 18th 2008, 07:17 AM
Okay ek sou my prentjie pos, maar nou skrik Fila vir gedaaide hare... :D kyk maar na die avatar foto..... en hier is een in die blog ;) http://bibleforums.org/blog_attachment.php?attachmentid=8&d=1195851801

Die ene wat voor dans ;)

Phil Fourie
Jan 18th 2008, 07:33 AM
Tannie, ek reken jy is voor, maar wie is dan die persoon op jou avatar met die swart hare.

Fila, ek het weer my hare gedoen hoor, spesiaal net oordat jy so baie daarvan hou, ek sal tog vir julle 'n fototjie neem;)

Phil Fourie
Jan 18th 2008, 07:37 AM
Hi Phil,

Watse boog is daardie, 'n Q2?
Ek self het 'n Darton Maverick besit. Maar nooit gaan jag nie. En de pyle het my te duur gekos op die 3d ranges...

Groete

Vim.

Gits Vim, ek het nooit eers hierdie plasing van jou gesien nie.

Daardie was my eerste boog, 'n Matthews Outback 70lb, toe verkoop ek hom en koop vir my 'n Matthews Black Max II 80lb ('n baie lekker boog) en nou het ek hom weer geswaai vir 'n Bowtech Allegiance 80lb.

Ja, dit is een van my gunsteling stokperdjies, ek is maar stout vir 'n boogjagtrippie:saint:

Ta-An
Jan 18th 2008, 07:53 AM
Tannie, ek reken jy is voor, maar wie is dan die persoon op jou avatar met die swart hare.
Dis net hoekom ek sÍ..... julle praat so oor gedaaide hare :P

Avatar 3 jaar oud, en in 3 jaar het ek grys geword.....

Die Filadelfieer
Jan 18th 2008, 08:11 AM
Fila, ek het weer my hare gedoen hoor, spesiaal net oordat jy so baie daarvan hou, ek sal tog vir julle 'n fototjie neem;)

Ag shweeet ! Stuur bietjie 'n fotokiekie....net nie weer van waar jy besig is om iets dood te maak, of reeds dood gemaak het nie.

Phil Fourie
Jan 18th 2008, 08:18 AM
Ek sal sien wat ek kan doen

Die Filadelfieer
Jan 18th 2008, 08:24 AM
Dis net hoekom ek sÍ..... julle praat so oor gedaaide hare :P

Avatar 3 jaar oud, en in 3 jaar het ek grys geword.....

Liewe Tannie,
Dit gebeur met die beste van ons. My grys haartjies is ook besig om gesig te wys, en ek is eintlik nog relatief jonk.
Natuurlik blameer ek dit op die oomblik op Eskom.

Phil Fourie
Jan 18th 2008, 08:29 AM
Natuurlik blameer ek dit op die oomblik op Eskom.

Dit kling vir my soos Satan wat by Gatiep kom en hom vra "weet jy wie is ek"

Gatiep sÍ "Nej, ma gie vi my 'n clue"

Satan sÍ "I am the prince of darkness"

Gatiep sÍ "O dja, djy is mos die CEO van Eskom"

Lanie
Apr 14th 2009, 08:02 AM
:rofl: :rofl::rofl::rofl::rofl: Hoekom is ek nou al amper 'n jaar hier en ek vind nou eers uit Phil was ook 'n blondie? :rofl::rofl::rofl::rofl::rofl:

Ta-An
Apr 14th 2009, 11:52 AM
Jy bedoel nou die "Iced-tips" ;)


:rofl:Ek lag omdat jy my aan die lag gesteek het...sies vir jou :rofl:Dit is aansteeklik jy weet :blush:


Ek moet jou wys hoe mooi fotos hy maak :D

Lanie
Apr 14th 2009, 12:33 PM
Oe-oe, asseblief wys vir ons.