PDA

View Full Version : Die Boodskap van Kolossense



David2
Jan 30th 2008, 02:01 PM
Hi Julle
Ek wil in die draad stelselmatig 'n paar gedagtes uit Kolossense aanhaal. Julle is welkom om kommentaar te lewer en by te voeg.

Sommer reg aan die begin in hoofstuk een kry ons die drie onmisbare werklikhede waaruit egte Christenskap en geestelikheid bestaan: Geloof, hoop en liefde. Daarna word geestelike wysheid en insig in die Bybel beklemtoon (9). In vers 12 en 13 kry ons die groot waarheid dat dit God is wat ons in Christus bekwaam gemaak het vir ons erfdeel in die lig. Vervolgens word die groot evangeliese waarhede van Verlossing, Vergifnis Versoening en Vrede met God behandel (14-20). Daarna kom daardie kragtige tekening van Jesus Christus, die Beeld van God, die Hoof van die liggaam wat sy gemeente is, Hy is voor alle dinge, Hy is die Eersgeborene uit die dode en in Hom is die ganse volheid van God (15-19). Hoeveel Christene verstaan werklik wat Kol. 1:22 s: In Christus se offer aan die kruis is ons heilig, sonder gebrek en onberispelik in Hom. Daarna kom die onmisbare sleutel tot die Bybel: God se Woord vir vandag is die verborgenheid, dit is 'n nuwe waarheid wat nooit voorheen geken is nie (25-27). Paulus se hooftaak is om hierdie verborgenheid te verkondig en om sodoende elke mens volmaak in Christus voor te stel (28,29).

In hoofstuk 1:1 stel Paulus homself voor as 'n Apostel van Jesus Christus deur die wil van God. Mense, as daar nou een ding is waarvan Paulus in sy vro lewe baie seker was, dan was dit dat hy nooit 'n apostel van Jesus Christus sou word nie. Maar die wil van God het sy lewe omgebuig en in 'n totaal anderse rigting gestuur. Hierdie inleidende vers van Kolossense is voorwaar 'n mond vol. Wat 'n voorreg om te kan getuig dat jy iets is wat nie uit jouself of uit jou opvoeding gekom het nie, maar wat tot stand gebring is kragrens die wil van God!

Deur die eeue, van die begin af en tot vandag toe was daar altyd mense wat Paulus se gesag as apostel van Jesus Chrustus bevraagteken het. Die Jode het dit gedoen in die eerste eeu want hulle was jaloers en nydig teen die heidene wat Christene geword het en die Jode eintlik agter gelaat het. Ook vandag gaan mense uit hulle pad om Paulus te degradeer. Paulus is nie belangrik nie, s hulle, ons moet eerder gaan luister was s Jesus. Maar hierdie is 'n teenstelling wat glad nie kan bestaan nie. Paulus het nog nooit probeer om self belangriker as Jesus te wees nie. In teendeel, dit staan hier in ver 1 bo alle twyfel dat hy 'n apostel van Jesus Christus is. Hy verkondig nie homself nie, maar Jesus. Hy behoort aan Jesus. Sy lewe is totaal opgeneem en beheers deur Jesus Christus.

En dan weet ons natuurlik ook, dat Paulus meer dinge oor Jesus te s het as wat Jesus van Homself te s gehad het. Jesus het in sy aardse bediening die volk Israel bedien en hulle eksklusief bedien en begelei op pad na die koninkryk wat aan daardie volk beloof is. Maar nadat Israel Hom verwerp het, het die boodskap van Jesus na die heidene uitgegaan by monde van Paulus. Hierdie apostel is in die hemel opgeroep waar die wonderbare evangelie van God se genade aan alle mense, nie net Jode nie, aan hom uitgel en verduidelik is (2Kor. 12). Daarom was Paulus instaat om met groot reg en baie groot betekenis te s dat hy 'n apostel van Jesus Christus was.

Groete tot ons kyk na die volgende verse.
David

David2
Feb 1st 2008, 01:49 PM
Al die sendbriewe is gerig aan wedergebore mense, "heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is". Wat maak hierdie mense heilig en gelowig? Die feit dat hulle in Christus is. Geen mens kan op sy eie heilig en gelowig wees nie. Daar bestaan nie so iets as menslike geregtigheid nie. Bekering van sonde maak 'n mens nie heilig of gelowig nie, net Jesus Christus. Jesus Christus maak die verskil in 'n mens se lewe! ( 2 Kor. 5:17,21).

As Paulus genade en vrede aan die gemeente toebid in sy groetwoord, moet dit bestudeer word vir wat dit werklik beteken. Waarom gebruik Paulus die woord van God se genade as groetwoord aan die begin en die einde van sy briewe? Wat beteken dit om iemand te groet in God se genade? Waarom het ons as Christene nooit hierdie gewoonte by Pualus aangeleer en oorgeneem nie? Dit was ook die manier waarop hy die ouderlinge van die gemeente van Efese vir die laaste keer in Hand. 20:32 gegroet het. Dit is net in formele kerke waar die leraar aan die begin van 'n erediens by die "votum" 'n Bybelse groetwoord uitspreek waar ons Paulus se groetwoord van genade nog hoor.

As die woord van God se genade vir Paulus 'n groetwoord geword het, spreek dit vanself hoe belangrik genade vir hom was en hoe dringend dit op sy hart gel is om God se genade aan mense bekend te stel en vir hulle aan te bied. Dit is hoe die evangelie vandag werk. Daar is nie plek vir prestasies van die mens nie. Daar is nie plek vir trots, roem en selfversekerdheid nie. Daar is nie plek vir selfvertroue, eie geregtigheid en geestelike meerderwaardigheid nie. Ons is almal begenadig en as sulks totaal verdiensteloos. As dit nie so was nie, sou ons Christus uit die prentjie kon weglaat. Nee, ons kan nie. Hy verpersoonlik alles wat die saligheid vir ons inhou. En daaruit volg dit dat die saligheid sonder Christus vir 'n mens onmoontlik en buite bereik is. Daarom moet ons leer om onsself en ons eie lewe telkens te kruisig en uit die pad uit te kry sodat ons ons vertroue totaal op God en sy genade in Christus Jesus kan plaas.

Genade kweek vrede. 'n Mens wat gedryf word deur prestasies, verdienstes en punte vir goeie gedrag, sal nooit vrede ervaar nie. Wanneer breek die dag tog aan dat ons in sorgelose vrede kan aftree en sonder enige bekommernisse of sorge met 'n visstok langs die waters kan gaan sit en slegs die vrede en rus inadem? Breek so 'n dag ooit hier op aarde aan? Maar vrinde, as jou geloof op die woord van God se genade gebou is, bring dit vrede. Onuitspreeklike vrede en dankbaarheid.

Verbly jou in God se genade en vrede tot volgende keer
David

David2
Feb 3rd 2008, 01:09 PM
Danksegging en gebed. Dit is waarmee die brief aan die Kolossense begin. Dit is so wonderlik om maar net weer en weer te sien dat die Bybel waarlik God se Woord is. Die skrywer van hierdie brief het sekerlik iets op die hart om aan sy geadresseerdes te s, maar hy begin nooit sommer daarmee nie. Hy begin op die plek waar elke Christen moet wees: In kontak en kommunikasie met die die Lewende God en sy Seun Jesus Christus.

Hoeveel beproewinge en swaarkry moes Paulus nie alles deurstaan nie! Ook op die oomblik toe hy hierdie brief geskryf het, was hy in die tronk. Tog kom die dank en erkenning teenoor God altyd eerste. Hierdie is nie net 'n vroomheideienskap van Paulus nie, dit is 'n vaste Christen-beginsel. Die lewe bestaan tog vir ons uit Jesus Christus. Dit is Hy wat sin gee aan die lewe en vir ons 'n rede gee om met blydskap te bestaan en vooruit te kyk.

As hy s hy dank God, dan is die woord: "eugaristoemen" Dit is 'n samestelling van die woorde "goed" en "genade". Lees ook net hierbo wat ons van die woord "genade" ges het by Paulus. Hier maak hy nou weer seker dat die woord wat hy vir "dank" gebruik, een sal wees waarin die woord "genade" weer voorkom. Ek het nogal 'n idee dat die werklike bedoeling hier is om te s: "Ons reageer op God se goeie genade". En hoe kan ons anders op God se goeie genade reageer as om oorvloedig te wees in dankbetuiging?

Verstaan ons die genade wat ons ontvang? Het dit al in ons hart en verstand ingesink? Indien wel, sal dit nie net in stilte daar kan bly l nie, dit sal uitborrel en oorloop in in dankbetuiging en ander praktiese betooning van genade.

Dit is God die Vader en Jesus Christus. Want deur Christus het ons vrye toegang tot God! Kom ons volg hierdie model nougeset na! As dit God behaag het om ons vrye toegang tot Hom te gee deur Christus, laat ons Hom dan daarvoor eer en erkenning gee deur ten volle daarvan gebruik te maak!

Paulus se dankbetuiging gaan onmiddelik oor in voorbidding. Hy bid vir die Christene wat die lering van Jesus Christus vir die bedeling van genade uit sy mond aanvaar het. Hoe dikwels bid Paulus nie vir die gelowiges nie! Om seker te maak dat die sin reg lees en die spesifieke objek van sy gebed duidelik moet wees, voeg hy die woord "pros" daarin: "vir", "tot voordeel van", ter wille van".

Wat kan ons anders van hierdie vers s as dat gebed en dankbetuiging geweldig belangrik was vir die apostel. Hy het werklik geglo dat gebed 'n verskil kan en sal maak. Hy leef ook in konstante kontak en vrye toegang tot God. Hy probeer nie om "deur te bid" tot God nie. Daar is niks wat hy deur hoef te bid nie. Jesus is die deur en hy het elke oomblik vrye, blye en sekere toegang tot God. Mag my en jou gebedslewe hierdie week niks minder as dit wees nie.

Gegroet in God se goeie genade
David

CFJ
Feb 3rd 2008, 04:18 PM
Dankie vir die goeie plasings David, ek lees graag soos jy vrder skryf en as ek so gelei word sal ek graag kommentaar ook lewer.

Groete...

David2
Feb 5th 2008, 03:47 PM
Hier by vers 4 kom ons nou by twee van die drie basiese eienskappe van n Christen: Geloof, liefde en dan hoop in die volgende vers. Baie interessant dat geloof en liede hier eerste genoem word en hoop dan daarna, terwyl dit elders geloof, hoop en liefde is. In hierdie geval word dit duidelik gestel dat die geloof en liefde gedra en genspireer word deur die hoop. Dit verstaan ons natuurlik nie so dat die hoop die eerste oorsaak of die oorsprong van die geloof en liefde was nie, maar wel die energie en die stukrag daaragter. Miskien ook die aroma en die werklike lewe wat in ons geloof en liefde te vinde is, kom van die hoop.

Anders gestel. Ek het nie n Christen geword in die eerste plek omdat ek bang is om hel toe te gaan en n mooi toekoms in die hemel wil h nie. Nee, daar is ander redes daarvoor. Ek is Christen omdat ek mens wil wees soos wat God oorspronklik bedoel het dat ek moet wees. Maar die ingebore menslike natuur maak dit vir my onmoontlik om dit te wees. Toe tree Jesus tussenbeide en hy bied vergifnis, versoening en volkome herstel tot volmaakte eenheid en kommunikasie met Homself en die Vader. Dit het, toe ek dit glo en myself daarvoor beskikbaar stel, aan my n ganse nuwe deur van hoop op die toekoms geopen. Die lewe is nou nie net n sinlose sikliese kringloop nie, maar oneindig baie meer as dit. Hierdie hoop het my nie n Christen gemaak nie, maar gee sin aan my Christenskap en stuur my in n bepaalde rigting. Ja inderdaad. Ek kan nie praat oor die geloof en die liefde sonder om die hoop daarby te bring nie!

Paulus dank die Here wanner hy dink aan die Kolossense. Dit is elke keer vir hom n wonder van God as hy hoor van die geloof en die liefde in die lewe van die gelowiges soos dit aangevuur is deur die Christelike hoop. Paulus het ook n paar goedjies waaroor hy met die Kolossense wil raas, verkeerde idees wat by hulle ingesluip het. Maar hy begin nie daarmee nie. Hy begin by die geloof, liefde en hoop. Wat n belangrike les is dit nie wat ons ook hierin leer nie! Dit is een van ons opdragte as Christene om altyd teenoor alle mense vriendelik te wees. Nogal n bietjie moeilik somtyds, maar nogtans n besliste opdrag. Moet nie toelaat dat jou verskille met ander mense altyd voorop staan nie! Begin om dankie te s en waardering uit te spreek vir God se genade en die werke van sy barmhartigheid wat ek in ander mense sien!

Paulus s dankie vir die geloof wat hy in ander mense sien geloof in Jesus Christus. Interssant om daarop te let dat die voorsetsel wat in die beroemde Johannes 3:16 gebruik word, eintlik tot is. Geloof tot Jesus Christus (eis in Grieks), terwyl dit by hierdie vers wel in is (en in Grieks). Nouja, ons moet maar versigtig wees om nie te veel afleidings te maak van klein woordjies soos voorsetsels nie, maar ek dink tog dat hier wel iets beklemtoon word. In hierdie geval rus ons geloof in Jesus Chrustus. Dit is die posisie van n verloste mens. Hy het sy tuiste en sy permanente posisie in Jesus Christus gevind om dit nooit weer prys te gee nie. In die geval van Joh. 3:16 is dit miskien die aksie van n mens wat besig is om sy geloof op Christus te vestig. Hy reik uit na Jesus as die enigste hoop op verlossing.

En wat kan ons s van die liefde? Miskien is dit hoe Epafras kon sien dat die mense van die geloof was en dat hy toe aan Paulus in Rome berig kon bring van die mense se geloof. Geloof op sigself kan nie eintlik gesien word nie, maar geloof verander lewens. In Gal. 5: 22 is liefde die eerste vrug van die Heilige Gees se inwoning in ons. Die liefde wat van God af kom bring n nuwe uitkyk op die lewe. Lewensprioriteite word heeltemal herrangskik. Dinge wat eers eerste was, is nou laaste en andersom. Dinge wat die mens lelik maak is gewoonlik al daardie goed wat met self te doen het wat vir die mens belangrik is en voorop staan. Maar wanneer die liefde ingekom het, skuif die self af tot by die laaste plek. Miskien het daar in jou dorp ook iemand soos Epafras by jou kom kuier wat toe weer weggegaan het en aan die die ander Christene berig gebring het oor hoe dit met jou gaan. Wat sou hy vir hulle s? Sou die mense ook die Here gedank het as hulle hoor hoe jy vasstaan in die geloof, liefde en hoop?

Liefde vir die Christene. Ondersteuning staan vir Liefde. Wedersydse ondersteuning. Dit is die heel eerste eienskap waarna gekyk word om jou geloof te kan sien. Mense gee om vir mekaar en nie eerstens vir hulleself nie. Mense, kom ons wys ons geloof en liefde ook hier in hierdie forum. Paulus het geweldig verlang om berig van Epafras af te ontvang oor die stand van die geloof in Kolossense. Hierdie forum verteenwoordig n geloofsgemeenskap van mense wat versprei is in verskillende dele van die land en ook in ander lande. Ons verlang ook om van julle almal gereeld berig te ontvang hier op die forum en om daardeur ter selfder tyd ondersteuning te verskaf en ons liefde so sigbaar te maak.

Liefdegroete
David

David2
Feb 11th 2008, 04:07 AM
Ek groet julle almal in die blydskap van die boodskap van genade

Ons gaan voort om te praat oor geloof, hoop en liefde.

Gaan kyk ook hoe Petrus in 1 Petrus 1:3, 5 en 22 praat oor hoop, geloof en liefde. Hier is dit weer in n ander volgorde. In Kolossense word hoop laaste genoem en hier by Petrus is dit eerste. Tog sien ons in albei gevalle dat dit so gedoen word om spesiale aandag aan die woord hoop te kan gee. Petrus se lesers was Jode wat die Christelike geloof aangeneem het, maar nog steeds die koninkryk baie gou in hulle leeftyd verwag het. Die lyding en verwerping wat hulle toe in plaas daarvan ervaar het, was vir hulle n groot probleem en dit vorm uiteindelik die belangrikste tema van Petrus se briewe. Ek glo nie Petrus het self op daardie stadium die werklike rede en al die implikasies van die koninkryk wat uitgebly het, verstaan nie. Daarom verwys hy ook in sy tweede brief na Paulus (3:15,16). Sy lesers moes verder by Paulus gaan lees om die Christelike hoop werklik te kan verstaan. Hy s dan ook dat hierdie goed swaar is om te verstaan.

Ons moet begrip h vir Petrus en sy lesers. In n sekere opsig is die Paulus-evangelie baie eenvoudig, veral as n mens eintlik n skoon bladsy het waarop die waarheid ingevul kan word soos wat die heidene gehad het. Maar die Jode se bladsy was nie skoon nie. Hulle het eers na Jesus gekyk as die aardse Messias wat die koninkryk in Jerusalem kom oprig. Eers na die Jode Hom verwerp het, het God uit sy groot genade sy heel grootste plan van die eeue in werking gestel. Hy het Paulus geroep en die wysheid van God vir hierdie bedeling aan hom openbaar (soos wat Petrus dit ook erken).

En hoewel hierdie goed vir Petrus en sy lesers swaar was om te verstaan, dink ek tog Petrus plaas die klem in 1 Petrus 1 op die regte plek. Hy begin met die woord hoop. Vir beide Joodse en heidense gelowiges was dit reg aan die begin n baie groot uitdaging om die begrip van Christelike hoop onder die knie te kry. Dit was nie iets wat vanself gekom het as jy n Christen geword het nie. Jy moes dit aanleer.

Dit is ook hoe dit hier by ons vers in Kolossense gestel word. Die hoop was iets waarvan die Kolossense voorheen deur die woord van die waarheid van die evangelie gehoor het. Ek is nog steeds bevrees dat die Christelike hoop die een aspek van Christenskap is waaroor daar nie genoeg gepreek word nie. Mense dink te veel dat ek Jesus maar net as Verlosser moet aanneem en dat al die ander goed dan vanself sal kom. Dit werk nie so nie. Veral die Christelike hoop is iets wat beslis geleer en geglo moet word. Die hoop is een van die belangrikste leringe wat n Christen onder die knie moet kry. Dit is so belangrik dat hier ges word dat die geloof en die liefde in stand gehou en aangevuur word vanwe (of deur) die hoop.

Hierdie hoop is weggel in die hemele. Die Jood (en ook die aardsgesinde gelowige) se hoop is op die aarde. Die Jode verwag n koninkryk vanuit Jerusalem. En tog kyk net wat s Petrus in 1 Petrus 1:4: Sodat ons n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons. Petrus mag miskien gesukkel het om die goed te verstaan, maar dit lyk nie vir my of hy gesukkel het om dit te glo nie! Hier is dit, net so goed as wat Paulus ooit kon droom om dit te beskryf. Ons hoop is op die hemel gerig en dit is totaal onverganklik en onverwelklik.

Goed, ek erken, miskien was dit dalk so dat Petrus op daardie stadium nog nie heeltemal die oorgang gemaak het van sy aardse vooruitsig na die hemelse nie. Dalk het Petrus, soos sommige beweer, hier net gedink dat dit die aardse Jerusalem-koninkryk was wat onverwelklik in die hemel vir hulle bewaar is. En as hy dit gedink het, was hy natuurlik ook nie verkeerd nie! Inderdaad word die Jerusalem-koninkryk nou nog in die hemel bewaar om op die regte tyd vir Israel openbaar te word.

Tog word die hemel en die onverganklikheid en die onverderflikheid hier so geweldig sterk op die voorgrond geplaas soos dit nooit in die verlede in die Ou Testament gedoen is as daar van die koms van die koninkryk gepraat is nie. Ek kan nie anders as om te s dat die hemelse waarheid en die onverganklike hoop al op hierdie stadium ook n hele lang ent pad met Petrus begin loop het nie! Kom ons vergelyk nou net hierdie woorde van onverganklikheid wat Petrus hier gebruik met een of twee verse by Paulus. Vir ons is (vir my ten minste) die onverganklikheid op die wegraping gerig. Die onverganklikheid bestaan reeds in die gees hier by ons en dit is gerig op die grootse manifestasie by die wegraping. Lees 1Kor. 15:50-53:

Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan berwe nie; ook berwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Kyk, ek deel julle n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

in n oomblik, in n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

Lees ook II Tim. 1:9,10:

... wat ons gered en geroep het met n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is,

Maar wat nou geopenbaar is deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie ...

Groete tot volgende keer
David

David2
Feb 14th 2008, 02:45 PM
In vers 6 staan daar dat die evangelie die hele wreld bereik het. Ons weet dat dit nie waar is nie. Selfs die bekende wreld van destyds is nie oral bereik nie. Die vers sou ook vertaal kon word met: “Wat julle bereik het, net soos dit ook in die hele wreld vrug dra ...” Waar die evangelie ookal in die wreld ‘n vastrap plek gekry het, daar dra dit vrug. Hier kry ons ‘n geweldig belangrike kenmerk van die evangelie, nl. Vrugdra. Vergelyk dit met Joh. 15: 5,8:

"Wie in My bly en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” “Hierin is My Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra en julle sal my dissipels wees.”

Ook vers 16 van Joh. 15 s dat God ons uitverkies het met hierdie spesifieke doel om vrug te dra “en vrug te bly”. Let op: uitverkiesing gaan nie daaroor dat God vooraf besluit het wie sal hemel toe gaan nie. Uitverkiesing gaan oor vrugdra. God het ‘n groep mense, die liggaam van Christus aangestel om vrug te dra tot sy verheerliking. Uitverkiesing gee nie aan een-een mens in sy verlore toestand die voorsegging dat hy eendag hemel toe sal gaan nie. Alles behalwe. Die stel ‘n groep mense aan, ‘n groep waarby enige iemand nog kan aansluit, om tot verheerliking van God vrug te dra. Die evangelie, die woord van die waarheid waardeur ek en jy gered is toe ons dit geglo het, het binne in homself ‘n reproduktiewe krag wat sal verseker dat dit nooit sal uitsterf en in die niet sal verdwyn nie. In Hebr. 7:16 s Paulus dat Jesus ons Hopriester geword het as gevolg van die krag van die onvernietigbare lewe.

Daarom s Kol. 1:6, sal hierdie evangelie aanhou groei en vrug dra deur die wonderbare krag van God wat daarin opgesluit is. Dit is sekerlik ook die rede waarom Paulus die evangelie in Rom. 1:16 die krag van God noem.

Baie belangrik om daarop te let dat die apostel hier nie net praat van die vrug van die evangelie soos mens dit op ander plekke in die wreld sien nie, maar veral: “onder julle ook”. En so het die vers ook begin: “Wat julle bereik het”. Die evangelie het by hulle ook tuis gekom, en dit is hierdie selfde evangelie wat gelaai is met God se onvernietigbare lewe en krag tot vrugdra.

My vriend, aan watter evangelie glo jy? Glo jy in die vormgodsdiens-evangelie wat s jy is uitverkies, jy is gedoop toe jy klein was, en nou het jy ‘n bespreekte plek in die hemel? Ek hoop nie dit is dit nie. As jy gered is deur die krag van God, dan kan jy alleen gered wees deur die lewenskragtige en vrugdraende evangelie. Die een wat jou nie toelaat om stil te bly en dit weg te steek nie, wat jou elke dag nog meer laat smag om nog meer gevoed te word en en te groei in kennis en vertroue sodat die vrug nog groter kan wees.

Mens word deel van hiedie evangelie, s ons vers, “van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het.” Waar leer ‘n mens die evangelie van die genade van God ken? Nie sommer in enige deel van die Bybel nie. Die grootste deel van die Bybel, ten minste die hele Ou Testament, gaan oor God se bewys-eksperiment met die volk Israel waar hulle binne in ‘n stelsel van voorwaardes was waar God vir hulle ges het “As julle dit doen, dan sal ek iets anders vir julle doen.” Die mens se onvermo is deur hierdie proef duidelik bewys. Israel het die profete vermoor, Jesus laat kruisig en uiteindelik die laaste uitnodiging van die Heilige Gees verwerp deur Stefanus te stenig.

Toe kom Paulus en hy s: “Maar nou word die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet” (Rom. 3:21). Hierdie evangelie wat die lewenskrag van God is, is ‘n nuwe evangelie. Dit word aangeleer, so s ons vers, soos ons die genade van God in waarheid leer ken. Gaan na daardie dele van die Bybel toe waar die evangelie van God in waarheid geleer word. “In waarheid” wil s in alle opregtheid en eerlikheid. En ek dink nogal dat die heel grootste stuk opregtheid en eerlikheid wat nodig is om die evangelie te verstaan en te kan glo, is om te s: Ek is niks. Ek kan niks bydra nie. Ek verdien niks. Hoeveel mense is bereid om dit in alle opregtheid te s? En nie net een keer te s nie, maar dan vir die res van hulle lewe onder die leuese te lewe van ek is niks nie en Christus is alles (Gal 2:20).

Mag jy in die week die vrugdraende krag van God se evangelie ervaar.
David

David2
Feb 18th 2008, 02:48 PM
'n Hartlike goeie dag aan almal

Om God se genade in waarheid aan mense bekend te maak was die essensie van Paulus se bediening. Dit was in kort waarmee hy hom elke dag besig gehou het. Dit was ook wat hy die mense in sy evangelisasiespan geleer het om te doen. En dan dank hy die Here elke keer as hy hoor dat daar mense was wat die genade van die Here in waarheid van een van die lede van sy eveangelisasiespan gehoor het. Daar is soveel verkeerde en verdwaalde maniere om die evangelie oor te dra. Dit was reeds so in Paulus se tyd en is nou nog meer die geval. As ons hier sien hoe geweldig belangrik dit vir Paulus is dat die genade van God in waarheid geken moet word, dan kan ons maar net dink met die groot verwarring vandag, hoeveel meer belangrik dit geword het om na die vaste grondslag van die Bybel terug te keer en dubbel seker te maak dat die plek waarvandaan jy die evangelie leer, respek het vir die Bybel en dit nougetet en getrou interpreteer en leer.

Dit is wat Epafras was. Hy was ‘n getroue dienskneg van Jesus Christus. Hy was deel van Paulus se span, maar hy was nie ‘n getroue dienaar van Paulus nie. Sy getrouheid word nie verbind aan die naam Paulus nie, maar aan die Naam Jesus Christus. Hoe getrou is jy aan Jesus Christus? Die genade van die Here wat jy in waarheid leer ken het, is ‘n ongelooflike groot skat – van uitnemende waarde. Geld kan dit nie koop nie. Ongelowiges weet daar niks van nie, maar selfs Christene het meestal ‘n gebrekkige begrip van van die beginsels van die evangelie van God se genade. Deel jy hierdie kennis met ander mense? Nie met die gesindheid om hulle te oor-tuig nie, maar om in dankbaarheid ‘n skat van groot waarde met ander te deel.

Epafras was getrou en betroubaar. Mens kon ‘n hoogs waardevolle pakket aan hom toevertrou. Hy het geweet hoe om dit te hanteer. Kyk nou net in die ou vertaling en ook in die King James aan die einde van vers 7. Epafras was ‘n getroue dienaar van Jesus Christus vir julle. Dit is dalk nie heeltemal reg nie. Paulus wou nie hier s dat Epafras ‘n dienaar was vir die Kollosense nie. Goed, in die werklike lewe is dit nie verkeerd nie. Epafras het tog seker opgetree tot voordeel van die Kolossense. Maar wat Paulus eintlik s is dat Epafras ‘n dienaar is namens ons. Hier kry ons weer die ons wat Paulus dikwels gebruik om na homself te verwys. Paulus sit in die tronk en Epafras tree op namens Paulus.

Die meeste van ons was al in kerke waar daar gepreek is oor die eise van die evangelie dat ons die woord aan ander moet uitdra. Aan watter verskonings het jy toe gedink waarom dit nie soveel op jou van toepassing is nie? Sou Paulus nie dalk ook ‘n goeie verskoning gehad het om te s: “Ek sit in die tronk, ek kan dit nie nou doen nie.” Maar in die tronk het Paulus die evangelie aan bewaarders en medegevangenis oorgedra (bv. Onesimus), en wat meer is. Hy het hom nie laat keer om steeds voort te gaan om die evangelie wyd en syd uit te dra nie. Epafras (en ook Tichikus – 4:7) was Paulus se mond, hande en voete. Hulle was dienaars van Christus namens Paulus.

Ek kan ook nie nalaat nie om weer iets te s oor die woord geliefde. Ek dink dit is duidelik dat die woord geliefde vandag in kerke dikwels taamlik oppervlakkig gebruik word. Wanneer ons in die kerk saamkom noem die prediker ons almal “geliefdes” Maar is dit waar? Of word die word daar maar net gebruik uit gewoonte? Ek dink ons kan seker wees dat Paulus opreg lief was vir Epafras en dat hy die woord nie uit gewoonte gebruik het nie. In die kerk noem ons mekaar geliefdes, maar doen ons hoegenaamd moeite om mekaar op te soek, om van mekaar se laste en vreugdes kennis te neem, en saam die evangelie met mekaar te deel en te geniet en om saam te bid? Mense dink dikwels dat ander Christene my nie werd is nie en daarom sit ek hier alleen met my Bybel. Ek kry nie hierdie houding by Paulus nie. Ons is op mekaar aangewese. Ons is kragtens ons roeping bestem om mekaar lief te h en te ondersteun.

Daardeur s ek nie dat jy moet deel bly van ‘n Christengemeenskap as die Bybel daar grootliks verdraai word nie, maar tog, alleen kan jy nie bly nie. Christenskap werk eenvoudig nie so nie. As die liefde van Christus die hoofkenmerk van jou lewe is, sal jy nie alleen kan bly nie. Gaan soek mense op – weereens nie net om hulle te oortuig nie, maar eerder om die genade en liefde van Christus met hulle te deel.

Onthou, vers 8 praat van die Kolossense se liefde in die Gees. Die goddelike agap liefde kom van die Gees. As jy nie hierdie liefde vertoon en uitstraal wat ons hier van lees nie, dan kan daar met reg gevra word: “Watter Gees is dit met wie jy vervul is?”

Tot ons volgende keer weer met mekaar gesels, het ons almal soos gewoonlik weer ‘n bietjie huiswerk om te gaan doen. Kom ons gaan onderwerp ons opnuut aan die Heilige Gees van Liefde.

Met opregte groete
David

David2
Feb 21st 2008, 03:27 PM
Goeie dag almal
Kom ons kyk nou na vers 9

Paulus het gehoor van die Kolossense se geloof, liefde en hoop soos ons in die vorige verse bespreek het. Dit het die gevolg gehad dat hy nou, soos nog nooit tevore nie, vir die Kolossense sou bid. Waarom doen Paulus dit? Moes hy nie maar liewer vir die ongelowiges gebid het nie? Ek glo hy het sekerlik vir hulle ook gebid, maar die gewig van sy gebed gaan oor die behoeftes van die gelowiges. Wanneer jy hoor dat iemand glo dan moet jy vir hom of haar bid soos nog nooit tevore nie. Onthou, die duiwel weet ook wie glo en die duiwel gaan hulle nie alleen los nie. En moet asseblief nie vergeet nie, die geheim is: moet nie ophou nie! Ons hou nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid nie.

Twee woorde vir bid kom hier voor: Die een word vertaal met bid en die ander een met vra. In die gebed is daar n baie besondere versoek wat Paulus voor God kom l. Hy bid vir die Kolossense se verryking in geestelike kennis.

Daar l n baie swaar verpligting op die Christene wat die genadeboodskap verstaan, om vir mekaar te bid en aan te hou bid. Geestelike wysheid is iets wat nie by elke mens gevind word nie, helaas, ook nie by elke gelowige nie. Hier by die Kolossense is dit ook duidelik. Die mense het geloof en liefde uitgeleef maar het nog kort gekom aan die volle geestelike kennis. Die Here se ideaal vir elke Christen is die mate van die volle groote van Christus. En dit is vir jou en my om mekaar in die leerskool te ondersteun en voortduurend en sonder ophou vir mekaar daartoe te bid.

As jy voortduurend vir andere bid vir geestelike wysheid en kennis, sal jy self ook opgeskerp bly om aktief in daardie mense belang te stel en na hulle geestelike welstand te verneem. Jy sal ook n Epafras na hulle toe stuur indien nodig en vir hulle n brief stuur om vir hulle te s dat jy vir hulle bid om hulle behulpsaam te wees en te verneem na hulle omstandighede. Jy sal self dan ook baie meer aktief met jou eie geestelike groei besig bly. Kortom, die liggaam van Christus sal opgebou word volgens die wil van God. Is daar genoeg gereelde voorbidders in die geestelike gemeenskap? Is daar werklik?

Die volheid is n baie geliefde term vir Paulus, veral in die gevangenisbriewe. Die woorde vir volheid of om te vervul kom nie minder nie as agt keer in Efesirs voor, vier keer in Filippense en sewe keer in Kolossense. Paulus, en ook die Here Jesus, is nie tevrede met halfgebakte Christene nie. As dit die moete werd is om God te dien, dan is dit die moeite werd om dit voluit te doen. As dit die moeite werd is om die evangelie te ken, dan beteken dit in wese om dit voluit of ten volle te ken. Om te s vervul was ook nie genoeg vir die skrywer nie. Hy wil h dat jy mooi moet verstaan waaroor dit gaan en daarom s hy ook volle kennis (epignosis).

Die Gnostisisme was n sekte of dwaling wat in daardie tyd in die omloop was wat ook die woorde kennis of wysheid baie gebruik het. Maar net omdat daardie mense dit verkeerd gebruik het, beteken dit nie dat Paulus nou daarvan weggeskram het nie. Vir hulle was wysheid aards, vleeslik, en eksklusief vir geheime ingewydes. As jy daardie vlak van kennis bereik het wat die Gnostiek aan jou voorhou, het jy werklik iets gehad om oor te spog by ander mense. So, wat is die teengif wat Paulus teen hierdie vleeslike kennis aanbied? Die ware egte kennis van die evangelie van vandag. Hoe meer kennis jy van die waarheid het, hoe meer sal jy besef dat die nie uit jouself kom nie. Jy word vol van Jesus Christus en sy waarheid en dit kan alleen gebeur as jy self uit die pad uit kom en ver in die agtergrond gaan staan.

Let asseblief daarop dat die kennis en wysheid waarna ons streef, geestelik is, en n baie duidelik omleinde lering is. As die wet van Moses die basis sou wees vir Christene se leer en lewe vandag, dan sou Paulus ons tog herhaaldelik aangespoor het om die wet in die Ou Testament te bestudeer. Nee, daar kom nrens sulke opdragte in die briewe aan die gemeentes voor nie. In plaas daarvan word dit herhaaldelik en duidelik gestel dat die wysheid en kennis waarna Paulus hier verwys, nie in die Ou Testament openbaar is nie. Dit is nuwe waarheid wat deur die Heilige Gees, meestal deur bemiddeling van Paulus, aan die gemeentes openbaar is (Rom. 16:25-26; 1 Kor.2 :6-10; Ef. 3:2-10; Kol. 1:25-29).

Paulus se gebruik van die woord wysheid in die oorgrote meerderheid gevalle as verwysende na die besondere stuk waarheid en lering wat deur die Heilige Gees geopenbaar is vir die bedeling van die kerk (1 Kor. 2:10). Ons s dus dat in Paulus se verstaan van die woord wysheid (wanneer hy dit gebruik vir Goddelike wysheid), dit byna eksklusief verwys na die leringe vir die liggaam van Christus vir die bedeling van vandag. En dit is n wysheid wat ons nie in die Ou Testament vind nie. Dit is die wydheid waarvoor hy ernstig bid dat die Kolossense daarin ten volle ingelig sal wees. Om die volle kennis van die bediening van die genade van God te h, is ook die teengif teen alle soorte gevaarlike dwalings in enige tyd.

Kies dan nou vandag. Jy wil net die Here ken om n kaartjie te h om hemel toe te gaan, of jy wil vervul wees met Jesus Christus se wil en sy wysheid. As jy die tweede opsie kies dan wil jy ook ten volle deelneem om vir ander te bid en hulle te ondersteun. Ek ken julle nie almal nie, maar die name wat gereeld hier gesien word, word in gebed aan die Here opgedra.

Hartlike Groete
David

David2
Feb 24th 2008, 04:49 AM
'n Hartlike woord van wekom by ons saampraat oor Kol. 1:10

Die vorige vers beklemtoon die noodsaaklikheid om reg te dink oor die evangelie. Jy het die volle kennis van God se plan vir ons bedeling baie nodig. Daaruit voortvloeiend kom die regte optrede en lewenswandel wat nou in hierdie vers beklemtoon word. Die sleutelwoord is wandel waardig. Vergelyk dit met Ef. 4:1. Mens leer eers die doktrine van die Christelike geloof en dan bou jy jou lewenswandel daarop. Om ‘n mooi lewe te lei sonder om die evangelie grondig te ken is nie veel werd nie. Dit is moralisme, wettisisme en humanisme. Nee, ons lewenswandel beteken om die waarheid van die evangelie uit te leef. As jy maar net ‘n mooi lewe lei dan s die mense vir jou “mooi so!” Maar as jy die evangelie van God se genade uitleef dan sien mense dadelik dat jy jouself as dood ag en lewe tot eer van jou Verlosser, Jesus Christus.

Die Griekse woord vir waardig is axios. Plaas die groot waarhede van die evangelie waarvan mens in Rom. 3-8 of Ef. 1-3 leer op die een kant van jou skaal en plaas dan jou lewenswandel op die ander kant. Jou ywer, jou entosiasme vir die evangelie, jou begeerte om dit met andere te deel, jou bereidheid om op te offer vir andere se geestelike voordeel, jou paraatheid vir die evangelie, d.w.s. jou onmiddellik beskikbare kennis om met andere te deel, jou begeerte om genade uit te leef en nie beloon te word vir jou diens vir die Here en jou medemens nie en nog vele meer. Hoe weeg hierdie dinge in jou lewe op teen die gewig van God se groot genade wat Hy aan ons betoon het? Dit is wat Kol. 1:10 en Ef. 4:1 vir jou en my vra met die woord axios.

Vir elke egte Bybelse leerstelling wat jy onder die knie kry is daar 'n gelyke en ooreenstemmende Christelike praktyk wat jou diensbaarheid aan die Here in waarde laat toeneem. Dit werk amper soos Newton se wette. Vir elke aksie is daar 'n gelyke maar teenoorgestelde reaksie!

Die vers gaan ook verder om ons nog beter te laat verstaan wat ‘n lewenswandel is wat die evangelie waardig is. Dit is eenvoudig om die Here Jesus in alles te behaag. Elke klein onderafdeling van jou lewe, maar veral natuurlik die groot waarhede van die evangelie wat uitgeleef moet word. Glo in Bybelse sin bly nie net by die verstand nie, dit werk deur na die hart en die hande. As jy iets glo wat Jesus vir jou gedoen het, dan aanvaar jy dit nie net met die verstand nie, jy sluit self daarby aan en maak seker dat andere dit ook weet. Jy kweek so ‘n lewenshouding aan wat dit vir ander mense maklik maak om te sien dat Jesus die waarheid is. Leef Jesus uit sodat mense kan glo dat Jesus waarlik leef.

Dit is nie net in Ef. 4:1 waar dit herhaal word nie. Kyk ook na Fil. 1:27. Wat beteken dit om die evangelie van Christus waardig te wees? Dit beteken dat die evangelie nie net in jou kop en jou hart is nie, maar ook in jou hande en voete.

Die volgende aanduiding in die vers wat aan ons verduidelik wat dit beteken om vir Christus waardig te wandel, is dat ons in elke goeie werk vrug mag dra. Het julle opgemerk? Hier word so ‘n bietjie van ‘n dubbele stelling gemaak. Hy s nie net dat ons goeie werke moet doen nie, ons moet daarin vrugdra. Dit is nogal iets. Vat nou maar die woord geduld of lankmoedigheid (een van die vrugte van die Gees in Gal. 5:22,23). Om ‘n goeie werk te doen sal wees om self geduldig te wees waar iemand jou omkrap. Maar om in geduld vrug te dra beteken om konsekwent lankmoedigheid uit te leef teenoor ander totdat hulle in hulle gemoed geraak is deur jou lankmoedigheid en daardeur’n ope hart vir die evangelie ontwikkel. Dan het jy waarlik begin vrugdra in jou goeie werke!

En dan kom ons by die laaste aspek in die vers wat ons waardige lewenswandel voor die Here verduidelik: Groei in kennis! Maar het vers 9 dan nou nie al genoeg van die volkome kennis van die Here Jesus gepraat nie? Wel, ek dink hier kom nog iets by. In vers 9 gaan dit oor die volkome kennis van die evangelie en van Christus self. Hier in vers 10 is dit nou mos die praktiese gehoorsaamheid aan Jesus elke dag. Groei is tog iets sigbaar. Wat is geestelike groei? Is dit nie ‘n proses van grootword nie? En grootword kan tog gesien word. Mense, die kennis van Jesus Christus moet ons laat grootword! Ons moet volwasse Christengelowiges word. Ons kennis van Jesus Christus moet ons lewenshouding voortduurend omvorm om te groei en gelykvormig te word aan Hom en sy evangelie. En waar kom die motivering en groeikrag vandaan? Dit is die kennis wat ons sal laat groei. Sien jou geestelike kennis en Bybelstudie as ‘n onmisbare stroom van lewende water wat jou laat opgroei tot eer van jou Verlosser.

:pray: Here, gee dat die krag van die evangelie my steeds sal laat groei in waarheid en liefde. Nou groet ek weer met hierdie dinamiese gedagtes oor geestelike groei van die apostel van genade!

David

David2
Feb 27th 2008, 04:06 AM
Goeie dag aan almal in die wonderlike genade van Jesus Christus!

Ons was by geestelike insig, toe kom ons by praktiese kennis wat laat groei en nou kom ons by geestelike krag. Ek dink nie dit is moeilik om die logiese voortgang van v. 9 tot v. 11 te sien nie. Die Christen word eerstens opgeroep tot geestelike insig en kennis van God se woord, sy evangelie en sy plan vir hierdie bedeling. Dit moet vervolgens lei tot ‘n nuwe lewenswandel wat vrug dra en groei tot eer van die Here. En as daar groei was, wat is die eindproduk daarvan? Geestelike krag!

Dit is nie snaaks dat die begrip geestelike krag so ver misverstaan word deur die meeste Christene nie. Dit is ‘n krag wat totaal van ‘n ander orde en werking is as enige aardse krag. Wat is dit wat eerste in jou gedagte opkom as jy hoor van ‘n geestelike sterk Christen? Is dit miskien iemand wat welsprekend is sodat skares aan sy lippe hang en mense in trane tot bekering kom as hy net begin praat? Is dit iemand wat duiwels kan uitdryf en siekes gesond kan maak? Is dit iemand wat die Bybel op die punte van sy vingers ken? Wel, ons hoef nie verder te wonder nie. Hierdie vers gee vir ons die twee hoofeienskappe van ‘n sterk Christen. Hy is lydsaam en lankmoedig!

Wat ‘n antiklimaks! Is dit al wat Kolossense van ‘n sterk Christen te s het? Is dit nie dalk een van die grootste kontraste wat ons nog ooit in die Bybel gelees het nie? Word lydsaamheid en lankmoedigheid in hierdie wreld geassosieer met krag? As iemand vir jou ‘n pen en ‘n stuk papier gee en hy skryf bo-aan vir jou: “Om met krag en mag bekragtig te word” en hy vra jou dan om al die woorde neer te skryf wat in jou gedagte opkom as jy die sinnetjie gelees het. Sou jy by die woorde lydsaamheid en lankmoedigheid uitgekom het? Of twee ander woorde wat as sinonieme gesien kan word soos: deursettingvermo en geduld? Sou hiedie woorde deel van jou lysie gewees het? Indien nie, dan is jy waarskynlik vandag in die posisie om iets nuuts te leer oor geestelike krag en wat dit is om ‘n sterk Christen te wees!

Lydsaamheid (deursettingsvermo) is letterlik in Grieks “bly onder”. Met ander woorde jy kom nooit bo uit nie! En nou wil Paulus vir my s dit is ‘n toonbeeld van geestelike krag om altyd onder te bly! Hoe is dit moontlik? En dieselfde met geduld. In Grieks beteken dit nogal presies net soos in Afrikaans: “lank-moedig” Lang humeur. Jy vat lank om terug te kap. In sport, poitiek, besigheid ens. Is daar wel reels en hulle sal ook in vroomheid s dat hulle geduld as ‘n deug beskou, maar die waarheid is dat jy in die sekulre wreld geleer word om so gou as moontlik terug te kap as daar iets na jou kant toe gegooi word.

Geestelike krag gaan oor die vermo om nie te veg om bo uit te kom nie, maar om ook nie te gaan l as gevolg van die druk wat daar op jou geplaas is nie. Teenstand en terugslae sal altyd daar wees. Moenie daarteen baklei om dit uit die pad te probeer kry nie. Sien dit as ‘n geleentheid om jou geestelike krag ten toon te stel. Bly vasberade in wat jy geroep is om te doen asof die teenstand nie eers daar is nie. Jesaja is geroep om vir Isarel te preek en daar is sommer van die begin af vir hom ges niemand gaan luister nie! (Jes. 6). Wie van ons sou kans gesien het om dit te doen? En wat van Noag wat moes ark bou terwyl almal met hom gespot het? Dit is geloof, lydsaamheid en geduld.

Maar moet nou nie die fout maak om hierdie geestelike krag van vers 11 in isolasie te sien en net daarop te konsentreer nie. Behalwe lydsaamheid en lankmoedigheid is daar nog baie ander mooi deugde in die lewe. Ons het alreeds tevore gewaarsku dat die Bybel nie net van ons “mooi mense” wil maak nie. Jou lysaamheid en lankmoedigheid moet nie vir jou die ideaal opsigself wees nie. As dit is, word jy maar net ‘n humanistiese filantroop soos moeder Theresa of wie ookal. Nee, die geestelike krag van vers 11 is baie ver van aangeleerde humanistiese deugde. Dit begin by vers 9. Jy leer eers die wysheid van God soos geopenbaar in die geskrifte vir die bedeling van genade. Jy leer dit alles. Dan gaan jy na vers 10 en jy oefen jouself daarin om ‘n lewende en handelende bewys te word van die waarheid van dit wat jy leer. Eers dan kom jy by vers 11 en vra vir Jesus Christus om jou met sy eie teenwoordigheid in jou lewe te bekragtig met die krag van sy sterkte. Ons leer dus die evangelie en namate ons dit bemeester en meer volledig uitleef, begin die goddelike deugde vir 'n Christen van vandag in jou oorneem.

Let op: Paulus is nog steeds besig om te bid. Van vers 9 af. Laat vers 11 by uitstek nie iets wees vat jy “nastreef” of “aankweek” op jou eie nie, maar ‘n persoonlike gebedsaak. In hierdie gebed moet ons lydsaamheid en geduld ook reeds na vore kom. Moet nooit ophou om hiervoor te bid nie!

Nou groet ek weer tot volgende keer. Mag die krag van God se genade julle werklik dra en op koers hou, wat ookal gebeur!

David

CFJ
Feb 27th 2008, 06:02 PM
David,

Dankie vir hierdie aangename lekker-lees plasings. Ek is die enigste een wat nog gereageer het, maar dit lyk of hier heelwat mense is wat kom lees.

David2
Feb 27th 2008, 06:32 PM
Ferdi
Dit is lekker om die goed te skryf. Mens bou jou kennis uit en bou ook aan jou eie arsenaal geskrifte wat jy weer vir watter doel ookal kan gebruik. As dit dan nog vir een of twee ouens die moeite werd was om dit te lees, dan is dit net 'n bonus.

David2
Mar 1st 2008, 12:59 PM
Ek groet weer alle Lighuisers

Hier by vers 12 sal ek aansluit by die 83 vertaling wat die woord blydskap koppel aan vers 12 eerder as vers 11: Julle moet die Vader met blydskap dank wat julle geskik gemaak het om deel te h aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. Of kom ons bly liewer by die bewoording van die ou vertaling en ons sit net die blydskap daarby in: En die Vader met blydskap mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te h aan die erfdeel van die heiliges in die lig. Nie n groot verskil nie, maar ek hou nie daarvan dat die nuwe vertaling wil h dat ons moet wag vir die erfdeel in die lig nie. Ons het dit nou alreeds. Ja ek wag ook vir die dag wanneer ek dit in volle heerlikheid sal aanskou en beter verstaan, maar in die gees is ek nou reeds daarin. Waarom anders word die verlede tyd so pertinent hier gebruik: bekwaam gemaak het. Dit is n feit en n totaal afgehandelde saak. God het jou bekwaam gemaak vir daardie groot erfdeel in die lig. Die lig begin nie eers by die hiernamaals nie. Ons het nou reeds oorgegaan uit die duisternis in die lig.

Paulus se gebed begin eers met dank in vers 3 en gaan daarna oor in die voorbidding of gebedsversoeke wat hy voor die Here bring. Dit begin by vers 9. Die dank hier in vers 12 is nie sy dank nie, dit is deel van sy bede. Hy bid dat die Christene van Kolosse die Vader voortduurend met blydskap sal dank. Miskien is dit nogal iets om aan te dink: Onthou, daar is iemand wat bid dat jy altyd in jou gebede die Here met blydskap sal dank!

Wie is dit wat ons bekwaam gemaak het om die ewigheid saam met God in die lig deur te bring? Waar is daardie teologie wat s dat dit halfpad die werk van Christus aan die kruis is en halfpad my werk van bekering wat my gered het? So n teologie pas eenvoudig nie hier by vers 12 in nie. Ook nie by vers 13 en 14 wat volg nie. Verlossing is van die Here, alles net van Hom en Hy moet daarvoor volkome al die dank ontvang. Onbekwame en onwaardige mense wat in sonde en selfsug gebore is, is deur God waardig gemaak om die domein van volkomenheid vir ewig te bewoon!

Hierdie vers maak geen apl of stel geen voorwaarde op iets wat ons moet doen om daardie erfenis deelagtig te word nie. Al wat hier gevra word is dat ons sal dankie s oorvloedig, voortduurend en met blydskap dankie sal s vir dit wat ons gekry het. Tog weet ek en jy diep in ons hart as ons hierdie vers lees, wat die praktiese implikasies daarvan vir ons is. Hoe lyk so n mens wat nie homself op die skouer klop vir sy geestelike prestasie nie, maar wat baie goed weet, dit is genade, suiwer onverdiende genade. Traakmynieagtigheid is meer n eienskap van selfgesentreerde mense. Begenadigde mense is dankbare mense s hierdie vers, en dankbare mense vertrap nie die gawe wat aan hulle toebedeel is nie.

n Groot deel van hierdie dankbaarheid gaan oor die voorreg om in die lig te kan wees saam met Jesus Christus. Hoe kan mens God aan die een kant loof dat Hy jou in die lig geplaas het en aan die ander kant willens en wetens voortgaan met werke van die duisternis? Leer ook van Spreuke 4:18: Die pad van die regverdiges is soos die lig van die mreglans wat al helderder word tot die volle dag toe.

Nou groet ek weer in blydskap en dankbaarheid.
David

CFJ
Mar 1st 2008, 01:36 PM
Wie is dit wat ons bekwaam gemaak het om die ewigheid saam met God in die lig deur te bring? Waar is daardie teologie wat s dat dit halfpad die werk van Christus aan die kruis is en halfpad my werk van bekering wat my gered het? So n teologie pas eenvoudig nie hier by vers 12 in nie. Ook nie by vers 13 en 14 wat volg nie. Verlossing is van die Here, alles net van Hom en Hy moet daarvoor volkome al die dank ontvang. Onbekwame en onwaardige mense wat in sonde en selfsug gebore is, is deur God waardig gemaak om die domein van volkomenheid vir ewig te bewoon!



David,

Hierdie stuk laat my dink aan wat genade sonder verdienste werklik beteken. Wat kan die mens doen, om gered te word? En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.
(Rom 11:6)

Ek glo die meeste wat die mens kan doen, is om homself te onderwerp in nietigheid aan God se almag. Redding vind plaas in 'n staat van hulpeloosheid en net hulpelose mense, m.a.w. net die wat werklik 'n Redder nodig het, word aangeraak. As die mens homself kan red, al is dit net in geringe maat, sou 'n Redder oorbodig wees.

David2
Mar 1st 2008, 04:00 PM
Ferdi
Ek stem met jou saam. Die beeld wat ek soms gebruik is die een van die laaste soldate in die loopgraaf. Die keuse is om aan te hou veg tot die dood of om hande in die lug stadig en bewend na vore te kom en geheel en al oor te gee. Dit is die keuse. Jy is dan nie meer in 'n posisie om te onderhandel of om jou terme op die tafel te plaas nie. Maar jy het nog steeds 'n keuse. Party veg tot die dood toe en andere gee oor.
David

CFJ
Mar 1st 2008, 04:09 PM
Ferdi
Ek stem met jou saam. Die beeld wat ek soms gebruik is die een van die laaste soldate in die loopgraaf. Die keuse is om aan te hou veg tot die dood of om hande in die lug stadig en bewend na vore te kom en geheel en al oor te gee. Dit is die keuse. Jy is dan nie meer in 'n posisie om te onderhandel of om jou terme op die tafel te plaas nie. Maar jy het nog steeds 'n keuse. Party veg tot die dood toe en andere gee oor.
David

Goeie voorbeeld, ek sal hom onthou... :)

David2
Mar 5th 2008, 02:47 AM
Goeie dag in die blydskap van Jesus Christus

Paulus is steeds besig om te bid dat die Christene van Kolosse die Here vir hulle groot verlossing sal dank. Waaruit is ons verlos? Uit die mag van die duisternis. (vgl. Luk. 22:53)

"Om hulle o te open dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van Satan tot God sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang" Hand. 26:18.

Vriende, ken ons die mag van die bose? Satan is die een wat die mensdom teen God in opstand bring. Hy verlei mense om te lieg en bedrieg, om aardse weelde na te jaag, om staat te maak op hulle eie ek en hulle eie ego en hulle eie oordeel wat altyd beter is as iemand ander s’n. Satan leer jou dat jy nie vir Christus en die Bybel nodig het nie, dat jy die mag en die reg het om self te besluit wat reg en verkeerd is en dit te doen, om te rook, te drink, te dwelm, te vloek en losse verhoudings te h. Helaas, hy leer jou ook hoe om hierdie goed met ‘n vroom gesig te doen en hoe om jouself wys te maak dat jy steeds ‘n goeie Christen is terwyl jy dit doen!

Maak geen fout nie. Satan beskik oor ‘n mag. Hierdie mag is so groot dat jy nie jouself daaruit kan verlos nie. Ons het ‘n Groot Krygsheld nodig om sy oorlogstuig aan te trek en namens ons die slagveld te betree en ons dan te verlos uit die mag van die duisternis. Het jy al op jou knie gestaan tot hulle eelte kry en gebid vir ‘n kind wat vasgevang is in die mag van die duisternis? Vra maar rond. Daar is geweldig baie Christene wat jou baie hiervan sal kan vertel. Of erger nog, Christene wat so ms bid vir hulle kinders en dit nooit gedoen het het nie. Die beeld wat in ons vers aangebied word, is duidelik een wat jou wil oortuig van die Goddelike verlossingsmag wat net in Jesus Christus te vinde is en waarsonder geen mens gered kan wees nie.

Ja, as jy genadig een van die is wat wel verlos is, dan moet jy maar aanhou om dankie te s. Dit is wat Paulus hier s. Verlossing is nie uit jouself nie en daar is min wat dit deelagtig word. Daar is baie wat in vroomheid dit voorgee, maar min wat werklik die stap geneem en dit as gawe van die Here in ontvangs geneem het. As jy dit seker en gewis weet, sonder ‘n greintjie twyfel in jou gemoed, dan is dit die Apostel se advies dat jy elke dag daarvoor dankie sal s.

Dave Hunt meen dat Amerika die era van post-Christendom reeds in die 1960’s ingegaan het. Die post-Christendom het natuurlik al vroer as dit in Europa aangebreek. Dit is die tyd toe jongmense op die kampusse van die land openlik teen God, die Bybel, verlossing, die opstanding van Christus en morele rels en riglyne in opstand gekom het. Die meeste van hulle het uit Christelike huise gekom. Maar die ouers het waarskynlik self nie meer mooi besef wat die mag van die duisternis alles behels nie. Hulle het nie meer elke dag dankie ges vir hulle eie verlossing nie. Hulle het nie meer gebid vir die verlossing van hulle eie kinders nie. Of dalk was hulle deel van ‘n kerk en ‘n teologie wat glo dat mens sommer self in jou drome gered word en dat jy nie ‘n Verlosser nodig het om jou los te breek uit die mag van die duisternis nie. As dit ook in jou huis die geval is, dan is die post-Christendom die aaklige werklikheid wat vir jou kinders en jou nageslag wag.

Ja, mens kan en moet 100% seker wees dat jy gered is. Hoe dan so? Wel, as verlossing ‘n 50-50 transaksie tussen jou en die Here was, sou jy altyd aangehou het om te twyfel. Wie is daar wat 100% kan staatmaak op sy eie betroubaarheid, heiligheid en reinheid? As daar so iemand is, dan mislei hy homself (Gal. 6:3). Nee, ons vers s dat verlossing van die Here af is. En wat meer is, kyk maar in al die vertalings. Hierdie is nie ‘n dag-vir-dag verlossing waar jy mre weer verlos moet word van mre se sondes nie. Kol. 1:13 is geheel en al in die verlede tyd. Omdat dit God se werk is en omdat dit totaal en volledig afgehandel is toe jy daarvoor gebid het en dit in die geloof aanvaar het, daarom is jy 100% seker en gewis ‘n verloste kind van God. Maar asseblief, onthou, jy moet nooit ophou om vir Hom dankie te s nie. Jy moet nooit ophou om te besef wat die gruwelike mag van die duisternis alles behels nie.

En wat meer is, nadat die Groot Krygsheld die slag gelewer het en jou uit die mag van die duisternis verlos het, vra Hy jou om nou self die krygstuig aan te trek en verder saam te stry teen die magte van die duisternis. Nie asof jy alleen baklei nie, want dan sal jy verloor. Nee, dit is God se oorlog teen die duisternis, maar jy moet nou aansluit by sy weermag (Ef. 6:10-18).

Ek groet weer en onthou om elke dag bly en dankbaar in die Here te wees.

David2
Mar 8th 2008, 08:35 PM
Ons is besig om te praat oor Paulus wat bid dat Christene sal aanhou om dankie te s vir hulle verlossing. Hy motiveer dit ook met hierdie toevoeging in vers 14. Die geestelike insig, groei en krag wat hy vir hulle toebid in ver 9 - 11, die bede dat hulle nooit die groot gawe van hulle verlossing gering moet skat nie en altyd God daarvoor moet dank, al hierdie dinge is gebou op vers 14 dit is moontlik gemaak deur die verlossing in Christus se bloed. Hierdie is n kort versie, maar dit neem regtig n sleutelposisie in Kollosense in. Kol. 1:14 vervul die funksie van Ef. 1:7; 1 Kor. 1:18 en Rom. 1:16 in daardie boeke. Dit is die begronding van al die geestelike weldade wat die apostel van praat in sy briewe.

Waar ons in die vorige vers die beeld het van n groot krygsheld wat ons uit die mag van die duisternis verlos, is dit in hierdie vers die werk van n filantroop wat hom ontferm oor die lot van van n mens wat in slawerny vasgevang sit. Paulus word dikwels daarvan beskuldig dat hy nie in opstand gekom het teen die euwel van slawerny in sy tyd nie. Veral die liberales reken dat Paulus slawerny eintlik goedgekeur het. Dit is nie waar nie. Iemand wat soos in hierdie vers oor verlossing gepraat het, kon nie 'n voorstaander van slawerny gewees het nie, al was die een geestelik en die ander een fisies.

Die praktyk van slawerny het vir Paulus n baie negatiewe, magtelose en verlore toestand geteken. Iets waarby hy aansluit om die verlossingsboodskap van die evangelie te verduidelik. Die Griekse woord vir verlossing is apolutrosis. Dit beteken meer as net die betaling van n losprys. Dit beteken die begelyding, herstel en tuisbring in n radikale nuwe omgewing.

Kolossense is ook geskryf om mense teen die ontwakende false lering van die Gnostiek te waarsku. In die Gnostiek is die woord apolutrosis ook gebruik, maar met n verdwaalde idee van selektiewe toegang of inisiasie tot sekere misteries. In die evangelie beteken verlossing egter n historiese daad van Jesus aan die kruis waar Hy sy bloed gestort het en wat openlik aan alle mense verkondig word wat daarin belangstel om van die mag van die duisternis en van slawerny verlos te word. In die evangelie is verlossing n geestelike en morele begrip wat die mens nederig maak en al die eer na God laat toekom. In valse godsdienste is verlossing dinge soos emansipasie of immorele bevryding wat jou op n hor trappie plaas as ander mense en aan jou die reg gee om immoreel op te tree.

Moderniste soos Sakkie Spangenberg en baie ander betwis die bestaan van so iets soos verlossing direk. Paulus het ons mislei, dit is die implikasie van wat hulle s. God was nooit kwaad vir ons nie. God behandel alle mense as gelykes. Al wat jy moet doen is probeer om jou te gedra en dit sal goed gaan. Duisende ander predikers sal dit nou nie so reguit soos Sakkie s nie, maar hulle glo eintlik ook nie meer aan verlossing nie. En dan natuurlik die duisende Christene wat lankal vergeet het om vir hulle verlossing dankie te s.

Wat beteken verlossing in jou lewe? Het jy kennis geneem van die plek wat vers 14 in hierdie boek inneem? Vir ons is dit die begronding van ons geloof. Wanneer laas het jy teenoor iemand getuig en ges: Ek self is niks, maar deur sy onmeetbare genade het God my verlos en n nuwe denksisteen met n nuwe verwagting in my lewe geplaas. Die verlossing en vergifnis van sondes wat God deur sy Seun Jesus Christus vir ons beskikbaar stel is die heel hoogste uitdrukking van God se genade.

Verlossing gaan gepaard met die vergifnis van sondes. Dit sluit in die toestand van sonde, nl. die status as ongeredde sondaar mens en ook die individuele sondes wat deur die mens begaan is. Vergifnis is afesis (loslating uit gevangenisskap) en dit kom van die woord afiĕmi wat beteken om weg te stuur. Die priester het in die OT sy hand op die sondebok se kop gel en so die sondes op hom geplaas en dan die bok in die woestyn in weggestuur. Daardie bok is nooit weer gesien nie. Jesus self is nou vir ons die Lam wat geslag is en die bok op wie se kop die sonde gelaat is. As Lam van God verander Hy ons status na verloste kind van God en as Offerdier reinig Hy ons daagliks van die smet van sondes. Volgens hierdie verse kom verlossing en vergifnis alles net van die Here.

Gegroet in God se ryke genade
David

David2
Mar 12th 2008, 03:46 AM
Goeie mre alle Lighuisers

Paulus se groot dankgebed vir die Kolossense is nou afgehandel en nou kom ons in die tweede helfte van die hoofstuk by een van die mees aangrypende en wonderlike beskrywings van ons Verlosser, Jesus Christus. Hy is die ongeskape Skepper van die heelal, die Hoof van die Liggaam van Christus en van my en van jou, die Een wat ons met God versoen het en ook die Een wat die evangelie vir vandag, die verborgenheid, deur Paulus aan die lig gebring het.

Op hierdie punt wil ek graag aanhaal uit 2 Tim. 3:16

"Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig to lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid"

Hier word vier sake genoem waarvoor die Skrif nuttig is. Die laaste een, onderwysing in die geregtigheid, is die algemene een wat op alle dele en boeke van die Bybel van toepassing is. Waarmee is ons besig as ons met die Bybel omgaan, enige deel van die Bybel? Ons is besig met onderwysing in die geregtigheid. Om geregtigheid te ken, moet jy God ken, wie Hy is, wat sy plan van verlossing behels, hoe dit in die geskiedenis ontplooi is, wat Hy vandag van ons verwag. Om in geregtigheid met God te leef, moet ons Hom ken, lief h, dien en ons hoogste eer daarin stel om Hom in alles te behaag. Daarom het ons onderwysing in die geregtigheid nodig.

Hierdie onderwys kan opgedeel word in die eerste drie aspekte wat genoem word, nl. lering, weerlegging, en teregwysing. Lering is in Engels "doctrine". As ons nou hierdie drie aspekte laat fokus op ons bedeling, "die bediening van die genade van God" (Ef. 3:2), dan val die briewe wat gerig is aan die kerk of die liggaam van Christus, baie mooi uiteen in boeke van lering, weerlegging en teregwysing. Romeine is die groot boek van lering vir ons bedeling. Daar is seker meer kommentare oor Romeine geskryf as oor enige ander boek in die Bybel. Al die basiese boustene van lering vir ons bedeling, veral die verlossingsplan, kom daarin voor. Daarna kom weerlegging (reproof). Die twee briewe aan die Korinthirs is die boeke van weerlegging. Daarin gaan die apostel uit sy pad om mense te waarsku teen praktiese dwalings en vergrype in hulle lewens wat nie te rym is met die leringe wat hulle in Romeine aangetref het nie. Daarna volg teregwysing (correction). Dit gaan oor leerstellige dwalings wat in stryd is met die waarheid van die Christelike leer vir vandag. Die boek Galasirs is die boek van teregwysing. Wettiesisme is die groot vyand van die verlossingsleer van Romeine en wettiesisme word baie doeltreffend en volledig aangespreek in Galasirs.

Daarna word die patroon weer herhaal van Efesirs tot Kolossense. Efesirs is die boek van lering waar verdere lering na Romeine gegee word. Hier gaan dit veral oor die liggaam van Christus, ons hemelse posisie en hoop en die bedeling van genade. Na Efesirs moes Paulus weer praktiese weerlegging doen van praktyke onder Christene wat nie ooreenstem met die lering van Efesirs nie. Mense was aardsgesind en nie vasgeanker in die hoop van Jesus Christus nie. Dit is gedoen in die boek Filipense. Daarna kom Kolossense. Nou kan jy seker raai. Ja, Kolossense is die boek van teregwysing oor verkeerde leringe onder Christene - leringe wat nie ooreenstem met die leer van Efesirs nie.

Hierdie kennis gaan ons geweldig baie help om die boek Kolossense mooi in plek te plaas. Dit gaan oor verkeerde lering onder Christene wat uit die weg geruim moet word sodat hulle waarlik in lyn kan kom met die groot hemelse lering van Efessirs. Die rede waarom ek hierdie kennis oor lering, weerlegging en teregwysing hier aanhaal by Kol. 1:15, is omdat ons moet besef dat die heel grootste fout van alle dwalinge, sektes of kultusse is dat hulle afbreek doen aan die persoon van Jesus Christus. Op een of ander manier of op verskillende maniere degradeer hulle vir Jesus Christus. Hulle erken nie sy Godheid nie of hulle doen afbreek aan sy volmaakte afgehandelde verlossingswerk, of hulle erken Hom nie as die lewende en werkende middelaar wat nou vir ons intree nie of hulle hoogste prioriteit is nie daarop ingestel om die heerlike toekoms saam met Christus te verwag nie.

Dit is waaroor Kol. 1:15-29 gaan. Leer Jesus Christus ken in volkome waarheid en egtheid. As jy dit gedoen het, is jy gevrywaar daarvan om enige sekte of kultus of dwaling ten prooi te val. Kry nou 'n oorsigtelike beeld van alles wat in hierdie wonderlike verse van Christus ges word en berei jouself daarop voor om in die volgende weke saam met my vers vir vers weer van nuuts af jou en my Verlosser te leer ken.

Daar bestaan op hierdie aarde geen groter vrede as die wete dat jy Jesus Christus ken en totaal en vir ewig in Hom geborge is nie.

Hartlike groete
David

David2
Mar 15th 2008, 05:37 AM
Goeie dag in die vrede van Jesus Christus

Wie is Jesus?
Die Beeld van die Onsienlike God

Moet asseblief nie hier aan Beeld dink as so iets soos wat daar van Paul Kruger op kerkplein staan nie. As jy wil verstaan wat dit beteken dat Jesus die Beeld van die Onsienlike God is, gaan lees dan Hebr. 1:3:

Hy wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die Woord van sy krag.

Wat is die heerlikheid van God? Dit is tog sy ware Goddelike glorie wat alleen aan Hom behoort. Maar die heerlikheid van God is in die Ou Testament net met simbole in die tempel verduidelik of uitgebeeld. Die heerlikheid van God self is nooit gesien nie. Maar nou staan hier dat die Here Jesus Christus self die afskynsel van sy heerlikheid is. Hy is dus die eerste sigbare manifestasie van daardie heerlikheid van God. Hy is ook die afdruksel van God se wese. Hiermee word bedoel dat Hy deel in God se eie wese. As die afdruksel op net n prentjie daarvan sou dui of net soos n afdruk van n beeld op n muntstuk sou wees, dan sou dit tog nie n afdruk van sy wese kon wees nie. n Afdruk deel tog nie in die wese van die persoon wat dit verteenwoordig nie.

Hierdie afdruksel is egter totaal anders. Afdruksel word dus hier simbolies gebruik. Jesus is baie meer as n afdruk van God. Hy is n verteenwoordiger van die wese van God. Hy is dus ook God self. Die sin wat daaraan toegevoeg word, verduidelik dit. Hy dra alle dinge deur die woord van sy krag. As Hy net n beeltenis of n prentjie van God was, sou Hy beslis nie dit kon doen nie. Joh. 14:9 s: Hy wat my gesien het, het die Vader gesien." Hy is dus ver meer as n gewone beeld, Hy is God self en deel sy wese. Joh. 1:18 s: Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar. Jesus verteenwoordig dus vir God, maak Hom sigbaar en deel sy wese.

Ons moet die Bybel altyd in die konteks lees waarin dit geskryf is. Hier by Kol. 1:15 sou ons wel kon s dat die woord beeld nie altyd n perfekte en totale beeltenis wat ook een en dieselfde wese deel, beteken nie. Tog moet ons in hierdie verband waarin die woord gebruik word en tesame met ander verse wat ons aanhaal, tot die enigste logiese gevolgtrekking kom. In hierdie vers is Jesus nie net n afbeelding of dubbelganger van God nie. Hy dra ook al God se eienskappe, sy krag en sy hele wese. Kyk ook na Fil. 2 :6 waar die gestalte van God ter sprake kom. Jesus het nooit van daardie gestalte afstand gedoen nie, maar Hy het daarmee saam die gestalte van n mens aangeneem. Die liberales wat die gesag van die Bybel ondergrawe, is gou om vir ons te s dat Jesus maar net n gewone mens was. Maar hier staan dit in Filippense dat Hy die gestalte van n mens aangeneem het. Wat beteken dit? Wel, die liberales is reg, Hy het n ware mens geword. Maar as gestalte van n mens beteken dat Hy n ware mens geword het (vers 7), dan beteken gestalte van God in vers 6 ook dat Hy nie net n prentjie van God was nie, maar self ook God. Hierdie begrip word ook bevestig deur Fil. 2 :9-11.

Kom ons kyk nou na die tweede deel van Kol. 1:15.
Die eersgeborene van die hele skepping
Die term eersgeborene kom baie in die OT voor. Ons kan nie nou in detail daarby stilstaan nie. Meestal gaan dit daar oor die eersgeboortereg, die meerdere erfporsie en die gesag of belang van die eersgeborene bo die ander in die familie. Gevolglik word die woord eersgeborene dikwels in die Bybel op simboliese wyse gebruik vir begrippe soos voorrang, gesag, eienaar, meerdere, ens. Vergelyk ook die woord eniggeborene met eersgeborene. Jesus was ook God se Eniggeborene. Nie een van die twee woorde dui op enige manier op sy geboorte of op n idee dat Hy n geskape wese mag wees nie. Hy is eenvoudig God se Eniggeborene omdat alles wat aan God behoort, ook aan Hom behoort. As God n ongeskape en ongebore ewige Goddelike wese is, dan is Jesus as Eniggeborene dit ook, want Hy erf dieselfde eienskappe as God.

Ons leef in n wreld waar Jesus nie meer net deur die Jehova-Getuies en deur Sakkie Spangenberg nie, maar ook deur die koerante, skole, kerke, regering, universiteite en om elke hoek en draai afgetakel word. Hierdie verse in Kolossense tesame met die ander wat ons aanhaal, is vandag weer meer aktueel en belangrik as wat dit ooit was. Maak groot erns hiermee en verkondig dit met ywer.

Die Jehovas s in hulle vertaling van die Bybel dat hierdie vers bewys dat Jesus net n geskape wese is, die eersgeborene van God. Die waarheid is egter dat Paulus hier juis die teenoorgestelde probeer bewys. Die brief aan die Kolossense is geskryf teen die dwaling van die gnostiek wat beweer het dat Jesus as geskape wese n laere manifestasie van God was. (1) Paulus skryf hier teen hulle, baie beslis nie om hulle te ondersteun nie! Hierdie feit alleen is reeds n aanduiding hoe klaaglik die Jehovas hierdie vers (moedswillig) misverstaan. (2) Die hele hoofstuk en boek beklemtoon Christus se soewereiniteit bo die ganse skepping. Dus is dit onmoontlik dat die vers kan beteken dat Hy self ook maar net n geskape wese is. (3) Vers 16 s Hy het alle dinge geskape. As dit waar is, is dit onmoontlik dat Hy self ook geskape kan wees. Hy kan tog nie Homself skape nie. Die Jehovas se Bybel s Hy het alle ander dinge geskape, maar ander staan nie in die regte Bybel nie. (4) Die eersgeborene is deur die engele aanbid (Heb. 1:6), maar n geskape wese kan nie aanbid word nie. Eersgeborene beteken dus nie dat Hy gebore of geskape is nie. (5) Die Griekse woord vir eersgeborene is prototokos. As dit eersgeskapene was, dan sou dit protoktisis moes wees en dit is nie die geval nie.

Gaan kyk gerus in die OT reeds wat die verhewenheid en die waardigheid van die eersgeborene was (Ex. 13:2-15; Deut. 1:17). Dit is tog die gedagtes wat eintlik hier deur die woord eersgeborene uitgebeeld word.

Die ware betekenis van eersgeborene in hierdie vers gaan eenvoudig oor verhewenheid en gesag. (1) Hy is self die Skepper van alle dinge (v. 16). (2) Hy is vr alle dinge en ver verhewe bo alles (v. 17). (3) Rabbis het God self ook die Eersgeborene genoem om sy verhewenheid bo die skepping aan te toon. (4) Paulus beklemtoon die Godheid van Christus orals (2:9; Titus :13). (5) Paulus (1:18 ) en Johannes (Openb. 1:5) praat van Jesus as die Eersgeborene van die dode. Eersgeborene beteken dus weereens nie dat Hy gebore of geskape is nie, maar dat Hy verhewe is oor alle skepsele omdat Hy die eerste een is wat skepsele se grootste vyand, nl. die dood, oorwin het. Hy is die eerste vrug uit die opstanding (1 Kor. 15:20). (6) In die OT word Israel al God se eersgeborene genoem (Ex. 4:22; Jer. 31:9). Wys dit op Israel se geboorte of hulle totstandkoming? Nee! Dit wys net dat hulle God se spesiale uitverkore volk was en dat hulle n posisie van gesag en verhewenheid gehad het wat verhewe is bo die ander volkere.

Wat beteken dit vir jou en vir my dat Jesus die Beeld van God en die Eersgeborene van God is? Ek kan aan n hele paar implikasies dink: Eerbied en volle erkenning van sy gesag. Hy is die een wat lewe en onverganklikheid in Homself in stand hou. As ek in die ewige lewe glo, dan glo en verwag ek dit van Jesus Christus en van nrens anders nie. Sonder Jesus sou ek God nooit geken het soos ek Hom nou ken nie. Ek sou Hom nooit my Vader kon noem nie. Jesus het God aan my bekend gestel en naby my gebring. Hy het die skeiding tussen God en mens aan die kruis verwyder en die hemel vir my oopgemaak. Mag ek Hom daarvoor ewiglik prys!

Mag die genade van God julle bewaar tot ons volgende keer weer gesels

Groete
David

David2
Mar 18th 2008, 02:38 PM
"Want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape".

Toe ek oor hierdie vers opgelees en nagedink het, is ek opnuut getref deur die grootse glorieryke gesag en almag van Jesus Christus, tesame met die onbegryplike groot waarheid dat dit juis Hy is wat in liefde Homself na my neergebuig het.

By hierdie vers s sommige vertalings alles is deur Hom geskape terwyl ander s in Hom. Albei is waar, maar die idee wat waarskynlik hier na vore gebring word, is dat die skeppingsmag in Jesus Christus gesetel is. Die woord wat vir skep gebruik word is ktidz en hierdie woord word in die Bybel eksklusief van God gebruik. Niemand anders behalwe God het ooit iets geskep nie. In Afrikaans word die woord, veral in die laaste jare, ook van mense gebruik. Ons praat van n vrou as n tuisteskepper en van n digter, skrywer of kunstenaar ook as die een wat die werke geskep het. Nie so in die Bybel nie. In die Bybel is dit God alleen wat skep.

In die hemele en op die aarde.
Die sterrehemel en die heelal word ook in die Bybel hemel genoem, maar die woord word meer dikwels gebruik vir die woonplek van God, veral as dit soos in 2 Kor. 12:2 die derde hemel genoem word. Ook in Ef. 4:10 word ges dat Christus opgevaar het bokant al die hemele. Alles wat deur Christus geskape is, word dus hier opgedeel in twee kategori: Die hemel en die aarde, net soos in Gen. 1:1. In hierdie verband wil ek n baie belangrike vers aanhaal, Joh. 3:12:

As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as ek julle van die hemelse vertel?

Jesus was by uitstek die persoon om Nikodemus van die hemel te vertel want Jesus het die hemel geskep. Water en gees wat Jesus aan Nikodemus verduidelik het, was hemelse waarhede. Dit was geestelik en onsigbaar. Beteken die water van Joh. 3 die waterdoop? Ek dink nie so nie. Jesus het begin om hemelse waarhede aan mense te leer. Dit was anders as die tempel en die offerdiens wat fisies en aards was. Die bedeling van die gees het naby gekom. Later het Jesus ook die liggaam van Christus geskep, een van die heel grootste waarhede van die hemel (Ef. 2:15). Ons is deel van die liggaam van Christus as ons aan Hom behoort.

Meeste mense wat lees dat Jesus die hemel en die aarde geskape het, dink aan die aarde en die sterrehemel daarbo. In die lig van wat ons sopas ges het, sal ek eerder so daaraan dink dat die aarde dui op alles wat fisies is en die hemel op alles wat geestelik is. Om dit te bevestig kan ons weer kyk na Kol 3:1-3 en sommer ook uit daardie verse die geestelike boodskap en betekenis kry van die feit dat Christus die hemel en die aarde geskape het. Israel was aards en met n aardse verwagting. Die liggaam van Christus in die bedeling van genade is hemels met n hemelse tuiste, belang en vooruitsig. Om dit te bevestig kyk ons na die volgende woorde in ver 16:

Wat sienlik en onsienlik is.
Mense wat dit moeilik vind om geestelik te dink, verstaan hierdie woorde as n verwysing na klein mikro-organismes wat mens nie met die blote oog kan sien nie. Ek stem nie saam nie. Met n mikroskoop is selfs daardie dinge ook sienlik. Die dinge wat onsienlik is, is die dinge van die hemel wat Jesus in Joh. 3 aan Nikodemus begin verduidelik en wat ten volle in die briewe van Paulus aan die gemeente uitgel word. Is daar nog n God soos ons God, Jesus Christus? Is daar nog n God wat n hermel en n aarde geskape het? Die ander sg. gode verstaan nie eers wat die hemel beteken nie, laat staan nog om so iets te kan skep.

Trone, heerskappye, owerhede en magte.
Hierdie is persone of ander instansies van gesag wat beide in die hemel of op aarde kan wees, goed sowel as sleg. Hierdie dinge is alles deur Christus geskape. Hy het hulle nie sleg geskape nie, maar deur die sondeval het hulle self gekies om sleg te wees. Hoewel die ongelowige owerhede van die aarde nie sy gesag erken nie en met Hom spot, sal hulle ook binnekort voor sy gesag te staan kom. Elke tong sal bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader" (Fil. 2:11). Ons is in hierdie bedeling aan die owerhede van hierdie wreld onderworpe en ons moet hulle gehoorsaam, maar ons is nie totaal aan hulle uitgelewer nie. As hulle van ons iets verwag wat in stryd met ons geloof is, kan ons hulle nie gehoorsaam nie en hulle daarop wys dat ons eintlike lojaliteit l by die Een wat hulle geskape het.

Vers 16 sluit af met n geweldig belangrike stelling. Christus is nie alleen die Skepper in wie alle skeppingsmag gesetel is nie, Hy is ook self in persoon die einddoel van die hele skepping. Alles is tot Hom geskape. Jesus Christus is die rede waarom alle dinge geskape is. Goed, ons weet dit, alles wat geskape is hou Jesus nie in erkenning nie, nog minder is hulle op sy eer en sy heilige doel gerig. Maar hierdie mense of owerhede of magte sal aanstonds getoets word aan die doel waartoe hulle geskape is. As hulle nie tot sy eer en tot bevordering van sy evangelie opgetree het nie, sal hulle verdoem word. Hierdie waarheid is op ons almal van toepassing. Is jy deel van die hemel of van die aarde? Verstaan jy waarom jy geskape is? Is jy besig om jou lewensdoel uit te leef? Hoeveel van jou tyd en energie gaan vir jou eie eer? Selfs in die bediening word mense se werk so dikwels gekenmerk deur n strewe na eer, status en erkenning. Moenie jou ophou met n soort bediening waar jy vir jouself ook n staanplek inruim nie. As jy dit doen het jy vergeet dat jy tot Hom geskape is.

:pray: O Here, gee dat die doel waartoe God my geskape het in my lewe uitgewerk sal word. Laat Christus en die hemel al meer gestalte in my vind.

David2
Mar 22nd 2008, 02:32 PM
Garis! Ek groet julle in die genade van Jesus Christus

Hierdie kort versie is werklik n juweel. Midde in hierdie grootse stelling wat van Jesus Christus gemaak word in Kol. 1:15-20, kom vers 17 as n kort samevatting en n verklaring van die presiese en regte betekenis van dit alles. As jy dalk n Jehova getuie of n liberalis of n koerantaanhanger of boekgeleerde is wat alles om jou op natuurlike wyse wil verklaar en nie plek het vir die ware Bybelse Jesus Christus nie, moet jy weer gaan kyk na hierdie vers. Of as daar in vers 15 en 16 sekere dinge staan wat jy dalk moedswillig so wil verklaar dat Jesus ook net n gebore en geskape wese is en maar net n afbeelding van God is, dan moet jy ook maar weer na vers 17 gaan kyk.

Hy is voor alle dinge en in Hom hou alle dinge stand..

Christus is voor alle dinge. Die teenwoordige tyd word hier gebruik: is. Tog word die woord is verklaar deur voor. Hier kon net sowel gestaan het Hy was voor alle dinge. Dit gaan nie veel verskil maak aan die betekenis nie. Voor kan net een ding beteken: Hy het reeds bestaan voor alle dinge wat geskape is. As mense nie wil glo wat in die Bybel staan nie, dan glo hulle eenvoudig nie. Ons kan nie veel daaraan doen nie. Maar om die Bybel self te gebruik om aan te toon dat Jesus net n geskape wese is, is net nie moontlik nie. Ook Ps. 2:7 wat s U is My seun, vandag het Ek self U gegenereer. Kan op geen manier beteken dat God in tyd een of ander tyd vir Jesus geskape het nie. God se vandag is die ewigheid. Dit staan in elk geval reeds in Ps. 2:7 en daarom wys dit ook beslis nie op Jesus se geboorte in Bethlehem nie. Nee, Hy bestaan voor alle dinge.

Tog het Adam en Abraham en andere in die Ou Testament nie oor die openbaring beskik om Christus te verstaan soos ons Hom verstaan nie. Die Bybelse openbaring ontvou progressief. Kol. 1:15-20 kon nie al in Genesis gestaan het nie. Ons sou dus ook kon praat van Jesus se geboorte of sy generering in ons hart en in ons verstand. Op die regte tyd is die volle waarheid van Jesus Christus aan die lig gebring. Juis daarom is dit tog so ironies en tragies dat juis nou dat ons oor die volle kennis van Jesus Christus beskik, is daar die grootste mate van teenkanting, apatie en ontkenning oor die ware feite in verband met Hom.

Ja, Jesus bestaan voor alle tye, maar dit is nou, in die bedeling van genade wat ons Hom ten volle ken. Dit kan ook nie anders nie, want ons is deel van Hom en van sy liggaam. Diegene wat Kol. 1:15-20 se waarheid oor Jesus Christus verlon, kan nie deel van Hom wees nie. Jesus het God sigbaar kom maak vir ons. As lede van sy liggaam bring Hy ook wonderlike dinge in ons tot stand (20-23). Maar hoe kan Hy hierdie dinge in ons doen as Hy nie is wie Hy hier s Hy is nie?

In Hom hou alle dinge stand

Met hierdie tweede uitspraak in vers 17 sien ek ook n verdere verband met ons geestelike status. Ja, Hy hou alle dinge in die heelal stand deur sy krag, maar Hy hou ook die liggaam van Christus in stand, die nuwe skepping van God vir die bedeling van genade. Die woord vir hou stand is in Grieks in die perfectum tyd van die werkwoord. Dit wys dus op n werk wat aanvanklik lank gelede gedoen is, met n voortduurende effek vir elke dag. Hy het nie net aan die begin geskep en toe alles net so gelos om self aan te gaan soos in die desme geglo word nie. Wetenskaplikes het nou al met groot moeite sekere natuurwette ontrafel , maar hulle het nog nie kwartpad gekom om die orde in die natuur en die heelal ten volle te verklaar nie. Plaas dat hulle maar liewer erken: Die wonderbare groot krag en wysheid van die skepping word nou nog steeds dag vir dag ten toon gestel in die onbegryplike samehang, orde en samebindinde krag in die natuur.

Maar as hierdie feit in die natuur vir ons wonderlik is, dan is dieselfde ook waar in die onsienlike wreld. Onthou, Hy het nie net die aarde geskape nie, maar ook die hemel; nie net die sienlike nie, maar ook die onsienlike. Hy het die liggaam van Christus geskep en vir jou en my binne in die liggaam hergebore laat word. Watter wonder is nou die grootste? Die een wat jou aanvanklik n Christen laat word het, of die een wat jou elke dag as kind van God in stand hou? Goed, daar is ook die teologie wat glo dat Christene hulleself as verlostes in stand hou. Maar dit is nou nie wat ek glo nie en dit is ook nie wat hierdie vers s nie. Presies soos wat Hy die sigbare skepping in stand hou, hou Hy ook die onsigbare een in stand. Ja, waarlik, ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my.

Wederom tot volgende keer
David

David2
Apr 7th 2008, 02:27 PM
Baie welkom by ons bespreking van Kol. 1:18

"En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees".

Mense wat die Bybel na willekeur lees (die meeste Christene) besluit sommer self wat hulle waar ook al uit die Bybel vir hulleself wil vat. Hulle ontken dus die orde wat in die Bybel self vir ons aangegee word en waarvolgens ons die Bybel moet verstaan, interpreteer en geniet. Kol. 1:18 is een van baie verse in die Bybel waar hierdie orde baie duidelik vir ons aangegee word. Ons is nie deel van Israel of deel van die verbond of deel van die uitverkore volk nie; ons is deel van die liggaam van Christus. En waar begin die liggaam van Christus? Jesus het as Eersgeborene uit die dode Hoof van die liggaam van Christus geword. Die liggaam van Christus begin dus eers na die opstanding en die hemelvaart. Die verhale in die vier Evangelies is wel vir ons lering, maar ons kan nie alles wat daar staan direk op onsself toepas nie. Jesus was toe nog net bestem om die Eersgeborene uit die dode te word en die Hoof van die liggaam van Christus te word. Hy was dit nog nie. Gelowiges in daardie tyd was toe nog nie lede van die liggaam van Christus nie. Hulle was eenvoudig Israeliete en verbondskinders. God het deur middel van n verbond met een volk met hulle gewerk en het ook baie tekens en seremonies aangewend wat vandag nie meer geldig is nie.

Die feit dat Jesus die Eersgeborene uit die dode is, bring die groot waarheid tuis dat die lewe wat ons nou binne die liggaam van Christus leef, n nuwe geestelike bestaan is. Ons fisiese, liggaamlike bestaan erf ons van Adam af, maar ons geestelike bestaan kom van Christus af. Deur Jesus Christus kom n nuwe geslag geestelike wesens tot stand. Onthou: agt is die getal vir opstanding en nuwe lewe. Dit is daarom ook nie snaaks dat dit die agtste waarheid is wat in hierdie verse van Jesus vir ons geleer word nie: 1. Die beeld van die onsienlike God. 2. Hy bestaan van altyd af en was daar voor enige iets anders. 3. Alles in die heelal is deur Hom geskape. 4. Christus is die einddoel van die hele skepping. 5. Hy hou alles wat Hy geskape het, voortdurend in stand. 6. Hy is die Hoof van die liggaam, die gemeente. 7. Hy word die Eersgeborene of die Begin genoem. 8. Hy is die Skepper van n nuwe geslag geestelike wesens.

Nou kom ons by n baie belangrike woord in hierdie vers: sodat. Hierdie is n woord wat ons eintlik self by baie verse moet byskryf. Waar die evangelie vir vandag ook al in die Bybel uitgel en geleer word, moet ons self die sodat byskryf en vir onsself s wat die doel en die betekenis vir myself is dat ek nou hierdie dinge geleer het. Maar gelukkig word die sodat somtyds wel vir ons gegee, soos in hierdie geval. Hier is nou vir julle die kans om sommer n groot preek oor een woord in n vers te maak. Sodat Hy in alles die eerste kan wees. Eers moet jy uit vers 15 tot 18 vasstel wie Jesus werklik is, tesame met die geweldige belangrike waarheid dat Jesus nou, in ons bedeling, nog meer geword het as wat Hy voorheen was. As Eersteling uit die dode het Hy nog meer geword en nog meer gedoen. Hierdie dinge moet ons alles eers onder die knie kry om by die groot sodat uit te kom. Sodat Hy in alles vir ons die eerste kan wees.

Die Christendom van vandag gaan ontsettend mank aan diepte en kennis. Mense jaag na emosionaliteit, rels, wette en aangeplakte vroomheid. Mense hou baie van stories oor liewe Jesus, veral die wonderwerke wat Hy gedoen het tydens sy aardse bediening. Maar nou lees ons van Christus as eersteling uit die dode en Hoof van die Liggaam. n Standhoudende en grondige toewyding en verbintenis met Jesus Christus moet gebaseer wees op n grondige kennis van wie Hy is, wat die gesag is wat aan Hom toegeken is, wat Hy by die opstanding bewerkstellig het en wat Sy hemelse status en bediening aan die liggaam van Christus vandag behels. Paulus verkondig nie n soort verbintenis en toewyding met Jesus wat in onkunde gehul is nie. Hoeveel keer s Paulus nie: Broeders, ek wil nie h dat julle nie moet weet nie.

Hierdie in-diepte-kennis van Jesus Christus is die noodsaaklike onderbou sodat mense waarlik Jesus eerste in hulle lewens sal maak. As jy Jesus werklik ken soos wat Hy nou, op die kruin van die openbaring hier in die briewe aan die gemeente Homself kenbaar gemaak het, sal jy nie anders kan as om Hom waarlik die eerste plek in jou lewe te gee nie! Jesus was die eerste in die ganse skepping, die eerste en enigste sigbaarmaking van God, die eerste om die dood te oorwin, die eerste en die Hoof van die Liggaam van Christus en nou vra Hy om ook die eerste in jou lewe te wees. Gaan jy die plek aan Hom toeken? Maar ek is bevrees dit gaan meer as net n besluit van jou vra. As Jesus werklik eerste in jou lewe is, dan gaan jy vir die wreld hierdie agt dinge moet wys wat jy van Jesus geleer het. Julle ken die storie van die drie vols op die draad. Twee besluit om weg te vlieg. Hoeveel bly daar oor? Het jy ges een? Nee, jy is verkeerd. Besluite beteken niks. Hulle het net besluit om te vlieg, maar dit toe nie gedoen nie. Al drie sit nog daar. Gaan jy net besluit of instem dat Jesus eerste is, of gaan jy prakties die eerste plek aan Hom gee?

Ek gaan nou nie eers probeer om n lysie te maak van al die goed wat in die lewe Jesus se plek in ons lewens inneem nie. Vergeet nou maar van die eie-ek, die wreld, die ambisie, die inkomste, ens. Dink maar net binne-in die kerk en in die geloofsgemeenskappe. Selfs op hierdie terrein word dikwels vanuit geloofsoogpunt dinge aan mense voorgehou wat effektief Jesus van sy eerste plek beroof. Kerkisme en lojaliteit teenoor n denominasie, mensgemaakte vroomheid, veinsing, skynheiligheid, nakoming van tradisies, emosionaliteit, ens.

As Johannes die Doper wat in die tyd geleef het toe Jesus nog nie die dinge deur die opstanding bereik het wat ons nou hier leer nie, tog ook al so n geweldige respek en erkenning vir Hom gehad het, hoeveel te meer moet ons dit dan nie h nie. Hy het van Jesus ges:

Hy wat na my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as Ek.
Dit is Hy wat na my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie Joh. 1:15,27.

Hartlike groete tot die volgende aflewering.
David

David2
Apr 10th 2008, 07:53 PM
Genade vir elkeen wat bly is in die volheid van Jesus Christus!

Kol. 1:19
Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon

Die 83 vertaling s:
God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon

Die agt uitsprake in verband met Jesus Christus word kragtig en ondubbelsinnig in hierdie kort vers saamgevat. Die ou vettaling is n direkte weergawe van wat in die oorspronklike Grieks staan. Die 83 vertaling gee n duidelikke interpretasie van wat dit beteken. Alles wat God is, was en is teenwoordig in Jesus Christus. Ons praat altyd van God die Vader as die eerste persoon in die Goddelike drie-eenheid. Maar volgens vers 18 en 19 lyk dit tog of Jesus Christus in n sekere sin die eerste moet wees. Vers 19 s vir ons dat God die Vader nie afgunstig was dat Jesus nou die eerste sal wees nie. In teendeel, dit het Hom behaag. Dit was die vervulling van sy werklike wens dat Jesus die volle en totale wese van God-drieenig in Hom sou h en dat Hy in alles die eerste sou wees. Jesus Christus is waardig (Op. 5:9) om ten volle as God en Here aanbid en erken te word. Maar let op: Laat ons nie net korrek wees in ons denke oor Jesus en in ons belydenis nie, laat ons ook korrek wees in ons praktiese uitlewing van hierdie geweldige groot waarheid.

Kol. 1:19 is n belangrike vers wat die onderbou verskaf om die verlossingsdaad van Jesus nog beter te verstaan (soos dit van vers 20 af verduidelik word), maar ook om die die groot waarhede van hoofstuk 2 te kan glo en verstaan, veral vers 9 en 10. Hier dink ons aan die volheid van God. Die Griekse woord is plerooma. Hierdie woord kom ook in Markus 6: 43 voor. Nadat die skare geet het, het hulle van die brostukke twaalf mandjies vol opgetel. Dit staan ook in 1 Kor. 10:26: Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, verwysende na die totale rykdom van minerale, edeldstowwe, natuurlike wondere, sy vermo om lewe van biljoene mense te onderhou, ens. En onthou, die aarde is deur Jesus Christus geskape. Dit is ook n toonbeeld van Jesus se plerooma. Gaan dink na oor wat dit beteken dat al die volheid van God in Jesus woon.

Maar meer belangrik is die feit dat plerooma in eerste instansie as n geestelike begrip beskou moet word. Paulus kom s nou vir ons dat God die liggaam van Christus tot stand gebring het (die geestelike eenheid wat almal saambind wat versoen is met Jesus Christus) om deur hierdie liggaam al die volheid van God aan ons mee te deel (Ef. 1:23). Sy direkte gebed is ook dat ons nou vervul sal word met al die volheid van God (Ef. 3:19). Deur kennis en toewyding moet ons opgroei tot die mate van die volle grootte van Christus (Ef. 4:13). Ons ideaal en doelwit in die lewe is die volheid van Jesus Christus sy liefde, sy opsoekennde genade, sy lankmoedigheid en geduld met mense wat wederstrewig en onvolmaak is, sy onbeperkte vermo om te red en te herstel.

Hoe het Jesus hierdie grootse volheid van God bereik? Hy het eers neergedaal in vernedering tot aan die dood van die kruis en is daarna uitermate verhoog (Fil. 2:5-9). Hy het Homself verneder en God het Hom verhoog.

Dit is treffend dat die woord plerooma n baie prominente funksie het om die eenheid tussen God die Vader, Jesus Christus, die Heilige Gees, die liggaam van Christus en elke gelowige uit te beeld. Vergeet nou maar van die goud en die diamante, die olie en al die voedselbronne van die aarde. Die Bybel wat ek lees praat primr van die liggaam van Christus en van my en jou as lede van daardie liggaam as die uitdrukking van al die volheid van God. Wel, ek weet verseker dat ek nie met hierdie volheid gebore is nie. Daar het rens iets langs die pad gebeur wat God se volheid aan my meegedeel het. Mense, hierdie verhouding wat ons met Jesus Christus het, kan nie in woorde omgesit word nie. Dit is ver verhewe bo ons wildste verbeeldingsvlugte.

:pray: Mag God gee, deur die werking van sy Heilige Gees, dat jy in hierdie week n nuwe begrip, aanvaarding en geloof sal aankweek vir die die volheid van Jesus Christus en dat jou gees met hierdie wonderbare geestelike waarheid versadig sal wees.

Gegroet in die genade van Jesus Christus

David2
Apr 15th 2008, 01:58 PM
Hartlike goeie dag aan almal - want by God is daar ook vir jou en vir my plek ingeruim.

n Sondaar wat Jesus aangeneem het, kan s: Dankie, my sonde is vergewe. Maar om te s: Ek is versoen met God is darem n geweldige uitspraak en n baie groot wonder van Jesus Christus. Die woord versoening dui op n verandering in staat of status. n Mens is in sonde en in vyandskap teen God gebore alhoewel jy as baie jong kind nog nie toerekeningsvatbaar daarvoor is nie. En dan, op een of ander stadium as jy tot die geloof kom en jou Christus as Verlosser aanneem, verander jy uit n staat van verlorenheid en vyandskap tot n staat van verloste en versoende kind van God. Hoe is so iets moontlik? Ons vers s dit kom deur die plaasbekledende offer van Jesus aan die kruis. Net dit. Nie deur beloftes, goeie werke, kerklidmaatskap, doop, tiendes of enige derglike nie. As die Bybel in hierdie vers en en talle ander plekke vir ons s dit is deur Hom en deur die bloed van sy kruis, dan moet ons dit so aanvaar en nie ander dinge in Jesus se plek gaan plaas nie.

Let ook op dat by die woord vir versoening in hierdie geval ook die voorsetsel apo daaraan toegevoeg is. Die basiese betekenis van die woordjie is weg van. Die idee is duidelik. Toe Jesus jou met Homself versoen het, het Hy jou totaal uit die ou status weggeneem. Let op dat hierdie n nuwe waarheid van die huidige bedeling is. In die ou bedeling was daar ook die versoendeksel in die allerheiligste van die tabernakel. Maar die bloed van stiere en bokke moes voortdurend op daardie ark van die verbond gesprenkel word om die versoening in stand te hou en die mense se sonde te bedek. Maar in ons tyd word ons versoen totaal weg van die ou situasie waarin ons was. Die daad wat versoening bewerkstellig het, het ook net een keer plaasgevind, in teenstelling met die ou bedeling waar dit voortdurend herhaal moes word. Ons is dus inderdaad in n nuwe bedeling. Ons leef nou in die bedeling van volkome versoening. Ja, dit is ook n ander naam wat ons vir die bedeling van genade kan gee. Genade beteken volkome versoening en nie net bedekking van sondes nie.

Daar is n hele paar redes waarom ons s dat hierdie versoening volkome is:

1. Ons is nou versoen weg van die ou status af. Die bewyse van sonde word nie meer in die ark bewaar om later moontlik teen ons te gebruik nie. Daar word totaal daarmee weggedoen.

2. In hierdie bedeling is ons versoen deur Jesus se bloed en sy bloed IS volkome. Ons kan nie twee of drie keer versoen word nie - net een keer en dit is totaal volkome en volmaak afgehandel (Hebr. 9:11,12).

3. Hy het volgens die vers alles met Homself versoen. II Kor. 5:19 s God het in Christus die wreld met Homself versoen. As dit die rykwydte van hierdie versoening is, hoe kan daar dan nog iets ontglip? Hoe kan iemand wat versoen is, weer hierdie status van versoening verloor?

4. Versoening beteken vrede, s ons vers en die vrede wat God tot stand bring, is n krag wat kan heers, n nuwe skepping en iets wat ons harte en ons sinne sal bewaar in Christus (Fil. 4:7). Mense, nee, vrede met God is nie sommer net n outjie wat besluit het nou gaan hy in vrede met God leef en dan weer mre daarvan vergeet nie. Nee, vrede met God is n bietjie baie meer as dit. Mense wat dink dat n Christen weer enige dag sy geloof en sy verlossing kan verloor, het nog nie kennis geneem van wat God se versoening en vrede in die Bybel beteken nie.

5. Miskien is hierdie rede die heel grootste en belangrikste. Dit kom uit Kol. 1:17,19 wat ons net hierbo behandel het. Ek gaan dit nie weer herhaal nie. Kom ons lees net weer die verse en laat die verse dan toe om jou iets te leer van hoe volkome die versoening van vers 20 is: Hy is voor alle dinge en in Hom hou alle ding stand. Dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dan volg vers 20 se versoening direk hierna. Miskien sal dit jou oortuig dat vers 19 dalk n hele mond vol oor vers 20 se versoening te s het.

Miskien kan julle aan nog n paar redes dink waarom die versoening met God volkome is. Moenie huiwer nie. Kliek hieronder op post reply en laat ons daarvan hoor.

Dit is my gebed dat Christene sal groei, juig en feesvier in die ware, egte, waarheid en kennis van Jesus Christus se versoening en vrede.

David2
Apr 19th 2008, 05:18 AM
Ook julle wat vroer verreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen.

Hier word die leser daaraan herinner dat hy, natuurlik, soos hy gebore is, in n staat van vreemdelingskap en vyandigheid tot God verkeer het. As jy een van die natuurlike mense op straat ontmoet, sal hy nie veel anders lyk as n Christen nie. Hy sal jou waarskynlik vriendelik groet en baie van jou belangstellings met jou deel. Jy sal heel gemaklik met so iemand vriende kan wees. Maar mag jy dit doen? Om vriendelik met iemand te wees is een ding. Dit moet ons almal teenoor vreemdelinge doen. Maar om n vriend van hom te word is n ander storie. Begin n bietjie met hom praat oor geloofsake en oor Jesus Christus. Gou sal jy uitvind dat daar in sy gemoed n keerwal teen die Naam van Jesus Christus opgebou is. Van buite kan hy heel aanvaarbaar en beskaafd voorkom, maar in sy verstand, sy gemoed, die beheersentrum van sy lewe, is daar iets waarmee jy as Christen nooit vriende kan maak nie.

n Engelse vertaling stel dit baie duideliker: Enemies in mindset. In Afrikaans staan daar net vyandig gesind Die plek waar hierdie vervreemding en vyandigheid in die mens bestaan word duidelik in die vers beklemtoon. In die Grieks staan hier t dianoia , in die verstand. Dit is veral waar van die soort mense van wie ons dikwels so maklik s dat hulle onredbaar is. Hulle luister na geen rede nie en het vir alles n beter verklaring wat met Christus en die geloof niks te make het nie. Sulke mense sou nie gered kon word as dit nie vir die vrede en die versoening van Christus was nie. Dit is tog so belangrik dat ons sal weet wat die setel van die probleem van n ongeredde mens is sy verstand (Rom. 12:2, 2 Kor. 11:3; Ef. 4:23; 2 Tim. 3:8; Titus 3:3). Dit is ook waarom die Griekse woord vir bekering metanoia is, dit is n verandering in jou verstand. Ek en jy kan nie iemand se verstand en sy denksisteem verander nie. Slegs die krag van die evangelie van Christus, gedra deur die Heilige Gees, kan so n mens aanraak en verander. Bid vir hom en vertel hom dan van die vrede en versoening in Christus wat deur sy liggaam aan die kruis bewerkstellig is.

Daar is n groot oorlog besig om daarbuite te woed. Dit is n oorlog om beheer oor die verstand van mense. En ongelukkig moet ons s die speelveld in hierdie oorlog is nie gelyk nie. Satan het massiewe kragte en middele tot sy beskikking om die denke van mense te beheer. Sekulre humanisme is die heel grootste godsdiens vandag. Die mens en sy vermons word aanbid selfs tot ook binne in die kerke. Sekulre humanisme is n godsdiens wat nie eintlik n naam of n kerk of n tempel het nie. Jy weet nie waar hy is nie en tog is hy orals en word deur n massiewe hoeveelheid kragtige en invloedryke instansies verkondig. Nie een van hierdie leerskole leer die mens om Jesus Christus die eerste plek in jou lewe te gee nie. Ef. 6 roep ons op om die helm van geloof op ons kop te sit. Hierdie beeld is baie betekenisvol. Ons het hierdie helm nodig om ons verstand teen vandag se godsdiens van sekurre humanisme te beskerm. Ja, selfs ons wat reeds gered en versoen is, moet onsself beskerm teen hierdie bose aanvegting van die duiwel.

Die ongeredde mens se vyandskap kom navore in sy bose werke. Ons dink dikwels aan bose werke as moord, diefstal, roof, bedrog, verkragting ens. Let egter op dat die werke van die mens wat n vyand van Christus is, in elk geval boos is. Al sou hy dalk vroom en regverdig voorkom, lewe Hy n lewe wat die belangrikste persoon in die ganse skepping misken. Hy lewe dus n leuen, kan God nooit behaag nie en sy werke is boos. Goeie werke is buite bereik van n ongeredde mens. Dit is dan ook waarom ons in die fundamentele Christendom nog altyd daarop staan dat geen mens deur goeie werke gered kan word nie. Waarom nie? Want die sondaarmens kan met die beste bedoeling in die wreld nie goeie werke doen nie. Hy kom net een ding kort, die versoening en vrede van Jesus Christus. Mag die Here jou en my aanspoor om in hierdie oorlog met nuwe ywer n draer van die boodskap van versoening te wees.

Identifiseer en bestraf die werke van die bose en verkondig versoening deur Jesus Christus as enigste reddingsboei.

Verbly jou in God se versoening tot volgende keer
David

David2
Apr 23rd 2008, 06:42 PM
Gegroet in die wonderbare Genade van God!

Hoe is ons versoen? In die liggaam van sy vlees deur die dood
Ons het tot dusver in Kolossense gesien dat die geestelike bestaansruimte van Christene baie sterk beklemtoon word. Christus het die hemel en die aarde gemaak en Hy onderhou dit dag vir dag. Hy het ook die liggaam van Christus in hierdie bedeling tot stand gebring as die nuwe geestelike bestaansruimte van Christene. Is ons dus deel van die hemel of van die aarde? Ek dink dit is duidelik. Ons is deel van die hemel (Ef. 2:6; Fil. 3:20). Tog vind ons hier in Kol. 1: 22 dat Jesus se fisiese, aardse liggaam beklemtoon word. Waarom sou dit wees? Ons moet net onthou dat op daardie stadium toe Jesus aan die kruis in Sy liggaam die versoening bewerkstellig het, het die nuwe geestelike organisme van vandag, die liggaam van Christus, nog nie bestaan nie. Die versoening was toe nog nie afgehandel nie. Ons was nog dood in ons sondes en midsade. Waar het die daad van versoening plaasgevind? In die hemel of op die aarde? Natuurlik op die aarde. Jesus het waarlik n mens geword om ons hier te kom ontmoet waar ons was. (Nie waar ons nou is nie, waar ons toe was.)

Jesus het nie die versoening op geestelike wyse in die hemel bewerkstellig en ons toe opgeroep om onsself uit ons sonde los te wikkel en dan by sy liggaam in die hemel te gaan aansluit nie. Dit kon nie so werk nie. Geen sondaar sou dan ooit deel van die liggaam kon word nie. Nee, Hy oorbrug self die kloof tussen hemel en aarde. Hy word n mens en ontmoet ons hier in ons sondeverlore toestand. Hier op aarde bewerk Hy die versoening tussen ons in Sy liggaam aan die kruis. Hierdie feit sou ons nou as punt nr 6 by vers 20 kon byskryf. Dit is dan nog n bewys van hoe volkome en volmaak die versoening is wat Hy bewerk het. Hy het die hele pad geloop tot hier waar ons is en n volkome versoening bewerkstellig. Let op dat die woordjie apo weer hier voor aan die woord vir versoening bygevoeg is. Dit was n volkome versoening. Om ons los te ruk, weg van (apo) ons aardse bestaansruimte en van ons lede van sy geestelike liggaam te maak, vind die versoening hier op aarde in Sy vlees plaas.

Dink weer aan die feit dat Kolossense n boek van teregwysing teen verkeerde lering is om seker te maak dat Christene die nuwe geestelike lering van die liggaam van Christus wat in Efesirs gegee is, te verstaan en uit te leef. Die Gnostiek was n dwaling wat in daadie tyd sterk aan die opkom was. Hulle het dit ontken dat Jesus waarlik n mens geword het en het ook Sy ware Godheid ontken. Ons kan dus duidelik sien hoe Kolossense hierdie valse lering weerl. I Joh. 4:2 leer ons ook dat dit gebiedend noodsaaklik is om te bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het. n Gees kan nie sterf nie en sonder dat bloed vergiet word, is daar geen vergifnis nie (Hebr. 9:22). Om mense te kon verlos, moes Jesus volkome mens wees (I Tim. 2:5; Hebr. 2:17). Jesus se werklike fisiese liggaam was die enigste middel tot ons verlossing (Rom. 7:4; Hebr. 10:10).

Nou kom ons by punt 7 wat by vers 20 bygeskryf moet word. Hier is die sewende rede waarom Christus se daad van versoening volkome is. Kyk na die gevolge van die versoening wat in hierdie vers duidelik uitgespel word. Kan daar nog iets aan toegevoeg word? Is daar nog iets wat nie gedoen is nie en wat die mens moet help doen? ... om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel. Die woord en kom twee keer voor, maar eintlik was dit nie nodig nie. Heilig beteken alreeds sonder gebrek en onberispelik, maar vir ingeval daar dalk iemand mag wees wat sal s nee, maar die heiligheid wat ons van die versoening van Jesus af kry, is nie afgehandel nie. Dit is maar net n beginsel-verklaring van ons heiligheid. Om waarlik heilig voor die Here te kan wees, moet ons self nog n hele klomp goed daarby doen. Laat ons vers vir so n siening ruimte? Nee, hy doen nie. Hy stel dit baie, baie duidelik dat die heiligheid wat ons uit die versoening van Jesus kry, sonder gebrek, onberispelik en onaantasbaar is.

Mense, ek hoop julle is met my. Ek is nie nou besig om my eie interpretasie aan hierdie vers te gee nie. Ek lees net verantwoordelik en gelowig wat presies hier staan. Ons is hier midde-in n geweldige groot Evangeliese waarheid wat deur bitter min Christene reg verstaan, bely, geniet en uitgeleef word. Toe die groot Amerikaanse dispensasionele prediker, MR de Haan vir die eerste keer besef het (hy was toe alreeds n hele paar jaar n predikant) dat hy nie een enkele duit, niks -maar niks - tot sy eie verlossing en heiligmaking kan bydra nie, was hy eintlik geskok. Hy s hy het hierdie groot waarheid van die suiwere genade van God vroeg in sy bediening ontdek onder die prediking van dr. WL Pettingill: First he alarmed me, then he surprised me, then he shocked me and finally he convinced me. Vandag het ek baie respek en waardering vir MR de Haan se skokervaring wat hy deurgegaan het. Ek het self ook eers heelwat later in my bediening die volle implikasies van die genadeboodskap besef en verstaan. Vandag is dit deel van my bediening om hierdie skokervaring wat MR de Haan deurgegaan het, te preek en te verkondig en te bid dat daar baie meer Christene sal wees wat met n skok sal besef dat hulle niks tot hulle saligheid en heiligmaking kan bydra nie.

Daardeur s ek natuurlik nie dat hierdie skokervaring n soort geestelike ervaring is wat elke Christen deelagtig moet word nie. Nooit nie. Ons het net een geestelike ervaring en dit is die dag toe ons die versoening (volkome versoening wat ook heiligmaking insluit) van die Here Jesus Christus in ons lewe aanvaar het. Dit mag wees dat jy op daardie dag toe jy jou lewe aan Jesus oorgegee het, ook reeds die volle implikasies van die boodskap van God se genade verstaan het. Maar die meeste van ons het soos MR de Haan eers heelwat later met n skok besef wat die eintlike fundamentele Bybelse waarheid van die evangelie is. En dit is tog ook maar n soort geestelike ervaring, is dit nie? Ek bedoel, wat beteken die term algehele oorgawe wat dikwels deur Andrew Murray gebruik is, nou eintlik?. Wat beteken dit om alles aan die Here oor te gee? Was daardie skokervaring van MR de Haan nie dalk sy algehele oorgawe nie? Die oorgrote meerderheid Christene werk daarvoor om hulleself voor God meer aanvaarbaar te maak. Maar ons vers s dat ons heiligheid, gebrekloosheid en onberispelikheid nie dinge is waarvoor gewerk kan word nie. Dit is die vrye gawe van God se guns wat op grond van die versoening in Christus Jesus alleen kom.

Wat nou gemaak? Christene strewe om meer aanvaarbaar voor God te wees, maar ons vers s dat ons in die versoening reeds volkome aanvaarbaar is. Dit is duidelik. Hierdie Christene moet n algehele oorgawe aan die Here doen. Gaan gee oor. Die stryd wat jy nog in jou lewe gestry het, was totaal oorbodig. Christus het die stryd aan die kruis volstry. Hou op om te stry. Gee oor. Hou op om jou Christelike lewe self te probeer leef. Sterf saam met Christus aan die kruis. Laat Christus toe om sy lewe in jou te leef. Onthou: vers 17 het reeds ges: in Hom hou alle dinge stand.

Beteken dit nou ek kan maar sonde doen soos ek wil? Volle heiligmaking is by die versoening aan my geskenk en ek dra niks daartoe by nie. Ek kan dus maar doen wat ek wil en ek sal heilig bly. Mense, asseblief, dit is net diegene wat die genadeboodskap teenstaan wat so praat. Ek is 110% seker dat MR de Haan daardie dag toe hy al sy pogings tot heiligheid aan die Here oorgegee het, baie, baie beslis en seker dit nie verstaan het as n lisensie om sonde te doen nie. Maar goed, kom ons los dit nou eers daar. Ek dink die vers wat ons volgende keer sal behandel, gaan baie meer lig op hierdie saak laat val.

Wederom in die ware volheid van Jesus Christus
David

David2
May 2nd 2008, 03:36 PM
Dra ‘n boom vrugte sodat hy ‘n vruteboom kan bly of dra hy vrugte as bewys dat hy ‘n vruteboom is? Daar is nie baie twyfel oor hierdie vraag nie, is daar? Die vrugte maak tog nie die boom nie, dit is die boom wat die vrugte maak. In die lig hiervan is dit tog so onverstaanbaar dat so baie Christene verse soos hierdie verkeerd lees en verstaan. Net so min as wat ‘n boom se vrugte die boom in stand hou, net so min kan ‘n Christen se werke sy Christenskap in stand hou.

“As julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie ...”
Of miskien eerder: “Soos julle ook gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie ...”

Die vorige vers (:22) is ‘n baie sterk verklaring wat staan in eie reg. Die versoening in Jesus Christus se liggaam aan die kruis stel Christene onberispelik en heilig voor God. Niks kan hierdie stelling verder kwalifiseer of inperk of ongedaan maak nie. Baie beslis ook nie vers 23 nie. Duisende Christene lees vers 23 soos volg: “Ja maar julle moet julle gedra anders gaan julle die versoening verloor”. As so ‘n lesing van vers 23 reg en aanvaarbaar was, dan was al die sewe punte wat ons aangehaal het om aan te toon dat Jesus Christus se versoening volmaak is, nie waar nie. En dit is tog nie moontlik nie. Dit was nie ons eie sewe redes waarom ons glo dat Chrustus se versoening volmaak is nie. Al sewe redes kom almal direk en fundamenteel uit die Bybel.

Dus: Vers 23 kan nie as ‘n inperking of ‘n voorwaarde vir vers 22 gelees word nie. Die vrugte maak nie die boom nie. Die boom maak die vrugte. So, moet dit asseblief nie verkeerd om verstaan nie. Wat die vrugte wel kan doen is om die boom te identifiseer. Dit kan wys watse boom dit is. Maar niks meer as dit nie. En dit is presies wat vers 23 wil s. Die versoening kom van Jesus af alleen, volkome afgehandel (dit is die boom). En omdat hierdie boom nou so volkome heilig en volmaak deur Christus herskep is, daarom sal hy noodwendig vrugte dra. As hy nie vrugte dra nie, dan is hy nie een van die bome waarvan daar in vers 22 gepraat is nie.

As jy dus ook ‘n Christen wil wees, gaan dit op aarde niks help om die goed te doen wat in vers 23 staan nie. In teendeel, as jy nie ‘n Christen is nie, sal jy dit in elk geval nie kn doen nie. Wat gedoen moet word om ‘n Christen te word, kan jy nie doen nie. Dit is gedoen in Jesus se liggaam aan die kruis. Jy kan die dinge van v. 23 ook nie doen om ‘n Christen te bly nie (Vgl. v. 17). Jy kan dit alleen doen om God te verheerlik, om dankie te s en om te wys wat jy is.

Die wat oplettend en noukeurig wil gaan lees in die oorspronklike vers 23 sal daar ook die onbetwisbare waarheid raakloop wat ons nou alreeds van hierdie vers ges het. Die woord “as” in Grieks waarmee hierdie vers begin, is nie ‘n voorwaarde nie. In Grieks is daar twee woorde vir “as”, ei en ean. Die een wat ‘n voorwaarde stel is ean. ‘n Voorbeeld hiervan is: “As jy wil deurkom sal jy nou hard moet leer. Ean gaan dus oor ‘n mootlikheid in die toekoms wat sal realiseer as ‘n voorwaarde eers nagekom word. Vers 23 het niks hiermee te doen nie. Vers 23 se woord vir “as” is “ei”. As voorbeeld hiervan kan jy vir die perskeboom s “As jy perskes dra sal ek weet dat jy ‘n perskeboom is”. Maar die boom kan tog nie dra net wat hy wil nie. Hy kan net dra wat hy gegee is om te dra. Dit is dus in hierdie geval nie werklik ‘n voorwaarde nie.

So is dit ook by ons. Die goeie werke wat ons voortbring is nie daar om iets tot stand te bring of van ons iets te maak nie. Dit is reeds die eindproduk van iets anders wat reeds deur God in ons tot stand gebring is. Lees Ef. 2:9,10 aandagtig.

Nie ‘n verskraling nie, maar ‘n uitbreiding.

Moet dus asseblief nie Kol. 1:23 lees asof daar ean staan in Grieks nie. Daar staan ei. Vers 23 is dus nie ‘n inperking op vers 22 nie, maar in werklikheid ‘n uitbreiding daarop. Wat bedoel ek daarmee? Vers 22 het ges waar die versoening vandaan kom en hoe volkome dit is. Vers 23 gaan dan voort om te s: Nie alleen is jy met God versoen nie, maar ook is die vermo, die potensiaal, en die begeerte in jou hart geplaas om “gegrond en vas te bly staan in die geloof en julle nie te laat afbring van die hoop van die evangelie nie”. Soos jy ‘n boom aan sy vrugte ken, ken jy ‘n Christen aan sy geloof en sy hoop (Lees weer oor die geloof en die hoop by ons verklaring van Kol. 1: 4 en 5). ‘n Christen word nie gered deur vas te hou nie, hy word gered deur te glo in Jesus Christus en dan hou hy vas bloot as resultaat van sy ware verloste posisie in Christus. En selfs as jy moeg voel om vas te hou, kan jy maar weet: Jesus sal nie moeg word om jou vas te hou nie (v. 17). Geen ander godsdiens in die wreld het so ‘n geloof nie en dit is juis die groot waarheid wat ons aan moet vashou.

Die Gereformeerdes glo aan “the perseverence of the saints” of die volharding van die gelowiges. Daardeur s hulle dat as jy waarlik ‘n verloste mens is, jy sal volhard in die geloof. Dit is waar, maar ons kan ook daardie sinnetjie van die Gereformeerdes so ‘n bietjie anders stel. Soos hulle dit stel klink dit amper of dit die gelowiges is wat volhard en so gered word. Nee, dit is ons Here en Verlosser wat volhard (v. 17). Hy het ‘n volmaakte versoening bewerk (v. 22). Dit is Hy wat die volharding en vashouding in ons geplant het. Ons s dus eerder: “ons glo in die volharding van die Verlosser”. Prys sy Naam daarvoor. Die daad van verlossing het nie 2000 jaar gelede by die kruis geeindig nie! Hy is nog steeds besig om te volhard met dit wat Hy in ons begin het.

Dwarsdeur Kolossense moet ons onsself daaraan herinner dat hierdie ‘n boek van teregwysing is. Hier sien ons dit weer. Satan was deur die agente van ‘n valse godsdiens besig om die mense se geloof te ondergrawe. As teenvoeter daarteen s Paulus hier dat mens jou nie van die geloof en die hoop kan laat afbring as jy Jesus Christsus ken soos Hy in vers 15 tot 19 bekendgestel is nie; en soos wat sy volmaakte daad van versoening in vers 20 tot 22 beskryf word nie. Ek dink die boek Kolossense is nou meer aktueel as ooit. Ons moet hierdie groot waarhede deeglik onder die knie kry en gaan preek teen die bose werke van die liberale teolo, die Jehovas, die Katolieke, die Israelvisie, die voorstaanders van werke-heiligheid ens. ens. Paulus het Kolossense geskryf om die leuen te weerstaan. Ons moet dit ook vir daardie doel gebruik.

Om saam te vat: Moet nie die dinge wat Jesus aan die kruis klaar vir jou gedoen het probeer oordoen nie. Dit is nie 'n goeie idee nie, is nie in ooreenstemming met die plan van die evangelie nie, en bring nie die lof en erkenning aan die lewende Christus soos wat dit hier in die voorafgaande verse uitgespel is nie. Moet dus nie 'n metodistiese evangelie navolg wat byna die hele "evangelie" in metodes saamvat wat deur die mens gedoen moet word nie. Bepaal jou volle aandag by die plek waar dit hoort: By die heerskappy, lof, prioriteit en werkende krag van Jesus Christus in die hemel. Laat hierdie denke en ingesteldheid dan deurwerk na jou praktiese lewe. As jou denke en lewe waarlik Jesus-gesentreerd is, sal jy ook noodwendig bewys wie jy is volgens die uitspraak van vers 23.

“Hiervan het ek, Paulus, ‘n dienaar geword” Eintlik is die werkwoord hier in die passief. Ons sou kon s: “Hiervan is ek ‘n dienaar gemaak”. Ons ken die verhaal. Paulus het nie self gekies om ‘n dienaar van hierdie waarheid te word nie. Hy is dit gemaak op die pad na Damaskus. Maar waarom noem Paulus nou eintlik sy eie naam hier? Wel hierdie evangelie wat hy verkondig is anders as die een wat tydens Jesus se aardse bediening verkondig is. Hier is mense tot versoening gelei deur die dood van Christus (v. 22). Daar het hulle ook ‘n evangelie verkondig maar hulle het totaal nie verstaan dat Jesus sou ly en sterwe nie (Luk. 9:45, 18:34), so hoe kon hulle sy dood dan enigsins verkondig? Omdat die vrug van die kruisdood eers hier verkondig is, is die volkome versoening en heiligmaking wat uit die soendood van Christus voortvloei ook eers hier ten volle verstaan. Ja, hierdie evangelie is gans anders as die een wat met die oog op Israel se aardse koninkryk tydens Jesus se aardse bediening verkondig is. En Paulus was aangestel as die eerste verkondiger van hierdie boodskap. Net soos Moses se naam verbind is met die bekendmaking van die wet, word Paulus se naam herhaaldelik verbind met die bekendmaking van die bedeling van die genade van God. Dit is dus die rede waarom Paulus sy naam hier noem. Nie om te spog dat hy ‘n predikant is nie, maar om die evangelie duidelik te identifiseer. Paulus se naam staan vir ‘n nuwe dispensasie en evangelie.

Groete en senwense tot volgende keer.
David

David2
May 4th 2008, 12:30 AM
Waarom s ons hierdie is 'n nuwe begin? Nee, ons praat nie van ‘n nuwe begin in die sin dat alles wat voor Romeine geskryf is nou skielik ongeldig geword het en dat ons Bybels nou by Romeine begin nie. Nee, nie dit nie. Daarvoor is daar te veel ewigduurende en onveranderlike waarhede van God en van die geloof in die hele Bybel opgeteken. Dit bly vir ewig van krag. Tog maak die Bybel dit ook baie duidelik dat daar verskillende bedelings is. Ons leer van geloof van Genesis tot Openbaring en daarvoor het ons amper nie bedelings nodig nie. Maar tog het die uitdrukkingswyse van daardie geloof van tyd tot tyd verander. God het van Kain en Abel gevra om op grond van die geloof ‘n offer te bring. Hy vra dit nie van ons nie. God het van Noag gevra om op grond van sy geloof ‘n ark te bou. Hy vra dit nie van ons nie. God het van Moses gevra om op grond van sy geloof ‘n tabernakel te bou en die mense te leer om op sekere tye sekere voorgeskrewe offers te bring en sekere heilige dae as feesstye aan Hom toe te wy. Nog baie ander dinge moes Moses die volk leer om as uitdrukking van die geloof te doen. Hulle moes onder andere ook die Sabbat onderhou. Maar God vra ons nie om hierdie dinge te doen en ons geloof so te demonstreer nie.

God bly dieselfde. Die geloof bly dieselfde. Gehoorsaamheid bly dieselfde. Liefde en toewyding aan die Here bly dieselfde. Geweldig baie geestelike en praktiese waarhede bly dieselfde. Maar die wyse waarop ons bewys dat ons mense van die geloof is, bly nie dieselfde nie. Goed, sekere aspekte daarvan kan ook dieselfde bly. Ek moet nog steeds my naaste liefh soos myself. Maar die voorskrifte op grond waarvan ek in ‘n versoende verhouding met God kan bly voortleef, het drasties verander. En is hierdie laaste sin nie ‘n geweldig belangrike aspek van ons geloof nie? Is dit nie ‘n belangrike deel van ons geloofslewe om die verlossing en die versoening grondig te ken en te verstaan nie? Die sleutelwoorde is ken en verstaan. In ou Israel kon mense ook in ‘n versoende vehouding met God leef op grond van die soenverdienste van Christus, maar hulle het dit nie geweet nie. Hulle het nog nie die ware grond van ons verlossing geken en verstaan soos ons dit vandag ken en verstaan nie.

Juis omdat hulle nog nie die versoening in Christus geken het nie, moes hulle in daardie tyd van onkunde oor hierdie aspek, hulle versoende verhouding in stand hou deur hulle geloof te bewys deur rituele in die tempel na te kom. Ons het nou net weer Kol. 1:15-23 se studie afgehandel. In hierdie paar verse word Jesus Christus aan die orde gestel en in wonderbare glorie geleer soos nooit in die tyd van Israel en die wet nie en ook nie in die tyd van die vier Evangelies nie. Hoe kan ons nou nog voortgaan om onsself te probeer reinig in ritulete wassingseremonies as die volkomenheid van Christus se versoening nou so duidelik aan ons geleer word?

Die tyd van onkunde oor die ware gronde van verlossing en versoening het verby gegaan en die tyd van volle kennis (Grieks: epignosis) het aangebreek. Kol. 1:24-29 is ‘n direkte aankondiging van hierdie nuwe begin. Die verse kom, heel natuurlik, direk na die wonderbare aankondiging van die volle waarheid van Jesus Christus en van sy versoening (1:15-23). Dit behoort vir die leser baie duidelik te wees hoe die twee gedeeltes met mekaar in verband staan.

‘n Nuwe bekeerling tot die liggaam van Christus wat destyds die boek Kolossense vir die eerste keer sou lees, sou in 1:15-23 ‘n hele klomp goed raakgelees het waarvan daar in die bedeling van die wet nie ‘n woord gerep is nie. Op daardie stadium was sy Bybel nog net die Ou Tetament en die vertellinge van Jesus se aardse bediening. Nie een van daardie twee bronne het vir hom suke dinge geleer as wat hy nou hier in Kolossense van Jesus Christus geleer het nie. Hy kon dus teen die tyd wat hy by Kol. 1:23 kom ‘n hele klomp vrae in sy gemoed gehad het: Waarom het die Here Jesus dan nie self op aarde vir die mense ges dat al die offers en rituele van die tempel gaan ophou en dat Hy, Jesus self, ‘n nuwe skepping tot stand gaan bring, ‘n geestelike liggaam en dat deur sy dood en opstanding Hy ‘n volkome versoening sou bewerkstellig. Waarom het Hy dit nie ges nie?

Wel. Hy kon nie. Dit was toe nog die bedeling van die wet. Hy kan tog nie binne in die bedeling van die wet dinge leer wat eers in ‘n nuwe bedeling daarna sou geld nie. Israel se val is eers in Hand. 13 en Rom. 11 aangekondig. Tot voor daardie tyd het hulle nog die geleentheid gehad om te bekeer en die koninkryk in ontvangs te neem. Eers vandat Israel se val aangekondig is, is die evangelie na die heidennasies geneem.

Dit is die tipe van vrae wat daardie eerste lesers van Kolossense antwoorde op moes kry. Hier by Kol. 1:23 was dit die ideale tyd en plek om so ‘n antwoord te gee. Daarom dan die verklaring van ‘n nuwe begin wat ons aantref in Kol. 1:24-29. Kry nou eers hierdie week ‘n duidelike beeld van waaroor dit gaan in 1:24-29. Lees die verse ‘n paar keer oor. Kry ook duidelikheid oor die rede waarom hierdie verklaring kom direk na die lering van Jesus Christus as die Skepper, die Eerste en die volkome Versoener tussen God en mens. Dan begin ons volgende keer met die detail bespreking van Kol. 1:24.

Senwense toegebid

David2
May 7th 2008, 02:17 PM
Gegroet in die wonderbare genade van Christus!

Vers 24 gaan oor die oorblyfsels van die verdrukkinge van Christus en oor die liggaam van Christus. Voeg nou hierdie twee gedagtes saam en wat kry ons? Wel, Christus se aardse bediening het nie alles afgehandel wat gedoen moes word nie. Daar het nog n groot stuk werk oorgebly. Watter werk is dit dan? Natuurlik, die oprigting van die liggaam van Christus! En net soos die werk wat Jesus wel op aarde gedoen het met lyding en verdrukking gepaard gegaan het, so sou die oprigting van die kerk as die liggaam van Christus ook met verdrukking gepaard gaan. Die oprigting van die kerk as die liggaam van Christus was dus n noodsaaklike voortsetting van die werk van Christus wat deur ander mense namens Hom gedoen is. Die werk wat Paulus gedoen het, is iets wat oorgebly het van die werk van Christus. Dit is iets wat nie deur Jesus self tydens sy aardse bediening gedoen is nie.

Moet nou nie dink dat dit beteken dat Jesus se werk op aarde onvolledig was nie. Dit wat Hy spesifiek kom doen het, is volledig afgehandel. Hy het selfs aan die kruis ges: Tetelestai, dit is volbring; dit is ten volle afgehandel; dit is ten volle betaal. Paulus kom dus nie Jesus se lyding aan die kruis verder afhandel nie. Dit is onmoontlik. Net God kon dit doen en Hy het dit volledig afgehandel. Maar die kerk onder al die nasies is nog nie gestig nie.

Die kerk as die liggaam van Christus is nie deur Jesus tydens sy aardse bediening geloods nie. Al die wonderlike verhale van Jesus waarvan ons in die vier Evangelies lees, speel af binne n ander konteks. Dit is nie die bediening van die kerk onder al die nasies van die wreld wat daar beskryf word nie. Die kerk was toe nog n verborgenheid wat nog nie bekendgemaak is nie (1:26). Jesus se bediening op aarde gaan oor Israel, hulle beloftes van n koninkryk, hulle bekering en oor Jesus se volkome offer aan die kruis.

As ons hierdie hoogs belangrike waarheid gesnap het, kan ons teruggaan na die eerste woorde van ons vers en sommer ook verstaan waarom Paulus hom verbly in sy lyding vir die gemeente. Mense wonder so dikwels waarom Paulus kan s hy verbly hom in sy lyding. Mens kan tog nie bly wees daaroor dat jy ly nie? Nee, en hy s dit ook nie. Hy s dat hy hom verbly IN sy lyding. Terwyl hy ly en verdruk word, verbly hy hom. Hy is nie bly omdat hy verdruk word nie; hy is bly oor dit wat hy gedoen het en nog steeds doen wat tot gevolg gehad het dat hy moes ly. Dit was vir Paulus n massiewe eer, voorreg en verblyding om die onafgehandelde deel van Christus se werk te kon afhandel. Die feit dat hierdie werk vir hom lyding en verdrukking tot gevolg gehad het, was op die oomblik nie vir hom n saak van blydskap nie, maar hy kyk verder as die lyding en verdrukking (2 Kor. 4:16-18 ). Hy dink aan die liggaam van Christus. Dit is die wonderbare groot nuwe verassing van Christus wat Hy self nie eers tot stand gebring het nie, maar aan Paulus oorgelaat het (1:25).

Nog n baie belangrike rede waarom verdrukking en lyding Paulus nie kon onderkry nie, was omdat hy dit verwag het. Toe hy op die pad na Damaskus gered is en sy roeping ontvang het, is daar vir hom ges: Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly (Hand. 9:16). Hierdie selfde boodskap en verwagting het Paulus dan aan die gelowiges oorgedra: Omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly (Fil. 1:29). Met hierdie boodskap gaan Paulus voort tot aan die einde: En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

Eintlik is daar maar min van ons wat al die voorreg gehad het om vir Christus te ly. Goed, in meer algemene sin kan alle lyding in die geloof gesien word as lyding vir Christus. Enige vorm van lyding moet in die geloof aanvaar word en aan Christus oorgegee word met die oog op die grote dag van God se verlossing by die wegraping wanneer alle vorme van lyding verby sal wees. Maar in spesifieke sin is daar min van ons wat werklik al ter wille van Christus gely het. S vandag se jong Christene nog nee vir partytjies waar eintlik net die wreld en die Satan gedien word? Ouers moet kinders ook nie met geweld van sulke plekke weghou nie. Gee hulle die regte Christus-opvoeding en bid dan dat hulle self nee sal s en as gevolg daarvan dan vereensaam en onpopulr word. Dit is n vorm van lyding vir Christus, veral as jy ook jou redes gegee het waarom jy nie daar sal wees nie.

In die kleine is ek en jy ook geroep om namens Christus verder te ly. As Christen verteenwoordig jy die liggaam van Christus op aarde. En wat doen die liggaam van Christus op aarde? Beide die fisiese liggaam van Christus en ook die liggaam wat die gemeente is? Christus se liggaam ly op aarde. Hy kan nie anders nie. Hierdie is nie sy plek nie. Hy hoort in die hemel. Net om hier op aarde te wees, is al klaar n groot stuk lyding vir die liggaam, want hy is ontuis hier. Hy verlang na die hemel. Maar voordat jy hemel toe kan gaan, is daar nog rens n deel van die lyding van Christus wat nie afgehandel is nie en waarop presies net jou naam geskryf is. Gaan jy ook baie bly wees as jy die dag met n skok besef dat die lyding wat jy deurgaan in werklikheid Jesus Christus se lyding is wat jy vir Hom hier op aarde afhandel? Wat n eer en n voorreg is dit nie? Paulus het presies geweet op watter lyding vir Christus sy naam, Paulus se naam, geskryf staan. Weet jy dit ook? Sal dit ook blydskap vir jou tot gevolg h?

Wees altyd vasberade en doelgerig om jou roeping te vervul, ongeag die teenstand.

Groete tot volgende keer
David

David2
May 10th 2008, 08:07 PM
Vers 24 sluit af met die liggaam van Christus en vers 25 vervolg om te s dat Paulus n dienaar van hierdie liggaam geword het. Dit is tog so belangrik dat ons moet ag gee op al die kwalifikasies en beskrywings wat Paulus vir sy bediening gee. In vers 24 en 25 kom hier sommer n hele paar voor.

Vers 24 s dat daar iets oorgebly het van die verdrukkinge van Christus wat deur Pulus klaargemaak moet word. Vers 25 verduidelik nou verder dat Paulus se bediening daaroor gaan om die Woord van God te vervul. Jesus het op aarde die wet en die profete kom vervul. Sonder Jesus Christus sou die wet en die profete nooit enige betekenis gehad het nie. Niemand sou ooit die diepere bedoeling van die wet verstaan het as Jesus dit nie kom vervul het nie. Hy het aan die kruis die offer gebring wat al die offers van die wet beindig het. Maar meer nog, sy hele aardse bediening en ook sy bediening wanneer Hy weer sal kom, gaan betekenis gee aan al die voorspellings van die profete. Wee die valse leraars van vandag wat die profesie misken en Jesus se groot bediening as vervuller van profesie nie aan die mense wil leer nie. Hierdie leraars van vandag sal binnekort moet rekenskap gee van die valshede wat hulle verkondig en die waarhede wat hulle verswyg het.

En nou s Paulus dat die bediening wat vir hom gegee is, ook daaroor gaan om die Woord van God te vervul. Die bedoeling is nou nie om Paulus hier met Jesus Christus te vergelyk nie. Paulus is tog maar net n dienaar van Jesus Christus (Rom. 15:15,16) en kan nooit as sy gelyke beskou word nie. As Paulus dus kom om in sy bediening die Woord van God te vervul dan moet dit gelees word in die lig van vers 24 wat reeds ges het dat daar iets in Jesus se bediening oorgebly het en dat Paulus geroep en aangestel is om dit namens Jesus te kom vervul. Ja, daar is n geweldige groot taak aan Paulus opgedra. Selfs die heel grootste prediker kan nie vandag s dat hy geroep is om die Woord van God te vervul nie. Vir ons almal is die Woord van God reeds vervul. Vir ons is die Woord van God nuttig, leersaam, genoegsaam en volkome (2 Tim. 3:16,17). Niks kan daaraan toegevoeg of weggeneem word nie (Openb. 22:18,19).

Maar toe Paulus geroep is, is die Woord van God nog nie vervul nie. Daar was nog n leemte, n groot leemte wat vervul moes word. Vir elke ding in die lewe is daar n tyd en n plek. As jy n swembad wil bou moet jy eers n gat maak. As jy n huis wil bou moet jy eers n erf koop. Hierdie liggaam wat vers 24 van praat het ook sy tyd en sy plek. Paulus is nie die een wat die gat gemaak of die erf gekoop het nie. Dit is alreeds lankal gedoen. Hy is net geroep en gestuur om daardie gat of erf te kom vervul. Kom ons gaan kyk nou mooi in die Bybel waar is die erf waar Paulus die huis gebou het. Paulus is ongetwyfeld die boumeester wat die huis se fondament gel het, maar die bouplanne en die erf het hy van die Here af gekry (1 Kor. 3:10,11).

In Hos. 1:6-10 voorsien die profeet n tyd in die toekoms wat Israel Lo-Rugama en La-Ami sal wees. God sal hom oor hulle nie ontverm nie en hulle sal nie sy volk wees nie. Wanneer is daardie tyd? Wanneer het dit begin? In Rom. 11: 8 en verder word Israel se tyd van diepe slaap aangekondig. Hierdie tyd sal later opgehef word wanneer die hele Israel soos op een dag gered sal word (Rom. 11:25,26). Vanaf die tyd dat Romeine geskryf is (vroeg in Paulus se bediening) tot by die wederkoms is Israel nie God se volk nie (Lo-Ammi). Hosea Het alreeds ges dat daar so n tyd sal wees. Hierdie leemte of spasie in God se tydskaal is dus reeds deur die profete geken. Maar hulle het nie geweet wat in hierdie spasie ingevul of vervul moet word nie. Toe Paulus in Rom 11 die begin van hierdie tyd aankondig, toe kondig hy ter selfder tyd ook aan dat hierdie tyd volgemaak gaan word met die volheid van die heidene (Rom. 11:25). Hy s dan ook dat hy wat Paulus is, geroep is om die apostel van die heidene te wees. Die heidene is al die nasies van die wreld wat nie Jode is nie, dus ons ook.

Hierdie spasie wat vervul is toe die liggaam van Christus opgerig is, kan op nog baie plekke in die Bybel gesien word. Kom ons kyk na enkele voorbeelde. Kyk na Sag. 9:9,10. Vers 9 is vervul toe Jesus op aarde was. Vers 10 gaan oor die veredryk wat ingestel gaan word wanneer die Messias weer kom. In die Ou Testament het hulle nie geweet dat daar 2000 jaar sou verloop tussen die eerste koms en die tweede koms van die Here nie. Dit is voorspel asof hierdie dinge mekaar sou opvolg. Maar die koninkryk kon toe nie met die eerste koms van die Jesus ingestel word nie want Israel het hulle nie bekeer en die Messias aangeneem nie. n Ander plan wat toe nog verborge was (Kol. 1:26) is ingestel. Paulus kom dus met sy bediening die voorheen onverklaarde gaping tussen Sag. 9:9 en 10 vervul. Kyk vir dieselfde gaping tussen Dan. 9:26 (die kruisiging en verwoesting van Jerusalem byna 2000 jaar gelede) en vers 27 (die regering van die Anrichris wat nou aanstonds gaan begin). Die lesers van die Ou Testament het gedink dat die verse mekaar sou opvolg. Hulle het nie geweet dat Israel in ongeloof hulle Messias sou verwerp, dat hulle koninkryk uitgestel sou word, en dat Paulus hierdie gaping sou kom vervul nie.

Ja, Israel moes hulle bekeer en die Messias aanneem sodat Hy kon terugkeer om hulle koninkryk vir hulle in te stel. Daar is nie vooraf vir hulle ges dat hulle hulle nie sou bekeer nie. Die feit dat die koninkryk vir hulle uitgestel is, kon dus nie vooraf aan hulle bekendgemaak word nie, ook nie dat Paulus sou kom met die nuwe eveangelie van God se genade om hierdie gaping te vul nie. Tot sover as Hand 3:19-21 is dit nog nie bekendgemaak dat Israel verwerp is nie. In die verse word hulle steeds opgeroep om hulle te bekeer sodat die Here kan terugkeer vir Israel en dat die tye van verkwikking kon aanbreek. Dit is dus eers na Hand. 3 dat dit begin duidelik word het dat Israel hulle nie gaan bekeer nie en dat die koninkryk nie toe ingestel sou word nie en dat hierdie leemte nou met Paulus se bedieng gevul sou word.

Om presies te weet wat die plek en die tyd van ons bedeling is en wat God se bedoeling met hierdie tyd is, hou vir ons baie voordele in. Ons kan die Bybel beter verstaan en ons kan ons daarop toespits dat die Goddelike bedoeling met hierdie bedeling werklik nagejaag word. Laat dit vir jou en my nie maar net 'n le gaping in die Bybel wees nie. Laat hierdie bedeling werklik vervul wees met die bediening van God se genade.

Groete en geniet die wonderlike waarheid van God se Woord

David2
May 17th 2008, 07:35 AM
Wat beteken Die Bybel vir jou?

Dink nou eers mooi hieroor na en beantwoord die vraag aan jouself in alle erns.

As iemand my sou vra wat ek glo en wat ek verkondig, dan antwoord ek natuurlik Die Bybel as die Woord van God (Kol. 1:25). Dan kom die persoon en s ja, maar dit is nie wat ek bedoel nie; alle Christene glo tog aan die Bybel. Ek wil weet watter spesifieke groep of interpretasie van die Bybel jy aanhang. Wat antwoord ek dan? Dan begin ek om te s : Nee, jy maak dalk n fout. Nie alle Christene glo dat die Bybel die Bybel is nie. As ek s ek glo aan die Bybel dan s ek dat die Bybel nog steeds vir my Bybel is. Dit is die Woord van God. Die teolo en baie predikante sien die Bybel as n menslike en aardse produk. Wanneer ek s ek glo en verkondig die Bybel as Woord van God, dan sny ek myself doelbewys af van daardie groot massa moderne predikante wat dit nie glo nie.

Maar daar is nog meer.

As ek s ek Glo en verkondig die Woord van God, dan volg ek die kwalifikasie na wat in Kol. 1:25 en 26 aangegee word. Wat beteken dit om vandag in ons tyd die Woord van God te glo en te verkondig? Daar kan geen twyfel bestaan nie. Ons vers s dit gaan oor die verborgenheid. Mense, gaan lees asseblief Kol. 1:25 en 26 baie noukeurig. Staan dit daar dat die verborgenheid een of ander interpretasie van die Bybel is wat deur iemand aangehang word? Staan dit daar dat die verborgenheid een of ander belangrike of onbelangrike afdeling van die Bybel is? Of s ons vers dalk dat die verborgenheid n interessantheid of n hulpmiddel is om die Bybel beter te verstaan? Nee. Nie een van hierdie goed staan daar nie. Ons vers stel die verborgenheid gelyk aan die Bybel. Die taalkundiges sal vir jou s dat die verborgenheid in hierdie sin n byvoeging of n verduideliking van die Woord van God is. Dit is nie n teenstelling nie, dit is n saamstelling.

So, wat s dit vir jou? As jy vandag s jy glo en verkondig Die Woord van God dan moet jy eintlik daarmee saam bedoel dat jy die verborgenheid ken, verstaan en verkondig. Ons s dus weer, die verborgenheid is nie n onderafdeling, interpretasie of n interessantheid van die Bybel nie, dit IS die Bybel. Goed, daar is baie dele, die grootste deel van die Bybel wat niks van die verborgenheid af weet nie, maar ons leef nie nou in daardie dispensasies nie. Ons leef nou in die bedeling van die genade van God en nou IS die verborgenheid die Woord van God. In die 1983 vertaling is hierdie feit (gelukkig) ook baie duidelik. Vers 25 begin met: Dit is die geheimenis .... Die nuwe vertaling stem saam dat om die Woord van God ten volle te verkondig, moet mens die geheimenis aan die mense uitl, die waarheid wat nooit voor Paulus se tyd geken is nie. (Net jammer die 1983 vertaling spel die woord van God met n kleinletter. Die gesag en status van die Bybel word hier ingekort.)

Die woord verborgenheid kom 28 keer in die Nuwe Testament voor. Drie daarvan is in die eerste drie evangelies en verwys na dieselfde uitspraak van Jesus. Ons kan dus s dat hierdie drie voorkomste van die woord eintlik net een is. Dit was natuurlik ook n ander verborgenheid wat Jesus daar van gepraat het, en nie die een wat hier aan Paulus opgedra is om aan die lig te bring nie. Jesus praat daar van die verborgenheid van die koninkryk. Hoewel die koninkryk (die Messiaanse ryk of duisendjarige vrederyk) geweldig baie in die Ou Testament verkondig is, was daar sekere aspekte van die koninkryk wat die dissipels nog nie geweet het nie en wat nie in die Ou Testament vir hulle ges is nie. Volgens alle aanduidings in die Ou Testament moes die koninkryk dadelik ingestel word wanneer die Messias kom. Toe begin Jesus om vir die eerste keer n negatiewe element van die koninkryk aan die lig te bring. Hierdie krom en verdraaide geslag gaan Hom verwerp. Slegs n klein minderheid van Israel in daardie tyd was kinders van die koninkryk. Jesus maak dus inderdaad n verborgenheid bekend dit is n waarheid wat nooit voorheen geken of geleer is nie.

By verre die meeste van die voorkomste van die woord verborgenheid kom in die briewe van Paulus voor (21). Dit is te verstane, want nadat Israel in Rom. 11 ter syde gestel is, moes daar noodwendig n nuwe waarheid met n nuwe hoop en vooruitsig aan die mense bekend gemaak word. Israel was eksklusief die verbondsvolk en agent van God op aarde. Tot op Pinksterdag word die evangelie net aan Jode verkondig. Nou word Israel ter syde gestel (Hand. 13 -28 en Rom. 11) wat nou? Nou bly daar niks oor nie! n Nuwe waarheid wat nooit voorheen geken is nie, MOES nou aangekondig word en dit is! Dit is die verborgenheid wat ons vers van praat en wat in ons bedeling ter selfder tyd ook die Woord van God is.

Ons vers s nie wat die inhoud van die verborgenheid alles behels nie, en daarom sal ek nie te veel daaroor hier s nie. Let egter op dat die verborgenheid in hierdie tyd die Woord van God is. Die verborgenheid is ons totale verkondiging. Ons verkondig die Bybel nou op n ander manier as wat hy in Jesaja en Mattheus verkondig is. Ons verkondig Jesus as gekruisigde aan al die nasies terwyl Jesaja en Mattheus (1) geen begrip gehad het van die soenverdienste van Christus aan die kruis nie en (2) ook nie dit as boodskap na al die nasies uitgedra het nie. Die laaste hoofstuk van Mattheus gee wel opdrag dat die evangelie aan al die nasies uitgedra moes word, maar dit was steeds nie die kruisevangelie nie en die opdrag is ook daar net aan Jode gegee. Die apostels het toe ook nooit daarby uitgekom om na die nasies uit te gaan nie. Die ongeloof van die Jode het hulle te besig gehou. Toe word Paulus geroep om die apostel vir die heidennasies te wees (Rom. 11:13; Rom. 15:15,16; Hand. 26:16-18 ). En dadelik gee Petrus die taak om na die heidene te gaan aan Paulus oor (Gal. 2:7-9).

Die verborgenheid wat Paulus hier in Kol. 1:26 van praat is dus nie die uitvoering van Matt. 28 se opdrag nie. Die inhoud van die evangelie soos dit vandag verkondig word is in Matt. 28 nog nie geken of bekend gemaak nie. Dit kan dus nie wees dat die opdrag gegee is terwyl die evangelie nog nie eers geken is nie. Daarom s ons, ja, die Bybel is reg. Dit wat vir Paulus gegee is om te verkondig was in alle opsigte n verborgenheid. Dit is nie eers in Mattheus Markus en Lukas nie en ook nie in die vroe dele van Handelinge geken nie.

Is die verborgenheid maar net n interessante opsionele waarheid van die Bybel? Christene is meestal nie ernstig genoeg daaroor nie. Hulle verstaan nog nie dat die verborgenheid vandag Die Bybel IS nie. Ek gaan nou n streng standpunt oor die saak inneem. Ek doen dit op grond van Kol. 1:25 en 26. Sonder die verborgenheid is die Bybel vandag nie meer Bybel nie. Sonder die verkondiging van die verborgenheid sit jy met n onvolledige Bybel. As jy in jou Christenskap nie aktief besig is om die verborgenheid (oftewel, "die evangelie van die genade van God" of "die woord van die kruis" of "die bediening van genade" soos die Bybel ook na die nuwe waarheid verwys) aan die lig te bring nie, dan is jy nie besig met die Bybel vir vandag nie.

Senwense tot volgende keer.

David2
May 24th 2008, 12:52 PM
Hartlik welkom saam met ons by Kolossense 1

God wou hierdie verborgenheid bekendmaak! Die woord vir wou is etheleisa. God wou dit bekendmaak en Hy het ook. Weereens sien ons dat hier sprake is 'n van nuwe waarheid wat in Paulus se bediening vir die eerste keer aan die lig gebring is. Vers 25 s Paulus het 'n dienaar geword en hierdie vers s dit is God wat hierdie waarheid wou bekendmaak. Tog lees mense nog steeds die Evangelies asof die nuwe waarheid wat eers hier deur Paulus se bediening bekendgemaak is, reeds daar van Matt.1:1 af veronderstel kan word. Ons kan tog nie net "veronderstel" dat sekere dinge reeds bekend is as die Bybel duidelik, soos hier ook, aandui dat dit nie die geval was nie.

En dan gaan die vers voort om ten minste drie aspekte van die evangeie van ons tyd aan te wys wat nie voorheen geken is nie en suiwer "nou" onder Paulus se bediening vir die eerste keer bekend gemaak is. (1) Die verlossingboodskap sonder onderskeid aan alle nasies. (2) Jesus Christus kom woon in ons. (3) Hy self is vir ons die Hoop op die Heerlikheid.

Ja, God wou hierdie waarheid bekendmaak, maar nie sommer enige tyd nie. Daar was 'n tyd daarvoor bepaal. 1 Tim. 2:6 s dit is die getuienis op die regte tyd. Die velossing in Christus Jesus is reeds aan die kruis bewerkstellig, maar is dit ook daar bekend gemaak? Het die dissipels dit die volgende dag uitbasuin dat almal nou gered kan word deur die soenverdienste van Christus? Nee. Het hulle dit dalk op Pinksterdag ges? Nee, ook nie. 1 Tim. 2:6 is dus reg. Jesus het Homself gegee as losprys vir almal, maar die getuienis daarvan het eers gekom "op die regte tyd". Hierdie regte tyd val baie beslis saam met Kol. 1:27. God het bepaal dat hierdie wonderbare waarheid oor die heerlikheid van "Jesus Christus binne in ons" deur die bediening van een apostel bekendgemaak sou word, nie die bediening van twaalf nie.

Ons het ges God wou is etheleisa in Grieks. Presies dieselfde woord kom voor in Matt. 23:37. Jesus wou Israel bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens, maar hulle wou nie. Kan ons dus s dat dit wat God in Kolossense wou doen, dit het Hy gedoen, niemand kon Hom keer nie. Maar dit wat Hy in Matt. 23:37 wou doen, is inderdaad verhinder deur Israel. Hulle wou nie. Om hierdie sake van mekaar te onderskei moet ons so 'n bietjie agtergrondskennis h van die verbonde met Israel. Die enigste verbonde wat God ooit gehad het was in elk geval met Israel. God het nooit enige verbond gehad met die heidennasies nie. Dit is net die stelsel van verbondsteologie wat so dink.

God het deur Moses by Sina 'n voorwaardelike verbond met Israel opgestel. As hulle die voorwaardes van die wet nagekom het, dan sou die hele land vir veilige bewoning tot hulle beskikking gewees het. Maar as hulle nie die wet nagekom het nie, dan sou die vloek hulle tref en dan moes hulle hulle eers bekeer en die verbond herstel sodat die Here God hulle genadig kon wees om die verbondsbeloftes aan hulle te laat toekom (Ex 19). Wel Israel het tydens Jesus se aardse bediening nog steeds onder die bepalinge van die Mosaese voorwaardelike verbond geleef. Hulle moes die bepalinge nakom om die seninge uit die hand van God te kon ontvang. Het hulle dit tydens Jesus se aardse bediening gedoen? Nee hulle het nie! Hy wou hulle bymekaarmaak, maar hulle wou nie, daarom is hulle huis vir hulle woes gelaat. Dit is ook die rede waarom die voorwaarde so prominent in die Griekse teks van daardie vier sluiteltekste in Mattheus voorkom (Matt. 10:23, Matt. 16:27,28, Matt. 23:39 en Matt. 24:34 - in die meeste vertalings sien mens nie die voorwaarde so duidelik nie, maar in Grieks is dit in die optatiewe vorm: die sou gebeur as ...). Jesus wou daar in hulle leeftyd die koninkryk aan hulle gee soos dit nog altyd deur die profete voorsien is, maar daar was 'n duidelike voorwaarde. Die Griekse teks in Mattheus verwys daarna en die verbond van Moses waaronder die mense in daardie tyd opereer het, s dit ondubbelsinnig.

Met hierdie inligting uit Mattheus het ek so 'n bietjie afgewyk van ons vers in Kol. 1:27, maar ek reken stellig dat dit ons instaat sal stel om die nuwe waarheid wat hier in Kolossense aangekondig word, beter te verstaan. God wou in Matt. 23:37 iets doen en ook in Kol. 1:27. Die een in Mattheus het nou na 2000 jaar nog nie gebeur nie, want Israel het nie die voorwaarde van die voorwaardelike Mosaese verbond nagekom nie. In die geval van Kol. 1:27 is dit wat God wou doen presies op die regte tyd onder die bediening van Paulus bekendgemaak en as 'n voldonge en afgehandelde groot heerlike werklikheid aan ons oorgegee. Is die heidene dan beter as die Israeliete? Het die heidene dan die voorwaardes nagekom? Nee, maar ons as heidene staan nie onder die verbond van Moses nie. Moses se voorwaardelike verbond is net met Israel aangegaan en geen niemand anders nie.

Dit is waarom Paulus in hierdie verse so geweldig baie klem l op die verborgenheid, die groot nuwe waarheid wat nou vir die eerste keer bekendgemaak is! Dit is inderdaad nuut. Dit staan onder die "nuwe verbond" (Kyk hoe Paulus in 2 Kor. 3:6 sy bediening vergelyk met die ou verbond wat op klippe geskrywe was). Vandag is daar nie 'n prestasie wat die mens moet lewer sodat God iets vir die mens kan doen nie. Alles wat Hy wou doen dit het Hy ook gedoen en dit ten volle aangekondig en vir almal aangebied. Al wat ons nou te doen staan is om dit te glo en in ons lewe op te neem en God daarvoor vir ewiglik te dank.

Dit is 'n fout om te dink dat Mattheus dieselfde evangelie verkondig as Paulus - 'n baie groot fout. Jesus praat in Mattheus met Israel en roep hulle nog eens op tot bekering, maar hulle wou nie. Hy hou dit toe, ten spyte van hulle weiering, in vier besliste verse aan hulle voor dat hulle nog in hulle leeftyd die koninkryk SOU sien (as hulle die voorwaardelike verbond sou nakom), maar ook dit het hulle nie gedoen nie. Teen Hand. 13 en Rom. 9-11 het die tyd vir Israel toe uitgeloop. Hulle het nie die voorwaarde nagekom nie. Hulle het die dag van heil waar die Messias hulle spesifiek besoek het, nie opgemerk nie (Luk. 19:44). Verse soos hierdie het 'n besondere betekenis net vir Israel en daardie hemelse besoek wat op hulle in besonder betrekking gehad het en wat op die koninkryk moes uitloop. Hulle het dit nie opgemerk nie. Hulle het dit misgeloop.

Maar vandag se lesers van Mattheus erken nie die spesifieke aard van Jesus se besoek aan Israel nie. Hulle lees Mattheus asof die groot nuwe waarheid van die evangelie onder al die nasies reeds daar geken is. Hulle lees dit asof Jesus toe die heidene kom besoek het. Hulle lees dit asof Israel se koninkryk wat aan hulle beloof is en wat hulle so angstig verwag het, eintlik nooit bestaan het nie en asof dit maar net die evangelie vir al die nasies beteken. Wel, as mens Mattheus so lees, sal jy uit die aard van die saak ook nooit kan glo wat daar in ons verse in Kolossense staan nie. Ons verse s Paulus se boodskap is 'n nuwe openbaring. Die bediening aan die heidennasies was van Paulus se tyd af 'n nuwe beginsel. Die geestelike betekenis wat Jesus vandag vir ons het, was in Paulus se tyd 'n nuwe waarheid. Nie een van hierdie dinge kom in Mattheus voor nie.

Ons kan hierdie verse in Kol. 1:25-27 dus maar letterlik lees en glo wat daar staan. Die krag van die hemelse boodskap van Jesus Christus as opgestane en verheerlikte Verlosser kom dan baie sterker na vore. Ons weet dan ook dat die sinoptiese Evangelies Joods is in uitkyk, verwagting en prediking. Ons kan daardie boodskap nie direk vandag toepas nie. Ons kan dit wel, gelees deur die bril van die waarheid van die liggaam van Christus wat in Paulus se briewe voorkom, sekondr in ons tyd toepas. Kolossense 1:25-27 leer dus ook vir ons 'n les oor hoe ons Mattheus moet verstaan en toepas.

Hartlike groete tot volgende week

David2
May 31st 2008, 05:40 PM
Goeie dag in die onverdiende guns van Christus

"aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid"

Kol. 1:27 verdien nog ‘n paar opmerkings. Ons het nou gesien dat die verborgenheid in Paulus se tyd aan die heiliges geopenbaar is. Dit gaan oor die uitstel van Israel se koninkryksverwagtinge, die uitfasering van hulle eksklusiewe nasionale voorrang as verbondsvolk, die uitfasering van die wet en die openbaring van Jesus Christus se versoeningsboodskap aan alle mense sonder onderskeid.

Maar let op, vers 27 wil baie seker maar dat ons die geestelike diepte van die verborgenheid sal verstaan. Toe God die verborgenheid bekend gemaak het, s ons vers, wou Hy ook h dat elke mens die wonderbare heerlikheid daarvan sou verstaan.

Die eerste wonder is dat dit nou onder al die nasies bekend word. Maak nie saak wie jy is, waar jy woon, wie jou voorouers is nie. Die wonderlike aanbod van die evangelie is toe oopgegooi vir almal. Dit is die eerste en die grootste wonder wat Paulus saam met die verborgenheid aankondig.

Ons kan nogal begrip h vir die ongelooflike verrassing wat dit vir die heidene moes wees. Ef. 2:12 beskryf die hopelose uitgestote toestand waarin die nie-Joodse nasies hulle tot net voor Paulus se tyd bevind het. Hulle was “sonder Christus”, vervreemd van die burgerskap van Israel en afgesny van die verbonde van Israel. Dink nou maar net aan die vrou van Mark. 7:24-30 en die hoofman van Luk. 7:2-9. Hierdie mense was in die tyd voor Paulus buite Israel en het baie verlang om te deel in seninge wat Jesus vir Israel gebring het, maar vir hulle was dit moeilik. Jesus het nie vir hulle gekom nie en hulle moes deur bemiddeling van Jode deel in ‘n klein deeltjie van Jesus se sen.

Wel, ek kan my net indink watter groot vreugde hierdie verborgenheid onder al die nasies vir di twee mense moes inhou. Dink ook net aan ander heidene wat net van die Romeinse en Griekse gode geweet het. Hierdie gode het geen voordeel vir hulle ingehou nie en hulle was dikwels uitgelewer aan die besetting van bose geeste in hulle. Die aanbod van Christus wat nou in hulle kom woon moes gewis vir daardie eerste bekeerlinge uit die nie-Joodse nasiesies ‘n ongelooflike heerlike en bevrydende ervaring gewees het.

En vir ons vandag? Het ons dalk al te gewoond geword aan die stem van die evangelie? Is dit vir ons werklik ook nog so 'n bevrydende heerlike waarheid?

Ek het nogal ‘n idee dat die verwysing na “die heidene” in hierdie vers ook die Jood kan insluit. Goed, ek weet, die heidene in die Bybel (Gentiles) was spesifiek die nie-Joodse nasies. Maar is ek nou verkeerd as ek s dat ‘n Jood wat by Paulus se gemeente in Korinthe of Efese of waar ookal gaan aansluit het, eintlik opgehou het om ‘n Jood te wees. Hy kon beslis nie “as Jood” daar aansluit nie. Jode het daar geen spesiale voorregte meer gehad nie. Dus: Die Christen-Jood word nou net soos ‘n heiden. As ons vers dus s “die rykdom van die heerlikheid onder die heidene, dan sluit daardie heidene vir my ook Christen-Jode in. Hulle het almal saam, sonder onderskeid gedeel in die rykdom van die heerlkiheid van hierdie verborgenheid.

Die tweede groot wonder van hierdie verborgenheid was dat Chrisus nou in die Christene kom woon het. In die bedeling van die wet het die Heilige Gees nooit permanent in die gelowiges gewoon nie. Hy het net vir ‘n tyd oor hulle vaardig geword vir ‘n sekere taak en dan weer gegaan. Selfs Moses se gesig het geblink en dan het Hy weer sy gesig verberg wanneer die Gees van hom onttrek het. Maar nou kom Christus (of die Heilige Gees) in die mense woon. Om die Heilige Gees in mens te h is dieselfde as om Christus in jou te h. Die Heilige Gees kom verteenwoordig Chrisus in ons. Die ou vertaling s “onder julle”, maar hier verkies ons die lesing van die nuwe vertaling: “in julle”. Die woord “onder” is meer ‘n verbondsterm.

In die verbond (wat net in die tyd van Israel bestaan het) kon jy s dat God onder die volk was, m.a.w. tussen die volk. Die volk het aan die Here behoort, die Here was onder hulle. So kon jy ook van ‘n verbondsgesin s dat die Here in ‘n sekere huis was. Maar vandag gaan dit nie meer help om ‘n bordjie in die voorhuis op te hang wat s dat die Here die hoof van die huis is nie. Dit gaan ook nie help om deur enige seremonie te dink dat hulle nou almal deel van die verbond is en dat die hele huis aan die Here behoort nie. Nee, In ons tyd is die Here nie onder ‘n volk of ‘n huis nie. Hy is binne in mense of Hy is nie. In dieselfde huis kan daar diegene wees in wie Jesus woon deur sy Gees en in andere nie. Die verbond gaan hier niks help nie. Al wat kan help is om by die kruis uit te kom en Jesus as Here en Verlosser van jou lewe aan te neem. Die tyd toe verbonde en seremonies ‘n funksie gehad het, is lankal verby.

Jesus het in Joh. 14:17,23 belowe dat die Heilige Gees sou kom om in ons te woon. Hierdie selfde inwoning word ook beskryf in Rom. 8:9,10. In Efesiers word die inwonende Christus en inwonende Heilige Gees ook met mekaar gekoppel. Jesus Christus woon deur die geloof in ons harte (Ef. 3:16,17). Die sentrale waarheid van die heerlike verborgenheid (die nuwe bedeling) is dat Jesus Christus in ons woon. As Jesus Hom in jou tuisgemaak het, as Hy hier woon, nie soos in die ou Testament om te kom en weer te gaan nie, dan is jy permanent ‘n getransformeerde mens. Die Heerlikheid van God is binne in jou. Hy verander jou daagliks tot sy eer en welbehae.

Die derde feit oor die verborgenheid: Hy is ook vir jou die Hoop op die heerlikheid. Watter hoop het ek op die wegraping? Watter aanspraak het ek dat ek deel sal wees van die hoogs bevoorregte en uitgesoekte skare by die wegraping? Is dit my goeie lewe wat ek lei wat die hoop en verwagting in my aan die gang hou? Ek is jammer vir die mense wat dit so verstaan. Wat my betref het God uit groot onmeetbare genade die verborgenheid aan die lig gebring. Dit sluit in dat ‘n onverdiende heiden soos ek deur die geloof alleen permanet deur Jesus Christus bewoon kan word (bewoon beteken per definisie permanent). Nou is my enigste hoop op die heerlikheid wat voorl juis die feit dat Jesus uit genade in my woon.

Verbly jou in Christus se heerlike teenwoordigheid
David

David2
Jun 5th 2008, 07:36 PM
Gegroet aan al Lighuis se basuinblasers

Vers 28 is 'n baie groot les in die kuns van basuinblaas.

Goed, nou het ons deeglik kennis geneem dat die waarheid van Christus binne in ons, die hoop op die heerlikheid, die groot nuwe waarheid vir hierdie bedeling is. Die ou bedeling was basies gegrond op fisiese seremonies wat deur mense verrig is, terwyl die nuwe n totaal anderse geestelike werklikheid is. Dit gaan oor Jesus wat deur die geloof binne in ons woon. Met so n ongelooflike nuwe geloofsoortuiging spreek dit vanself dat mense dit nie vir hulleself sal hou nie. In vers 28 s Paulus dt is sy normale lewenstaak van elke dag. Hy vertel hierdie waarheid aan mens tot mens. Hy verkondig (proclaim) Jesus Christus. Die woord wat hier gebruik word gaan oor aankondig, bekendmaak, n boodskap versprei, publiseer, uitsaai, aan die lig bring.

Jy sal dadelik opmerk dat die basiese betekenis van die woord hier gaan oor die bekendmaking van n nuwe waarheid wat die mense nog nie geken het nie. As hier dus staan Hom verkondig ons ... dan moet ons net onthou dat Jesus Christus reeds n redelik bekende onderwerp in die wreld van daardie tyd was. Die dramatiese verhale rondom sy wonderwerke, kruisiging en aansprake oor die opstanding het opslae gemaak. Jy kon kwalik met iemand oor Jesus praat of hy sou s ja, ek het al daarvan gehoor. Maar daar was iets anders omtrent Jesus wat baie min van hulle al gehoor het. Hulle het gedink Hy was n Jood wat net bedoel was vir die lede van die Joodse volk (dit was Hy inderdaad tydens sy aardse bediening) en dat Hy n groot leermeester oor morele waardes was om die Jode tot hernuwing op te roep.

Maar dit wat Paulus nou aankondig is iets gans anders. Nou is dit nie meer net die verbondsvolk nie, maar die heidene (vers 27) en elke mens (3X in vers 28 ). Dit is nie meer n groot leermeester nie, maar die onsterflike hemelse Jesus Christus as persoonlike Verlosser binne in jou. Dit is n drastiese groot verskil in die aankondiging of gesagvolle proklamasie wat Paulus hom elke dag mee besig gehou het. Hy het inderdaad n dramatiese nuwe waarheid gehad om bekend te maak. Vandaar die woord aankondig in hierdie vers. Dit gaan dus nie hier soseer net oor die getuienis aspek van ons verkondiging nie. Hierdeur ontken ek natuurlik nie die belang van getuienis nie. Getuienis kom ook baie in die Nuwe Testament voor.

Wanneer jy getuig dan praat jy oor die geestelike waarde wat Jesus Christus vir jou persoonlik het. Wanneer jy vermaan dan maak jy n appel op die mens se verstand om anders te dink oor Jesus Christus. Wanneer jy terregwys dan praat jy oor die praktiese en beginselwaarhede van die evangelie wat nog nie in iemand se lewe tot uiting gekom het nie. Ons totale verkondiging sluit al hierdie aspekte in. Maar dit alles begin by n gesagvolle aankondiging of bekendmaking van wie Jesus Christus vandag is en wat sy evangelie en sy boodskap nou inhou in teenstelling met die ou bedeling en die aardse bediening van Jesus wat verby gegaan het. Dt is waaroor dit gaan in hierdie vers.

Mense vind dit meestal moeilik om te getuig, vermaan en tereg te wys. Dit is nie maklik om iemand vierkantig in die gesig te kyk en vir hom te s dat sy lewe nie reg is nie en dat hy Jesus n kans moet gee of n groter plek moet gee in sy lewe. Maar mense, ek dink ons maak dit vir onsself al te moeilik. Hierdie is nie die plek waar ons moet begin nie. Dit help nie om iemand te vermaan en tereg te wys as hy nog nie eers die groot aankondiging oor Jesus Christus reg verstaan nie. Daardeur s ek nie dat ons die hele leer oor die dispensasionele verstaan van die Bybel aan n onverskillige mens moet gee nie. Nee, nie dit nie. Hy sal dit nooit kan hanteer nie. Maar tog moet daar eers n aankondiging wees oor die opstandingskrag van Jesus Christus, sy geestelike wese binne in ons, die nuwe boodskap van verlossing vir al die nasies, terwyl dit eers, tydens Jesus se aardse bediening n bekeringsoproep was teenoor die volk Israel wat gerig was op n aardse koninkryk.

Hoe kan mens iemand aanneem as hy Hom nie ken nie? Hoe kan mens die evangelie in jou lewe verwelkom as jy nie verstaan watter evangelie in die Bybel vir jou bedoel is en wat die inhoud daarvan is nie? Nou, na 2000 jaar van verkondiging, het baie aspekte van die ware kruisevangelie vir vandag wel bekend geword, maar dit word steeds verwar en vermeng met die aardse, seremoniele evangelie van Israel van destyds. Dit veroorsaak dat die Bybel vir baie mense vaag, onduidelik en onverstaanbaar is. Die noodsaak om die nuwe evangelie duidelik af te ets en te onderskei van die aardse koninkryksboodskap is vandag net so dringend noodsaaklik soos in Paulus se tyd.

Hierdie aakondiging van Paulus gaan gepaard met lering. So s ons vers. Sonder lering sal ons nooit by die punt uitkom waar mens die onderskeid snap nie. Moet nie so haastig wees om te getuig en te vermaan en tereg te wys nie. Los dit vir later wanneer jy seker is dat die mense wel die basiese onderskeid in die Bybel verstaan. As daar in iemand se verstand nog n blokkasie is en hy nie die vrymoedigheid het om die Bybel ten volle te glo en te vertrou nie, gaan jy nie baie vorder om so n persoon tereg te wys nie. Die volgorde van 2 Tim. 3:16 is ook: Lering, weerlegging (weerlegging is nog steeds gebou op lering wat verkeerd verstaan word) en dan eers teregwysing en onderwysing in die geregtigheid.

Die oorhoofse doel van dit alles is om elke mense volmaak in Christus voor te stel. Elke mens beteken nie een vir een elke mens op aarde nie. Dit gaan ons nooit regkry nie. Miskien is dit juis waarom die enkelvoud (elke mens) hier gebruik word. Vat die mense dus maar liewer een vir een. Jou doel is dan om daardie mens volmaak in Christus voor te stel. Wanneer is mens volmaak? Wanneer Christus jou lewe volgemaak het. Wanneer Hy die sin van jou lewe en die rede vir jou bestaan is. Wanneeer Hy vir jou die hoop op die toekoms is. Wanneer jy ten volle oortuig is van die waarheid van Jesus binne in jou en aan die regterhand van God in die hemel waar Hy jou ingelei het en vir God die Vader aanvaarbaar gemaak het. Wanneer Jesus met sy opstandingskrag die mag en die houvas van die sonde en die wreld en die Satan in jou lewe verbreek het en jy vry is om die Here te dien. Wanneer jy nie meer angstig rondskarrel en rondval op soek na antwoorde op groot kritiese kwellings, onsekerhede of skuldgevoelens nie, maar ten volle vrede in die genade van Christus gevind het (Rom. 5:1,2).

Laat klink die basuin tot ons volgende keer weer praat.

David2
Jun 11th 2008, 06:00 PM
"Waarvoor ek arbei en stry volgens die werking wat in my werk met krag"

Sommer so vinnig gelees lyk dit of die vers nie eintlik veel s nie. Tog kom hier 'n paar baie belangrike Bybelse woorde in die vers voor wat ons mooi in konteks moet verstaan en toepas. Let eers op die woord vir arbei en vergelyk dit met 1 Tim. 5:17. Ouderlinge is dubbele eer waardig, veral hulle wat arbei in Woord en in leer. Kyk dan na I Kor. 15:58 "julle arbeid in die Here is nie tevergeefs nie". Let ook op 1 Kor. 15:10 "... maar ek het oorvloediger gearbei as julle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is".

Vriende, hoe lyk dit met ons arbeid in die Here? Goed, Paulus het oorvloediger gearbei as ons en daar is 'n rede voor. Hy het totaal alles gegee omdat die nuwe administrasie, bedeling, dispensasie van God op aarde aan hom opgedra was. Hy het groter verantwoordelikheid gehad. Maar onthou: Ons is sy navolgers (1 Kor. 11:1). Die woord vir arbeid wat ons hier sien, word gebruik vir beide fisiese handearbeid en ook arbeid vir die Here soos die ouderlinge wat moes arbei in Woord en in leer. Pasop: Hoe meer kennis jy van die Bybel en veral die bedeling van genade opdoen, hoe groter is jou verantwoordelikheid om dit uit te dra.

Hoeveel leesstof het jy al uitgedeel aan mense sodat hulle die nuwe bedeling kan begryp en kan opgroei in die kennis en genade van die Here? Ons praat nie nou net van algemene Christelike lektuur nie. Die konteks van hierdie vers gaan spesifiek oor die bekendmaking van die bedeling van genade - die prediking van die evangelie van die genade van God. Die boodskap van Jesus Christus vir vandag. Ek het 'n handige kilein boekie wat hierdie sake opsom en waarvan jy altyd 'n paar in jou binnesak of handsak kan dra: "Jesus vir vandag". Stuur vir my 'n pb en vra 'n paar aan. Dit kos niks.

Vriende, asseblief. Dink ernstig en biddend na oor jou arbeid in die Here. En onthou, die gedeelte wat ons nou net hier in Kolossense behandel het, praat eksklusief oor die verstaan en lering van die verborgenheid, dit is, die nuwe bedeling wat aan Paulus openbaar is. Dit is waarvoor ons moet arbei en stry. Mense moet Jesus Christus leer ken volgens die bediening waarmee Hy vandag besig is. Dit is ook die inhoud van die klein boekie waarvan ons hierbo praat: "Jesus vir vandag".

Die tweede woord wat ons hier kry, is "stry". Die bekende gedeelte waar Paulus hierdie woord prominent gebruik, is 1 Kor. 9:24-27. Die Christelike wedloop. En dan ook 'n ewe bekende vers: 1 Tim. 6:12 "Stry die goeie stryd van die geloof". Daar by 1Kor. 9:24-27 dink mense nie altyd aan die Bybel en ons getuienis teenoor ander as hulle lees van die wedloop nie, maar gaan kyk weer mooi. Lees veral 1 Kor. 9:22,23 daarmee saam. Julle sal sien dat dit by uitstek gaan oor die evangelie en ons taak om te getuig. Die feit dat die woord weer hier in Kol. 1:29 voorkom, behoort ons finaal te oortuig wat die betekenis van die Christelike wedloop is.

Dit gaan nie daaroor om 'n mooi lewe te lei, tiendes te gee, kerk toe te gaan, 'n mooi karakter te h en heilig te lewe nie, alhoewel die meeste van die dinge natuurlik ook deur 'n Christen gedoen moet word. Maar om te stry beteken eerstens om die duiwel terug te dryf uit die harte en lewens van mense uit. Dit kan ons net doen deur die krag van die evangelie bekend te maak. En hierdie krag wat gedra word deur die Heilige Gees, word ook in ons vers genoem. Moet asseblief nie dink aan krag soos dit in die eerste Evangelies voorkom en veral op wonderwerke en tekens betrekking het nie. Die konteks van hierdie verse het nie daardie krag in die oog nie. Kom ons beywer ons vir die krag van God soos dit vir ons bedeling aangegee word. Dit is die krag om 'n mens uit sonde te laat opstaan uit die dood uit, sy lewe te transformeer tot eer van God en dan te begin om saam te stry vir die waarheid van die evangelie.

Ook die stry wat ons in 1 Tim. 6:12 kry, gaan merendeels oor die Bybel en die waarheid. Drie van die 6 stukke wapenrusting wat ons moet aantrek, gaan oor die Woord en die waarheid van die evangelie. Met die skoene moet ons byvoorbeeld "paraat" wees, gereed, oorgehaal, in afwagting om 'n woord te kan spreek ter verdediging van die evangelie en die wins van Jesus Christus.

Ek is baie bly en opgewonde daaroor dat hierdie deel (Kol. 1:24-29) oor die bekendmaking van die verborgenheid afsluit met ons Christelike arbeid en stryd. Die kennis van die verborgenheid, God se nuwe plan vir ons tyd, is dus baie noodsaaklik en betekenisvol. Dit is beslis nie net 'n opsionele interessantheid in die Bybel nie. Dit is die wysheid van God en die hemelse gawe wat ons moet aanwend om mense terug te bring, los te skeur uit die mag van die tradisie en hulle volwaardige Bybelgesentreerde gelowiges te maak.

Ek sluit af met nog een plek waar ons as Christene saam moet stry. Moet dit groot asseblief nie versaak nie. Gaan lees daarvan in Kol. 4:12.

Hartlike groete tot ons volgende keer by hoofstuk 2 begin.

David2
Jun 19th 2008, 03:28 PM
"Want Ek wil h dat julle moet weet watter groot stryd ek oor julle het, en oor die wat in Laodicea is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het nie"

Ons is nou in hoofstuk 2, maar ek dink die vroe kerk het die hoofstukke hier verkeerd ingedeel. 2:1-3 gaan aan met presies dieselfde tema as die einde van hoofstuk 1. Dit gaan nog oor Paulus se stryd om die nuwe boodskap, die nuwe begin, die verborgenheid, aan mense bekend te maak. Hoofstuk 2 moes eintlik by 2:4 begin het.

Ek dink dat 2:1 ook iets te s het in verband met die opstanding van Jesus Christus. As Jesus nie uit die dood uit opgestaan het nie, sou Paulus dan nog steeds so vasbeslote en toegewyd kon gewees het in sy stryd vir die gelowiges? Paulus was 'n mens van geded en geloof by uitstek en die krag van sy geloof kom uit die opstanding van Jesus Christus. Mense, asseblief, moet nie traag word in die ywer vir die Here en in jou stryd in die gebed nie. As dit gebeur, dan gaan dit nie baie help om met mooi woorde te bely dat jy nog glo in die opstanding van Jesus uit die dood nie. Bewys jou geloof in jou ywer vir die evangelie en vir die gelowiges.

"Want Ek wil h dat julle moet weet ..."
Dit kan miskien goed wees as ons uit Paulus se briewe 'n lysie gaan maak van die goed waarvan hy spesefiek s dat hy wil h dat ons moet weet. Hy wil onder andere h dat ons moet weet van die wegraping (1 Thess. 4:13-18 ); die herstel van Israel (Rom. 11:25); dat ons wat saam met Christus gesterf het, ook saam met Hom sal lewe (Rom. 6:3); dat die wet oor mens heers solank as wat jy lewe (nog nie gesterf het saam met Christus nie - Rom. 7:1); dat Palus se lyding in die tronk eerder tot voordeel van die evangelie was (Fil. 1:12); dat Israel as een groep deur God gesen is en dat baie van hulle Hom tog verwerp het (1 Kor. 10:1-5); dat ons moet weet van die geestelike gawes en dat die meeste daarvan verby gegaan het (1 Kor. 12-14); dat Paulus by tye baie swaar gehad het en deur die gebed van die gelowiges uit doodsgevare gered is (2 Kor. 1:8-11); dat Paulus 'n groot geestelike stryd in belang van die gelowiges gehad het (Kol. 2:1).

Let op dat byna al die goed wat hier genoem word, eintlik "nuwe waarheid" is. Die wegraping was beslis, en so ook die herstel van Israel, want die val van Israel het maar pas in Paulus se tyd plaasgevind en nou moes hy dit sterk beklemtoon dat hulle val nie permanent was nie. Hulle sal weer opstaan. Gaan maar so deur die lysie tot jy hier by 2:1 kom. Ook hierdie gaan oor "nuwe waarheid", want dit is waarvoor Paulus gestry het.

Hierdie geestelike stryd van die apostel moet nog steeds binne konteks van Kol. 1:24-2:2 gelees word. Die verse wat 2:1 voorafgaan en die een wat direk daarop volg praat onomwonde van die verborgenhied, die groot nuwe waarheid van God vir hierdie bedeling, die waarheid wat in die tye voor Paulus nog onbekend was. As ons vers dus hier praat van Paulus se groot geestelike stryd waarvan die mense moes kennis neem, dan is daar geen twyfel nie dat dit hier gaan oor die bekendmaking en volle kennis van ons bedeling. Wat is Paulus se groot stryd? Dit is om mense te bring tot die kennis van die van volle sekerheid van die boodskap van genade.

Hoe bring jy iemand tot die kennis van volle sekerheid? Deur soos Johannes die Doper en die 12 die waterdoop aan hom te verkondig? Nee, nooit nie. Die waterdoop is 'n seremonie vir mense wat nog nie die volle krag van die wassing in die bloed deur die dood en die opstanding van Jesus Christus geken het nie. Die waterdoop was een van die seremonies wat mense in die tyd van onkunde onder bewaring gehou het (Rom. 3:25 vgl. 1 Kor. 1:17). Die evangelie van die kruis is nooit saam met die waterdoop verkondig nie. As hier dus van volle sekerheid sprake is, dan is dit iets wat nie meer op seremonies en simbole gebou is nie, maar op die werklikheid. Die doop wat ons nou red, is die dood van Jesus Christus alleen en nie 'n simbool daarvan nie (Rom. 6:3,4).

Ons stel dit dus onomwonde dat Paulus se stryd waarvan hy wil h dat ek en jy ten volle ingelig sal wees, gaan oor die volle kennis van die feite van die evangelie vir vandag. En is dit nie inderdaad 'n groot stryd nie! Ons vind dit moeilik om mense uit die Woord te oortuig dat die tyd van seremonies, skaduwees, ervarings en wonderwerkende kragte in mense, die wet, ens. verbygegaan het en vervang is met die volle werklikheid van Jesus Christus soos wat Hy Hom in die hemel as volkome Middelaar aan God die Vader gaan voorstel het. Hoe kan ons nog as ons so 'n Middelaar het voortgaan om op seremonies, skaduwees, wette en ervarings staat te maak?

Maar as ons 'n stryd het met hierdie goed, hoeveel te meer nie Paulus nie? In sy tyd was dit heeltemal 'n nuwe ding en daar was nog nie eers 'n Bybel waarin dit staan soos wat ons nou het nie. Kom ons loof die Here vir sy groot genade wat Hy aan hierdie man Paulus betoon het om in so 'n groot stryd vas en onwrikbaar te bly staan - selfs tot waar hy totaal alleen gelaat is. Mense, laat Paulus se groot stryd waarvan ons in die vers lees tog nie nou hier in ons tyd tevergeefs bewys word nie. Voor hy heengegaan het, het Hy ook by God ingetree in die gebed vir jou en vir my dat ons ook die genade mag ontvang om met die stryd voort te gaan.

Staan vas in die stryd tot volgende keer.

David2
Jun 26th 2008, 12:24 PM
Ek groet julle vandag met 'n wonderlike woord van bemoediging en aansporing.

"Dat hulle in die hart aangemoedig mag wees, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God: Christus"

In hierdie vers gee die apostel drie baie belangrike redes waarom hy so vasbeslote en onwrikbaar gestry het vir die gelowiges soos in vers een aangedui. Sy eerste rede is dat die gelowiges aangemoedig kan wees. Die ou vertaling s vertroos, maar ons dink eerder aan troos in die geval van treurende mense. Hier gaan dit om onsekerheid, twyfel en vrees wat uit die weg geruim word en vervang word met visie en 'n ideaal wat nagejaag word.

Die woord wat hier vir "aangemoedig" gebruik word is paraklthosin. Julle weet van die Heilige Gees wat as parakltos of aanmoediger na ons gestuur is. Hierdie is nie net emosionele aanmoediging of opsweping nie. Dit is aanmoediging in die hart. In Bybelse taal is die hart nie emosie of gevoel nie. Ander organe staan eerder vir emosie terwyl die hart die balans hou tussen die verstand en die emosie. Die hart is in die Bybel werklik die beheersisteem van jou lewe. Dit is hier waar jy met gesonde oordeel van sowel verstand, gevoel en emosie 'n doelgerigte wilsbesluit neem.

'n Mens wat vrees of twyfel is een wat sy eie hart nie kan vertrou nie. Maar God sy dank: Ons harte is nie alleen gelaat om op hulle eie te funksioneer nie. Daar is Iemand wat geroep is om langs die hart van 'n gelowige te kom staan. Dit is die werk van Jesus Christus deur sy Heilige Gees in ons bedeling. Hiervoor is ook kennis nodig. Mens kan in hierdie sin nie hierdie werk van die Heilige Gees verstaan, waardeer en benut as jy nie die kennis van die werking van die evangelie vir ons tyd het nie. Dit weet Paulus goed. Daarom is hy in so 'n stryd gewikkel. Hy wil sien dat gelowiges sterk aangespoor en doelgerig sal wees, maar daarvoor het hulle die kennis en geloof nodig.

Die moderne vertalings s nie meer vertroos hier by vers 2 nie, maar aangemoedig en dit is goed, maar ongelukkig s hulle net "aangemoedig" en praat gladnie meer van die hart nie. Soos ons dit hier verduidelik het dink ek dit is goed om steeds kennis te neem hoe die Bybel gedink het oor die hart.

Nou kom ons by die tweede rede waarom Paulus so hard stry vir die kennis van die verborgenheid (die nuwe evangelie vir die bedeling van genade). Kom ek maak so vinnig 'n vrye vertaling van hierdie deel van die vers: "Sodat diegene wat reeds saamgebind is in die liefde, mag kom tot alle rykdom in die volle versekerdheid van insig". Ken julle die liefdespredikers van hierdie wreld? Wel, ek wil nie sleg praat van hulle nie, want Paulus was baie beslis ook 'n liefdesprediker. Kyk maar na 1 Kor. 13. Nadat die spreek in tale en ander wonderwerkende gawes opgehou het, bly daar nou net die heel grootste gawes oor: Geloof Hoop en Liefdie, en die grootste hiervan is die liefde. So, ek gaan beslis nie probeer om die liefde as minder belangrik af te speel nie. Allermins.

Tog moet ons nou baie baie mooi na die middelgedeelte van hierdie vers gaan kyk. Die liefde is die mees uitnemende gawe van God. Dit is hoe ons gered is (Joh. 3:16). Dit is hoe ons verander is (2 Kor. 5:14). Dit is hoe ons ingeskakel het en lief geword het vir die medegelowiges in Jesus Christus (Kol. 2:2). Dit is ook hoe ons opgegroei het in die volle kennis van sekerheid (Kol. 2:2).

Tog is dit moontlik vir 'n prediker om heeltemal verkeerd te preek oor die liefde. Dit is waarom ek effe negatief verwys het na die liefdespredikers van hierdie wreld. Daar is 'n massa liefdespredikers vandag wat dink dat die liefde op sigself die einddoel van alles is. Maar eintlik is die liefde daar om dinge in ons te laat gebeur (soos verwys na 2 Kor. 5:14). So is dit ook in hierdie vers van ons. Die liefde is 'n onmisbare en kosbare gawe van God, maar as die liefde net bestaan uit mooi glimlaggies, samekomste, hulpbetoon en geen kennis nie, dan het Paulus tevergeefs so hard gestry.

Dit is waarom ek hierbo ges het dat Paulus in hierdie verse drie redes aangee waarom hy so hard stry vir die kennis van die verborgenheid. Die drie redes is: 1. Aansporing 2. rykdom en sekerheid 3. Om die verborgenheid te leer ken. Intussen staan daar ook saamgebind in liefde. Wat moet ons nou s? Is saamgebind in liefde ook 'n rede? Is daar dus vier redes? Nee, ek dink nie so nie. Letterlik volgens die Griekse taal staan daar dat dit die mense is wat reeds saamgebind is in die liefde wat die rykdom van volle sekerheid moet bereik. Die saambinding in liefde was dus nie vir Paulus die einddoel (soos vir baie liefdespredikers) nie. Die saambinding in liefde is eerder die karretjie wat ons by die werklike einddoel moet uitbring.

Wat beteken liefde vir jou? Het die liefde van Christus jou ook al aangespoor om soveel as moontlik te weet, te verstaan en die rykdomme van die evangelie ten volle te kan benut en so tot die volle sekerheid te kom? Daar kan geen sekerheid wees sonder kennis nie. As ek partykeer na ons eie mense kyk, dan word ek baie bekommerd. Ons het ook 'n stryd en 'n eiddoel wat ons najaag, maar somtyds verpas ons die karretjie wat ons daar moet uitbring. Genade-gelowiges hap en byt partykeer na mekaar of hulle gaan sit in verskillende hoekies en vermy mekaar en gaan dan aan om hulle te verbly in die rykdom van volle sekerheid. As ons dit doen is ons soos inbrekers. Dan is ons soos daardie diewe by Johannes 10 wat nie by die hek van die skaapkraal ingegaan het nie. Hoe is dit op aarde moontlik om nie in liefde saamgebind te wees nie en tog die volle rykdom van sekerheid te ervaar?

Nou rede nommer drie. Dit is eintlik die logiese en mees voor-die-hand-liggende rede. Waarom stry Paulus vir die verborgenheid? Want hy wil h dat mense die verborgenheid moet ken. So eenvoudig as dit. Hier is ons grootste probleem van alles. Die oorgrote deel van die predikers van vandag ken self nie eers die verborgenheid nie, hoe gaan hulle dit dan nog vir die mense leer?

Hier word van die verborgenheid gepraat as "die verborgenheid van God: Christus". Die groot heilswaarhede van Jesus Christus wat ons vandag ken, was in die Ou Testament en tydens Jesus se aardse bediening verborge in God, maar nou is dit geopenbaar in Jesus Christus onder die bediening van die apostel (1 Kor. 3:10,11). Vandag is dit nie meer in God verborge nie, dit is geopenbaar deur Paulus en die inhoud daarvan is die evangelie aan almal sonder onderskeid en die volle rykdom van Christus. Vandag is dit deel van ons alledaagse en normale Christenskap. Dit is nie vir ons 'n opsionele interessantheid van die Bybel nie. Dit is van wesenlike belang.

Dit is waarvoor Paulus onverskrokke gestry het tot die einde. Vir ons is dit die aansporing, rykdom, sekerheid en volle kennis wat God vir ons bedoel het!

David2
Jul 3rd 2008, 04:41 AM
Goeie dag aan al die getuies van Jesus Christus

"In wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is"

Hier is dit nou: Daardie groot skat waarna jy nog altyd op soek was. Jesus het in die bergrede alreeds ges dat ons nie skatte moet bymekaarmaak op aarde nie, maar eerder in die hemel. Hy het ook ges dat dit moeiliker vir 'n ryk man is om in die hemel te kom as vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom. Wat beteken dit? Geen ryk mense gaan hemel toe nie. Miskien darem nie so kras nie, maar ten minste dat geen ryk man as "ryk man" hemel toe sal gaan nie. Daardie rykdom is van die aarde en niks van die aarde gaan hemel toe nie.

Die vorige vers het afgesluit met die stelling dat die verborgenheid van God nou geken moet word, dit is: Jesus Christus. Dit wat God deur al die eeue in Homself beplan het en voorgeneem het om te doen vir al die nasies van die wreld, is nou, in hierdie bedeling, in Jesus Christus geopenbaar! Die vorige vers sluit af met "die verborgenheid van God" en dan direk daarna net die een woord: Christus. Toe hulle die ou Bybel vertaal het, kon die vertalers nie mooi verstaan wat God Christus beteken nie, toe s hulle maar God, die Vader van Christus, maar "die Vader van" staan nie in die Bybel nie. God Christus beteken eenvoudig dat God nou in Christus openbaar is. Wat ons in Christus gesien het en nou van Hom leer, is alles wat God is. Jesus Christus is God!

Hierdie soort sinskonstruksie het ons ook hierbo gesien by vers 25-26 "Om die Woord van God te vervul die verborgenheid" In ons bedeling is die verborgenheid die Woord van God. Sonder die kennis van die besondere geheimenis wat nou in Christus deur die bediening van Paulus openbaar is, sit ons met 'n halwe Bybel.

Dit is tog presies wat Kol. 2:3 ook vir ons wil s. Al die skatte van wysheid en kennis is nou in Christus opgesluit. Salomo het reeds ges die beginsel van wysheid is die vrees en kennis van God (Spr. 9:10). Maar wat Salomo nie ges het nie, is dat die heel grootste rykdom van kennis eers in Christus openbaar sou word. Jesaja het iets daarvan geweet toe hy profeteer het die Gees van wysheid en verstand en van raad en sterkte en van die vrees van die Here op die beloofde Christus sou rus (Jes. 11:2). Salomo se wysheid was wonderlik en dit was op die regte plek gerig. Dit was gesentreer om die Here, Jahwe, soos hulle Hom genoem het. Maar Salomo se wysheid het nie die skatte van Jesus Christus ingesluit wat ons hier in Kol. 1:15-23 van kennis geneem het nie.

Ek dink daar is ook ander verskille wat ons raaksien in die wysheid van Salomo en die skatte van wysheid en kennis in Jesus Christus. Gaan Salomo se wysheid nie meestal oor morele en etiese beginsels wat ons by God moet leer nie? Maar die skatte van God se wysheid wat in Christus opgesluit is gaan oor 'n totaal ander soort etiek. In hierdie tyd is dit die Christelike leerstelling van die kruis, van die inwoning van Christus deur sy Gees, Jesus as ons voorspraak by die Vader, ons totale wassing en reiniging wat deur Christus bewerk is, ens. wat vir ons die heel grootste skatte van wysheid en kennis inhou. Eers as ons hierdie skatte leer ken en deel gemaak het van ons mondering, dan laat ons toe dat hierdie kennis en innerlike werking van God se Gees ons vernuwe om ons denke en doen en late totaal te verander.

Alles is in Christus opgesluit. Niks in ons nie. Christene moet Christus gesentreerd dink, en bestaan. Dit gaan nie oor wat jy kan en moet doen om 'n beter Christen te word nie, dit gaan oor die skatte wat in Christus opgesluit is. Dink aan Hom. Leer meer van Hom. Wees totaal deel van Hom. Laat Hy jou lewe beheers. Laat sy plan met die liggaam van Christus, God se organisme vir die bedeling van Genade, gestalte vind in jou lewe. S sal die wonder plaasvind dat 'n wankelbare menslike liggaam omvorm sal word en geskik gemaak sal word vir diens binne die liggaam van Christus. Laat al jou strewes op aarde ondergeskik wees aan die volle benutting van God se skatte in Christus Jesus.

Met hierdie groot hoogtepunt kom ons nou eers aan die end van hoofstuk een. Die ware geloofsinhoud is nou op kragtige wyse in hierdie eerste deel van Kolossense behandel. Dit gee vir ons die toerusting en mondering wat ons nodig het om aanvalle van die bose te kan afslaan. Hier dink ons veral an valse leringe en bedrog wat voortdurend poog om die hart van die Christelike geloof geweld aan te doen. Kolossense se boodskap is dat jy ook moet betrokke raak in die stryd om die waarheid van die evangelie en die Woord te verdedig. Maak eers seker dat jy al die boustene van die waarheid ken, soos nou weer in Kol. 1 opgesom. Gaan dan voort na hoofstuk 2 om as apologeet die evangelie te verdedig.


Groete tot volgende keer
David