PDA

View Full Version : Pille vir depressie?



Retha
Feb 3rd 2008, 07:07 PM
Is dit binne God se wil om pille vir depressie te drink? Daar is onlangs vir my so iets voorgeskryf (vir die eerste keer in my lewe) en ek het nie heeltemal gemoedsrus daaroor nie.
Ek ken die beginsel van "wat jy nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde", maar hierdie keer sny dit altwee kante toe:
Aan die een kant voel ek ongemaklik om medisyne te neem om my denke te vernuwe.
Aan die ander kant is ek ook nie seker dis reg om die pille te weier nie: Dalk kan dit juis deel wees van God se manier om my te help.

(Ek ken ook die beginsel dat mens liewer nie jou besluite moet neem as jy depressief voel nie, maar ek moet noodwendig 'n besluit hieroor neem.)

NS: Ek plaas my pos hier omdat ek sopas iets vertroulik oor myself meegedeel het, nie oor die vlak van kontroversialiteit nie.

CFJ
Feb 3rd 2008, 07:52 PM
Hallo Retha,

Dit is 'n vraag wat ek versigtig sal antwoord, want die uitwerking is nie altyd dieselfde by alle mense nie en juis die mediese toestand is iets wat net 'n kundige werklik kan evalueer.

Tog weet ek persoonlik van mense wat letterlik vir jare op van hierdie medikasie was en nooit verbeter het nie. Die pille is later die enigste uitweg en van hierdie pille is verslawend. Van hierdie mense het eers na hulle hierdie pad moes loop, tot die besef gekom dat slegs God hulle sal kan help en die wonder is dat iemand wat ek persoonlik ken, onmiddelik genees was van depressie, toe sy hierdie pille net so gelos het en alle vertroue op God geplaas het.

Dit was maar die pad wat sy moes loop en toe sy self nog die pille gedrink het, was dit moeilik om haar anders te oortuig. My verloofde drink ook van hierdie pille en ek besef dat dit iets is waaroor sy self sal moet besluit, tog besef sy God kan haar volkome genees, maar dit is haar oorwinning en ek kan haar nie forseer op hierdie stadium nie. Die pille is 'n uitweg tans en miskien moet mens dit vir tyd en wyl so aanvaar.

David2
Feb 3rd 2008, 08:55 PM
Is depressie 'n siekte of 'n psigologiese toestand? Ek besef dat daar 'n verband bestaan tussen die twee, maar as die depressie oorwegend uit die psige afkomstig is en dan sekondÍr sekere fisiese gevolge veroorsaak het (wat meestal die geval is) dan sou ek die drink van pille vir 'n Christen afraai. Ek sou ook nie eers aanbeveel dat daar vir die toestand gebid word soos vir 'n siekte nie, want waarskynlik is dit nie 'n siekte nie. Wat hier nodig is, is om die volle Wapenrusting daagliks aan te trek. Die Wapenrusting verwys juis na die pyle van die bose wat op die mens se liggaam gerig is. Die skild beskerm die organe en in die klassieke wÍreld is die organe verbind met verskillende gevoelens en geestes toestande. Die helm beskerm die verstand wat ook 'n belangrike teiken van die vyand is. Gebruik die helm van verlossing, die gordel van waarheid, die swaard van die Gees en die skild om die bose se pyle uit te blus. Gebruik die Bybel voortdurend. Neem 'n klein sakBybeltjie saam werk toe en orals waar jy gaan. Konsentreer op die waarheid. Leer die waarheid van die volkome verlossingsboodskap vir vandag beter en beter ken. Leer kerngedeeltes van Romeine, Efesiers, Kolossense en Filippense en oordink die diepere betekenis daarvan. Doen dit in gebed en geloof. Verbly jou dan op grond van die groot waarhede in die Here.

Te veel geestes probleme word vandag deur Christene en predikante as siektes klassifiseer. As mens dit doen dan sÍ jy daardeur ek is maar net die ongelukkige slagoffer van 'n siekte. Sommige siektes word genees en sommige word nie. Moet dit liewer nie te gou 'n siekte noem nie. Neem self verantwoordelikheid. Staan op. Beproef die krag van die Swaard van die Gees. Kry mense om saam met jou te stry en te gebed en die Swaard (die Woord) saam met jou te hanteer.

Biddende Groete
David

Antonvs
Feb 3rd 2008, 11:53 PM
Mens ek wil aansluit by Dawid - te veel Sonde word as Siekte geklasifiseer.
'n Paar gedagtes uit my farmaseutiese agtergrond
- Anti-Depressante word op die mark geplaas so lank 50% van mense beter voel
(Onthou Placebo - Suiker pil kontrole gee 20-30% effek).

- Depressie kan nie ge-klassifiseer word as 'n hormonale / bio-chemiese toestand nie
(Het iemand al jou bloed getrek en so besluit jy ly aan "Bi-PolÍre sindroom)
Nee! Want depressie kan nie gemeet word deur enige biochemise merkers nie - m.a.w. met wetenskaplike evaluasies nie.

- Anti-Depressante (Selektiewe Seratonien Her-Opname Remmers) se effektiewe werking in Depressie is spekulatief. Daar is geen voldoende studies om dit te bewys en die meganismes is nog onversoenbaar met die moderne wetenskap.

Opmerkings uit my Pastorale agtergrond

- Depressie / Bi-PolÍr / Angs is nie siektes nie maar wel 'n Geestes toestand wat uiterlike simtome manifisteer ons sien dit manfisteer in mense soos Saul, Jonah, Ammon

- Depressie is behandelbaar deur "Neothetiese Berading" of eerder Bybelse Berading

- Depressie en Angs (twee kante van 'n swaard) kan deur die indiwidu met goeie Bybelse berading oorkom word


Afleiding: (Bloot Opinie)
- Anti-Depressante onderdruk net die simptome - die uiting van "gevoelens"
- Anti-Depressante maak mense afhanklik en irrasioneel
- Anti-Depressante maak mense slag-offers van die Sielkunde / Psigiatrie
- Anti-Depressante maak pharmaseutiese reuse ryk en put jou mediese fonds uit

Besoek gerus die vlg. webwerf www.nanc.com en www.ccef.com vir meer raad

PS: Psigiatrie / Sielkunde het meer in gemeen met die okkulte as met die moderne wetenskap.
Psigiatrie / Sielkunde is gebou op die beginsel "Darwinian-and-Naturalistic-Evolution" m.a.w. die mens is 'n dier nie 'n geestelike wese nie.

Mense daar was nog nooit in die geskiednis van Sielkunde 'n Christen
Rogers / Junge / Freud / Adler was op een of ander manier in oosterse geloof of uitgesproke ateiste

Phil Fourie
Feb 4th 2008, 06:25 AM
Hi Retha

Ja, daar is baie mense met baie opinies, ek weet, ek was een van daardie geopinioneerdes, ek het net sumier gesÍ as jy depressie het, is jy 'n swakkeling en ek het nie veel tyd gehad vir sulke mense nie.

Ja wel, toe verval ek in depressie en ek sal vir jou met alle eerlikheid sÍ dit is 'n uiterse siekte toestand, dit is 'n geestelike siekte, nie 'n fisiese een nie, maar dit is soos 'n kanker wat jou van binne af verteer. En ja, soos van die plasers hierbo gesÍ het, jy kan dit afweer, ek weet dit baie goed, ek het dit voor my depressie ook baie goed geweet. Maar wat gedoen as jy dit nie afgeweer het nie en 'n paar van daardie pyle het jou getref? Dan my vriendin, dan help mense se woorde nie meer baie nie, dan is dit slegs by die voete van God waar jy jou genesing kan gaan kry. God genees en Hy red en Hy kan jou ook red hiervan, ek weet, Hy het my gered en daar is nie iets soos eenmaal 'n depressie leier altyd 'n depressieleier nie. God genees volkome en klaar.

Aangaade die pille. My probleem daarmee is dat dit die simptome onderdruk. Dus behandel jy die simptome en nooit die oorsaak nie, jy behandel nie dit wat jou seermaak nie, jy onderdruk dit net en dan is dit soos Ferdi gesÍ het, dan gaan jy die pille vir die res van jou lewe moet gebruik, want jy maak nooit daardie seer diep binne gesond nie, en dan sal jy net vir die res van jou lewe daardie seer gevoelens moet onderdruk.

Dit is dalk 'n goeie idee om die pille te neem, veral sou jy meer duistere gevoelens kry (ek is jammer om so te praat, maar jy weet wat ek bedoel). Maar onthou, die pille gaan jou nie genees nie. As jy die pille gebruik, gebruik dit as 'n korttermynoplossing, maar onthou, daar is net Een wat jou hiervan volkome kan genees.

Jy kan my getuienis in die verband hier (http://bibleforums.org/showthread.php?t=99041) lees.

Retha, ek bid vir jou, want woorde kan jou begelei, maar slegs Hy kan jou herstel. Weet beslis, ek sal vir jou bid in hierdie moeilike tyd.

SeŽn vir jou
Phil

Pierre van Zyl
Feb 4th 2008, 07:29 AM
Rheta,
Daar is baie mense wat sÍ depressie is sonde en nie 'n siekte nie. Die vertrekpunt word gebruik dat dit "selfgesentreerd" is en nie Jesus gesentreerd nie. Ek het al verskeie argumente hieroor gehoor. 'n Psigiater hier by ons het wel bevind dat 'n toestand soos Post Traumatiese Stress en ergere gevalle van depressie 'n "meetbare" siekte is. Hy het dit op 'n gesofistikeerde breinskanderingstoestel opgetel. Ek kan nie meer die presiese aard daarvan onthou nie.

Indien slegs "meetbare" siektes aanvaar kan word as siektes, sit ons met 'n probleem, want dan is alkoholisme 'n SIEKTE en nie 'n SONDE nie. Aangesien die rooi bloedselle vergroot, die lewertelling verhoog, en dit die wyse is hoe lewensversekeraars kan bepaal dat 'n moontelike kliŽnt 'n alkoholis is.

Ek weet geensins wat jou agtergrond is nie. Maar kom ons sÍ jy breek jou arm. Selfs na 'n jaar sal jy opmerk dat daar nog "aanpaksels" vorm op die gebreekte plek. In 'n nekbesering of rug, sal ons die vergroeisels osteofiete noem, dit kan nogals ongemak veroorsaak. Ek sien depressie en PTS in dieselfde lig. Jy kry 'n skok, en die nagevolg is dit.

Dokters en medici is deur God vir ons daar gestel om ons te help. As jy jou arm breek, gaan jy sÍ sorry, gips klink nie vir my reg nie ?
God het my verlos van drank, ek was 'n alkoholis, ek is vandag verlos. 'n Maat van my wat SLEGS deur mediese hulp wou ophou drink het alweer vir die sesde keer begin suip.
Ek lei aan erge Post Traumatiese Stress Sindroom, gepaardgaande hiermee is depressie. God kan my enige tyd hiervan verlos, wanneer HY wil. Nie wanneer ek wil nie. Tot sodanige dag wat God besluit om my te genees, drink ek my pille.
Ek hoop van harte jy word gou beter, en bid vir jou
Pierre

David2
Feb 4th 2008, 02:10 PM
Phil en Pierre
Net ter wille van duidelikheid wil ek beklemtoon dat ek nie depressie 'n sonde noem nie. Ek dink dit kan in sekere gevalle 'n siekte wees waar dit duidelik 'n fisiese oorsaak het, maar anders is dit eenvoudig 'n aanval van die bose. Maak geen fout nie, die bose val Christene voortdurend aan op baie verskillende wyses. Die teenvoeter daarteen is getroue en volhardende studie van veral die dele wat die triomf van die evangelie oor die bose, die wÍreld, die sonde, en uiteindelik ook oor die verganklikheid van die mens en oor die dood beklemtoon. Dit moet geskied in 'n spesiale groep wat saam bid en saam stry deur die krag van die evangelie.

Bidende groete
David

Phil Fourie
Feb 4th 2008, 02:24 PM
David

Ek het self depressie gehad en werk gereeld met mense wat ook depressie het en ek stem 100% met jou saam dat dit 'n geestelike aanval is deur die vyand.

Ek weet ook net dat jy slegs met die liefde van Christus so iemand kan begelei en dat jy nie op daardie stadium vir hom kan bombardeer met stellings en leeringe nie, maar net kan gaan sit langs hom en luister. Soms net stilbly en daar wees. Al is die feite en leeringe baie waar en akkuraat, help dit nie as jou hart nie by daardie persoon is nie, daar is 'n tyd en plek vir alles, ook as dit kom by berading en werk met 'n stukkende mens.

en een uit julle sou vir hulle sÍ: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie -- wat baat dit?
Jak 2:16

Groete
Phil

Pierre van Zyl
Feb 4th 2008, 04:08 PM
aHi David
Ek aanvaar dit soos jy dit daar skrywe. Ek het my antwoord ook geensins op enige iemand hier gemik nie, ek weet egter wat die argumente daaragter is en het dit al deurgedraf saam met vele mense. Ek het my antwoord dus gegrond op eie ervaring. Ek het nie doelbewus probeer om iemand aan te vat nie. :hug:
Sjoe, die een ou het vir my gesÍ ek moet my pille en brille sommer dadelik weggooi. Ek het vir hom gevra of hierdie boodskap direk van God af is, en of dit sy eie mening is. Dit was toe sy eie mening.
Dit is myninsiens roekeloos om sulke uitlatings te maak. Want afhangende van die sterkte van die medikasie en hoe lank die pasiŽnt dit al neem, kan sulke aksies direk tot 'n hartaanval aanleiding gee. Indien dit direk van God is, sal genesing dadelik plaasvind sonder 'n moontelike nagevolg van 'n hartaanval, en dit glo ek.
Ek glo ook dat depressie kan ontstaan uit selfbejammering, uit demoniese aanvalle, uit skokke en diesmeer. Ek is egter hiper versigtig, veral waar ek nie direk met die persoon kan praat nie, nie kan agterkom waar is die wortel van die kwaad nie, om te sÍ; Moenie jou pille drink nie.

Yes, die pille onderdruk, maar dalk is dit net daai bietjie perspektief wat die persoon nodig gehad het. Dit is in alle geval beter behandeling as daai New Age, humanistiese benaderings van Sielkundiges, meeste in alle geval. Wat jou wil yoga en meditasie leer.:rolleyes:

Retha
Feb 5th 2008, 04:43 AM
Baie dankie vir julle insette, ek waardeer dit. Dankie ook vir almal wat gesÍ het hulle sal vir my bid.

Voorlopig sal ek die pille neem, maar ek is van plan om dit oor 'n paar maande te los. As dit beter gaan, behoort ek mos my gemoedstoestand sonder pille reg te hou. En as dit nie beter gaan nie, sal my gevolgtrekking wees dat die pille in elk geval nie help nie.

Ek het vir God vertel ek is bereid om dit nou te los as Hy my duidelik vertel om dit te doen. Intussen drink ek dit en dank God. (Dis my voorneme om dankbaar te wees, in elk geval.)

Maar ek neem julle raad ter harte dat pille drink nie genoeg is nie: Ek moet werk aan die kern van die probleem. Ek wil, ek sal, en ek doen. Nie dat ek noodwendig al my voornemens om daaraan te werk nakom nie. Swartgalligheid maak dit nie makliker om pro-aktief te wees oor jou probleme nie. Maar in God se krag kŠn ek. Hy wil vir my 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Maar ek vertrou nie die pille om my te genees nie- ek vertrou God. (Pille help in elk geval vir party lyers niks.) Net soos ek tans vir berading gaan, maar ek vertrou dat God my sal genees en nie my berader nie. Maar God het mense in die wÍreld gesit juis ook om mekaar te kan help.

Dat ek veral na my geestelike toestand moet kyk, is waar. Dat ek nie die volle wapenrusting aangetrek het teen die bose nie, is ook waar. Ek maak werk daarvan, maar dis 'n opdraende stryd. Om, soos David gesÍ het, deel te wees van 'n groep wat saam biddend stry en Bybelgedeeltes bestudeer oor oorwinning klink of dit fantasties sal werk, maar ek het nie so 'n groep nie. Ek weet ook nie waar om een te soek nie. Maar ek sal sulke gedeeltes opsoek. Sonder 'n groep.

Phil Fourie
Feb 5th 2008, 06:02 AM
Ek sluit hierdie draad, want die rigting waarin dit op hierdie stadium beweeg is onvanpas en glad nie in lyn met die OP nie.

Die OP het raad gevra, ek glo ons het daardie raad tot die beste van ons vermoŽns gegee.

Retha, ek wil net hÍ jy moet weet ek sal vir jou bid gedurende hierdie tyd en sou jy nodig het om te gesels of "down" is, maak 'n draad oop in Chat to the Moderators as jy in privaat wil gesels en dan sal iemand verseker daar jou kan bemoedig in privaatheid.

SeŽn vir jou
Phil