PDA

View Full Version : ReŽls vir hierdie forum - LEES EERS!



Phil Fourie
Jan 15th 2008, 09:44 AM
Hierdie sub-forum is geskep om spesifiek oor wetenskaplike aangeleenthede te gesels en hoe dit in lyn gebring word met die Woord van God.

Die algemene reŽls van Afrikaans Lighuis geld steeds vir hierdie sub-forum

Algemene Afrikaans Lighuis ReŽls (http://bibleforums.org/showthread.php?t=94373)

Hoewel gesprekke hier moontlik effe warm kan raak en ons moontlik van mekaar kan verskil oor sekere aangeleenthede, vra ek steeds dat jy die bal sal speel en nie die man nie en dat jy jou sienings en plasings in lyn met die Woord sal hou.

Respekteer ook asseblief die trant van die openingsplasing en probeer nie die draad ontspoor nie. Probeer sover moontlik gesprekke hou op die onderwerp van die openingsplasing en indien daar dan daaruit 'n nuwe gesprek ontstaan, open gerus 'n nuwe draad met 'n nuwe onderwerp sodat die ou draad sover moontlik kan aangaan in lyn met die openingsplasing en openingsplaser se stelling of vraag.

Ek glo ons sal almal baie kan leer op hierdie sub-forum.

Groete
Phil

Die Filadelfieer
Mar 13th 2008, 06:44 AM
Vir adisionele riglyne lees asb. hierdie draad (http://bibleforums.org/showthread.php?t=65489)rondom Bybel en Wetenskap poste. Belangrik om te merk is dat poste wat teistiese evolusie bevoordeel na die kontroversiele forum geskuif sal word. Hierdie forum glo in die skepping, punt. Dit gesÍ, moet deelnemers ander wat wel in evolusie glo, met respek behandel. Persoonlike aanvalle gaan nie van enige party se kant af toegelaat word nie.
Drade in hierdie forum moet asseblief in die lig van apologetika en evangelisasie gesien word.

Phil Fourie
Feb 23rd 2009, 07:28 AM
Neem a.s.b. dat hierdie forum nou ook apologetika insluit. Dit is slegs 'n groot woord vir die weerlegging van argumente teen Christenskap.

Hierdie forum is in geen mate geskik vir nie-Christenne om in deel te neem nie, daar is reeds 'n forum daarvoor beskikbaar, hierdie forum is hier om lede toe te rus om wetenskaplike en ander antwoorde te verskaf aan 'n vraende wÍreld daarbuite.

Algemene reels van die bord geld steed hier.