PDA

View Full Version : Getuienis: Groot klein wonderwerkie - getuienis van 'n Autie mamma

mari
Feb 25th 2008, 10:50 AM
Hiermee wil ek graag my klein wonderwerkie se storie deel......

Die slim dokters het mos gese kinders gaan nie gebeur vir ons nie, en ek en manlief het ons maar daarby berus.... tog bly mens se hartbegeerte maar aan die gang, en die Vader weet jou begeertes beter as jy.....

na 8 jaar van getroude lewe, voel ek toe mos bietjie olik en oom dok se hy wil 'n toetsie doen..... bel die volgende dag terug en vra of ek sit of staan..... dis of 'n tweeling of dis ver heen !...... as een van 'n tweeling het die skoenlappers draaie gemaak in my binneste, maar met die scan wys dit toe 'n seun... al reeds 5 maande oppad !..... ( soms vergeet mens waarvoor jy nou eintlik bid en mis jy amper die blessings ! )

Naamgee: Ouma is toe heel slim, gooi pa en oupa se tweede name saam en kry "ROHAN" gespel soos oupa se Johan, maar met pa se R voor aan....... maande later kry ma 'n naambetekenis boekkie beet, en wil jy meer, die naam in die spelling is Hindi vir "geneesing".....

...... op 2 kom ons agter daar's iets nie pluis nie, aangesien hy nog nie begin praat nie..... na ore toets en pidiater besoeke, beland ons by 'n kinderneuroloog wat autistime spektrum disorder diagnoseer.... eers wil 'n mens se moed in jou skoenne val, maar dan begin jy jou blessings tel.... hoewel hy nie praat nie en hipersensitief vir alles om hom is, is hy heel gesond en het geen spiertonus en ander probleme geassosieer met die sindroom nie.... eintlik is hy bo gemiddeld slim... speel al op 3 rekenaarspeletjies vir tienners en jy moet koes as hy 'n bal beetkry, want sy koordinasie is skrikwekkend goed !....

... ma het 'n creche en kleinding word van geboorte af tussen maatjies groot.... met sy geboortekomlikasies is ma se arm ook verlam en hy raak gewoond aan verkillende mense wat hom hanteer...... alles werk toe saam om die gewone skugterheid en teruggetrokkenheid van autisme te "desensiteer" en hy word die middelpunt van belangstelling where ever hy gaan, sonder om te bang te wees..... gooi tantrums om sy willetjie te laat reken, maar gelukkig het ma na 10 jaar se creche ervaring toe mos ondervinding van die goggas, en hy leer om homself te beteuel...... in kort, werk alles van die begin af saam om sy simtome heelwat minder as verwag word te maak....

...met werk en besigheid omslommernis beland ons toe met 'n ommedraai in George..... ma en pa raak heel bekommerd oor kleinding se toekoms ( die naaste spesiale skool in Kaapstad ! )..... vind toe uit hulle is besig om 'n spesiale klas spesifiek vir kinders op die autisme spekrtum aan die gang te kry by 'n plaaslike skool vir gestemdes..... en dit net in die straat af waar ons 'n huis gekry het...... die klas het die tweede kwartaal ( April ) begin en toelating ouderdom wass 5 jaar.... hy was in Maart 5......

Rohan is nou amper 7 en vorder goed in die spesiale skool.......

alles per toeval ???? I beg to differ !....

dis maar 'n kort weergawe van 'n lang storie..... maar die belangrikste is dat dit wat soms vir ons na terugslag en moedverloor lyk, juis besaai kan wees met blessings......

groetnis
Rohan se geblesde ma
mari

CFJ
Feb 25th 2008, 11:31 AM
Wat 'n getuienis Mari! Ek glo persoonlik dat sulke kinders net aan die regte ouers toevertrou word. Wat jy hier getuig het is verseker nie toeval nie, alles val 100% in plek... :)

Die Filadelfieer
Feb 25th 2008, 12:59 PM
Hi Mari,
Baie dankie vir jou verhaal, ek dink veral ouers word altyd deur so 'n storie erg aangeraak. (Ekself sou dit nie 11 maande terug heeltemal kon verstaan nie)
Die feit dat jy jouself as gesen sien, ten spyte van, vertel vir my ook so 'n ietsie van die mamma en die Christen agter die Mari naam.

Gee asseblief vir jou kind 'n drukkie, en s dit kom van so vreemde omie wat jy raakgelees het op die internet af.

mari
Feb 25th 2008, 01:41 PM
Dankie CJF & Fila.....

..... ek hoop juis ander mammas in moeilike omstandighede vind iets hieruit...... die volheid van " vrede wat alle verstand te bowe gaan" is vir my 'n daaglikse werklikheid juis omdat autisme 'n moeilike situasie is om mee te "cope" weens die veranderlikheid, nie net van dag tot dag nie, maar soms van oomblik tot oomlik.....

.... ek is in die bevoregte posisie om deel te wees van 'n plaaslike ondersteunigsgroep vir ouers met sulke outjies en die kans om te getuig in die hartseer en amperse desperaatheid van veral nuwe diagnoses is wonderlik...... verder kan ek ook hierdie getuienis gebruik as moderator op 'n ander forum en daardeur ander ouers bereik, nie net met inligting oor autisme nie, maar ook met die vertroosting wat ek self in God vind.....

.... soms is dit juis as dinge op sy donkerste lyk, dat die Lig van die Wereld op Sy sterkste skyn.....

groetnis
mari

Die Filadelfieer
Feb 25th 2008, 01:59 PM
.... soms is dit juis as dinge op sy donkerste lyk, dat die Lig van die Wereld op Sy sterkste skyn.....

groetnis
mari

Ek het al ongelooflike vertroosting in die woorde van Joh. 16:33 gevind :

Dit het Ek vir julle ges, dat julle in My vrede kan h. In die wreld sal julle verdrukking h; maar hou goeie moed, Ek het die wreld oorwin.

Sulke eenvoudige woorde, maar vir my persoonlik van die kragtigste wat daar in die hele Woord staan.
As ons kan leer om altyd ons vertroosting by die Kruis te gaan soek, het ons alles wat die wreld na ons kant toe kan gooi klaar gewen.

Weereens baie dankie vir jou verhaal Mari. Dit is voorwaar 'n wonderlike getuienes.

mari
Feb 25th 2008, 07:07 PM
Fila.....

lank voor my kleinding nog 'n gedagte was, in die dae toe ek nog sendigwerk gedoen het, het Ps 139 vir my seker die kosbaaste stukkie in die Bybel geword...... nou dat my kleiding anders is weens genetiese "afwyking"..... is dit selfs meer besonder, want dit het soveel betrekking op hom ...... en was vir my veral lig in my selfverwyt na sy diagnose.....

139:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.

139:2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

139:3 U deurvors my gaan en my l, en U is met al my we goed bekend.

139:4 Want daar is nog geen woord op my tong nie- of U, HERE, U ken dit geheel en al.

..... een van die grootste probleme met 'n kind met autisme, is die onvermoee om te kommunikeer.... as my kleinding sukkel om iets te se kan ek werklik op insig van die Gees staatmaak om hom te verstaan..... want Sy Skepper weet wat hy wil se.....

139:5 U sluit my in van agter en van voor, en U l u hand op my.

139:6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

139:7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?

139:8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

139:9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,

139:10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

139:11 En as ek s: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.

139:12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag,die duisternis is soos die lig.

Die wereld is soms oorweldigend vir die oorsensitiewe autistiese kind....... die belofte van hierdie verse dat Hy my kind omvou, gee my rustighed .....

139:13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

139:14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

139:15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.

139:16 U o het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

....... die dokters beweer Autisme kom van 'n kombinasie van genetiese afwyking en negatiewe stimulus uit die omgewing....... My Skepper was daar toe my kind se DNA gevorm is en Hy weet......

139:17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!

139:18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.

....... as dit voel asof alles net te veel word en asof ek alleen staan in die daaglikse gesukkel wat met autisme gepaard gaan....... kan ek weet Iemand is naby my en my kind en ons is in Sy gedagtes........

.....................
groete
m

Phil Fourie
Feb 25th 2008, 07:20 PM
Hi mari

Ek wil asseblief vra dat jy net jou aanhalings in Afrikaans sal doen die reels laat nie Engelse plasings en aanhalings as primere brond in Lighuis toe nie.

Baie dankie ;)
Phil

NS! Sou jy nie 'n elektroniese Bybel in Afrikaans he nie, kan jy sommer of Bible Database se Bybels kyk, daar is 'n Afrikaanse vertaling ;) Dankie

CFJ
Feb 25th 2008, 08:25 PM

Dankie Phil, trots Afrikaans en lekker op die tong en die enigste taal wat in die hemel gepraat gaan word. Hier is die Afrikaanse Bybel (http://software77.com/onlinebibles/afrikaans/index.htm) op Bibledatabase net vir jou Mari. :hug:

Ta-An
Feb 25th 2008, 08:44 PM
Rohan in Hindi beteken eintlik: "ascending".

Ek hou meer van die Ierse / Gaelic betekenis : Rooi hare / Rooi ;)

mari
Feb 26th 2008, 08:21 AM
sorry Phil..... en dankie CFJ......

..... ge-edit na Afrikaans ( my voorkeur in elk geval )

groetnis
m

mari
Feb 26th 2008, 08:25 AM
Rohan in Hindi beteken eintlik: "ascending".

Ek hou meer van die Ierse / Gaelic betekenis : Rooi hare / Rooi ;)

.. healing, ascending, perfecting..... ja, so iets....

die Ierse betekenis is dan seker ook profeties, hoewel hy 'n blondekop is, het hy darem so 'n streak rooi van sy mamma geerf...... sy mamma 'n rooikop !

groetnis
m

mari
Feb 26th 2008, 12:14 PM
http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/2004_0129Image0009.jpg

mari
Feb 26th 2008, 12:15 PM
Kerskonsert, laas jaar...

http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/Rohankerskonsert.jpg

mari
Mar 1st 2008, 07:35 PM
Bemoediging aan ouers / familie van gestremdes :

Afrikaans Jesaja 35

1 Die woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos 'n narsing;

2 dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Lbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dr sal sien die heerlikheid van die HERE, die sieraad van onse God.

3 Versterk die slap hande en maak die struikelende knie vas.

4 S aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.

5 Dan sal die o van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word.

6 Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.

7 En die gloeiende grond sal 'n waterplas word, en die dorsland fonteine van water; in die plek van die jakkalse waar hulle gel en rus het, is gras met riete en biesies.

8 En dr sal 'n grootpad wees en 'n weg wat die heilige weg genoem sal word; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir hlle sal dit wees; wie die weg bewandel--selfs die dwase sal nie dwaal nie.

9 Dr sal geen leeu wees nie, en geen verskeurende dier sal daarop kom of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel;

10 en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.

protea
Mar 2nd 2008, 03:10 PM
http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/2004_0129Image0009.jpg
Ek loof die Here dat Hy vir Rohan n mamma gegee het met n passie vir en kennis van kinders sodat sy hom kan grootmaak tot eer van God. Geniet hom! Hulle raak so vinnig groot!

mari
Mar 7th 2008, 07:24 AM
Ons het hierdie week goeie nuus gekry....... :bounce:

Die skool terapuete span wil Rohan herevalueer ........ en oorweeg om hom volgende jaar in die akademiese baan te sit...... met die hoop dat hy later na 'n gewone skool kan oorgaan....... !! :pp

Sy intellegensie is gans te hoog vir die klas waar hy nou is !....... hulle werk nou grotendeels aan sy kommunikasie.... hy doen ook so goed op die rekenaar dat hulle nou dit inspan met die spraak terapie.....

Hy het meer as 6 maande laas 'n fit gehad en is nie meer op enige medikasie nie.......

Ons Vader is Grooter as enige diagnose !...... dit wat die wereld as onoorkombaar bestempel, kan in Christus meer as oorwin word !.......

dankie vir julle gebede....

groetnis
m

Die Filadelfieer
Mar 7th 2008, 08:24 AM
Ek juig saam met jou Mari. God is groot en almalgtig. Psalm 69 spesiaal net vir jou :

Ek wil die Naam van God prys met 'n lied en Hom groot maak met danksegging; en dit sal die HERE welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.
As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!
Want die HERE luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.
Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.

MrT
Mar 12th 2008, 08:31 PM
Halleluja.....AMEN!

rosie1
Aug 15th 2008, 01:15 PM
Ai Mari, Ek sit met trane in my o wanneer ek na die foto van Rohan en jou getuienis sit en kyk. God gee spesiale kinders vir spesiale mamma's en jy is een van hulle. Dankie dat jy so positief is hieroor. Mag jy 'n blessing vir jou gesin en andere wees.

Vannaand gee ek sommer my kinders ;'n ekstra drukkie. Dankie vir jou getuienis

CFJ
Aug 15th 2008, 01:35 PM
Welkom by ons rosie1... en ja, Mari se getuienis is 'n inspirasie soos min!

mari
Aug 18th 2008, 10:26 AM
Ai Mari, Ek sit met trane in my o wanneer ek na die foto van Rohan en jou getuienis sit en kyk. God gee spesiale kinders vir spesiale mamma's en jy is een van hulle. Dankie dat jy so positief is hieroor. Mag jy 'n blessing vir jou gesin en andere wees.

Vannaand gee ek sommer my kinders ;'n ekstra drukkie. Dankie vir jou getuienis

dankie Rosie...... ons is nou weer 'n moeilike tydjie deur met 'n getrekery - en autistiese kinders vind verandering nie so maklik so die res van ons nie...... maar die wa is deur die drif en dit gaan weer goed...... .......ondanks die omslommernis, het kleinman nie een keer tekens van fits of so iets getoon nie ( net so bietjie moeilik met 'n wil van sy eie met die inpak en uitpak )........

.... ek kan getuig dat die Here se genade weereens oorloop - dis nou al meer as 'n jaar sonder enige chemiese medikasie en hy begin in Januarie volgende jaar die akademiese baan saam met ander graad 1's - lees en doen al klaar somme dat die biesies bewe..... so saam met die lesery het sy woordekat ook sommer spronge vooruit gegee en sy spraak raak al duideliker.......

saam met die stryd kom altyd die genade

groetnis
m

Optimis
Aug 19th 2008, 08:23 AM
.... ek kan getuig dat die Here se genade weereens oorloop - dis nou al meer as 'n jaar sonder enige chemiese medikasie en hy begin in Januarie volgende jaar die akademiese baan saam met ander graad 1's - lees en doen al klaar somme dat die biesies bewe..... so saam met die lesery het sy woordekat ook sommer spronge vooruit gegee en sy spraak raak al duideliker.......

Prys die Here vir herstel!!!
Dis vir my so lekker om so na die tyd by te kom by die getuienis.
Die ma spreek NET lewe , leef die geloof en wat gebeur...wonderwerk op wonderwerk en wat kom, nog meer wonderwerke met sulke geloof aan ma se kant is Rohan verseker geroep tot grooot dinge dankie Mari dat jy dit met ons deel.

ns: rosie1, ons kan seker maar nog 'n bietjie huil (van opgewondenheid)!!!

mari
Nov 6th 2008, 11:05 AM
"n gebedsversoekie aan die wat in hierdie draad belang getoon het...

Rohan se juffrou is hospitaal toe vir toetse na redelik erenstige simptome...... ( sy mis vanaand se prysuitdeling ) .... staan a.s.b. saam met ons in gebed dat dinge goed sal afloop......

"Juf-Ag " is 'n besondere vrou met 'n missie om hierdie kindertjies te help om hulle potensiaal te bereik..... sy het saam baklei vir die aparte klassie vir autistiese kinders by ons skool en doen self die rondsoek om op hoogte te bly met vordering in autisme navorsing en dra 'n aktiewe deel by in studies....... sy het 'n hart vir "gestremde" kinders wie sy slegs as "anders" sien en alles behalwe minder mens........ die resultate van haar hantering van die klassie is sover ver bo verwagting - een outjie sou kwansuis glad nie kon praat nie en babbel deesdae met 'n borrelstemmetjie wat baie belofte toon....... one eie Rohan het sommer graad 1 werk in 6 maande afgedraf onder haar vlerk en begin volgende jaar graad 2 ! ............

.... sy bring rustigheid in die harte van verwarde ouers met hierdie kinders want sy het self so 'n dogter grootgemaak.............sy ken die werklikheid van geloof in aksie en verby menslike diagnoses kyk na God se beloftes............bid a.s.b.saam met ons vir rustigheid en spoedige herstel.........

groete
m

mari
Dec 3rd 2008, 01:07 PM
Simptome van kinders met Outisme sluit in :
sensitiviteit vir harde geluide
koordinasie probleme ( hand-oog, hand-voet, ruimtelike orientasie )
balans probleme - "motion" sensitivity
Onvermoee om die omgewing te evalueer....
...ens.... ENS....

MAAR kyk wat van kleinman aan !

http://i42.photobucket.com/albums/e340/sneakmari/RATV.jpg

Likkedilla
Dec 8th 2008, 07:22 AM
Ek loof die Here dat Hy vir Rohan n mamma gegee het met n passie vir en kennis van kinders sodat sy hom kan grootmaak tot eer van God. Geniet hom! Hulle raak so vinnig groot!

Dit is wonderlik dat jy so toegewyd aan jou liefling kind is. En ek is seker jy verruil hom vir niks in die wereld nie.

Baie sterkte vir jou pad vorentoe.

Likkedilla
Dec 8th 2008, 07:27 AM
"n gebedsversoekie aan die wat in hierdie draad belang getoon het...

Rohan se juffrou is hospitaal toe vir toetse na redelik erenstige simptome...... ( sy mis vanaand se prysuitdeling ) .... staan a.s.b. saam met ons in gebed dat dinge goed sal afloop......

"Juf-Ag " is 'n besondere vrou met 'n missie om hierdie kindertjies te help om hulle potensiaal te bereik..... sy het saam baklei vir die aparte klassie vir autistiese kinders by ons skool en doen self die rondsoek om op hoogte te bly met vordering in autisme navorsing en dra 'n aktiewe deel by in studies....... sy het 'n hart vir "gestremde" kinders wie sy slegs as "anders" sien en alles behalwe minder mens........ die resultate van haar hantering van die klassie is sover ver bo verwagting - een outjie sou kwansuis glad nie kon praat nie en babbel deesdae met 'n borrelstemmetjie wat baie belofte toon....... one eie Rohan het sommer graad 1 werk in 6 maande afgedraf onder haar vlerk en begin volgende jaar graad 2 ! ............

.... sy bring rustigheid in die harte van verwarde ouers met hierdie kinders want sy het self so 'n dogter grootgemaak.............sy ken die werklikheid van geloof in aksie en verby menslike diagnoses kyk na God se beloftes............bid a.s.b.saam met ons vir rustigheid en spoedige herstel.........

groete
m

Hoe gaan dit nou met juffrou??

mari
Dec 8th 2008, 08:10 AM
Hoe gaan dit nou met juffrou??

... die toetse wys toe dis darem nie so erenstig soos dit gelyk het nie...... die Heer se genade is groter as ou jims se banmaakstories !.....

.... 'n klein operasie het meeste van die simptome verlig en sy moet nou haar dieet en stressvlakke baie goed dophou ...... juf A' is vinnig oppad na volkome herstel....

dankie vir die wat saam gebid het....

groetnis
m

CFJ
Dec 10th 2009, 07:54 PM
*bump*...................

mari
Dec 11th 2009, 10:01 AM
..... die draad het weggeraak - gehijack deur een van die amerikaners, maar ons fundie het dit weer teruggekry..... Dankie baas Ferdi .... jy's 'n ingeltjie !

update ...

dit was alweer prysuitdeling en boeta het sommer 4 sertifikate gekry .... rekenaar, leierskap en vordering met lees en wiskunde ... hy is binne 10 maande verby graad 1 lees en somer al deur gr 2 wiskunde .....

.... elke dag is genade
m

Die Filadelfieer
Dec 11th 2009, 10:38 AM
Dankie vir die goeie nuus Mari !
Ek is altyd dankbaar as jy vir ons terugvoer gee, ons kom nou al so 'n lang pad saam met jou en boetman dat dit vir my kompleet voel asof ek nuus oor 'n familielid kry.

Ta-An
Dec 11th 2009, 01:03 PM
:hug:
Kyk daai bike ma!!!!

MercyChild
Dec 11th 2009, 01:27 PM
Hi Mari, dis die eerste maal wat ek hierdie draad raak sien. Ek moet s dit het my sommer baie geinspireer! :hug:

AndreHa
Dec 17th 2009, 12:46 PM
Sjoe, Mari - dit lyk my ons Here het groot planne vir jou kleinding.:pp

protea
Dec 17th 2009, 02:43 PM
Hallo Mari,
Dis wonderlike nuus! Alle eer aan ons Vader wie vir Ruhan gemaak het binne in sy aardse mamma en wat NOOIT die werke van Sy hande laat vaar nie. Dis waar wat Fila se : Ons klomp Lighuis vriende voel al nes familie . Dankie vir die terugvoer.:kiss:
Liefde,
Ruhan -se -'aangenome -ouma'-wat-net-verder-aan-met-die-see-Kaapse-kant-toe-bly.;)

mari
Feb 24th 2011, 11:48 AM
dis seker tyd vir 'n update ...... ;)

seuna is nou amper 10 en oor die laaste vakansie het nog 'n wonderwerk posgevat .... hy het begin praat in vol sinne en begin emosies identifiseer en noem soos hy dit sien .....

as hy honger is, is dit nie meer net "oot" nie ....... maar : " Rohan is honger .... ek wil warm brood he .... "

..... dis amper moontlik om 'n behoorlike gesprek met hom te voer ........ hy praat nou van gister en more in die regte tydvalle ens ...... en kan lekker verskonings uitdink as hy nie lus is vir skool nie : " al die werk gister gedoen, nie skool vandag nie ! ..... maar is dan maar net so opgewonde as ons wel by die skool uitkom ..... wie het ooit gedink 'n ma kan in trane van blygeit uitbars as haar seunskind begin terugpraat ! .....

.... en nou die dag soek ek weer halsoorkop die sleutels toe Pappa by die deur staan, en kry dit later reg onner my neus ( soos gewoonlik ) ......... sy kommentaar : " mamma se kop raas weer ! .........

hy het nou 'n maatjie by die skool wat ook redelik " high functioning" soos hy is, en hulle doen saam somme en leeswerk.... maar die outjie het 'n Xhosa pa en Afrikaanse ma .... hy praat ook 'n mengsel van engels, afrikaanse en dan kla my slimkop dat Avie alweer Xji Xji ( klik geluide ) ! .......

een van sy maatjies by die skool, wat baie erger autisties is en die slimmes as " probably unreachable" gediagnoseer het ....... begin nou somme doen en het so 10 woorde wat redelik duidelik uitkom ! .......

...... en daar kry ek nounet weer raas .......... " sit die Coke in die yskas ! Ma se kop alweer raas ...... ! "....

..... elke dag nog steeds 'n wonderwerk ......

Son of the South
Feb 24th 2011, 11:59 AM
Mamma se kop raas :rofl: Jaaa, toemaar seuna, eendag word mens maar self ook soos jou ouers. :P

Baie dankie dat jy die tyd geneem het om dit met ons te deel, Mari. :hug:

mari
Feb 24th 2011, 01:59 PM
9611

seuna en sy " xji xji " maatjie ....

Son of the South
Feb 24th 2011, 02:52 PM
Pragkinders! Soos my Ma ges het: Vreet hulle op, binnekort gaan jy wonder hoekom het jy nie. :lol:

Die Filadelfieer
Feb 25th 2011, 06:43 AM
Sjoe, ek is elke keer verbaas hoe groot seun word ..... ek kom al van kk se dae af met jou en Rohan se dinge, wardeer dit so baie elke keer as jy vertel hoe dit met hom gaan, soms voel dit soos familie ! :)

mari
Mar 16th 2011, 12:32 PM
Alle eer aan onse Vader vir 'n dekade van genade ! .....
9634

Die Filadelfieer
Mar 16th 2011, 12:53 PM
Vandag ? Gee vir hom 'n drukkie van sy Lighuis maaikies asb Mari !

Son of the South
Mar 16th 2011, 02:31 PM
"Carpe Diem" s daai leuse, ja, gryp die dag julle! :pp

mari
Mar 16th 2011, 04:14 PM
"Carpe Diem" s daai leuse, ja, gryp die dag julle! :pp

Ja, SOS ..... van hierdie kinders het lae lewensverwagting - hulle hou so 'n paar keer 'n jaar dankseggingsdienste as die outjies hemel toe gaan ........ maar daar is ook 'n paar wat al ver oor die jare is wat hulle diagnoses sou toelaat ...... so die leuse is hul lewe by die skool .......

...... m

Son of the South
Mar 16th 2011, 04:28 PM
Ja, SOS ..... van hierdie kinders het lae lewensverwagting - hulle hou so 'n paar keer 'n jaar dankseggingsdienste as die outjies hemel toe gaan ........ maar daar is ook 'n paar wat al ver oor die jare is wat hulle diagnoses sou toelaat ...... so die leuse is hul lewe by die skool .......

...... mMiskien moet meer van ons by daai skool gaan leer. Klink my mens leer GROOT lesse daar...:hmm:

Ta-An
Mar 16th 2011, 07:38 PM
Baie Geluk Mamma.....
Hy is 'n prag kind!!

mari
Oct 19th 2011, 06:54 AM
Update .......

GOD IS GROOT ! ......

Outisme is nie geneesbaar nie ........ of so se "hulle " ....... mmmm ..... ??

Maandag die nuus ontvang dat seuna die res van die kwartaal sekere klasse saam met die hoofstroom klas gaan doen om hom in die akademiese baan te integreer .... ........ volgende jaar sal hy voluit akademiese kurikilum volg !!!! ....... hy het sy outisme klas maatjies ontgroei !

dankbare mamma ........

:pray:

Die Filadelfieer
Oct 19th 2011, 08:05 AM
Wow !
Ek vermoed dit het ook baie met 'n mamma te doen wat nie nee vir 'n antwoord aanvaar nie. :)

Son of the South
Oct 19th 2011, 08:24 AM
Wow !
Ek vermoed dit het ook baie met 'n mamma te doen wat nie nee vir 'n antwoord aanvaar nie. :):yes: Ons sal seker nooit weet presies hoeveel 'n ouer se gebede vermag in 'n kind se lewe nie. Ek vermoed my eie ouers het ook maar heelwat moes bid om my lewenspaadjie reguit te hou. :pray:

CFJ
Oct 19th 2011, 10:19 AM
Dis 'n kosbare getuienis Mari! 'n Ouer se geloof vir hul eie kinders kan selfs redding bewerk en ook enige iets anders en is iets wat die Bybel ook van getuig. Kyk na Jarus, die Kananse vrou ensovoorts...

Ta-An
Oct 19th 2011, 12:10 PM
Update .......

GOD IS GROOT ! ......

Outisme is nie geneesbaar nie ........ of so se "hulle " ....... mmmm ..... ??

Maandag die nuus ontvang dat seuna die res van die kwartaal sekere klasse saam met die hoofstroom klas gaan doen om hom in die akademiese baan te integreer .... ........ volgende jaar sal hy voluit akademiese kurikilum volg !!!! ....... hy het sy outisme klas maatjies ontgroei !

dankbare mamma ........

:pray: :pp :monkeyd: :pp

God is amazing!!!

protea
Oct 19th 2011, 03:14 PM
Is ons God nie GROOT nie! By Hom is ENIGIETS moontlik! Ons hartjies hop saam met jou Mari!

mari
Jan 18th 2012, 04:52 PM
10398

Die nuwe skooljaar het begin ...

..... seuna is nou in "groot skool" tussen gewone maatjies en dit gaan uitstekend ....
..... mamma was die eerste dag heel onderstebo met kleinman wat dan so verlore daar tussen die "gewone" skoolbanke sit en groot-oe die ander maatjies aanstaar .... hy wil by Katrina hande was..... en waar is sy maatjie Avumele ? ! ......... but, lo and behold ........ onse kinders se beskermengele gaan mos saam waar mamma moet los ....... na skool kan hy nie uitgepraat raak oor die maatjie met die magic technology wielstoele se mannewalis, om nie te praat van die ander een met die transformer beene nie ! ...... en almal kan saam tel !.......... en almal praat reg .... en---en---en ..... arme Agnes en sy authouse maatjies heel vergete ...... ( die outisme eenheid is 'n huis wat apart van die hoof skoolgebou ingerig is om die sensitiewe outjies te beskerm van die ander kiders se woeligheid ) ......

.... na 5 jaar in die Authouse met sy flexi reels en annerste manier van doen, was hierdie mamma maar gebodder met hoe haar engeltjie sou aanpas .... nevermaaind dat dit dan nou presies is waarvoor ons so hard gewerk het ........ maar Sy Genade is weereens genoeg ...... oorweldigend genoeg ..... en daardie vrede wat alle verstand ( en prognoses, en diagnoses, en vrese ) te bowe gaan, hou ons voete op aarde en ons koppe in die lig soos dit hoort ......

shalom
m

Ta-An
Jan 19th 2012, 09:02 AM

Mari..... God se genade is groot!!
Baie geluk met seuna op skool.... alles sal regkom :)

CFJ
Jan 19th 2012, 10:03 AM

Dis amper te goed om waar te wees, maar dit is hoekom dit mens so aangryp en verseker die rede hoekom jy dit plaas Mari! Goed om jou weer te sien en hoe gaan dit nog daar in Knysna?

mari
Jan 19th 2012, 05:41 PM
Dis amper te goed om waar te wees, maar dit is hoekom dit mens so aangryp en verseker die rede hoekom jy dit plaas Mari! Goed om jou weer te sien en hoe gaan dit nog daar in Knysna?

Ja Ferdi .... dis so goed, dit kan net God se werk wees .... vir 'n outistiese kind om so vinnig te vorder en so goed aan te pas, moet daar 'n hand van Bo betrokke wees ........ maar ons sien dit meer en meer tussen mensies met "beperkings" in die lewe, SY GENADE IS GENOEG ......

Ja, daar is issues wat nog nie opgelos is nie
.... maar ... SY GENADE IS GENOEG
Ja, ons seun is steeds "anders" en dit maak meer probleme soos hy groter word
.... maar .... SY GENADE IS GENOEG....
Ja, dis verstreurend as alles nie met klap vingers regkom nie
...maar.... SY GENADE IS GENOEG....
Ja, ons moet aanhoudend aanpassings maak wat nie van gewone ouers verwag word nie ....
maar .... SY GENADE IS GENOEG.....
Ja, ons weet nog steeds nie wat presies die toekoms gaan inhou nie.... maar ...
SY GENADE IS GENOEG

so by the way .... 'n takkie aan die familie boom kielie hierdie storie .....
kleinneef wat in Jan Kriel skool was weens erenstige ko-ordinasie en konsentrasie probleme .....
en toe mos gematrikuleer het met springbok kleure in skyfskiet .... ( ja, soos met gewere korrel ! )
het nou gespesialiseer in sy rekenaar werk ...
hy werk nou saam met brein spesialiste met diagnose en intervensie prosedures...... as medise navigerings teknikus !!! ..... dit beteken hy stuur die megafters wat vir die snydokter wys op die rekenaar skerm waar die probleem areas in pasiente se breine is ..... meet breinwaves ens .....
( ja toe, val ma van die stoel af, dis waar .... sy probleem areas het sy sterkste punte geword ..... )

..... m

protea
Jan 21st 2012, 05:42 PM
Wonderlik! Kyk hoe is daar n plekkie in die son vir almal van ons! En kyk waar gebruik die Here hom nou! Leef dag vir dag en hou julle oog die Leidsman. Hy sal jou nie in die steek laat nie. As jy met jou fokus op die Here leef, sal Hy jou die anwoorde van probleme elke dag kry. Maar jy gaan nie more se probleem se antwoord vandag al kry nie....

Ai , ek is SO bly vir julle part dat Ruan in die hoofstroom kan wees. Sterkte en as julle raad nodig het : Prop in die by die Bron! xMwha!