PDA

View Full Version : Aan Almal - 'n Gratis Bybel



CFJ
Mar 12th 2008, 03:08 PM
Elkeen wat wil, kan hier een van twee dinge doen. Jy 'n privaat boodskap stuur na enige moderator... en daar sal 'n gratis Ou Afrikaanse Vertaling (1933/53) na jou adres gestuur word. Moet asseblief nie jou adres in hierdie draad plaas nie, stuur of 'n privaat boodskap of maak 'n draad oop in C2M (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=84) (klik op skakel), waar jy jou adres kan plaas, sonder dat ander, behalwe die modereerders dit kan sien. As jy in C2M is, noem die draad, Gratis Bybel, dan weet mens waaroor dit handel. As jy spesifiek 'n ander Bybel-vertaling soek, laat weet gerus, maar al wat in voorraad gaan wees, is Ou Afrikaanse Vertalings. E-pos addresse sal ook verskaf word, sou jy nie hier wil registreer nie, waarna jy jou besonderhede kan stuur.

Die ander ding wat oop is vir almal wat belangstel, is om self betrokke te raak by die aankoop en verspreiding van Bybels. Gee net jou besonderhede en verskaf 'n e-pos adres, verkieslik 'n alternatiewe adres, bloot oor administratiewe- en sekuriteits redes.

protea
Mar 20th 2008, 04:15 PM
Baie dankie Ferdie!Ek aanvaar graag die aanbod. My posadres is SIEN ONDER

Groetnis, Protea

Dartaan
Mar 20th 2008, 05:20 PM
Are you writing in tongues?;)

CFJ
Mar 20th 2008, 05:30 PM
Are you writing in tongues?;)

Hi Dartaan,

We are writing in Afrikaans (an unique language spoken in South Africa and Namibia), a derative of Dutch and a bit of German. Because you are new, we will allow your post, but please read our rules where we state that only Afrikaans will be allowed in this International forum. Trust you will understand and thanks a lot for your interest!

Kind regards...

MrT
Jun 7th 2008, 08:51 PM
Die ander ding wat oop is vir almal wat belangstel, is om self betrokke te raak by die aankoop en verspreiding van Bybels. Gee net jou besonderhede en verskaf 'n e-pos adres, verkieslik 'n alternatiewe adres, bloot oor administratiewe- en sekuriteits redes.

Hallo Ferdie

Ons het betrokke geraak by n bediening waar ons veral anders-talige Bybels benodig. Het jy dalk n kontak vir my?

Lanie
Jun 9th 2008, 03:06 PM
Ek sal 'n Ou Afrikaanse vertaling baie waardeer, dankie. SIEN ONDER

schnuki
Jun 11th 2008, 09:12 PM
Baie dankie, ek sal ook 'n bybel baie waardeer. SIEN ONDER

Phil Fourie
Jun 12th 2008, 05:56 AM
Hi julle, moet eerder a.s.b. nie julle persoonlike besonderhede hier op die ope forum plaas nie, as jy 'n privaat boodskap funksie het, stuur dit so aan vir Ferdi, andersins as jy nog te kort tyd hier lid is, gaan na die forum "Chat to the Moderators" en plaas julle besonderhede daar vir Ferdi, slegs jy, hy en die ander moderators van die bord kan dit in daardie forum lees, niemand anders het dan toegang tot jou inligting nie, en dit is baie veiliger ;)

CFJ
Jun 13th 2008, 04:19 PM
Ek sal 'n Ou Afrikaanse vertaling baie waardeer, dankie. SIEN ONDER

Hallo Lanie,

Ek stuur vir jou 'n privaat boodskap dan kan mens jou besonderhede kry om die Bybel aan te stuur.

CFJ
Jun 13th 2008, 04:21 PM
Baie dankie, ek sal ook 'n bybel baie waardeer. SIEN ONDER

Hi schnuki,

Welkom hier by ons en dankie vir die voorreg om 'n Bybel aan jou te kan stuur! Jou privaat-boodskap funksie kan jy eers aktiveer na 10 plasings, maar ek stuur 'n e-pos aan jou, dan rel mens om die Bybel by jou te kry...

CFJ
Jun 13th 2008, 04:23 PM
Hallo Ferdie

Ons het betrokke geraak by n bediening waar ons veral anders-talige Bybels benodig. Het jy dalk n kontak vir my?


Jip, ek stuur vir jou 'n privaat boodskap...

Lanie
Jun 14th 2008, 06:17 AM
Hi Ferdie,

Ek beleef 'n blonde oomblik. Het nou orals gesoek en kry nie 'n PM na jou gestuur nie. Is ek nog nie lank genoeg by die forum nie?

CFJ
Jun 14th 2008, 06:59 AM
Mre Lanie,

Jy kan op die skakel hieronder klik, om te sien hoe aktiveer mens jou privaatboodskap-funksie...

http://bibleforums.org/showthread.php?t=103393

MrT
Jun 20th 2008, 09:34 PM
Jip, ek stuur vir jou 'n privaat boodskap...

Nog nie gekry nie, of het jy na my epos adres gestuur?

CFJ
Jun 23rd 2008, 04:10 PM
Nog nie gekry nie, of het jy na my epos adres gestuur?

MrT,

Miskien moet mens sommer in hierdie draad die inligting gee, want dit kan tot baat vir ander ook wees. Die beste kanale en ook die goedkoopste wyse om Bybels in enige taal te kaan aankoop (sovr aan my bekend), is om deur 'n NG gemeente te werk wat spesifiek met sending gemoeid is. Een van die redes is dat NG gemeentes bedingingsmag het by die Bybelgenootskap en spesiale tariewe kan beding. Vrder kan hulle ook makliker help met Bybels wat nie hier gedruk word nie, maar in die buiteland. Mens kom gou by so gemeente uit en ekself werk deur 'n plaaslike gemeente op my dorp, alhoewel ek nie self lidmaat van die NGK is nie. As jy enigsins sukkel, laat weet my, dan kan jy ook deur hulle werk.

Wat net interessant is, is dat die NGK een van die mees omvattende sending-aksies in die wreld bedryf, al weet mens dat alles nie altyd pluis is in heelwat strominge in die NGK nie. Reeds in Andrew Murray se tyd, was daar al sendelinge en ook sendingstasies, hoog op in Afrika! Daar is heelwat mense wat dogmaties van die NGK verskil, maar respek het vir die kanale wat hulle geskep het om sendingwerk te kan doen. Maak gebruik van hierdie voordeel wat deur hulle gebied word, sou jyself Bybels effektief wil versprei.

riavanwyk
Mar 2nd 2009, 10:12 AM
Elkeen wat wil, kan hier een van twee dinge doen. Jy kan net jou adres plaas of selfs 'n privaat boodskap stuur na enige moderator... en daar sal 'n gratis Ou Afrikaanse Vertaling (1933/53) na jou adres gestuur word. As jy spesifiek 'n ander Bybel-vertaling soek, laat weet gerus, maar al wat in voorraad gaan wees, is Ou Afrikaanse Vertalings. E-pos addresse sal ook verskaf word, sou jy nie hier wil registreer nie, waarna jy jou besonderhede kan stuur.

Die ander ding wat oop is vir almal wat belangstel, is om self betrokke te raak by die aankoop en verspreiding van Bybels. Gee net jou besonderhede en verskaf 'n e-pos adres, verkieslik 'n alternatiewe adres, bloot oor administratiewe- en sekuriteits redes.
Ria van Wyk. GEEN PRIVATE INLIGTING TOEGELAAT OP OPE FORUM wil graag help met verspreiding van Bybels veral in Engels en Swart tale. GEEN PRIVATE INLIGTING TOEGELAAT OP OPE FORUM

Phil Fourie
May 4th 2009, 02:32 PM
Almal, neem a.s.b. kennis dat dit nie in vandag se tyd veilig is om persoonlike inligting soos adresse, e-pos adresse en telefoonnommers op die ope forum te plaas nie, hierdie plasings gaan ongelukkig verwyder moet word, gebruik eerder die privaat boodskap funksie om u adres vir CFJ aan te stuur vir 'n Bybel, sodoende bly u private inligting net veiliger en slaap ons net makliker in die aand dat ons nie toegelaat het dat een of ander siek persoon u inligting kry hier op die werf en teen u misbruik nie.

Groete
Phil

Ta-An
May 4th 2009, 06:54 PM
Phil, die mense het nog nie toegang tot PM nie...... enige ander manier om inligting deur te stuur...?:hmm:

Miskien moet hulle wag totdat hulle PM's geakitiveer is..??:hmm:

Phil Fourie
May 5th 2009, 05:25 AM
Ann

Ek het reeds vroeg in hierdie draad die opsies gegee, pm, of Chat to the Moderators, almal kan net die plasing op die eerste bladsy lees wat in rooi is

Ta-An
May 5th 2009, 12:00 PM
Ann

Ek het reeds vroeg in hierdie draad die opsies gegee, pm, of Chat to the Moderators, almal kan net die plasing op die eerste bladsy lees wat in rooi isReg so Boetie :hug:
.

CFJ
Mar 25th 2015, 06:27 AM
Tye het maar redelik verander en die toegang wat mens tot Bybels gehad het is nie meer naasteby wat dit was nie, ook nie die pryse nie en posgeld daarby ook nog. By die Here is niks egter onmoontlik nie en sou daar werklik iemand wees wat 'n Bybel wil h, jy gerus in hierdie draad navraag kan doen. Dan kyk ons wat die Here doen...