PDA

View Full Version : Maklike wen resepte



JMN
Mar 11th 2008, 11:29 AM
Het julle enige idees vir maklike wen resepte wat n gesin kan gelukkig hou vir aand ete of middag ete.
Wat is vinnig om te maak?
Wat kan ek voorsit met min bestandele?:hmm:

Ta-An
Mar 16th 2008, 05:54 PM
Synde dat dit vandag reŽn ... wat van pannekoek met 'n maal vleis vulsel, of met geroomde spinasie, of kaaswitsous en spinasie??

Waffels met 'n geurige maalvleis oor is ook lekker, of ook met die spinasie oor is lekker :idea:

Ta-An
Mar 16th 2008, 06:28 PM
Hoender fritters

Roerbraai strips hoenderborsies met groen ui, en voeg by corriander, cumin, kerry poeier, sout peper en knoffel, en 'n bietjie tamatiesous en suurlemoen sap. maak die mengsel fyn in jou voedsel verwerker, wanneer afgekoel, rol in balletjies, net kleiner as 'n gholfbal.

Kook +- 4 groot aartappels in hulle skil, laat afkoel en trek die skilletjies af, druk dit fyn en voeg by 2 rou eiers, om 'n deeg te veorm, dit moet droog wees,, vryf olyfolie aan jou hande.
Vorm eier grootte ballejies van die aartappels, druk dit plat en vou dit om 'n hoederballetjie, rol dit nou in meel, dan in geklitste eier en dan in fyngemaakte graagvlokkies (Cornflakes) en druk dit effe plat, (om te lyk soos 'n viskoekie ;) )

Braai dit in olie, bedien koud of warm met 'n groenslaai ...

Ta-An
Mar 16th 2008, 06:40 PM
Aartappel koekies

Kook die aartappels gaar +- 4, laat afkoel en trek die skilletjies af.
Rasper die aartappel, voeg by gekapte gras uitjies of rooi uie, voeg 'n geklitste eier by of 2 indien die mengsel te droog is...... nou hierby kan jy oorskiet gekapte koue hoender sit, of 'n blikkie sardientjies en bedien dit met 'n groen slaai.

Jy kan kaas oor rasper en dit onder die rooster grill ;)

Ta-An
Mar 16th 2008, 06:50 PM
Knorr maak 'n garlic and herb ekstrak blokkie...... dit is 'n mees amazing stukkie geurmiddel..... ek gooi dit in al my kos :rolleyes:



'n Roerbraai ete, berei strips vars hoender (of maalvleis) kap uie, seldery, boontjie spruite, sampioene, soet rissie, pynappel, gekapte tamatie en gesnyde rou uie.... bedien op rys of koring

Sit al die kossies in aparte bakkies, en laat elke persoon sy/haar eie voedsel kombinasie kies en help braai ;;; Geniet dit!!

Ta-An
Mar 16th 2008, 07:10 PM
Ons noem dit 'n "Spuddy night"

Jy kook aartappels en bedien dit met verskillende toppings,,,,
Geurige maalvleis / kaas sous / gebraaide sampioene en uie en spekvleis, (as jy dit eet ;) ) Vis en kaas sous / enige gegeurde witsous soos met spinasie ;)




AHHHHHH 'n ander lekker aarappel gereg is om aatappels te beri siis met die hoenderballetjies, maar nou rol jy dit soos 'n rolkoek uit, voeg kaas en maalvlies oor, rol op soos 'n rolkoek en bak dit in 'n broodpannetjie i die oond tot gaar (alhowel jy gaar aartappels en vleis gebruik moet die eiers in die aartappel gaar word ;)

Ta-An
Mar 16th 2008, 07:23 PM
Ons SPAR verkoop rou deeg, hiervan bak ek "Vetkoek" dan bedien ek dit met maalvleis....... en more eet hulle dit met stroop :)

Pita broodjies!!!!

Jy kan jou roerbraai in 'n Pita broodjie bedien,,,, of maak geroosterde groente, of gebraaide groente en skep dit in die pita broodjie.

Ek bedien maklik ook die roerbraai in 'n pannekoek,,, sonder suiker natuurlik ;)

Meksikaanse boontjies saam met maalvleis in 'n pitabroodjie

Ta-An
Mar 16th 2008, 08:23 PM
Pampoen muffins
Strooisel
1/4 k hawermeel
15 ml bruinsuiker
15 ml margarien ( grondboontjie botter)
1 ml kaneel en 1ml nutmeg

bestanddele
1 k hawermeel
1 1/2 k meelblom (rysmeel)
1 E bakpoeier
1 t kaneel
1/2 t nutmeg
3/4 k bruinsuiker
1/3 k olie (olyf olie)
2 ml sout
3/4 k appelmoes
1 k gaar fyn pampoen (butternut)

meng droŽ bestanddele saam, meng vloeistof bestanddele saam, meng alles saam
gooi strooisel bo-oor
bak 20 min by 200 C

JMN
Mar 19th 2008, 11:41 AM
Pampoen muffins
Nou het als gehoor:rofl:
Wel ek sal seker ook n plasingtjie of twee moet maak siende dat jy al die plasings maak.
Ek gaan bietjie rond kyk en dink dan plaas ek ook n goeie resepie of twee.
Anneke ek hoop daardie pampoen muffins proe better as wat dit klink.

JMN
Mar 19th 2008, 11:46 AM
Nou dat ek daaraan dink ek het nou die aand n hadock pasty probeer.
Ek het gewone pastry deeg gevat en uitgerol hadock in melk gaar gemaak bietjie gemengde groende by dit gevoeg, toe die hadock gaar is dit in die pasty deeg geplaas en die groente bo oor gegooi, n kaas sousie net om als af te rond en die deeg geseel.
In die oond teen 200 grade vir 40min gebak en "vooolaaa" n heerlike hadock pasty.

Dis by gesÍ as jy van vis hou.;)

mari
Mar 23rd 2008, 03:00 PM
KRIEWELKOS

Meeste mammas weet mos hoe mens kan sukkel om gesonde kos in kleutermagies te kry, en hoe kreatief mens kan raak wanneer nodig......

Oor 6 jaar met 'n creche in die huis waar ons meestal vir alleen mammas ( en selfs 2 enkel pappas ! ) se kleingoed gesorg het, en dus ontbyt en 'n gekookte ete in die midag voorgesit het, het die kreatiewe souse so saam met die pot moes prut......

Soms kan mens gewone, baie gesonde kos voorsit, solak dit 'n interessante tongtittel naam kry of 'n orekielie storie agter het.


Hier is 'n paar van die idees wat so ontwikkel het :


Ontbyt :

Koekpap - wit mieliepap met 100 & 1000 oor gesprinkel - tot die ingelsmanne eet dan boerepap...

Piekpap ( of blou of groen... ) - mieliepap met 'n paar druppels voedselkleursel in gemeng.

Roomyspap - mieliepap wat die helfde pienk gekleur is en die ander wit gelos is..... skep 'n lepel van elk in 'n bakkie en gee dit so 'n roomys draai...


Gekookte kos :

Karatikos:
Hoender, kool en wortel roerbraai op rys - dis mos wat die sterk karati ouens van China eet om so goed te kan faait....

Maffia munch :
Maalvleis met tamtie, uie en groente, gegeur met knoffel en kruie met pasta - soos die Italiaanse tuff guys mos eet.....

Ertjieviswurms ( een van die gunstelings oor sy lekker naam )
Tuna en ertjies met spagetti in 'n witsous - gebak of net so..... strooi sommer gerasperde kaas oor vir nog wurms......

Popey stew : ( spinasie vir daai sterk spiere )
Maalvleis met fyn gesnyde spinasie, uie en tamatie op rys ...

Wielletjie sop :
Sop met allerande ronde kougoed : "wiel" noedels, russians en wortels in ringe gesny, ens....

Een van die lekkerste winter gunstelinge was seker Timone & Pumba se Boskos :
'n Mengsel van allerande soorte pastas - maccaroni, spagetti, skulpies, wielle, penne, ens..... met maalvleis, gemengde groente en tamatie sous...... die idee is soveel vorms en kleure as moontlik - ek het altyd 'n handvol van ander pasta in 'n houer gehou soos ons ander kos maak om 'n lekker deurmekkarspul te meng.... as die houer vol is, is dit tyd vir hierdie lekker grillerigge storie kos.....
Dieselfde pasta en groente mengsel kan ook in die somer as 'n koue slaai berei word met blokkies ham of ander koue vlies en kaas saam met 'n mayonaise en tamatie sous....

lekker kook
http://www.kinderwerf.co.za/afrikaans/klets/images/smiles/icon_wink.gif m

Ta-An
Mar 24th 2008, 02:47 PM
Ahhh winter is op pad en hier is die maklikste Butternut sop resep wat jy kan kry!!!

Ek skil en kook 2 lekker Botterskorsies tot sag in water. Voeg daarby 2 Knorr hoenderblokkies, maak dit fyn, ek gebruik my "Thunderstick" en bedien net so, of met 'n room garnering.

Ek het selfs vandag 'n blokkie Tofu in my sop bord gekep en toe die sop bo-oor geskep en dit was heerlik!! :pp

Ta-An
Mar 24th 2008, 02:49 PM
Pampoen muffins
Nou het als gehoor:rofl:
Ek is mal oor pampoen, ek het die lekkerste Pampoen koek resep, sal dit eendag plaas ;)

Ta-An
Mar 27th 2008, 04:54 PM
Dit was vanaand op die spyskaart ;)

Voorgereg:
Botterskorsie Sop (Butternut Soup) Pulp-fyn gaar butternut met 2 hoendeblokkies in en bedien met Bulgarian yoghurt.... njammies

Hoofgereg:
Bief bredie:
500g bees stowe vleis (Sonder been)
1 pakkie Skouer Spekvleis
1 groot ui en 'n paar grasuitjies
1 pakkie Sampioene
1/2 pakkie Oxtail soppoeier
1 Knorr Garlic & Herb blokkie
Piekel uitjies (optioneel)
50 ml rooiwyn (optioneel ) Ek gebruik 1 K rooi druiwesap

Braai uie, spekvleis en beesvleis saam in 'n klein bietjie olie (Ek gebruik Olyf olie)
Voeg al die ander bestanddele by en stowe tot gaar.

Bedien op rys, of... ek sny sommer 2 aartappels in klein blokkies en en voeg dit by die vleis om gaar te stowe, dan gebruik ek nie ekstra krag vir rys nie ;)

Bedien met 'n kool slaai.

Gou en lekker!
Geniet!!

JMN
Apr 1st 2008, 12:16 PM
Mari

Ek dink daardie resepies vir die klein goed is uitstekend ek dank jou regtig dit maak my sommer opgewonde om vanaand kos te maak. So mal moontlik om te kyk wat kan my pragtige dogtertjie van die idees dink.

Dames ek maak vanaand n regte hoender sop, my eerste keer spesifiek vir die eene maar ek dink dit gaan n wenner wees.
Ek wou hoender sop maak want ek voel n lekker verkoue onderlede, nies al die hele dag en my neus loop lekker ek het gistraand alweer begin hoes en ek kanie lekker verstaan nie want ek drink van gister af weer multivitamines.

Hoender sop

Selotte, saldery, aartepels, worteltjies en ek dink nog wat ek nog wil in sit.
Natuurlik gaan ek verskilende soorte pasta of miskien net een in sit en dan die sop n naam gee soos Mari voorgestel het.
O en natuurlik die grootste bestandeel van als, hoender stukkies.

Yummmmmmmy.

mari
Apr 1st 2008, 02:47 PM
JMN

.... gooi 'n handvol spagetti in..... en noem dit kiepiewurmsop....:spin:

m

JMN
Apr 2nd 2008, 11:04 AM
My dogtertjie is 5jaar oud so jou wenke is nogal vir my n groot seen.Ek sukkel dat sy soms haar gekookte groente eet en natuurlik hou sy nie van mushrooms en aartepels baie nie.

Enige ander raad wat jy het?

Ta-An
Apr 3rd 2008, 06:45 AM
Maak aartappel koekies, en laat haar help on die aartappels in die koekie vorms te maak :idea:

Rou groente kan dalk vir haar meer aanvaarbaar wees, maak wortel krulle, of stokkies, maak mannetjies van wortelrepies en rosyne ... :)

Rosyntjie ogies op piesangs :idea:

Wanneer kinders help met die voorbereiding van die kos, is hulle meer genee om saam te eet....

Gaar groente..... Maak groente sop, maar maak al die groente fyn... kan werk ;)

As sy nie aartappel saam met vleis wil eet nie ..... 10/10 vir haar , groente en vleis saam, vrugte en stysel saam :)

JMN
Apr 3rd 2008, 08:37 AM
Dankie vir die goeie raad Anneke sal dit bietjie probeer. Ek weet eending sy is mal daaroor om koekies te bak so die aartepel koekies kan n wenner wees.