PDA

View Full Version : Pragtige Gesange



chisel
Mar 12th 2008, 06:57 AM
Hallo julle,

Ek het vanoggend op 'n webwerf afgekom wat al Charles Wesley se liede bevat, en hierdie betrokke gesang het my regtig diep geraak.

As mens die webbladsy oopmaak begin die 'MIDI' musiek outomaties speel, wat nogal oulik is want mens kan saamsing as jy wil en die melodie is eenvoudig.

http://www.cyberhymnal.org/htm/d/e/depthmer.htm

Miskien kan ons op hierdie draad nog ander mooi liede noem, en dan kan diegene wat in huiskerke is, materiaal h om te sing as iemand 'n klavier of kitaar byderhand het.

Groete

Vim.

CFJ
Mar 12th 2008, 07:21 AM
Vim,

Ek het hierdie een 'n "sticky" gemaak. Hoe sal mens nou in Afrikaans s, mens hoor van gewigtig, maar wat van 'n plakkertjie... ;)

Hier is nog een, die Psalms in klank en die begeleiding is met klavier...

http://www.psalmer.nl/psalms/ouber.htm

Roelof
Mar 12th 2008, 10:06 AM
Baie kerke sing mos deesdae "gospel" of "worship" liedere van elektroniese borde af.
Waar is die ou Psalms en Gesange en 'n kerkorrel?

:cry::cry::cry:

Phil Fourie
Mar 12th 2008, 10:56 AM
Ek is mal vir 'n kerkorrel, maar ek moet darm ook s baie van die nuwe "praise & worship" liedere is baie treffend en sing lekker.

protea
Mar 14th 2008, 01:15 PM
[quote=Phil Fourie;1570292]Ek is mal vir 'n kerkorrel, maar ek moet darm ook s baie van die nuwe "praise & worship" liedere is baie treffend en sing lekker.[/quot

Hallo julle . Mag ek my hart oopmaak teenoor julle? My man se outoriteit as hoof van die huis en my passie vir die kerkmusiek van die NGK is al wat my by die NGK hou huidiglik (weet nie vir hoe lank nie...) En ook van die nuwe Liedboek se liedere is pragtig. Ek dink nou aan : Voel jy soms of die Here te ver is.....? Liedboek 518 en ook no 516 : Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie...

Waaroor ek ook baie bly is , is dat hulle Ps 18 se ou melodie as n 2e melodie weer teruggebring het. Dit het n jubellende majeur (vrolike) melodie terwyl die ander een in n mineur toonaard geskryf is .Ek kan nie die Here loof in n mineur (hartseer) toonaard nie.... En ongelukkig het daar met die vorige publikasie n hele paar lofprysings in mineur toonaarde deurgeglip, bv ook Ps 8 waar God se skepping besing word se eerste melodie.

14390876
Mar 14th 2008, 01:32 PM
Ek is bevrees ek verkies meestal engelse gesange ("It is well with my soul", "amazing grace" [die Afrikaanse weergawe doen dit net nie vir my nie]) Ek het nou niks teen die orrel nie, en ek verkies dit selfs soms, maar ek verkies dit wanneer daar `n klomp instrumente is (elektronies of nie). "Ons is almal hier tesaam" word in my kerk gesing maar did klink `n bietjie anders:

Die begin is alles die selfde, maar aan die einde kom daar die volgende "koor" gedeelte by, en dit is so `n bietjie "opgejazz" kan jy ma s:

Halleluja!
Ons kan nie sonder U nie,
Halleluja!
Ons sal nie stil bly nie,
Halleluja
Daar is geen ander naam nie
as Jesus Christus die Heer.

ken enige iemand die volgende een:

In die hemel is die Heer,en Sy glans is soos kristal,
Hy's die Heilige van God en Hy heers oor die heelal
brug:
Want daar is mag in Sy Woord,
soos die waters druis Sy stem,
Soos die son op die see se blou,
so die rykdom van Sy trou
koor:
Want aan U is die mag
en die heerlikheid en krag
en aan U is die eer,
en die lof want
U regeer,
U regeer

tweede vers:
Milljoene in greedheid,
staan die engle voor Sy troon.
Verbysterend Sy sieraad
en die weelde van sy kroon

Brug:
Koor:

Philip dT
Mar 14th 2008, 02:38 PM
In die hemel is die Heer,en Sy glans is soos kristal,
Hy's die Heilige van God en Hy heers oor die heelal
brug:
Want daar is mag in Sy Woord,
soos die waters druis Sy stem,
Soos die son op die see se blou,
so die rykdom van Sy trou
koor:
Want aan U is die mag
en die heerlikheid en krag
en aan U is die eer,
en die lof want
U regeer,
U regeer

tweede vers:
Milljoene in greedheid,
staan die engle voor Sy troon.
Verbysterend Sy sieraad
en die weelde van sy kroon

Brug:
Koor:

Verseker, ek doen dit juis eerskomende Sondag met ons gemeente.

Philip dT
Mar 14th 2008, 02:40 PM
Ken julle hierdie een?


U is in beheer, wonderbare Heer
U wat steeds getrou U skepping onderhou
U is in beheer, wonderbare Heer
U wat alles vorm tot U eer

Die oggendson vertoon U heerlikheid
Die sterre in die aand U majesteit
As ek om my kyk kan ek meer van U begryp
en ek weet opnuut U is 'n werklikheid
U alleen laat val die vroe reen
en U alleen gee liefde deur U Seun
As ek om my kyk kan ek meer van U begryp
en ek weet opnuut U is 'n werklikheid
(Herhaal eerste vers)

14390876
Mar 14th 2008, 02:41 PM
Ek is nou eenmaal oortuig dat Gesange wat oorspronklik in Engels was dikwels beter klink in Engels

protea
Mar 15th 2008, 11:44 AM
Ken julle hierdie een?

Dis pragtige woorde maar hoe klink die melodie?

Philip dT
Mar 16th 2008, 05:13 PM
Dis pragtige woorde maar hoe klink die melodie?

Moet ek vir jou 'n mp3 maak?

Ta-An
Mar 16th 2008, 05:46 PM
Vim,

Ek het hierdie een 'n "sticky" gemaak. Hoe sal mens nou in Afrikaans s, mens hoor van gewigtig, maar wat van 'n plakkertjie... ;)

Wat van 'n Toffie?? Hoe sou dit klink..... "Maak van die een 'n Toffie?? :hmm:

CFJ
Mar 16th 2008, 05:50 PM
Wat van 'n Toffie?? Hoe sou dit klink..... "Maak van die een 'n Toffie?? :hmm:

Hehehe, ek het thppie en twing-gham ook oorweeg, maar toffie klink reg.

protea
Mar 17th 2008, 06:03 PM
Moet ek vir jou 'n mp3 maak?

Sal jy regtig so dierbaar wees? Hoe kry ek my adres by jou sonder om dit oor die forum te verkondig ,want ek dink nie my pm is al geaktiveer nie. Maar jy het seker toegang tot my besonderhede? Jy is mos n moderator of hoe?

Baie dankie solank!

Philip dT
Mar 18th 2008, 07:25 AM
Hallo Protea. Hier is 'n mp3 vir 'n gedeelte van die liedjie. Dalk help dit al.

http://www.wian.co.za/html/learn_to_discern.html

protea
Mar 18th 2008, 05:55 PM
Hallo Protea. Hier is 'n mp3 vir 'n gedeelte van die liedjie. Dalk help dit al.

http://www.wian.co.za/html/learn_to_discern.html

Baie dankie Philip,

Hierdie Wian sing regtig n paar oulike goed. Die jongklomp sal werklik aanklank daarby vind. Die ou Psalms en Gesange spreek nie tot die jong mense nie en as ons nie musiek wat to hulle spreek in ons kerke gebruik nie , gaan ons hulle verseker verloor. Ek is persoonlik so lief vir Terry Mc Almon se aanbiddingsliedere. Ken jy dit?O.a. Holy , holy, holy en kie. DIT spreek nou regtig tot my.

elizevanas
May 26th 2008, 01:10 PM
Ek trou in Augustus en kort 'n lied wat almal kan sing in die seremonie.

Het enige iemand miskien 'n idee wat ek kan gebruik.

Verkieslik iets in afrikaans - dankie.

protea
Jun 11th 2008, 06:16 PM
Elize ,
Ek het op leidboek no 532 afgekom in my soektog as jy dalk n seenbede soek. Let op sy mooi woorde:

Ons Vader , neem ons hande en maak ons een.
Versterk U self die bande- gee ons U seen.
Bind ons in U genade aan U o Heer,
en leer ons om met dade u Naam te eer.

Heer , wees vir ons n Vaderwat sorg en seen.
TRek ons in Christus nader om U te dien.
Laat Heer , u Gees ons voorgaan , laat Hy ons lei,
dat ons u Woord gehoorsaam -ons aan U wy.

Laat ons mekaar vergewe, mekaar vertrou.
Laat ons die hele lewe op liefde bou.
Laat heers oor ons U vrede, en bind ons saam.
Verhoor tog ons gebede in Jesus Naam.

Die melodie is aan my baie bekend. Hoe lyk hy vir jou?

Kyk ook na liedere 532 , 535 , 536 en 537.

Ek hoop jy kry iets na jou smaak. So n keuse is baie persoonlik. Sterkte met al die voorbereidings!

Ta-An
Mar 24th 2010, 07:08 PM
Ek slaan my o op na die berge,
vanwaar sal my hulp vandaan kom,
my hulp die kom van die Here
wat hemel en aarde gemaak het....

Danie Botha sing die.... baie mooi :)