PDA

View Full Version : Voorstelle, Klagtes en Nuwe Idees



CFJ
Feb 19th 2008, 07:46 PM
Die doel van hierdie draad is om aan almal geleentheid te gee, om voorstelle te maak wat julle dink tot voordeel van die forum sal wees... of waar iemand moontlik voel die forum in gebreke is.

Elkeen is welkom om 'n mening te gee en idees te bespreek... :)

Die Filadelfieer
Feb 26th 2008, 06:19 AM
Hallo Ferdi,
Ek wil graag 'n voorstel maak vir 'n beradingskamer, met min of meer dieselfde funsionaliteit as "Chat to the Moderators", m.a.w. almal kan daar pos, maar gesprekke tussen deelnemers en beraders is streng privaat.
Ons kan dan miskien spesifiek beraders aanwys vir die taak. Ek dink byvoorbeeld dat iemand soos Gene 'n uitstekende berader sal uitmaak.

CFJ
Feb 26th 2008, 08:43 AM
Fila,

Goeie idee en iets wat my ook op die hart lÍ. Wat dink jy moet mens die forum noem, sal iets soos, Privaat Berading en Hulplyn, reg wees?

Die Filadelfieer
Feb 26th 2008, 08:52 AM
Dit klink vir my 100% Ferdi !

kidoetjie
Jun 16th 2009, 06:55 PM
Hi daar

Ek weet ek pos nie op die regte plek nie, maar ek weet nie hoe om te maak nie. Ek wil myself bv voorstel, maar ek word die heeltyd uitgelog. Elke keer as ek op nuwe draad click dan moet ek weer my username en password intik.

Hoe moet ek maak dat ek dit nie die heeltyd moet doen nie???

Groete

CFJ
Jun 17th 2009, 06:49 AM
Welkom by ons kidoetjie! Ek hoop ek verstaan jou vraag reg. As jy inteken en jy wil nie elke keer aanteken as jy aanlyn kom nie, klik op die, 'remember me'. Hier is 'n paar forums waar jy nog nie toegang sal hÍ nie, so dit kan wees dat jy in een van daardie forums probeer ingaan het, dan sal die program weer jou wagwoord vereis. Gelukkig is meeste forums oop vir enige lid en behoort jy nie die probleem te hÍ nie, maar laat weet as jy nie reg kom nie?

Marinda
Jun 17th 2009, 05:52 PM
Ons het vanmiddag Bybelstudie gehad, en een van die onderwerpe was Uitverkiesing, party was daarvoor en ander nie. Wat dink julle, dis nogal 'n tameletjie.

CFJ
Jun 17th 2009, 06:08 PM
Hi Marinda,

Hier is 'n draad waar ons dit al bespreek het, vra gerus in daardie draad, soos hieronder vir jou gegee, klik net op die skakel...

http://bibleforums.org/showthread.php?t=105224&highlight=uitverkiesing

As jy die boodskap gekry het, gaan ek eers hierdie plasings uitvee, want hierdie draad is slegs vir klagtes en nuwe idees. Jy het niks verkeerd gedoen nie, nie wat jou in die moeilikheid sal laat beland nie, maar ons sal jou gou wys hoe werk ons forum... en vra gerus :)

Johnny
May 28th 2010, 06:04 AM
Daar is 2 drade waaraan ek nognie deelgeneem het nie en ek kry geen toegang tot dit nie. Weet julle dalk wat fout kan wees?

1. (http://bibleforums.org/showthread.php?210444-WÍreldbeker-2010-In-wie-se-naam&goto=newpost)WÍreldbeker 2010 : In wie se naam ? (http://bibleforums.org/showthread.php?210444-WÍreldbeker-2010-In-wie-se-naam)
Ek lees vanoggend dat daar 'n bees " ter ere van die voorvaders " by Soccer City ge-offer is, waarna 300 toodokters ( sangomas) met die bloed en allerande kruie en watookal hulle nog gebruik ( eintlik te bang om te vra ) die stadion en die wedstryde...
Started by Die Filadelfieer (http://bibleforums.org/member.php?23339-Die-Filadelfieer), May 26th 2010 10:04 AM
1. FinansiŽle ineenstorting (http://bibleforums.org/showthread.php?210304-FinansiŽle-ineenstorting)
Eers het die Dollar begin val, nou is dit die Euro, met Griekeland wat bankrot is en Frankryk sterk op hulle hakke. Toe hoor ons ook dat China, wat 'n klopmpie jaar gelede met 'n groot bang weggespring het toe hulle "kapitalisties" geword het, nou...
Started by David2 (http://bibleforums.org/member.php?23978-David2), May 22nd 2010 04:01 PM

CFJ
May 28th 2010, 04:29 PM
Kan jy al toegang kry Johnny?

Johnny
May 31st 2010, 05:42 AM
Kan jy al toegang kry Johnny?

Nee.....dit willie werk nie. Moet seker maar nie daaraan deelneem nie. 'n Ander ding terwyl ons nou besig is. Is daar nie 'n ander manier om op die afrikaanse kant te kyk vir nuwe drade sonder om die "What's new" skakel te druk nie? Daar is so baie nuwe poste op die engelse forum dat dit die "What's new" skakel heeltemal oorheers en partykeer mis 'n ou nuwe drade aan die afrikaanse kant.

CFJ
Jun 1st 2010, 06:44 AM
Johnny,

Dit is iets wat ekself ook graag sal wil sien, om nuutste plasings op Lighuis te kan sien, maar mens moet maar hoor by die ander Admins of dit moontlik sal wees...

Ta-An
Jun 1st 2010, 11:17 AM
Jy moet maar elke subforum apart oopmaak

Johnny
Jun 1st 2010, 12:33 PM
Jy moet maar elke subforum apart oopmaak

......en ek doen, maar ons leef in die 21ste eeu. OK......ek het vergeet Suid Afrika is nie meer 'n 1ste wereld klas land nie maar 'n 3de.:cry:

Ta-An
Jun 1st 2010, 12:49 PM
......en ek doen, maar ons leef in die 21ste eeu. OK......ek het vergeet Suid Afrika is nie meer 'n 1ste wereld klas land nie maar 'n 3de.:cry:

Weet jy wat.... Agteros kom ook in die kraal :) Hallelujah!! Ons Koning kom!!

Johnny
Jun 1st 2010, 01:07 PM
Weet jy wat.... Agteros kom ook in die kraal :) Hallelujah!! Ons Koning kom!!

Ek glo met die wegraping behoort ons saam by die Oospoort aan te kom. Geen agterosse daar nie, behalwe vir die wat agter bly.

Johnny
Jun 1st 2010, 01:17 PM
Kan jy al toegang kry Johnny?

Ek kan nogsteeds nie toegang kry nie.....en nou ook nie op Ta-An se nuwe draad "Is Nikodemus gered" nie. Ek raak agterdogtig dat daar heel moontlik 'n manier is om my te blok om deel te neem aan die nuwe drade.

As dit die geval is vra my maar eerder reguit om die forum te verlaat. As ek verkeerd is, hoekom word die probleem nie uitgesorteer nie?

Ta-An
Jun 1st 2010, 02:39 PM
Ek kan nogsteeds nie toegang kry nie.....en nou ook nie op Ta-An se nuwe draad "Is Nikodemus gered" nie. Ek raak agterdogtig dat daar heel moontlik 'n manier is om my te blok om deel te neem aan die nuwe drade.

As dit die geval is vra my maar eerder reguit om die forum te verlaat. As ek verkeerd is, hoekom word die probleem nie uitgesorteer nie?Johnny.... ons word nie betaal om hier te werk nie... kan ek vra vir 'n bietjie geduld asseblief??

Hier is geen probleem aan ons kant nie....??? Weet nie of dit dalk jou browser is nie??
Jy kan op party drade inkom maar nie op ander nie??

Is dit alle nuwe drade??
het jy enige van jou settings verander??

Johnny
Jun 2nd 2010, 07:00 AM
Johnny.... ons word nie betaal om hier te werk nie... kan ek vra vir 'n bietjie geduld asseblief??

Hier is geen probleem aan ons kant nie....??? Weet nie of dit dalk jou browser is nie??
Jy kan op party drade inkom maar nie op ander nie??

Is dit alle nuwe drade??
het jy enige van jou settings verander??

.....ek word ook nie betaal om deel te neem nie.;) Ek was nou net op Franscoius se nuwe draad "Nog vrae oor die doop" en ek kon ingaan, maar kan nogsteeds nie op die ander nie. Dus lyk dit nie vir my of dit iets met nuwe drade te doen het nie.

Johnny
Jun 2nd 2010, 01:02 PM
Ek kon iets uitfigure oor die drade wat ek nie kan access nie. Dit is alles nuwe drade deur moderators. Een van Fila, een van Ta-An en een van CFJ. Interresant.:hmm:

Ta-An
Jun 2nd 2010, 02:58 PM
Ek kon iets uitfigure oor die drade wat ek nie kan access nie. Dit is alles nuwe drade deur moderators. Een van Fila, een van Ta-An en een van CFJ. Interresant.:hmm:

Ok Johnny...ek het 'n nuwe draad hier (http://bibleforums.org/showthread.php?210692-net-vir-Johnny&p=2421567#post2421567)begin...kan jy daar pos??