PDA

View Full Version : Swedenborgism : Oorsprong van Jakob Lorber en ander mistiese skrywers

Yolande~
Mar 14th 2008, 08:10 AM
http://www.carm.org/list/swedenborg.htm

Die gees wat agter Jakob Lorber en ander soortgelyke mistiese skrywers kan teruggetrek word na Swedenborgism wat begin het in die 17de eeu.

Swedenborg was 'n uiterste slim man, gebore in Sweden, gesterf in London in 1772, en seun van 'n gesiene Lutherse predikant. Hy was 'n professor en man van aansien in die Universiteit van Upsala wat van jongs af homself uitgesonder het as wiskundige, mynspesialis, ingeneur en belegger. 'n Man van ontsaglike ambisie en wat altyd na meer op soek was, wat op die ouderdom 55 gesien was as een van die mees geleerde mense wat geleef het in sy tyd.

In 1742 het hy 'n bonatuurlike belewenis gehad, met stemme, ligte ens en het hy begin toegang kry tot die geestelike wereld, soos hy beweer. Hy het stemme gehoor wat hy beweer het direk van God af kom. Hy beweer hy het gepraat met Luther, Kalvyn, St. Augestine, Paulus - en het geredeneer oor teologiese vrae en het vurig verskil met Paulus en baie ander.

Die kort en die lank daarvan, is dat Swedenborg 'n ander evangelie as Paulus begin propageer het en sy eie kerk gestig het op die ou end "Church of the New Jerusalem" wat al baie jare aan die gang is. Die dogma wat hy verkondig is nie bybels korrek nie, en skep 'n beeld van 'n ander Jesus as die een wat ons in die Skrif leer ken. Swedenborg se lewe was ook berug daarvoor vir baie okkultiese betrokkenheid.

Daardie selfde Jesus word verkondig deur ander mistiese skrywers, en aandag word weggeneem van die lering in die Skrif af, na 'n nuwe evangelie en 'n nuwe lering.

Kyk gerus na die aangehegte 'link' vir meer besonderhede. (sien bo)

Vir iemand wat 'n deeglike studie hieroor wil doen, kan die volgende bronne geraadpleeg word:
1) Christian Apologetics & Research Ministry. Learning Swedenborgism : A Testimony by David Weaver. www.carm.org/testimonies/david_weaver.htm (http://www.carm.org/testimonies/david_weaver.htm).
2) Jackson, Samuel Macauley, ed. The New Schaff-Herzog Encyclopedia of Religious Knowledge.Grand Rapids, Mich : Baker Book House 1977) reprint. See also www.bookfinder.com (http://www.bookfinder.com)
3) Judah, J. Stillson. The History and Philosophy of the Metaphysical Movement in America. Philidelphia: The Westminister Press, 1967
4) Walter Martin Ministries www.waltermartin.com (http://www.waltermartin.com)
5) Watchmen Fellowship www.watchman.org (http://www.watchman.org)
6) The Kingdom of the Cults, by Walter Martin - Appendix C

Roelof
Mar 14th 2008, 01:51 PM
http://www.carm.org/list/swedenborg.htm

In 1742 het hy 'n bonatuurlike belewenis gehad, met stemme, ligte ens en het hy begin toegang kry tot die geestelike wereld, soos hy beweer. Hy het stemme gehoor wat hy beweer het direk van God af kom. Hy beweer hy het gepraat met Luther, Kalvyn, St. Augestine, Paulus - en het geredeneer oor teologiese vrae en het vurig verskil met Paulus en baie ander.

Yolande

Volgens die skakel klink hy soos een van die voorvaders van New Age.

Raadpleeg God en nie geeste van waarsÍ of afgestorwenes (familiar spirits) nie.

En as hulle vir julle sÍ: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsÍ, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word? (Isa 8:19)

Die Filadelfieer
Mar 14th 2008, 02:00 PM
Hi Yolande,
Welkom terug, dit was regtig nie nodig om skoene aan te trek net vir ons nie. ;)

Is Jakob Lorber die ou wat die sg. "dogters van Sion" so erg op steun ?

Yolande~
Mar 15th 2008, 11:33 AM
Hi Yolande,
Welkom terug, dit was regtig nie nodig om skoene aan te trek net vir ons nie. ;)

Is Jakob Lorber die ou wat die sg. "dogters van Sion" so erg op steun ?

Dankie Fila :)

Ja, Jakob Lorber is die man wat se misleidende boeke deur "dogter van Sion" gepropageer word. En Dirk self is 'n groot aanhanger van Swedenborg se werk.

Yolande~
Mar 15th 2008, 11:35 AM
Roelof, ek het jou nie geantwoord nie want ek kry die idee jy het nie my hele stuk gelees nie en het vinnig afleidings gemaak en konklusies getrek van wat ek probeer se :). Genade vir jou my broer. Dit gebeur met ons almal soms ;)

Roelof
Mar 16th 2008, 04:00 AM
Roelof, ek het jou nie geantwoord nie want ek kry die idee jy het nie my hele stuk gelees nie en het vinnig afleidings gemaak en konklusies getrek van wat ek probeer se :). Genade vir jou my broer. Dit gebeur met ons almal soms ;)

Yolande

Ek het respek vir sy intellektuele vermoens. Enkele aanhalings uit jou skakels toon sy New Age gedagtes:

All religions lead to God, though all are not equally enlightened.

There is no personal devil. Instead, the devil is the personification of human evil.

There is no physical resurrection. After death, a person becomes an angel or an evil spirit. Position in the afterlife is based on "the kind of life we have chosen while here on earth."

Sy spirituele "vermoens" om met dooies kontak te maak, is okkulties.

Ek wil nie baklei nie, maar verstaan nie mooi nie, wat het jy aan ons probeer oordra?

Yolande~
Mar 16th 2008, 09:42 AM
Roelof, gaan lees asb weer. Ons is aan dieselfde kant. Ons wil deur hierdie forum mense wat vasgevang is in allerande misleidings bewus maak van die waarheid en die gevaar daarvan.

Jy is 100% reg dat Swedenborg okkulties, new age, en totaal misleidende lerings na kosbare kinders van Jesus bring. Ons wil die man tog ontmasker - veral aangesien daar soveel afrikaner mense is wat hierby betrokke begin raak het en nie weet waarmee hulle te make het nie. As jy die "link" se laaste paragraaf lees sal jy sien hulle beskryf dit as 'n baie gevaarlike 'nie christen' beweging. Swedenborg en ander mistiese skrywers soos hy verkondig 'n ander evangelie as Paulus s'n en is daarom vervloek deur Paulus.

Sierra
May 19th 2008, 07:36 AM
Yolandi,

Ek is dringend opsoek na meer inligting oor Dogter van Sion. Ek sit met al Lorber se boeke hier voor my:o
My familie bly tans in tente op iemand se plaas in afwagting vir die "eenwording" wat nou binnekort moet plaasvind. Daar is daagliks mense wat nou self profeteer oor hierdie gebeurtenis en sg. nag van die lang messe. Ek is BAIE bekommerd en soek oral op die internet na info. Het op jou gesprek met Roelof afgekom oor Swedenborg en Lorber :pp
Weet jy iets van Bertha Dudde se profesieŽ van die eindtyd waarop die Dogter van Sion-beweging ook swaar steun? Ek het info nodig om my familie daar uit te kry indien dit 'n kult is.

CFJ
May 19th 2008, 10:50 AM

Hi Sierra,

Ek weet nie of Yolande hier sal reageer nie, maar jy kan ook vir Vim vra, wat soos sy ook baie weet van hierdie bewegings. Tog hoef jy nie bekommerd te wees nie, die Here is goed, regverdig en getrou en het al baie mense uit dwaal-leringe gehaal...

David2
May 19th 2008, 11:44 AM
Sierra
Het jy al kennis geneem van Prof. Johan Malan se geskrifte oor die onderwerp? Hier is 'n skakel: http://bybelglo.com/phpBB2/viewtopic.php?t=70

Sierra
May 20th 2008, 09:21 AM
Baie dankie, David2
Dit het handig te pas gekom http://bibleforums.org/images/icons/icon14-2.gif

Dankie CFJ vir jou bemoedigende woorde ook!

GeseŽnde dag vir julle http://bibleforums.org/images/icons/hug.gif
Sierra

jerubbaal
Sep 5th 2008, 08:35 PM
Hi almal ek was 26 Oktober 2007 "geban" vir verskei redes van die forum af. Om 'n lang storie kort te maak het ek vandag tot my sinne gekom en ek WEET nou dat Lorber Swedenborg en Bertha en al die ander profete daarna maar net slagoffers was van "influistering". Ek was self daar en het ook baie gehoor en ervaar. EK het alles opgegee en Lydenburg toe gegaan na "Die Herberg" toe in 'n tent gebly en my huisgesin baie hartseer en ongerief aangedoen. Toe ek besef dat dinge nie pluis is daar en dat Vader nooit een groep(hawelose mense op Kameeldrift 225) se middle sal "steel" om 80 Lorber Fanatics te support om te sit en niks doen tot hulle een word met Vader nie, is ek en my gesin en 13 ander sielle terug. Ons het die plaas(Oud Dogter van Sion) probeer oprig en vir Vader gevra dat Hy ons moet help om dit in Gees en Waarheid te doen.

Met geen geld of middle want alles is Lydenburg toe het ons begin om te bid en te spit. Vandag is Dogter van Sion bankrot en geestelik dood. Ons het 'n nuwe gemeente gestig Filadelfia Ark en ons steun op die Skrif en Jashua(Jesus) ons verlosser alleen. Ek het die week vir leiding gevra en toe wys Vader my Lorber is verkeerd.

Ek weet nie wat om verder te skryf nie. Ek wil net jammer se vir al die haat wat verlede jaar op die forum rond gevlieg het van ons kant af. EK vra ook dat julle nie vir Dirk sal haat of kwaad wees nie maar vir hom en almal wat in leuns en okoltisme vasgevang is sal bid. Dogter van Sion is dood. So los hulle nou daar in die graf. Filadelfia Ark is besig om te groei maar ons het almal se gebede en hulp nodig om al die "wrongs" reg te maak en het 77 hawelose sielle op die plaas om voor te sorg met geen skenkings en 'n wankelende invrastruktuur.
Bid vir ons en kom kuier vir ons asb. Ons het dit nodig om al die bindings te breek van die BVH af tot Linda Neuwkirk, Lorber, Bertha al die ander profete en die gees van depressie en mismoedigheid wat nou oor ons hang van verlos te word.
Dankie
Jerubbaal

CFJ
Sep 5th 2008, 09:01 PM

Hallo Jerubbaal,

Daar is niks so mooi en so stigtend, soos dit wat jy nou doen nie. Elke mens het 'n unieke pad met die Here en elkeen dwaal op 'n bepaalde manier. Die toets vir almal van ons, is om iewers te kan erken, dat mens wel gedwaal het. Ekself het op ander maniere gedwaal en vandag kan ek mense help, omdat my ondervinding eerstehands was. Daar is baie wat met hierdie sogenaamde nuwe openbaringe dwaal en in die laaste ruk het daar sommer 'n string nuwe profete (sommer 9 net hier in Suid Afrika), ook hulle opwagting gemaak, soos jy bewus van sal wees. Ek merk dat 5 van die sogenaamde 9 Afrikaanse profete van Lydenburg is en 3 van Pretoria. Meeste is jong mense en almal het direkte bande met die "Dogter van Sion" beweging. Dit spreek vanself dat hierdie beweging tot 'n einde sou kom...

Jou gesindheid is merkwaardig en dit is die enigste wyse, om ander op so wyse, die lig te wys waar dwaling is. Dankie vir jou getuienis en laat weet gerus van jou. Hier is mense wat graag sal help. As jy meer privaat wil gesels, kan jy 'n draad oopmaak in die "Chat to Moderators" forum. Dit is privaat en net jyself en 'n modereerder kan dan gesels. Die ander alternatief is om d.m.v. e-pos te kommunikeer.

Intussen is my gebede met julle! :pray:

Phil Fourie
Sep 8th 2008, 06:06 AM
Jerubbaal

Dankie vir hierdie pragtige getuienis wat jy hier met ons kom deel het, ek bid dat die Heilige Gees jou en jou mense sal vernuwe en dat julle die pad saam met Christus sal loop in geregtigheid, slegs afhanklik van die leering van die Woord soos die Heilige Gees dit vir julle uitle.

Baie seen vir julle
Phil

Roos
Oct 13th 2008, 05:39 PM
Kan jy asb vir my meer inligting gee oor hoekom daar twyfel in Lorber se boeke is. Spesifiek die Nuwe Openbarings

CFJ
Apr 14th 2009, 05:05 PM
Kan jy asb vir my meer inligting gee oor hoekom daar twyfel in Lorber se boeke is. Spesifiek die Nuwe Openbarings

Hallo Roos,

Ek verwys jou ook graag na hierdie draad hieronder, wat goed aansluit by hierdie een...

http://bibleforums.org/showthread.php?t=142987

Yolande~
Jun 17th 2009, 07:01 PM
Ek het nou eers op jou boodskap af gekom
Ek sal graag met jou wil kontak maak.
Jou brief het jubeling in my hart gebring. Ek is so verheug om te hoor jy is los uit die web van satan.
Ek kom nie baie hier nie, maar die Filandelfeer het my epos, stuur asb jou epos vir hom via
privaatboodskap dat hy dit vir my kan aanstuur.

Liefde in Christus
Yolande

Hi almal ek was 26 Oktober 2007 "geban" vir verskei redes van die forum af. Om 'n lang storie kort te maak het ek vandag tot my sinne gekom en ek WEET nou dat Lorber Swedenborg en Bertha en al die ander profete daarna maar net slagoffers was van "influistering". Ek was self daar en het ook baie gehoor en ervaar. EK het alles opgegee en Lydenburg toe gegaan na "Die Herberg" toe in 'n tent gebly en my huisgesin baie hartseer en ongerief aangedoen. Toe ek besef dat dinge nie pluis is daar en dat Vader nooit een groep(hawelose mense op Kameeldrift 225) se middle sal "steel" om 80 Lorber Fanatics te support om te sit en niks doen tot hulle een word met Vader nie, is ek en my gesin en 13 ander sielle terug. Ons het die plaas(Oud Dogter van Sion) probeer oprig en vir Vader gevra dat Hy ons moet help om dit in Gees en Waarheid te doen.

Met geen geld of middle want alles is Lydenburg toe het ons begin om te bid en te spit. Vandag is Dogter van Sion bankrot en geestelik dood. Ons het 'n nuwe gemeente gestig Filadelfia Ark en ons steun op die Skrif en Jashua(Jesus) ons verlosser alleen. Ek het die week vir leiding gevra en toe wys Vader my Lorber is verkeerd.

Ek weet nie wat om verder te skryf nie. Ek wil net jammer se vir al die haat wat verlede jaar op die forum rond gevlieg het van ons kant af. EK vra ook dat julle nie vir Dirk sal haat of kwaad wees nie maar vir hom en almal wat in leuns en okoltisme vasgevang is sal bid. Dogter van Sion is dood. So los hulle nou daar in die graf. Filadelfia Ark is besig om te groei maar ons het almal se gebede en hulp nodig om al die "wrongs" reg te maak en het 77 hawelose sielle op die plaas om voor te sorg met geen skenkings en 'n wankelende invrastruktuur.
Bid vir ons en kom kuier vir ons asb. Ons het dit nodig om al die bindings te breek van die BVH af tot Linda Neuwkirk, Lorber, Bertha al die ander profete en die gees van depressie en mismoedigheid wat nou oor ons hang van verlos te word.
Dankie
Jerubbaal

Yolande~
Jun 17th 2009, 07:36 PM
Kan jy asb vir my meer inligting gee oor hoekom daar twyfel in Lorber se boeke is. Spesifiek die Nuwe Openbarings

Roos,

Daar is twee koningkryke.

Die koningkryk van duisternis en die koningkryk van lig.

Die koningkryk van lig is gebou op die fondamente van waarheid en genade
Dit is nie n evangelie van liefde nie, maar n God van liefde.
Maar die evangelie is een van genade en waarheid.
Joh 1:16 leer ons, die wet het gekom deur Moses, maar genade en waarheid het gekom deur Jesus Christus.
Die evangelie van Paulus, leer ons dat goeie werke, liefdesdade, goeie intensies, ens, ons nie kan verlos van ons sonde nie.
Wanneer ons op onnself steun vir redding of om God te behaag, dan is dit eie geregtigheid.
Die bybel leer ons dat Jesus het sonde GEWORD, sodat ek kon WORD die geregtigheid van God in Christus Jesus.

Dit is dus net met Jesus se geregtigheid, waarmee jy hemel toe kan gaan.
Dit is waarom dit genade is.
En hoe jy dit deelagtig word is deur geloof.
Uit jouself kan jy niks byvoeg tot jou verlossing nie

Die koningkryk van duisternis is opgedeel uit
1. White witchcraft (occult) en
2. Black witchcraft (occult)

Binne in eersgenoemde is die "wonderlikste oenskynlike" gelowe, soos crystal healing en Budhistiese praktyke van "suiwering" en dan ook Lorber,
wat preek dat jy jouself kan verlos deur net meer jouself te ontwikkel in die "liefdesvlam".

Maar die bybel leer ons dat ons het almal gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van God.
Dat ons in Adam is, en n sondige natuur dra.
Ons kan nie ons sondige natuur verander nie, al probeer ons hoe hard, en daarvoor gaan ons hel toe.

Die enigste manier wat ons die hemel kan ingaan is deur "in Christus" te wees.
Elke mens is of in Adam of in Christus.
En dit is die wedergeboorte, die skep van n hele nuwe mens, wanneer God jou in Christus plaas,
deur geloof.
Die bybel leer ons Abraham het God geglo en DIT is hom gereken tot geregtigheid, nie sy goeie dade of liefdesoefeninge nie.

Maar wanneer ons n nuwe mens word in Christus, verander ons natuur na n liefdesnatuur.

Wat Lorber preek is niks anders as wat New Agers preek nie, behalwe dat hulle bietjie meer van n bybelse inslag op dinge het.

Kyk gerus na die aangehegte link
http://www.reformationtheology.com/2006/05/eros_spirituality_vs_agape_fai.php

Hoop dit help

Groete
Yolande