PDA

View Full Version : 'n Lewe sonder God ?



Die Filadelfieer
Feb 25th 2008, 08:54 AM
Wat is die mens sonder God ?
Sonder God is die mens bloot n klomp georganiseerde molekules en ensiemes, weggooi metaboliese eenhede, maar inteligent genoeg om onder die wanpersepsie te leef dat daar n hor doel vir die individu is. Biologiese entiteite wat nutriente metaboliseer, uitskei wat nie nodig is nie, ovluleer en semen ejakuleer.
Emosies ? Wat is emosies sonder God ? Klinies gesproke is emosies biochemiese prosesse, gedryf deur dit wat ons met ons sintuie waarneem. Liefde ? Liefde is n illusie geskep deur ons ingebore drang vir voortplanting en ons tropdier mentaliteit.
Die dag as die biologiese eenheid ophou werk is al die emosies, die gewaarwordinge, dit wat nie-denkende mense n siel noem, vir ewig weg. Daar is geen nut om n lewe te spaar, of n leidende se lewe uit te rek nie. Die mens se drang vir voortplanting sorg dat daar genoeg vervangings is, die diversiteit binne n proses van konstante evolusinre verandering sorg daarvoor dat geen entiteit onvervangbaar is nie. Daar is geen logiese rede om n individu se lewe te spaar of te red nie, al is dit n kind sin, aangesien ons reeds gesien het dat liefde vir n individu, deur n individu, slegs n chemiese proses is wat vorm as gevolg van ons oorge-erfde drang vir oorlewing en voortplanting. Dit maak meer sin om n entiteit wat nie bydrae tot die samelewing nie, of ten minste die potensiaal tot n bydrae besit nie, se nutelose lewe te be-eindig.

Daar is geen verskil daarin om op n mierns te trap en n honderd miere dood te maak, en om n vliegtuig in n gebou vas te vlieg en 2000 mense dood te maak nie.
Miere en mense is vervangbaar binne die groter geheel. Dieselfde biologiese prosesse wat ons in mense kry word in n primitiewe vorm by miere waargeneem.

Dit is dan, mynsinsiens, die implikasie van n lewe sonder die bestaan van n opperwese, n hor hand, n god . Maar is dit regtig n lewe ? Is so n lewe enigsins werd om gelei te word ? Is daar enige ateis wat werklik so n uitkyk op die lewe het, of beweeg ateiste slegs onder n ilusie van geen god, maar lewe asof daar iets meer is as biologiese drange wat hom of haar van dagtaak tot dagtaak aan die neus lei ?

Is daar nie dalk, net dalk, iets meer as n biochemiese reaksie aan die werk in die liefde wat ouers vir hulle kinders het, of die brandende liefde tussen man en vrou, of die liefde tussen vriende nie ? Ek noem spesifiek liefde, want dit l vir my tussen die skydslyn wat daar bestaan tussen geloof en logika. Hierdie skydslyn is op die oog af onoorbrugbaar, logika en geloof sal nooit bymekaar uitkom nie, maar tog is dit asof die konsep van liefde die lyne wil uitvee.
Nie net wil uitvee nie, maar dit teen wil en dank doen ook. Liefde is nie logies nie. Liefde kan nie beredeneer word soos so baie van ons ander emosies nie. Die liefde wat n ouer vir n kind voel kan nie gekwantifiseer word nie. Liefde vir n lewensmaat kan nie logies beredeneer word nie.

Indien ons met emosies binne ons as mense sit wat totaal irasioneel en onmeetbaar is, en ons weet, sonder om dit dalk self te erken, dat ons soveel meer as net biologiese entiteite is wat binne n raamwerk van oorlewing en voortplanting funksioneer, begin die bestaan van n Entiteit wat vir ons n hor doel voor o het minder belaglik klink ?
Vergeet van ander mense rondom jou, vergeet van stry en bakly oor groot en klein doop. God se verhouding met Sy skepsels is one on one, n reguit lyn van bo na onder. As jy stil raak in jouself, sal jy Sy stem hoor.

JDV
Jul 25th 2009, 07:18 PM
Dit is diep. Ateiste se hulle glo nie maar tog is hulle nie geloof tog 'n vorm van geloof. Jy se liefde is nie logies nie, God se liefde vir my as sondaar is nie logies nie. Dankie

Mia Ashton
Aug 13th 2009, 06:44 PM
My kind se skoonouers bly vir die afgelope vyf jaar by haar en hulle seun. Hulle is al diep in die 90. In hierdie vyf jaar het ek noue kontak met hulle gehad (die twee oumense) en probeer om die Evangelie aan hulle te verkondig. Hulle het geweet van die Here, maar Hom nie persoonlik geken of Hom aanbid nie. Ek en Arina het vreeslik baie vir hulle gebid, ons het geweet die tyd word min en my gees in my was gedurig onrustig oor hulle.

Ongeveer drie weke gelede het ek haar eendag gehelp bad en om my nek dra ek 'n goue kruisie wat omring is met klein robyntjies. ('n Verjaarsdag geskenk van al my stiefkinders) Sy was nou heeltemal bedleend en haarself gladnie meer help nie. Toe sy die kruisie sien het sy begin huil en dit in haar hand gehou en gese dit lyk so kosbaar. Ek het vir haar gese dit is 'n kosbare simbool van my Verlosser se Lewensgeskenk aan my en aan elkeen wat glo dat Hy vir ons sondes gesterf en betaal het. Die kruis is egter leeg, want Hy het alles volbring, het gesterf, maar opgestaan en opgevaar na die Hemel om ook vir ons wat glo plek gereed te maak. Haar vraag aan my was of ek seker is dit is werklik so dat sy na haar dood Hemel toe kan gaan. As jy glo en bely en Hom nou as jou Verlosser aanvaar sal jy by Hom wees. Ek weet nie of dit vir die eerste keer was wat sy dit gedoen het nie, maar sy het op al my vrae "ja" geantwoord en ek het vir haar gebid. Sy het so gehuil.

Verlede Vrydag het my dogter gevra ek moet dringend kom kyk. Joan het waarskynlik nog 'n beroerte gehad en het werklik sleg gelyk. Die dr. kon nie meer veel vir haar doen nie. Sondagoggend het ek weer 'n noodoproep van my dogter gekry, maar toe ek daar kom, was sy reeds oorlede.

Die begrafnis is more en ek moet die bedankings doen. Dit gaan 'n baie klein begrafnis wees. Nou wil ek net graag weet - kan ek more getuig van dit wat ek hierbo beskryf het of is dit nie die plek of tyd nie. Die hele familie, veral kleinkinders is hoegenaam nie Christene nie. Ek het al gehoor hoedat hulle praat dat Christene altyd hulle geloof op ander wil afdwing.

Ek weet hierdie pos is bietjie laat geplaas, maar ek bid dat een van julle tog sal antwoord. Ekself sal vanaand vir die Heer vra, wat Hy dink ek moet doen. Iemand wat lees .... bid saam asseblief. Dit is gladnie 'n "close' familie nie. Die kleinkinders het byna nooit vir die twee oumense gaan kuiers nie. Ek is nie bang om te getuig nie, maar wil nie doen wat ek dink ek moet doen nie, maar wat die Here van my verwag om te doen. Tot Sy Eer alleen !!!!!!!!
Liefde
Mia

marline
Aug 13th 2009, 07:25 PM
Ja Mia Ja, getuig oor wat gebeur het, Ons moet nooit so geleentheid laat verby gaan nie. dit gaan nie oor wat die mense dink of glo nie, maar wat die Hemelse Vader van ons verwag. Dalk is daar net een saadjie wat op vrugbare grond val. Sterkte, ek :pray: vir jou.

Willem
Aug 13th 2009, 08:56 PM
Hi Mia,

dis wonderlike nuus! So groot is die genade! My ma het gese dat my ouma en oupa ook beide op "laaste bene" toe hulle nie meer kon praat nie, haar hand gedruk het toe sy gevra het of sy vir hulle kan bid en uit bybel kan lees... so Hy is genadig tot op die einde en ons verdien dit nie...

Laat die Here vir jou die woorde gee, daai vers waar die Woord se dat die Here vir jou die woorde sal gee as jy voor die howe gedaag word?

Onthou , niemand wil by begrafnis hoor dat iemand nie in beter plek is nie... sal bid dat Here jou duidelikheid en of woorde sal gee, maar meer, dat Hy in hulle harte sal ploeg en die grond vir die saad regmaak.

Liefde in Hom :hug:

Mia Ashton
Aug 19th 2009, 08:18 AM
Hi Marline en Willem,
Baie dankie dat julle die tyd gevind het om my op my vraag te antwoord. Ek en my man was oppad na die begrafnis toe ons byna byna ons lewe verloor het in 'n motorbotsing. 'n Man wat 'n motor 'gehijack' het, het vir die polisie weggejaag en op 'n baie gevaarlike blinde hoogte probeer het om verby te kom. Ek weet nounog nie hoe ons nie gebots het nie. Nee, eintlik weet ek: Die Here het gekeer!!!. Die ou met die gesteelde motor het beheer oor sy motor verloor en ons rakelings gemis en is teen die afgrond af. Die polisie wat kort op sy hakke was, het hom inhegtenis geneem. Toe het ek ook geweet, my en my man se lewe is gespaar, ek kan nie stilbly nie.

Dit was wonderlik. Van die familie het gekom en gese "dankie". So kom ons hoop en vertrou dat daar in een of meer harte die saad geplant is en dat die Here Gees die groei sal verskaf. Ek moes in Engels praat en ek het my voorgeneem om nie vooraf 'n 'speech' uit te werk nie maar soos julle twee gese het, die Heilige Gees te vertrou vir die woorde. Hy het voorsien. Ek kannie meer onthou wat ek gese het nie, ek het net gepraat sonder om te sukkel met my Engels.

Loof Hom, prys Hom, dank Hom, want ons tye is in Sy Hande en ek verwonder my nog steeds aan die feit dat my Here my waardig genoeg geag het om my en my man se lewe te spaar.

Mag ek dit waardig wees!!!!

Liefde
Mia

Willem
Aug 19th 2009, 07:02 PM
Ai Mia! :hug:

Dis so lekker om te hoor hoe Hy nog elke dag in ons lewens werk! :pp

Ek is seker dat Hy wel julle gebruik het as die duiwel so hard probeer het om julle te stop..( my opinie )

Maar onthou, dis oor Hy jou en jou man liefhet, nie oor julle waardig is nie... vir Hom is julle so kosbaar dat Hy Sy seun gegee het... julle is Sy kinders en is soveel meer as wat julle dink julle is.... en tog dat jy voel dat jy waardig mag wees is net soos ek voel... dat ek Hom kan behaag en in my optrede waardig mag wees om Hom te eer en Sy liefde te beantwoord.

Hopelik mag ek ook eendag kan doen soos wat julle gedoen het em suiwer op Hom vertrou vir die woorde en om volkome deur Hom gebruik te mag word.

Vrede vir julle!

ldp
Aug 21st 2009, 08:26 PM
Naand almal,ek gaan nou so deur al die dinge wat met almal gebeur het en onthou soortgelyke gevalle waar met my dieselfde goed gebeur het soos amper in kop aan kop botsing en dan is daar "toevallig" plek om pad tegee en so botsing te vermy.Het al 2 maal gebeur.Ek was Maart op mannekamp in Magaliesburg met JNI en het toe daar bevryding gekry van heelwat goed en toe ook groot doop deurgegaan waar salwing van Heilige Gees :pp ontvang was.As ek na daardie tyd kyk na alles wat al met my en my gesin kon gebeur het, en nie gebeur het nie,dan sien en besef mens eers hoe jy die beskerming van Jesus gehad het.Ek glo dat ek gespaar was gedurende daardie tye omdat Jesus met my afspraak gehad het vir totale oorgawe aan Hom.As ek net dink aan al die tye wat ek gemors het wat ek Sy teenwoordigheid kon geniet het kom daar net dankbaarheid oor my dat Jesus my nooit op my eie gelos het nie,en altyd my gedra het. Ek het in die verlede ook nooit gawes van gees en vrug van gees geidentifiseer
nie, want my kerk het daar oor gepreek maar nooit bedien nie,hoekom sal net hulle weet,maar prys die Here ons het wakker geraak en die Here van die dinge ontmoet pleks van ons net besig te hou met die dinge van die Here.
En net laastens,ja,familie wat ongered is en selfs vriende met vooropgestelde idees van Christenskap kan nogal vet tameletjie wees,maar stel hulle net bekend en Die Vader sal die res doen.Ek sit maar met dieselfde probleem.Ek groet nou eers en kom ons loof en prys net Sy Lieflike Naam.
Ns. Phildelphialeer , daardie leeu skildery lyk baie soos een wat in besit is van Past Louis May in Rustenburg wat nou maranatha tv op skottel uitsaai ?