PDA

View Full Version : Gunstelling kosse



Phil Fourie
Feb 5th 2008, 06:39 AM
Ek wil graag weet wat jou gunstelling geregte is, waarmee kan iemand jou die dag treat wat vir jou magie spesiaal sal wees.

Ek weet braaivleis is op die lys, maar as dit nou nie jou gunsteling is nie, moet nie bekommer nie, as jy nie daarvoor stem nie, is jy nie 'n volksverloŽner nie:lol:

As julle dalk so gaaf wil wees om bietjie uit te brei op julle gunsteling geregte, dalk nog meer gaaf wees en vir my 'n resep of twee hier plaas vir lekker geregte, ek is baie lief vir kosmaak, so ek sal dit beslis gebruik, hou daarvan om iets nuuts te probeer, maar ek waarsku jou net, as dit sleg is, moet nie verwag dat as jy vir my kom kuier gaan ek dit maak nie;):D

Jy kan ook vir meer as een stem, ek wonder of ek nie self sommer vir almal moet stem nie, ek geniet nogals my kos:hmm:

Groetnis
Phil

Ta-An
Feb 6th 2008, 08:47 PM
Ek eet ten minste een maal per dag 'n groente roer-braai met pynappel in :)
Dan eet ek vrugte by die boord vol :pp :lol:
...en vol-rog graan-vrye brood met grondbonebotter eleke dag..... nie rooi-vleis nie,,, hoender as ek moet :rolleyes:....

Ta-An
Feb 6th 2008, 08:52 PM
Ek sien nie pannekoek en melk-kos daar nie, maar niemand eet dit seker as stapel voedsel nie;)

Phil Fourie
Feb 7th 2008, 06:34 AM
Ganade Anneke, maar jy het nogals 'n uiteenlopende dieet :lol:

Die Filadelfieer
Feb 7th 2008, 08:44 AM
Ons volk gaan ten gronde.....
Wat is fout met julle mense ? Hoe op dees aarde is daar meer wat van slaaie, ja dis reg, SLAAIE hou as van braaivleis ?

Nee regtig, as ek uitvind wie dit is, rooikaart ek die lot van julle !
Ek het net een woord : Skaaptjoppie. Met 'n hoofletter.

(Die ander woord is Cholestrol, maar kom ons los dit eers daar) ;)

Phil Fourie
Feb 7th 2008, 08:45 AM
Dit is eintlik maklik Fila, hierdie is 'n publieke "poll", so jy kan sien wie het vir wat gestem

Ta-An
Feb 7th 2008, 02:35 PM
Dit is eintlik maklik Fila, hierdie is 'n publieke "poll", so jy kan sien wie het vir wat gestemNie as jy klaar gestem het nie ;)

Ta-An
Feb 7th 2008, 02:39 PM
Ganade Anneke, maar jy het nogals 'n uiteenlopende dieet :lol:Ek is mal oor kos!!! :pp
Ek berei meer as een spyskaart per ete... al 5 sterre bo die vooerdeutr skitter mooi :D
My gesin eet rooi-vleis en aartappels :rolleyes:

Ta-An
Feb 7th 2008, 02:57 PM
Wat van Brandewyn poeding met Woolies se Vla-sous :cry: :cry: :cry:



:pp :pp :pp :pp :pp :pp :pp :pp is die voorland!!

Phil Fourie
Feb 7th 2008, 07:29 PM
Anneke

Daai brandewyn poeding klink heerlik, mind you, wat moet ek doen om genooi te word vir ete daar in die Cafe le Anneke?:D

CFJ
Feb 8th 2008, 10:00 AM
Ek sou sÍ my vywŰrit diesh is vish en schlaai

en paschta en natuurlik nou en dan 'n braai... :D

Die Filadelfieer
Feb 8th 2008, 10:12 AM
Ek eet ten minste een maal per dag 'n groente roer-braai met pynappel in :)


Kos met pynappel in ?
Daar is geen verskonning daarvoor nie. :giveup:

Phil Fourie
Feb 8th 2008, 10:30 AM
Fila

Jy het 'n smaakgestremdheid :lol:

Phil Fourie
Feb 8th 2008, 10:30 AM
Julle mense van daar onder weet net nie van 'n lekker braai nie :lol:

Ta-An
Feb 8th 2008, 03:02 PM
Kos met pynappel in ?
Daar is geen verskonning daarvoor nie. :giveup:Fila.... wat van rou spinasie-slaai met blou-kaas slaaisous..... jnannies :pp

Die Filadelfieer
Feb 11th 2008, 08:12 AM
Fila.... wat van rou spinasie-slaai met blou-kaas slaaisous..... jnannies :pp


Nee wag, daar praat jy my nou net om. Wanneer maak Restourant El Annekke oop ?

Ta-An
Feb 11th 2008, 10:16 AM
Cafe la Homemade is oop vir gaste wat Gauteng besoek.... vra ma vir Ferdi hoe kom 'n mens hier ;)

Phil Fourie
Feb 11th 2008, 10:23 AM
Cafe la Homemade is oop vir gaste wat Gauteng besoek.... vra ma vir Ferdi hoe kom 'n mens hier ;)

Ek sal so 5 uur vanmiddag daar wees, hoe laat sit ons aan vir aandete?:P

CFJ
Feb 11th 2008, 12:02 PM
Cafe la Homemade is oop vir gaste wat Gauteng besoek.... vra ma vir Ferdi hoe kom 'n mens hier ;)

Jy ry net die dieretuin mis dan is jy da... :)

Philip dT
Feb 11th 2008, 05:41 PM
Ai, daar bly maar min dinge wat kom by 'n lekker braai!

Ta-An
Feb 11th 2008, 06:13 PM
Ai, daar bly maar min dinge wat kom by 'n lekker braai!Solank jy die vuur maak :D

Ta-An
Feb 11th 2008, 06:15 PM
Jy ry net die dieretuin mis dan is jy da... :) :lol:So bly jy vertel nie vir hulle dat dit eintlik 'n "Zoo" is hierso nie :D

Ta-An
Feb 11th 2008, 06:15 PM
Ek sal so 5 uur vanmiddag daar wees, hoe laat sit ons aan vir aandete?:P
Ses uur boetie.... die kos word koud!!

Phil Fourie
Feb 12th 2008, 06:44 AM
Ses uur boetie.... die kos word koud!!

Skies Anneke, ek het dit toe nie gemaak nie, ek is so spyt, jy sal maar vir my 'n doggy bag moet pos ;)

CFJ
Feb 12th 2008, 07:09 PM
Skies Anneke, ek het dit toe nie gemaak nie, ek is so spyt, jy sal maar vir my 'n doggy bag moet pos ;)

Laas het ek sommer opgevlieg vir 'n lekker ete... ook maar goed dat mens weer afvlieg as jy lekker ge-eet het, dan kan jy dit so rus-rus doen... :D

Toffie
Feb 14th 2008, 06:36 PM
Ek sou sÍ my vywŰrit diesh is vish en schlaai

en paschta en natuurlik nou en dan 'n braai... :D

Nee Ferdi, jy stel my teleur, geen wonder jy so bleek om die kiewe is nie.

Pasta is nie kos nie en ek braai Woensdae, Vrydae- en Saterdag aande en ook Sondag middag.

Ek vrek oor 'n vuur en as ek eiers kon braai het ek dit ook gedoen.

Wat ek braai?

Net Steak en Boerewors en af-en-toe 'n skaaptjop, of vark of hoender. GEBRAAI!

CFJ
Feb 14th 2008, 10:37 PM
Toffie,

Jy klink nou soos my swaer, al wanneer hy nie braai is wanneer hy slaap... :D

Phil Fourie
Feb 15th 2008, 07:13 AM
Nee Ferdi, jy stel my teleur, geen wonder jy so bleek om die kiewe is nie.

Pasta is nie kos nie en ek braai Woensdae, Vrydae- en Saterdag aande en ook Sondag middag.

Ek vrek oor 'n vuur en as ek eiers kon braai het ek dit ook gedoen.

Wat ek braai?

Net Steak en Boerewors en af-en-toe 'n skaaptjop, of vark of hoender. GEBRAAI!

Toffie, ek is so bly om the hoor jy is een van die mense wat nog twee dae 'n week vas HEHEHE:lol:

Die Filadelfieer
Feb 15th 2008, 07:42 AM
Toffie,

Jy klink nou soos my swaer, al wanneer hy nie braai is wanneer hy slaap... :D


Wat 'n idiliese bestaan ! Ek wil ook so leef.
Dalk moet ek maar daardie Karoo plasie koop en klaarkry.

CFJ
Feb 15th 2008, 06:02 PM
Wat 'n idiliese bestaan ! Ek wil ook so leef.
Dalk moet ek maar daardie Karoo plasie koop en klaarkry.

Daai plasies raak nou min, iemand eet die skape en hulle weiding (italian herbs) op en gebruik die droppers om vuur te maak... :rolleyes: