PDA

View Full Version : Kruisiging - Woensdag, Donderdag of Vrydag?



CFJ
Mar 16th 2008, 02:08 PM
Met die kruisiging van Jesus wat naderkom, is daar al geruime tyd 'n debat oor wanneer Hy gekruisig was. Daar is die letterlike vertolking van drie dae en nagte, m.a.w. 72 uur wat Jesus in die graf moes wees, wat afgelei word van Jona wat 3 dae en 3 nagte in die vis se maag was, soos wat Christus 3 dae en nagte in die graf sal wees. Dit kom dan daarop neer dat Woensdag die mees waarskynlike dag van Sy kruisiging kan wees. Dan is daar die Joodse/Hebreeuse gebruike dat 'n deel van 'n dag inklusief die nag en dag ingesluit het en dat dit tog Vrydag was, waarop Jesus gekruisig was.

My eie siening is dat laasgenoemde moontlik meer skrifgetrou is, omdat mens byvoorbeeld die volgende lees en dit wys elke keer daarop...


Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
(Mat 16:21)

En terwyl hulle in Galila rondgaan, het Jesus vir hulle ges: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense; en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy opstaan. En hulle het baie bedroef geword.
(Mat 17:22-23)

Kyk, s Hy, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en die skrifgeleerdes, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorlewer aan die heidene; en hulle sal Hom bespot en Hom gsel en op Hom spuug en Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
(Mar 10:33-34)

Toe gee Hy hulle ‘n streng bevel en gebied hulle om dit aan niemand te vertel nie. En Hy s: Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.
(Luk 9:21-22)
'n Deurslaggewende teks is die volgende, waar Jesus die drie dae duidelik aandui...


En op dieselfde dag het sommige van die Farisers na Hom gekom en vir Hom ges: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring. En Hy het vir hulle ges: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en mre, en op die derde dag is Ek klaar. Maar Ek moet vandag en mre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat ‘n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.
(Luk 13:31-33)
En dan hierdie gedeelte in Johannes, wat duidelik wys daarop dat toe Jesus opgestaan het, Sy kruisiging 3 dae terug plaasgevind het...


En Hy s vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasarner, wat ‘n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk; en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het. En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.
(Luk 24:19-21)
Dit, verwysende na die kruisiging. Dit blyk dus dat Jesus nie op die 4de dag opgestaan het nie, maar op die 3de dag en dat die Hebreeuse gebruik wat 'n deel van 'n dag as inklusief die dag en nag insluit, hier ook gegeld het, soos byvoorbeeld hier in Ester, waar spesifiek gemeld word, dat daar gevas moet word vir 3 dae en dit moet dag en nag inlsuit...


Gaan heen, versamel al die Jode wat in Susan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en drink nie, drie dae lank, nag en dag; ek ook met my dienaresse sal net so vas; en so sal ek na die koning ingaan, wat nie volgens wet is nie, en as ek omkom, dan kom ek om. En Mrdegai het heengegaan en gedoen net soos Ester hom opgedra het.
(Est 4:16-17)
Tog het Ester op die 3de dag ophou vas...


Op die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal.
(Est 5:1)
In Numeri was iemand 7 dae lank onrein, wat die dag en nag insluit, sou iemand aan 'n dooie raak. Tog lees mens ook hier dat op die sewende dag, sal hy rein sal wees en nie na die 7de dag nie.


Die een wat aan ‘n dooie, enige lyk van ‘n mens, raak, hy sal sewe dae lank onrein wees. Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig—dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.
(Num 19:11-12)
Laat weet gerus hoe sien julle dit, moontlik mis ek dalk iets, maar dit is hoe dit eerlik vir my lyk, dat Jesus op die Vrydag gekruisig was.

David2
Mar 16th 2008, 02:32 PM
Ferdi
Het jy al gekyk na die dag tussen Woensdag en Vrydag?
Onthou dat die Vrydag was die Pasga en sover ek weet was die Pasga ook 'n Sabbat. Die Pasga begin dus Donderdagaand ses uur en dit kon dus die tyd gewees het wat Jesus in die graf moes wees "voor die Sabbat begin". Ek betwyfel dit of die Jode al daardie werk van die kruisiging op 'n hoogheilige dag soos die Pasga (die Vrydag) sou toegelaat het. Dit moes alles voor die Vrydag gebeur het.

Verder lyk dit vir my dat die Paaslam volgens die voorskrifte in Exodus die middag voor die Pasga geslag moes word. Donderdag middag drie uur was die waarskynlike tyd vir die slagting van die paaslam. Jesus is ons Paaslam. Hy het die gebruik van die slagting van die paaslam aan die kruis vervul, en as Hy die Donderdag middag drie uur gekruisig is, dan het Hy dit dag, uur en minuut vervul.

Ek kan verstaan dat daar 'n tradisie ontstaan het dat Jesus die Vrydag gekruisig is. Die Pasga is die Vrydag. Die groot Joodse vierdag wat deur die kruis van Christus vervul is, is die Pasga en die Pasga is die Vrydag. Daarom is dit net logies dat die Christelike gedenkdag vir die kruisiging ook die Vrydag geword het. Maar die paaslam is nie die Vrydag geslag nie, en ek reken dat die kruisiging waarskynlik ook die dag voor die Pasga plaasgevind het.

Dave Hunt is ook 'n voorstaander van die Donderdag teorie en het 'n hele studie oor die saak beskikbaar.

Groete
David

CFJ
Mar 16th 2008, 02:45 PM
David,

Ja, dit sou wys wees om Donderdag ook in hierdie debat te bespreek (ek verander ook sommer die opskrif van die draad). Meeste mense debatteer gewoonlik oor die Woensdag versus die Vrydag, maar dit is meer waarskynlik Vrydag of Donderdag. Sou dit Woendsdag wees, raak dit vanuit 'n letterlike siening 4 nagte, aangesien dit duidelik is dat Jesus op die 1ste dag van die week opgestaan het. Behalwe as dit waar is dat Hy net na 6 die aand (Saterdag) opgestaan het, wat wel aangevoer word deur hierdie siening in Mat 28:1. Die algemene siening is egter dat dit vroeg die Sondag-oggend was...


En nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdalna, uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het.
(Mar 16:9)
My eie siening is bloot dat Hy op die 3de dag opgestaan het en nie na drie dae nie, wat dan meer op Vrydag wys as Donderdag, maar ek ondersoek graag die ander standpunte. Mens weet nooit wat ontdek jy nie...

Phil Fourie
Mar 17th 2008, 06:05 AM
Ek glo dit is Woensdag, dit kon volgens my nie anders gewees het nie, die Pasga sou daardie week Donderdag gewees het (Joh 19 leer dit was 'n groot Sabbat), dus moes Hy van die kruis af gewees het voor sononder die Woensdagaand. Actually as ek reg verstaan het daardie week 3 Sabbate gehad.

Ek sal hierby 'n Word dokument aanheg wat ek geskryf het in die verband, hoop dit help iemand. Gesels gerus saam met my daaroor.

Groete
Phil

CFJ
Mar 17th 2008, 06:26 AM
Beslis Woensdag, dit kon nie anders gewees het nie, die Pasga sou daardie week Donderdag gewees het (Joh 19 leer dit was 'n groot Sabbat), dus moes Hy van die kruis af gewees het voor sononder die Woensdagaand. Actually as ek reg verstaan het daardie week 3 Sabbate gehad.



Phil,

Ek sien baie verklaarders (waaronder John McArthur, wat ook dispensasioneel glo) sien die "groot Sabbat" as 'n dubbele Sabbat, bedoelende dat die Pasga en die sewende dag saam geval het. Dit kan dan dui dat die kruisiging tog Vrydag was. Ek lees graag die dokument wat jy aangeheg het en dit sal goed wees om dit te ondersoek.

Die Filadelfieer
Mar 17th 2008, 06:28 AM
Jip, Woensdag.
Ek het 'n preek op CD van 'n ds. Hennie van die EGK wat dit pragtig verduidelik. (Min of meer op dieselfde trant as Phil se skrywe)

Phil Fourie
Mar 17th 2008, 07:06 AM
Phil,

Ek sien baie verklaarders (waaronder John McArthur, wat ook dispensasioneel glo) sien die "groot Sabbat" as 'n dubbele Sabbat, bedoelende dat die Pasga en die sewende dag saam geval het. Dit kan dan dui dat die kruisiging tog Vrydag was. Ek lees graag die dokument wat jy aangeheg het en dit sal goed wees om dit te ondersoek.

Hi Ferdi

Probleem is net, soos ek Matt 12 lees, sodra ons dit Vrydag maak, dan maak ons van Jesus 'n leuenaar, want Hy het immers ges:

Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, s sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.
Matt 12:40

Daar is bloot net nie 'n manier hoe jy 3 dae en 3 nagte inkry vanaf Vrydag tot Saterdagaand (Sononder, einde van weeklikse Sabbat, begin van Sondag) nie:hmm:

As jy dit werklik koorek wil uitwerk soos Jesus dit verduidelik het volgens die teken van Jona, dan is dit Woensdag 6uur tot Donderdag 6uur, 1 Nag en 1 Dag. Donderdag 6uur tot Vrydag 6uur, 2 Nagte, 2 Dae. Vrydag 6uur tot Saterdag 6uur, 3 Nagte, 3 Dae.

Groete
Phil

CFJ
Mar 17th 2008, 07:27 PM
Hi Phil,

Sou Jesus nie bewus wees van die Joodse gebruik, dat 'n deel van 'n dag, inklusief vir 24 uur is nie? Kyk byvoorbeeld waar staan, dat Hy op die 3de dag sou opstaan en nie op die 4de dag of na die 3de dag nie. Hy sou dus voor 72 uur verstyk opstaan en nie na 72 uur verstryk het nie. Vrder staan in Lukas 24, maar nou is dit vandag (eerste dag van die week), met dit alles, die derde dag vandat dit (verwysende na die kruisiging) plaasgevind het. As Jesus letterlik 72 uur in die graf was, moes die dag van Sy opstanding vier dae vandat dit plaasgevind het, gewees het, maar dit is 3 dae, soos in Lukas 24 staan (vandag, gister en eergister is 3 dae).

Ek verstaan die uitgangspunt van 3 letterlike dae en nagte, maar die Joodse gebruik om 'n deel van 'n dag as 'n volle dag aan te dui, moet verseker oorweging geniet, by die vasstel van die dag waarop Jesus gekruisig is. Vir myself is hierdie getuienis genoeg om in te sien dat 3 letterlike dae en nagte verteenwoordigend is, sou op die eerste dag en die laaste dag, iets gebeur het wat daardie dae ook byreken. Ekself het geen probleem met jou siening nie, nie in die sin dat mens kan verstaan hoe jy by daardie verstaan uitkom nie. Jou vertrekpunt is wat Jesus ges het oor Jona versus Homself, maar die interpretasie van konteks is waar ons verskil, want ek is oortuig Jesus was bewus van die Joodse inklusiewe gebruik van 'n deel van 'n dag as verteenwoordigend van die hele dag en Hy het immers self ges dat Hy nie na 3 dae sal opstaan nie, maar op die 3de dag.

Net iets oor die Woensdag uitgangspunt waaroor ek nie sekerheid het nie. Wanneer het Jesus opgestaan, as mens na die volgende gedeeltes kyk?


En laat n die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdalna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.
(Mat 28:1)

En toe die sabbat verby was, het Maria Magdalna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salme speserye gekoop om Hom te gaan salf. En baie vroeg op die eerste dag van die week, net n sonop, kom hulle by die graf. En hulle s vir mekaar: Wie sal vir ons die steen voor die opening van die graf wegrol? En toe hulle opkyk, sien hulle dat die steen weggerol was, want dit was baie groot. En toe hulle in die graf ingegaan het, sien hulle n jongman, met n lang wit kleed om, aan die regterkant sit, en hulle het baie geskrik. En hy s vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasarner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dr is die plek waar hulle Hom neergel het.
(Mar 16:1-6)

As Woensdag die dag van Sy kruisiging kon wees en mens die letterlike verstaan van 3 dae en 3 nagte net so moet opneem (om presies 72 uur te wees), dan kom dit basies daarop neer dat Jesus 4 nagte in die graf was. Hy het soos verstaan op die eerste dag van die week opgestaan en die eerste getuienis, is dat dit vroeg die oggend was. (Donderdag - nag plus dag, Vrydag - nag plus dag en Saterdag - nag plus dag en laastens Sondag nag)

Dit is egter moontlik dat Hy reeds in die nag van die eerste dag van die week opgestaan het, maar mens kan dit hoogstens aflei. Tog kan mens dit ook net aflei dat Hy vroeg die oggend van die eerste dag opgestaan het, want die mense wat Hom gesien het, het dit toe eers agtergekom. Woensdag as dag van kruisiging, moet wys op Jesus wat net na verloop van die Sabbat opgestaan het. Vrydag is suiwer gebaseer op die feit dat Jode die gebruik gehad het om 'n deel van 'n dag as verteenwoordigend van die hele 24 uur te maak.

Ek glo darem jy sal die argument van Vrydag kan insien vanuit gebeure in die Skrif, al sou jy nie noodwendig saamstem nie. :hug:

David2
Mar 17th 2008, 07:46 PM
Hi julle
Kan iemand dalk vir my s waarom Goeie Vrydag elke jaar op 'n ander datum val? Is dit dalk omdat die Paasnaweek die Joodse kalender navolg en altyd op dieselfde dag as die Pasga val? Is dit inderdaad so dat Goeie Vrydag en die Pasga altyd op dieselfde dag val? Ek is nie seker hiervan nie en sal graag wil weet van iemand wat weet.

As ek Lev. 23 reg verstaan, moes die Pasga elke jaar op 'n Vrydag val. Dit moes die 15de van die eerste maand wees. Die dag daarna was die fees van die ongesuurde brode en (vers 16) die dag daarna was die fees van die eerste vrugte en daar word spesifiek van die fees ges dat dit die dag na die Sabbat (Sondag) sou wees. Tensy ek die ding verkeerd lees, lyk dit dus vir my of Pasga, Ongesuurde brood en Eerste vrugte jaar na jaar Vrydag, Saterdag en Sondag sou wees?

Groete
David

Phil Fourie
Mar 17th 2008, 07:47 PM
Hi Ferdi

Nee, dit is nie hoe ek dit verstaan nie. Eerstens, historici vertel ons dat as jy dit terugbereken, sou die Pasga daardie jaar (30NC) op die Donderdag geval het, hulle sou Christus nie op die Donderdag dus kruisig nie en dan was die Woensdag die dag van voorbereiding vir die Pasga, dan sal die Vrydag die dag van die eerste vrugte wees en die Saterdag die gewone Sabbat van die week, so Christus kon nie op een van hierdie dae gekruisig geword het nie.

Dan is dit duidelik vanuit Matt 12:40 dat Christus nie praat van die Joodse gebruik van dele van dae nie, maar Hy maak dit duidelik dat dit 3 dae en 3 nagte is, dit ook as jy in ag neem dat Jesus in Joh 11:9 se dat daar 12 ure in die dag is en dus dan ook 12 ure in die nag. Ek glo nie Jesus se hierdie dinge sommer net om te se nie.

Dan aangaande die eerste dag van die week, die Skrif se net vir ons toe hulle daar kom was die graf leeg, niemand het gesien wanneer Hy opgestaan het nie, dus is dit heel moontlik en ook baie logies dat Hy direk na die Sabbat sou opgestaan het, dus na 6 die aand van die Saterdag. Johannes klaar dit ook vir ons baie mooi uit as daar staan:

20:1 En op die eerste dag van die week kom Maria Magdalna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
Joh 21:1

Ons moet onthou dat die evangelie volgens Johannes baie spesifiek geskryf is, veral aangaande die kruisiging en die opstanding. Ek dink dit is ook in Johannes waar die woord Sabbaton (sp?) gebruik word, wat beteken na hierdie DAE van sabbat.

Dus, dit was not nie lig nie, dus die aand was nog nie verby nie, dus dit was not deel van die aand en dit is baie moontlik dat Jesus opgestaan het Saterdagaan tydens die begin van die eerste dag, want soos ons beide weet begin die Sondag volgens die Joodse dag reeds 6 uur (sononder) Saterdagaand.

Dis is hoekom Woensdag vir my die mees logiese is en Vrydag net nie vir my sin maak nie, want Christus was baie spesifiek aangaande hoe lank Hy in die hart van die aarde sou wees.

Groete
Phil

Phil Fourie
Mar 17th 2008, 07:57 PM
Hi julle
Kan iemand dalk vir my s waarom Goeie Vrydag elke jaar op 'n ander datum val? Is dit dalk omdat die Paasnaweek die Joodse kalender navolg en altyd op dieselfde dag as die Pasga val? Is dit inderdaad so dat Goeie Vrydag en die Pasga altyd op dieselfde dag val? Ek is nie seker hiervan nie en sal graag wil weet van iemand wat weet.

As ek Lev. 23 reg verstaan, moes die Pasga elke jaar op 'n Vrydag val. Dit moes die 15de van die eerste maand wees. Die dag daarna was die fees van die ongesuurde brode en (vers 16) die dag daarna was die fees van die eerste vrugte en daar word spesifiek van die fees ges dat dit die dag na die Sabbat (Sondag) sou wees. Tensy ek die ding verkeerd lees, lyk dit dus vir my of Pasga, Ongesuurde brood en Eerste vrugte jaar na jaar Vrydag, Saterdag en Sondag sou wees?

Groete
David

Hi David, ek glo nie dit is reg nie, maar ek kan verkeerd verstaan. Volgens hoe ek dit lees praat vers 5 en 6 van die spesifieke dag van die maand, dus die 15 van die maand Nisan is die pasga, dit praat nie van 'n dag van die week nie, maar van die 15 de van die maand, beginnende die aand van die 14de, soos ons sal weet wat dan die 15de is.

Ander feesdae het te make met die hoeveelste Sabbatdag van die maand, maar nie die Pasga nie, want dit is 'n Sabbat by homself en is nie afhanklik van die dag van die week nie, maar die 15de dag van die eerste maand (Nisan)

Groete
Phil

David2
Mar 17th 2008, 08:34 PM
Phil
Ek neem kennis. Ek is nie heeltemal dogmaties oor die hele ding nie en het self 'n paar vrae wat ek nog moet uitsorteer. Hier is die link na een van Dave Hunt se artikels oor die onderwerp.

http://www.thebereancall.org/node/5889

En hier is 'n audio van 'n latere studie oor dieselfde onderwerp.

http://www.thebereancall.org/audio/2002/0112a.mp3

Groete

CFJ
Mar 18th 2008, 05:56 AM
Hi julle,

Ek dink die draad het die nodige inligting, om die debat van Woensdag-, Donderdag- en Vrydag kruisigings, op te weeg teen mekaar. Ek het nog nie na die skakels gaan kyk wat David geplaas het nie, maar die onderwerp interesseer my nogal en soos ek tyd kry, sal mens graag weer wil kyk na al die standpunte.

Iets wat ek ook graag wil weet, is hierdie vraag wat David vra, weet iemand hoekom?

Kan iemand dalk vir my s waarom Goeie Vrydag elke jaar op 'n ander datum val? Is dit dalk omdat die Paasnaweek die Joodse kalender navolg en altyd op dieselfde dag as die Pasga val? Is dit inderdaad so dat Goeie Vrydag en die Pasga altyd op dieselfde dag val? Ek is nie seker hiervan nie en sal graag wil weet van iemand wat weet.

CFJ
Mar 18th 2008, 06:14 AM
Phil, David en ander,

Ek sien ons Ingelse vrinne het in "Bible Chat" ook 'n soortgelyke draad oopgemaak (http://bibleforums.org/showthread.php?p=1573581#post1573581). Miskien kan mens daar ook deelneem en van daardie argumente hier plaas later...

Phil Fourie
Mar 18th 2008, 06:16 AM
Hi Ferdi

Ja, ek neem deel op daardie draad, maar as jy dink dit gaan soms rof hier by ons :rolleyes:

Ek dink in elk geval ek het nou ges wat ek wou s op altwee drade ;)

CFJ
Apr 2nd 2011, 01:30 PM
Ons is tans weer in hierdie tyd van alle tye en hierdie onderwerp is een wat die moeite werd is om weer na te kyk...

mari
Apr 2nd 2011, 06:57 PM
kan iemand wat die Joodse gebruike beter ken dalk uitwys waar die laaste avondmaal sou inpas in hierdie dag bepalings ? ...... was dit die aand voor pasga of 'n dag of twee vroeer ?

Ta-An
Apr 2nd 2011, 07:32 PM
mari, ek het so 'n draad gehad....

.... maar weet jy wat, maak dit rrig saak watter dag dit gewees het... is die feit dat dit wel gebeur het nie meer van waarde nie?? SYNDE nou dat ons as Christene in elk geval die verkeerde kalender beet het :D

Ta-An
Apr 2nd 2011, 08:03 PM
Sonder om alles weer oor te skryf gaan kyk hier (http://www.centuryone.com/crucifixion.html)

Gerhard Ebersoehn
Aug 12th 2017, 05:54 PM
Sal daar genoeg belangstelling wees om hierdie bespreking weer aan die gang te kry?
Ek hoop so!

Gerhard Ebersoehn
Aug 12th 2017, 07:03 PM
Eerste fout,

"~HOW WE KNOW:
TUESDAY Nisan 13
Jesus and the twelve disciples come into Jerusalem from Bethany, to partake of the Passover meal.
NIGHT ONE
John and Peter were sent ahead of time to locate the place of the meal and to make preparations for it (Mark 14.12-16).~"

Petrus en Johannes was nie ~voor die tyd gestuur~ nie.

C) Laaste Week : “DRIE DAE” [Vyfde Dag van die week : ‘Donderdag’]

Hoof eerste dag waarop hulle altyd die pasga moes slag
[Eksodus 12: 6,15a Levitikus 23:22,10b 2Kronieke 35]
Dag een nag en dag van die “drie dae stik duisternis”
Nag een : “Die Nag waarin Jesus verraai was” 1Korintirs 11:23b

Johannes 13:1
Vr die Fees van die Pasga . . .
Πρὸ δὲ τῆς ἑορτῆς τοῦ πάσχα . . .
Now before the FEAST of the passover . . .

Markus 14:12a
En op die Eerste Dag van Geen Suurdeeg
Καὶ τῇ πρώτῃ ἡμέρᾳ τῶν ἀζύμων,
And the main first day they REMOVED leaven on

wanneer hulle die pasga GESLAG het,
ὅτε τὸ πάσχα ἔθυον,
when they KILLED the passover

Lukas 22:7
Die Dag van Suurdeeg Verwyder, het aangebreek,
Ἦλθεν δὲ ἡ ἡμέρα τῶν ἀζύμων,
Then came the day of REMOVING leaven

waarop die pasga altyd geslag moes geword het.
(ἐν) ᾗ ἔδει θύεσθαι τὸ πάσχα
when they always had to kill the passover

Matteus 26:17a
Toe op die Eerste Dag van Ontsuurdeeg,
Τῇ δὲ πρώτῃ τῶν ἀζύμων
Now on the first day they cleaned LEAVEN OUT,

Nag een: Dat ons mag voorberei
Markus 14:12b
. . . het sy dissipels Hom gevra: Waar wil U moet ons gaan
. . . λέγουσιν αὐτῷ οἱ μαθηταὶ αὐτοῦ Ποῦ θέλεις ἀπελθόντες
. . . his disciple said unto him, Where wilt thou that we go

voorberei dat U die pasga mag eet?
ἑτοιμάσωμεν ἵνα φάγῃς τὸ πάσχα;
and prepare that thou mayest eat the passover?

Matteus 26:17b
. . . kom die dissipels na Jesus toe, en vra Hom:
. . . προσῆλθον οἱ μαθηταὶ τῷ Ἰησοῦ λέγοντες (αὐτῷ)
. . . the disciples came to Jesus, saying unto Him

Waar wil U moet ons voorberei vir U om die pasga te eet?
Ποῦ θέλεις ἑτοιμάσωμέν σοι φαγεῖν τὸ πάσχα;
Where wilt thou that we prepare for thee to eat the passover?

Lukas 22:9
. . . hulle het Hom gevra: Waar wil U h sou ons voorberei?
. . . οἱ δὲ εἶπαν αὐτῷ Ποῦ θέλεις ἑτοιμάσωμεν;
. . . they said unto him, Where wilt thou that we prepare?

Nag een: Hy stuur twee
Markus 14:13-16
En Hy het twee van sy dissipels gestuur en hulle beveel:
καὶ ἀποστέλλει δύο τῶν μαθητῶν αὐτοῦ καὶ λέγει αὐτοῖς
And he sendeth forth two of his disciples, and saith unto them,

Gaan julle na die stad; en ’n man sal julle tegemoetkom
Ὑπάγετε εἰς τὴν πόλιν, καὶ ἀπαντήσει ὑμῖν ἄνθρωπος
Go ye into the city, and there shall meet you a man

wat ’n emmer water dra. Volg hom. 14 En waar dan ookal
κεράμιον ὕδατος βαστάζων ἀκολουθήσατε αὐτῷ, 14 καὶ ὅπου ἐὰν
bearing a pitcher of water: follow him. 14 And wheresoever

hy sou ingaan, moet julle vir die huisheer vra:
εἰσέλθῃ εἴπατε τῷ οἰκοδεσπότῃ ὅτι
he shall go in, say ye to the owner of the house:

Ons Meester vra: Waar is my vertrek
Ὁ Διδάσκαλος λέγει Ποῦ ἐστιν τὸ κατάλυμά μου,
The Master saith, Where is the guestchamber

waar Ek die pasga saam met my dissipels mag eet?
ὅπου τὸ πάσχα μετὰ τῶν μαθητῶν μου φάγω;
where I may eat the passover with my disciples?

15 En hy sal julle ’n groot bokamer wys wat gereedgemaak is;
καὶ αὐτὸς ὑμῖν δείξει ἀνάγαιον μέγα ἐστρωμένον ἕτοιμον
And he will shew you a large upper room finished and prepared:

nou daar moet julle vir ons voorberei.
καὶ ἐκεῖ ἑτοιμάσατε ἡμῖν.
there make ready for us.

16 Toe het sy dissipels uitgegaan en na die stad gegaan en
καὶ ἐξῆλθον οἱ μαθηταὶ (αὐτοῦ) καὶ ἦλθον εἰς τὴν πόλιν καὶ
And his disciples went forth and came into the city, and

als gevind nes Hy vir hulle ges het, en die pasgavoorbereiding berei.
εὗρον καθὼς εἶπεν αὐτοῖς, καὶ ἡτοίμασαν τὸ πάσχα.
found as he had said unto them: and they made ready the passover.

Lukas 22:8,10-13
En Hy het Petrus en Johannes gestuur en ges: Gaan julle
καὶ ἀπέστειλεν Πέτρον καὶ Ἰωάνην εἰπών Πορευθέντες
And he sent Peter and John, saying, Go and

en berei vir ons die pasga voor dat ons mag eet.
ἑτοιμάσατε ἡμῖν τὸ πάσχα, ἵνα φάγωμεν.
prepare us the passover that we may eat.

10-13 En Hy het hulle ingelig: Kyk, wanneer julle die stad nader,
ὁ δὲ εἶπεν αὐτοῖς Ἰδοὺ εἰσελθόντων ὑμῶν εἰς τὴν πόλιν
And he said unto them, Behold, when ye are entered into the city,

sal ’n man julle tegemoetkom wat ’n emmer water dra.
συναντήσει ὑμῖν ἄνθρωπος κεράμιον ὕδατος βαστάζων
there shall a man meet you, bearing a pitcher of water:

volg hom na die huis waarheen hy gaan.
ἀκολουθήσατε αὐτῷ εἰς τὴν οἰκίαν (οὗ) εἰς ἣν εἰσπορεύεται
follow him into the house where he entereth in.

11 En julle moet vir die bestuurder van die huis s:
καὶ ἐρεῖτε τῷ οἰκοδεσπότῃ τῆς οἰκίας
And ye shall say unto the goodman of the house,

Die Meester vra: Waar is die gastekamer
Λέγει σοι ὁ Διδάσκαλος Ποῦ ἐστιν τὸ κατάλυμα
The Master saith unto thee, Where is the guestchamber

waar Ek die pasga saam met my dissipels mag gaan eet?
ὅπου τὸ πάσχα μετὰ τῶν μαθητῶν μου φάγω;
where I may eat the passover with my disciples?

12 Daardie man sal julle wys: ’n groot bokamer gereedgemaak;
κἀκεῖνος ὑμῖν δείξει ἀνάγαιον μέγα ἐστρωμένον
And he shall shew you a large upper room finished:

dr moet julle voorberei. 13 En toe hulle gaan, vind hulle dit
ἐκεῖ ἑτοιμάσατε. 13 ἀπελθόντες δὲ εὗρον
there make ready. 13 And they went and found

nes Hy vir hulle vertel het, en hulle het die pasgavoorbereiding berei.
καθὼς εἰρήκει (εἴρηκεν) αὐτοῖς, καὶ ἡτοίμασαν τὸ πάσχα.
as he had said unto them:and they made ready the passover.

Matteus 26:18,19
(Jesus) het ges: Gaan julle na die stad na so en so
ὁ δὲ εἶπεν Ὑπάγετε εἰς τὴν πόλιν πρὸς τὸν δεῖνα
And he said, Go into the city to such a man

en s vir hom: Die Meester s: My UUR IS HIER;
καὶ εἴπατε αὐτῷ Ὁ Διδάσκαλος λέγει Ὁ καιρός μου ἐγγύς ἐστιν
and say unto him, The Master saith, My TIME is at hand;

by jou volbring Ek die Pasga saam met my dissipels.
πρὸς σὲ ποιῶ τὸ πάσχα μετὰ τῶν μαθητῶν μου.
I would eat the passover at thy house with my disiples.

19 En die dissipels het gemaak soos Jesus hulle beveel het
καὶ ἐποίησαν οἱ μαθηταὶ ὡς συνέταξεν αὐτοῖς ὁ Ἰησοῦς,
And the disciples did as Jesus had appointed them

en die pasgavoorbereiding berei.
καὶ ἡτοίμασαν τὸ πάσχα.
and made ready the passover.

Nag een : Die Aand die Uur : kom Hy

Markus 14:17
En toe dit AAND geword het, kom Hy met die twaalf.
Καὶ ὀψίας γενομένης ἔρχεται μετὰ τῶν δώδεκα.
And in the EVENING he cometh with the twelve.

Matteus 26:20
En toe dit AAND geword het,
Ὀψίας δὲ γενομένης
Now when the EVEN was come

het Hy aangesit saam met die twaalf dissipels.
ἀνέκειτο μετὰ τῶν δώδεκα μαθητῶν
he sat down with the twelve.

Lukas 22:14
En toe die uur gekom het,
Καὶ ὅτε ἐγένετο ἡ ὥρα,
And when THE HOUR was come,

het Hy gaan sit, en die apostels saam met Hom.
ἀνέπεσεν, καὶ οἱ (δώδεκα) ἀπόστολοι σὺν αὐτῷ.
he sat down, and the twelve apostles with him.

Gerhard Ebersoehn
Aug 13th 2017, 06:06 AM
More hordes of fictitious mistakes ... right from the start ...

Quote~Jesus ate an early-evening Passover meal with His disciples. After the meal, the walks with His disciples towards the Mt. of Olives.~QE

Jesus said He would "certainly, not, eat" of that 'supper', with his disciples, at all, physically. It was not the ~Passover meal~ for the disciples, but for Jesus was the Passover-of-Yahweh, spiritually.

They did not, ~after the meal, walk towards the Mt. of Olives~, but down to the Kidron and garden of Gethsemane at its foot.

Judas had come to agreement with the Jews to betray Jesus the day before, not on the day after the Last Supper.

Woensdag Abib 13 : 2 dae voor Abib 15 (Vrydag)

Markus 14:10,11
Toe het Judas Iskariot, een van die twaalf,
Καὶ Ἰούδας Ἰσκαριὼθ, ὁ εἷς τῶν δώδεκα,
And Judas Iscariot, one of the twelve,

gegaan na die kerkbase om Jesus aan hulle uit te lewer.
ἀπῆλθεν πρὸς τοὺς ἀρχιερεῖς ἵνα αὐτὸν παραδοῖ αὐτοῖς.
went unto the chief priests, to betray him unto them.

11 En toe hulle van hom verneem was hulle verheug
οἱ δὲ ἀκούσαντες ἐχάρησαν καὶ ἐπηγγείλαντο
And when they heard it, they were glad,

en het belowe om hom geld te gee. En hy het bereken hoe
αὐτῷ ἀργύριον δοῦναι. καὶ ἐζήτει πῶς
and promised to give him money. And he sought how

hy Hom op die beskikte tyd sou verraai.
αὐτὸν εὐκαίρως παραδοῖ.
he might conveniently betray him.

Woensdag Abib 13 : 2 dae voor Abib 15 (Vrydag)

= Matteus 26:14-16
Toe het een van die twaalf, naamlik Judas Iskariot,
Τότε πορευθεὶς εἷς τῶν δώδεκα, ὁ λεγόμενος Ἰούδας Ἰσκαριώτης,
Then one of the twelve, called Judas Iscariot,

na die kerkbase gegaan 15 en ges: Wat wil julle my gee, en ek
πρὸς τοὺς ἀρχιερεῖς 15 εἶπεν Τί θέλετέ μοι δοῦναι, κἀγὼ
went to the chief priests and said ... 15 What will ye give me, and I

lewer hom aan julle uit? Hulle het hom dertig silwermunte beloof.
ὑμῖν παραδώσω αὐτόν; οἱ δὲ ἔστησαν αὐτῷ τριάκοντα ἀργύρια.
will deliver him...? they covenanted ... for thirty pieces of silver.

16 Toe het hy begin wag vir Di Dag dat hy Hom kon verraai.
καὶ ἀπὸ τότε ἐζήτει εὐκαιρίαν ἵνα αὐτὸν παραδῷ.
And from that time he sought opportunity to betray him.


Woensdag Abib 13 : 2 dae voor Abib 15 (Vrydag)

= Lukas 22:3-6
En satan het in Judas ingevaardie een genaamd Iskariot
Εἰσῆλθεν δὲ Σατανᾶς εἰς Ἰούδαν τὸν καλούμενον Ἰσκαριώτην,
Then entered Satan into Judas surnamed Iscariot,

synde die een uit die getal van twaalf.
ὄντα ἐκ τοῦ ἀριθμοῦ τῶν δώδεκα
being of the number of the twelve.

4 En hy het gegaan en met die kerkbase en regeringshoofde
καὶ ἀπελθὼν συνελάλησεν τοῖς ἀρχιερεῦσιν καὶ στρατηγοῖς
he went and communed with the chief priests and captains,

die nodige vir sy uitlewering bespreek.
τὸ πῶς αὐτοῖς παραδῷ αὐτόν.
how he might betray him unto them.

5 Hulle was in hulle noppies, en het beloftes van geld gemaak;
καὶ ἐχάρησαν, καὶ συνέθεντο αὐτῷ ἀργύριον δοῦναι.
And they were glad, and covenanted to give him money.

6 en hy, moes uithaal en wys. En hy het begeer na Die Dag
καὶ ἐξωμολόγησεν, καὶ ἐζήτει εὐκαιρίαν
And he promised, and sought opportunity

om Hom sonder dat die volk weet aan hulle uit te lewer.
τοῦ παραδοῦναι αὐτὸν ἄτερ ὄχλου αὐτοῖς.
to betray him unto them in the absence of the multitude.

Woensdag Abib 13 : 2 dae voor Abib 15 (Vrydag)

= Johannes 12:37-50
Soveel wonders van Hom het hy vr hulle gedoen en
Τοσαῦτα δὲ αὐτοῦ σημεῖα πεποιηκότος ἔμπροσθεν αὐτῶν
But though he had done so many miracles before them,

hulle het nie geglo in Hom nie, 38 dat die woord van Jesaja
οὐκ ἐπίστευον εἰς αὐτόν, 38 ἵνα ὁ λόγος Ἡσαΐου
yet they believed not on him: 38 That the saying of Esaias


die profeet vervul sou word wat hy gespreek het: HERE, wie
τοῦ προφήτου πληρωθῇ ὃν εἶπεν Κύριε, τίς
the prophet might be fulfilled, which he spake, Lord, who

het geglo in ons prediking? En die Arm van die HERE, aan wie
ἐπίστευσεν τῇ ἀκοῇ ἡμῶν; καὶ ὁ βραχίων Κυρίου τίνι
hath believed our report? and to whom hath the arm of the Lord

het Hy Hom geopenbaar? 39 Daarom kn hulle nie glo nie want
ἀπεκαλύφθη; 39 διὰ τοῦτο οὐκ ἠδύναντο πιστεύειν, ὅτι
been revealed? 39 Therefore they could not believe, because that

weer het Jesaja gespreek: 40 Die HERE het hulle o verblind
πάλιν εἶπεν Ἡσαΐας 40 Τετύφλωκεν αὐτῶν τοὺς ὀφθαλμοὺς
...again, Esaias said, 40 He hath blinded their eyes,

en hulle harte verhard dat hulle o nie sou sien
καὶ ἐπώρωσεν αὐτῶν τὴν καρδίαν, ἵνα μὴ ἴδωσιν τοῖς ὀφθαλμοῖς
and hardened their heart; that they should not see with their eyes,

en hulle nie sou verstaan in die hart nie, en hulle nie
καὶ νοήσωσιν τῇ καρδίᾳ καὶ στραφῶσιν,
nor understand with their heart,

sou bekeer nie, en Ek, hulle sal genees nie.
καὶ ἰάσομαι αὐτούς.
and be converted, and I should heal them.

41 Hierdie ding het Jesaja ges: Dat hy Sy Heerlikheid
ταῦτα εἶπεν Ἡσαΐας ὅτι εἶδεν τὴν δόξαν αὐτοῦ,
These things said Esaias, when he saw his glory,

aanskou het, en gespreek het aangaande Hm.
καὶ ἐλάλησεν περὶ αὐτοῦ.
and spake of him.

42 Tog, verseker, het baie van die leiers in Hom geglo,
ὅμως μέντοι καὶ ἐκ τῶν ἀρχόντων πολλοὶ ἐπίστευσαν εἰς αὐτόν,
Nevertheless among the chief rulers also many believed on him;

maar as gevolg van die Farisers, nie openlik belydend nie,
ἀλλὰ διὰ τοὺς Φαρισαίους οὐχ ὡμολόγουν,
but because of the Pharisees they did not confess him,

dat hulle nie ontkerktes sou word nie.
ἵνα μὴ ἀποσυνάγωγοι γένωνται
lest they should be put out of the synagogue:

43 Want hulle het die lof van mense liefgehad,
ἠγάπησαν γὰρ τὴν δόξαν τῶν ἀνθρώπων
For they loved the praise of men

ver meer as die eer van God. 44 Jesus het uitgeroep en ges:
μᾶλλον ἤπερ τὴν δόξαν τοῦ Θεοῦ. 44 Ἰησοῦς δὲ ἔκραξεν καὶ εἶπεν
more than the praise of God. 44 Jesus cried and said,

Hy wat glo in My, glo nie in My nie maar in Hom wat My gestuur het.
Ὁ πιστεύων εἰς ἐμὲ οὐ πιστεύει εἰς ἐμὲ ἀλλὰ εἰς τὸν πέμψαντά με,
He that believeth on me, believeth not on me, but on him that sent me.

45 en hy wat My sien, sien Hom wat My gestuur het.
καὶ ὁ θεωρῶν ἐμὲ θεωρεῖ τὸν πέμψαντά με.
And he that seeth me seeth him that sent me.

46 Ek Is Teenwoordige Lig in die wreld, dat elke gelowige
ἐγὼ φῶς εἰς τὸν κόσμον ἐλήλυθα, ἵνα πᾶς ὁ πιστεύων
I am come a light into the world, that whosoever believeth

in My nie in die duisternis sal bly nie. 47 Al sou iemand
εἰς ἐμὲ ἐν τῇ σκοτίᾳ μὴ μείνῃ. 47 καὶ ἐάν τίς
on me should not abide in darkness. 47 And if any man

my woorde hoor maar dit nie bewaar nie, Ek oordeel hom nie;
μου ἀκούσῃ τῶν ῥημάτων καὶ μὴ φυλάξῃ, ἐγὼ οὐ κρίνω αὐτόν
hear my words, and believe not, I judge him not:

want Ek het nie gekom om die wreld te oordeel nie,
οὐ γὰρ ἦλθον ἵνα κρίνω τὸν κόσμον,
for I came not to judge the world,

maar dat Ek die wreld verlos het.
ἀλλ ἵνα σώσω τὸν κόσμον.
but to save the world.

48 Hy wat My verwerp en nie my woorde vashou nie,
ὁ ἀθετῶν ἐμὲ καὶ μὴ λαμβάνων τὰ ῥήματά μου
He that rejecteth me, and receiveth not my words,

het die oordeel wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het.
ἔχει τὸν κρίνοντα αὐτόν ὁ λόγος ὃν ἐλάλησα,
hath one that judgeth him: the word that I have spoken,

Die einste sal hom oordeel in die laaste dag.
ἐκεῖνος κρινεῖ αὐτὸν ἐν τῇ ἐσχάτῃ ἡμέρᾳ
the same shall judge him in the last day.

49 Want Ek het nie uit My eie gespreek nie; maar Hy wat
ὅτι ἐγὼ ἐξ ἐμαυτοῦ οὐκ ἐλάλησα, ἀλλ ὁ
For I have not spoken of myself; but the Father which

My gestuur het my Vader self wat aan My bevel gegee het,
πέμψας με Πατὴρ αὐτός μοι ἐντολὴν δέδωκεν
sent me, he gave me a commandment,

wat Ek moet s en wat Ek moet verkondig:
τί εἴπω καὶ τί λαλήσω.
what I should say, and what I should speak. 50 And I know that

50 Ek wt, dat sy gebod ewige lewe is. Wat Ek dan spreek
καὶ οἶδα ὅτι ἡ ἐντολὴ αὐτοῦ ζωὴ αἰώνιός ἐστιν. ἃ οὖν ἐγὼ λαλῶ,
his commandment is life everlasting: whatsoever I speak therefore,

soos die Vader vir My ges het, dt is wat Ek spreek.
καθὼς εἴρηκέν μοι ὁ Πατήρ, οὕτως λαλῶ.
even as the Father said unto me, so I speak.

Gerhard Ebersoehn
Aug 13th 2017, 03:11 PM
Jammer, ek vergeet skoon dat ons hierso Afrikaans praat.

"~Passover is observed on the 14th of Nisan every year (Leviticus 23.5). Jesus and His disciples partook of the Passover in the early evening of the previous day.~"

"Pasga" was meer as een ding en meer as een dag. Dis duidelik uit die "drie dae" van die pasga waarna Jesus meermale volgens die Skrifte verwys.

Daarom is dit korrek om te ges het, Q~Passover is observed on the 14th of Nisan every year (Leviticus 23.5).~QE

Maar vers 6 verwys net sowel na die pasga, maar na die vyftiende dag van die Eerste Maand se pasga, naamlik "die eerste dag .. van sewe dae .. van ongesuurde brood, eet, in die aand eet ... en die volgende (lig)dag, dit wat oorgebly het, met vuur te verbrand."

In Exodus word AL DRIE die pasgadae aangewys met "die veertiende dag" datum omdat die pasga die "drie dae dik duisternis" van die negende en tiende plae was en weens die duisternis nie van mekaar onderskei kon word nie. So verhaal Eksodus die eerste en enigste uittogpasga wat uiteraard toe nog nie genstitusionaliseer was nie. Formele godsdienstige instelling sou eers later begin om van sononder tot sononder tussen dae te onderskei.

Jammer, ek vergeet skoon dat ons hierso Afrikaans praat.

"~Passover is observed on the 14th of Nisan every year (Leviticus 23.5). Jesus and His disciples partook of the Passover in the early evening of the previous day.~"

"Pasga" was meer as een ding en meer as een dag. Dis duidelik uit die "drie dae" van die pasga waarna Jesus meermale volgens die Skrifte verwys.

Daarom is dit korrek om te ges het, Q~Passover is observed on the 14th of Nisan every year (Leviticus 23.5).~QE

Maar vers 6 verwys net sowel na die pasga, maar na die vyftiende dag van die Eerste Maand se pasga, naamlik "die eerste dag .. van sewe dae .. van ongesuurde brood, eet, in die aand eet ... en die volgende (lig)dag, dit wat oorgebly het, met vuur te verbrand."

In Exodus word AL DRIE die pasgadae aangewys met "die veertiende dag" datum omdat die pasga die "drie dae dik duisternis" van die negende en tiende plae was en weens die duisternis nie van mekaar onderskei kon word nie. So verhaal Eksodus die eerste en enigste uittogpasga wat uiteraard toe nog nie genstitusionaliseer was nie. Formele godsdienstige instelling sou eers later begin om van sononder tot sononder tussen dae te onderskei.

Gerhard Ebersoehn
Sep 1st 2017, 10:09 PM
Lees seblief die braailat http://bibleforums.org/showthread.php/272218-Three-days-and-three-nights-forever-buried!?p=3404771#post3404771
Read EVERY relevant Scripture in the last chapters of the four Gospels, in textual sequence put together in chronological and logical, historical order, word for word, verse by verse, context to context, using the King James Version interlinear with the Greek, and every shadow of doubt about Christ's perfect fulfilment of the Passover of Yahweh's "three days thick darkness" is dispelled sola Scriptura as per the Article of the Christian Confession of Faith, I believe in Christ, who was crucified, who died and was buried, and who “ROSE from the dead according to the Scriptures THE THIRD DAY”!

Read it HERE, http://www.biblestudents.co.za/books/Die%20Hart%20van%20die%20Evangelie%20-%20Die%20Laaste%20Lyding%20en%20Triomf%20van%20Jes us%20Christus.pdf

Gerhard Ebersoehn
Sep 4th 2017, 12:40 PM
04 09 2017
http://bibleforums.org/showthread.php/272218-Three-days-and-three-nights-forever-buried!?p=3404771#post3404771
Read EVERY relevant Scripture in the last chapters of the four Gospels, in textual sequence put together in chronological and logical, historical order, word for word, verse by verse, context to context, using the King James Version interlinear with the Greek, and every shadow of doubt about Christ's perfect fulfilment of the Passover of Yahweh's "three days thick darkness" is dispelled sola Scriptura as per the Article of the Christian Confession of Faith, I believe in Christ, who was crucified, who died and was buried, and who ROSE from the dead according to the Scriptures THE THIRD DAY!
Read it HERE, http://www.biblestudents.co.za/books/Die%20Hart%20van%20die%20Evangelie%20-%20Die%20Laaste%20Lyding%20en%20Triomf%20van%20Jes us%20Christus.pdf

Ben Cronje
Sep 9th 2017, 08:59 PM
So wat, as jy alles wat jy hier geplaas het, sou opsom, is die gevolgtrekking Gerhard?

Woensdag, Donderdag of Vrydag? :hmm:

Gerhard Ebersoehn
Sep 10th 2017, 08:01 AM
So wat, as jy alles wat jy hier geplaas het, sou opsom, is die gevolgtrekking Gerhard?

Woensdag, Donderdag of Vrydag? :hmm:

Ek is nie vir jou kwaad oor jy nog nie na die SKRIF gaan kyk het nie. Nee, ek is laaankal daaraan gewoond. Ek het ook al so bietjie geduld begin leer ken. Daarom sal ek vir jou mooi antwoord, Nee, Ben Cronje, my gevolgtrekking is nie: 'Woensdag, Donderdag of Vrydag' nie.

'Woensdag, Donderdag of Vrydag' WAT, geagte Ben Cronje?

Maar met my allerbeste naasteliefde stel ek dit aan jou dat alles wat DIE WOORD soos 'hier geplaas', die Laaste Pasgalyding en TRIOMF van Jesus Christus "ons Pasga" en "Lam van God" 'opsom', hierop neerkom:

Donderdag ter helle neergedaal, geoordeel, verneder, gekruisig, GESTORWE, VERLAAT;

Vrydag: "Gevra", "deursteek", "toegestaan", "gebring", "ontvang", "geneem", "uitgestrek", "behandel / versorg", "gebalsem", "toegedraai"; "Gevolg", "gesien", "neergel", "toegemaak", BEGRAWE, "VERLAAT".

Sabbat: "groot aardbewing", "engel daal neer", "rots weggewerp". OPGESTAAN, VERHEERLIK.

Sondag: "gesien".

Gerhard Ebersoehn
Oct 13th 2017, 10:09 AM
'n Halwe eeu al spreek die Skrif tot my oor hierdie saak waaroor Jesus, self, en dikwels, en met gesag en nadruk, DUIDELIKE uitsprake gemaak het --- uitsprake wat Hy, Self, UITGELEEF het en WAARGEMAAK het!

Die Skrif het tot my gespreek en spreek nog steeds. Dit was en dit is steeds hoe hierdie saak by my ontkiem en opgekom en gegroei en gegroei en DEURENTYD bly groei het! Ja, tot nog so onlangs as hierdie afgelope week wat ek weer iets ontdek het wat ek lankal terug al, ontdek gehad het, maar wat ek in die oorweldigende proses en reeks van ontdekkings, onaangeraak agterwe laat bly het.

Dat ek nie spin nie maar die waarheid praat is waar: die bewys daarvan is daar. Dis in my Nestle Aland onderstreep in rooi. In van die ouer handskrifteversamelings. Want die KJAV het dit nie in nie. Soos almal weet is die KJ uit Erasmus se kompilasie vertaal. Erasmus se versameling staan bekend as die Textus Receptus. Erasmus het dit eenvoudig goed gedink om dit nie in sy samestelling op te neem nie; of Erasmus het nie van die relevante handskrifte geweet nie. Wat ookal die geval mag gewees het, Erasmus sou ek vanselfsprekend aanneem, het om goeie rede nie hierdie drie dinge wat ek nou gaan uitwys, in sy TR opgeneem nie, en daardie rede was OMDAT hy 'n Rooms-Katoliek was, en Rooms-Katolieke in 'PASE' / 'EASTER'---'Goeie Vrydag en Paas-Sondag', glo. 'Goeie Vrydag' Kruisiging, dood EN BEGRAFNIS vanselfsprekend; en 'Paas-Sondag' Opstanding dan, natuurlik, vanselfsprekend. Hoe kan mens nog twyfel n!? Ja verseker. Spreek twyfel hieroor uit en maak 'n groot gek van jouself.

...eers tyd vir hersiening...

Gerhard Ebersoehn
Oct 13th 2017, 10:54 AM
Eers oor HOE die Skrif tot my gespreek het.

Deur my 'Ou' Afrikaanse vertaling van 1933 plus so dan en wan deur wat ek uit die KJ uit gehoor lees was. L.g. baie selde (of ooit). E.g. gereeld; my pa en ma was ware Christengelowiges. Tot ek so dertig jaar oud was, voor die 1983 Afirkaanse vertaling uitgekom het wat hulle --soos ek later sou uitvind-- uit die New International Version (NIV) vertaal het. Nie uit 'die oorspronklike tale' nie, laat my maar nou-al staaf!

Mens leer heel beste deur te vergelyk; bewustelik of onbewustelik. Dit het ek skielik en glashelder agtergekom die dag toe ek vir die eerste keer in my lewe 'n Engelse Bybel --toevallig die NIV?-- gelees het. En (toevallig?) uit Markus 15:42! Dadelik en sonder dat ek enigiets in daardie rigting gedink of vermoed of eers van gehoor of geweet het, het die opvallende en ondubbelsinnige WEERSPREKING in en weersprekendheid van hierdie nuwe Bybel en die twee Bybels waarmee ek vertroud was, my opgeval.

Moenie my vertel dis m innovasies nie. Dis die grootkop VERTALERS s'n! Dis alles wat hlle, my voorskryf en leer uit die Boek wat hlle s, Die Woord van God is!

Nou so het my leer- en ontdekkings-maak-proses begin en so het dit aangegaan tot nou hierdie afgelope week, weer 'n keer dieselfde ding: net in 'n ander teksvers en ander Evangelie. Hierdie keer in Lukas naamlik in Lukas 23 en 24... daar waar ek die rooi onderstrepe getrek het in die Griekse Teks(variante). Dit gaan oor dieselfde 'vraag' oor 'die Pase' en oor of Jesus op Sondag opgestaan het of nie (vir eers).

...hersientyd...

Gerhard Ebersoehn
Oct 18th 2017, 03:59 AM
https://web.facebook.com/christiaan.ebersohn
Daar is drie veranderings, glashelder weglatings uit die Grieks in Lukas 23:54 en 24:1 met die onteenseglike bedoeling om Kruisigingsdag en Begrafnisdag na dieselfde dag te laat lyk!
Lukas 23:54 KJAV verraai sigself: "That Day, was the Preparation". Laaste sien van die blikkantien! Na KJAV sien jy hom nooit weer nie. Dit word sommer net: "Dit was die Voorbereiding". Party 'bybels' het: "Dit was Vrydag", sowaar as vet! Tjek maar op! Dit was die Sesde Dag, 'Vrydag', ja; maar nie sommer net die Voorbereidings-Vrydag van die Jode nie. Dit was "Daardie Presiese Dag" van "die Pasga van Jawe" n, "die Voorbereiding" die Sesde Dag, 'Vrydag'!
En dit was in Lukas 24:1 nie sommer maar net "die vroue" --die "baie" vroue in Markus 15:40,41 Matteus 27:55,56 Lukas 23:35,48,49 nie; dit was "die TWEE vroue EN ANDER saam met hulle" --"saam met" die twee Marias: "Maria Magdalena en die ander Maria" in Markus 15:40 en Matteus 27:61, "wat toe Hy in Galilea was, Hom gevolg en gedien het en wat saam met baie ander vroue wat (almal) saam met Hom uit Galilea na Jerusalem toe gekom het en om die kruis gestaan en kyk het na die skouspel." Of soos Lukas in 23:55 skrywe: dit was "die vroue wat saam met Hom van Galilea af gekom het ... die twee vroue" naamlik die twee Marias ALLEEN, wat "agterna gekom het in die prosessie" na die graf. Hulle was naamlik hierdie "twee vroue" wat "SAAM met ANDER vroue saam met Jesus uit Galilea uit opgekom het na Jerusalem." Dit was dus die twee Marias wat by die graf gesit en kyk het hoe en waar Josef en Nikodemus Jesus se liggaam neergel het, wat in 24:1 "diepste vroegoggend op die Eerste Dag van die week na die graf gegaan het." (Lukas noem hulle een vir een in 1:10.)

Gerhard Ebersoehn
Oct 18th 2017, 03:12 PM
Die probleem vir vertalers is, dat sou hulle hierdie drie weglatings vertaal, dan wys die teks nog sterker --as wat dit daarsonder in elk geval wys--, dat die Kruisiging en Bagrafnis op twee opeenvolgende dae was; wat weer daarop neerkom dat "die derde dag": Opstandingsdag, die Sabbat was.

Nes die profetiese eerste pasga.

Dus:
As Vrydag "Daardie Presiese HELE Dag was en dit Voorbereiding was mid-namiddag en die Sabbatdag nadergekom het" op die dag van die Begrafnis, dan was Donderdag "Die Voorbereidingsdag van die Pasga" en Kruisigingsdag die dag TEVORE. Want dan bevestig vertaling van die drie weggelate tekse, dat NET die twee Maria's teenwoordig was by die Begrafnis, IN TEENSTELLING met die verskeie ander vroue benewens die twee Maria's, wat by die Kruisiging aanwesig was.

Mens gaan mos nie tweekeer op dieselfde dag vertel hoedat daar vroue was nie; en ook nie tweekeer op dieselfde dag vertel dat almal van die toneel af weggegaan het huistoe nie.

Want wie ookal die AANBREEK van die Sesde Dag (Donderdagnag) in Markus 15:42 Johannes 19:31 Matteus 27:57 Lukas 23:50 VERONTAGSAAM, verontagsaam en verknoei die WAARHEID van die Skrifte.

Want tussen die twee groepe vroue het dit "AAND geword" / "WAS dit AAND gewees"; en net so: Tussen die twee VERLATINGS van die toneel het dit "AAND geword" / "WAS dit AAND gewees"; en net so was dit inderwaarheid twee totaal anderse TONELE, waartussen dit "AAND geword het" / "dit AL AAND gewees het": wat TWEE opeenvolgende dae mt uitmaak.

Daarom: Kruisiging en Begrafnis altwee saam op een en dieselfde dag, die Voorbereidingsdag of Vrydag, is die VERSINSEL van vertalers wat dit een dag WIL maak SODAT hulle hulle 'Goeie Vrydag - Opstanding-Sondag' met 'die skrifte' kan staaf ---.

BEDROG! ...is al wat dit is!