PDA

View Full Version : Ons God is Almagtig!



MrT
Nov 4th 2007, 09:33 PM
Ek en my seun het Vrydagaand "huis skoon gemaak" na aanleiding van Tiaan Gildenhuys se teaching. Ons het al die demoniese/satanisties ens ens goed in ons huis op die stoep in ons braaier verbrand. Terwyl dit brand vra my seun toe of die demone nie in die braaier sal agterbly nie. Ons besluit toe om nadat die braaier deeglik skoon gemaak is om die braaier te salf en die demone te bind. Ons salf toe sommer dadelik ons motorfietse en ons ingang se hek. Terwyl ons by die hek bid voel ek asof iemand sy hand op my skouer sit, ek noem dit nie en nadat ons gebid het se my seun: " Die Here is kragtig, ek kon hom voel!" Ek bevestig toe dat ek ook die Heilige Gees se teenwoordigheid fisies gevoel het. Hy was daar en ek is seker dit was sy manier om sy goedkeuring uit te spreek oor waarmee ons besig was. Fantasties! Later die aand voel ek asof die gees my lei om oor hierdie voorval te getuig. Ek is nie juis 'n spreker nie maar bid toe vir God om my te wys of hy wil he ek moet getuig. Ek bid: "as die dominee Sondag aand 'n blou hemp aan het moet ek my ervaring met ons kerk deel"

Ons gaan ry Saterdag motorfiets. Voor ons ry bid ons vir SY beskerming. Ek misgis myself en val op 'n helling agteroor. Normaalweg sal die vierwiel motorfiets bo-op my val en ernstig beseer in so 'n situasie. Ek skree, Here! Die fiets val WEG van my en toe ek opstaan staan dit ongedeerd doer eenkant. Fantasties!

Vroeer vanaand stap ons dominee uit, hy het n blou hemp aan! Wel wat kan ek se. Ons GOD is Almagtig! Dominee getuig, hy het vier hempde aangehad voor hy die bloue aangetrek het, elke keer dan kyk hy in die spieel dan lyk dit nie reg nie, totdat hy die bloue aanhet. Hy het die hemp seker twee jaar laas aangehad!

Ons aanbid n lewende Almagtige GOD!

Amen!

Tonton
Nov 5th 2007, 06:42 AM
Ons aanbid n lewende Almagtige GOD!
Amen!

WOW! Dankie vir die getuienis. Dit is so stigtend wanneer andere se getuienis konsekwent is met die Here soos ons Hom ken. Baie sal sÍ die blou hemp is toevallig, maar ons weet; TOE VAL LIG is drie woorde!

Anton

Phil Fourie
Nov 5th 2007, 06:51 AM
Ek sit hier met 'n moewiese gliglag op my gesig, dankie, dit was GREAT, baie dankie dat jy gedeel het en ook so vir ons kom getuig het. Klink my jy het 'n wonderlike naweek gehad.

Groete en baie seŽn vir jou en jou familie
Phil

MrT
Nov 5th 2007, 07:42 AM
WOW! Dankie vir die getuienis. Dit is so stigtend wanneer andere se getuienis konsekwent is met die Here soos ons Hom ken. Baie sal sÍ die blou hemp is toevallig, maar ons weet; TOE VAL LIG is drie woorde!

Anton
Ons dominee se altyd: "toe val (GOD se) lig op dit!"

MrT
Nov 5th 2007, 07:47 AM
Ek sit hier met 'n moewiese gliglag op my gesig, dankie, dit was GREAT, baie dankie dat jy gedeel het en ook so vir ons kom getuig het. Klink my jy het 'n wonderlike naweek gehad.

Groete en baie seŽn vir jou en jou familie
Phil
Dankie, dit was 'n GREAT naweek, die beste een sedert die naweek wat ek by Mighty Men 2007 ervaar het. Ek is eintlik maar nog n "nuwe" Christen maar hierdie ervaringe maak mens so positief. Ek is dankbaar daarvoor en weet dat my geestelike groei nooit weer dieselfde sal wees nie.

Phil Fourie
Nov 5th 2007, 09:22 AM
Dankie, dit was 'n GREAT naweek, die beste een sedert die naweek wat ek by Mighty Men 2007 ervaar het. Ek is eintlik maar nog n "nuwe" Christen maar hierdie ervaringe maak mens so positief. Ek is dankbaar daarvoor en weet dat my geestelike groei nooit weer dieselfde sal wees nie.

Jy is pa nť?

Ek het eers gedog jy is ma, maar na die bikeryery en die Mighty Men, klink dit nou soos pa:idea:.

Maar in elk geval, ek is bly jy groei so lekker in jou geestelike lewe, ek het ook 'n wonderlike ervaring met die Here saam gehad gister, het my bietjie gaan afsonder die middag om in gebed te gaan verkeer en gisteraand was ek so down, ek het net soos 'n "useless" mens gevoel, ek het by die Here gehuil, maar toe dit klaar is, het ek sommer dadelik beter gevoel en vanoggend opgestaan met 'n lied in my hart.

Groete
Phil

Ta-An
Dec 2nd 2007, 08:00 PM
Dit is wat dit beteken om te luister en gehoorsaam te wees!! Jou Dominee se ore is oop :) en ek is seker hy geniet die vrug van gehoorsamheid :)

Roelof
Feb 8th 2008, 11:47 AM
Die getuienisse laat my weereens besef ons aanbid 'n lewende, Almagtige God.

For to us a Child is born, to us a Son is given; and the government shall be on His shoulder; and His name shall be called Wonderful, Counselor, The mighty God, The everlasting Father, The Prince of Peace. (Isa 9:6)

A Psalm of Asaph. The mighty God, Jehovah, has spoken, and called the earth from the rising of the sun to its going down. (Psa 50:1)

A Psalm of Asaph. God stands in the congregation of the mighty; in the midst of the gods He judges. (Psa 82:1)

JMN
Feb 8th 2008, 12:31 PM
Dis regtig iets wat my laat "smile" as iemand anders ervaar hoe wonderlik God is in ons lewe. Dan kan mens nie net kyk na hoe hy op sulke dae met ons praat nie maar in ons elke dag se doen en late.Dankie vir die getuienis ek kan deesdae net nie myself help om te dink hoe wonderlik geseend is mens nie.