PDA

View Full Version : Goeie Christelike DVD's, Boeke, CD's en Videos



CFJ
Mar 25th 2008, 06:01 PM
Daar is ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid Christelike materiaal in Afrikaans beskikbaar nie, maar daar is bepaald meer as wat mens besef. Plaas enige inligting wat jyself kan aanbeveel, rakende DVD's, boeke, CD's en videos in hierdie draad. Dit sal ander help om keuses te maak, want mens kan nie alles vir soetkoek opeet wat tans in die handel beskikbaar is nie. Gee ook sommer 'n resensie as jy dit enigsins nodig vind. Natuurlik sal Engelse materiaal ook waardeer word, laat weet gerus as jy van iets weet wat die moeite werd is om te deel!

Hier is 'n skakel (Truth To Tell Media) oor David Pawson se werk (http://www.truthtotell.co.za/). Mens kan hom werklik aanbeveel en daar is 'n verskeidenheid boeke, DVD's en CD's beskikbaar. Onder andere is daar 'n reeks van 45 DVD's oor die hele Bybel. Dit is nie dogmaties nie en sluit basies net die Bybel oop, rakende die struktuur van elke boek en agtergrond wat nodig is, om te weet wat die doel van die boek is. Levitikus en Numeri, wat vir meeste mense baie vervelige boeke is, kry sommer nuwe waarde, na jy besef hoe relevant dit wel is, om hierdie boeke te bestudeer. David Pawson gaan baie analities te werk en bring Jesus tot lewe deur die Ou Testament. Byvoorbeeld...


Drie uur die middag is die paaslam geslag en drie dae later het die Israeliete deur die Rooi-see getrek, waarna die wet 50 dae later ontvang is op die berg Sinai. Hierdie inligting trek soos vele ander, 'n direkte parallel met die werklikhede van Jesus se lewe op aarde!

Phil Fourie
Mar 25th 2008, 06:34 PM
Ferdi, ek kan die twee DVD reeks van Dr. John McArthur, genaamd Does the Truth Matter Anymore ten sterkste aanbeveel ;)

CFJ
Mar 25th 2008, 06:50 PM
Ferdi, ek kan die twee DVD reeks van Dr. John McArthur, genaamd Does the Truth Matter Anymore ten sterkste aanbeveel ;)

Phil,

Waar kan mens dit bestel, want CUM of Gospel Direct hou nie enige DVD's van hom aan nie? Ek het al gesoek en het 'n boek of twee (ook sy Studie-Bybel) van John McArthur wat werklik uitstekend is en sal graag hierdie DVD's onder oŽ wil kry.

Phil Fourie
Mar 25th 2008, 07:05 PM
Ek gaan vir jou uitving Ferdi, ek sal my dominee vra, ek het destyds dit by hom geleen

Antonvs
Mar 26th 2008, 01:42 AM
Manne, as julle John MacArthur material soek - wel laat weet my ek is in sy kerk

Phil Fourie
Mar 26th 2008, 06:39 AM
En jy sÍ dit nou eers Anton, skies ek gaan bietjie van die onderwerp af, maar hoe ervaar jy sy gemeente?

Antonvs
Mar 27th 2008, 11:53 PM
Weet jy noem MacArthur en Grace Kerk - fundementaliste, maar ek se vir jou ek
het nog nooit sulke vrygewige, liefdevolle en toegewyde gemeente in my lewe gesien nie.

Dit is iets ongelooflik om op 'n Sondag 8000 mense te sien, daar is twee oggende dienste deur John, en omtrent 10 ander dienste vir wat hulle noem Adult sunday School.

Ons laai ons kinders 08h00 af by die Sondagskool en gaan haal hulle eers twaalfuur - daar kry hulle 'n OT en NT klassie - en my kinders is 2 en 4 jaar oud.

Ja, daar kom nie verniet jaarliks 4-5000 besoekers per jaar na Grace toe

Phil Fourie
Mar 28th 2008, 12:16 PM
Anton, ek gaan 'n draad oopmaak in Alles en nog Wat genaamd "Hoe hou julle kerk", wil jy nie vir ons meer kom vertel op daardie draad hoe julle gemeente funksioneer nie.

Ek sal dit vreeslik baie geniet

Dankie en groete
Phil

CFJ
Mar 30th 2008, 11:06 AM
As daar DVD's is wat almal tans aan die praat het, dan is Louie Giglio s'n sekerlik ook ingesluit en mens kan met groot vrymoedigheid hierdie DVD's aanbeveel. Veral die eerste 2 DVD's in sy reeks is redelik bekend, "How Great is our GOD" en "Indescribable". Hulle is by CUM boeke beskikbaar en kos tans heelwat goedkoper as normaalweg.

LienQ
Apr 28th 2008, 06:30 PM
Ek is op soek na boeke van Charles Lorum. Weet enige iemand dalk iets van hom? Ek het 'n uittreksel van hom gelees wat gaan oor Gelowiges en Trauma. (hoe 'n christen trauma beleef en hanteer)

Lanie
Oct 6th 2008, 04:32 PM
Kan julle dalk vir my sÍ waar ek die flieks, Facing the Giants, Flywheel en Fireprook kan bestel. Ek het by Kalahari.net gesoek maar kry niks.

Sonia Smit
Oct 8th 2008, 02:06 PM
As daar DVD's is wat almal tans aan die praat het, dan is Louie Giglio s'n sekerlik ook ingesluit en mens kan met groot vrymoedigheid hierdie DVD's aanbeveel. Veral die eerste 2 DVD's in sy reeks is redelik bekend, "How Great is our GOD" en "Indescribable". Hulle is by CUM boeke beskikbaar en kos tans heelwat goedkoper as normaalweg.

Ons is nou besig om Louie se DVD the kyk - Hope. Sover gaan dit goed en ek het How Great is our God en Indescribable gesien en dit was awesome!

marline
Oct 20th 2008, 06:57 PM
Ek het 'n rukkie terug op tv 'n cd van Lukie Carels gesien "rocking Gospel" Dit was vreeslik mooi, ek het nou al oral gesoek maar nieman weet waar om dit te kry nie. Kan imand my dalk hier help?

Phil Fourie
Oct 27th 2008, 06:56 AM
Ek het sopas AW Tozer se boek, The Persuit of God, klaar gelees en kan dit waarlik aanbeveel.

Dit was 'n uitstekende boek, toe ek die laaste bladsy klaar gelees het was ek hartseer dat ek klaar was met die boek, daar is min sulke boeke, vir my is dit gewoonlik maar 'n struweling om deur sekere skrywers se boeke te werk, maar nie hierdie boek nie. Tozer spreek ware geestelike groei, heiligmaking, gebed en geloof aan op 'n kragtige manier, hy skryf oor dinge wat ons almal weet, dinge wat nie snaaks of nuut is vir ons nie, maar dinge wat elkeen van ons weer bietjie kan hoor, veral op die manier soos net Tozer dit kan stel. As jy klaar die boek gelees het, voel dit asof Tozer 'n persoonlike vriend van jou is, hy gee jou die geleentheid om in sy eie hart in te kyk en te deel in sy eie geestelike ervarings.

Neem kennis dat wanneer jy 'n boek van Tozer lees jy wel te doen het met 'n persoon wat sterk Calvinisties is, maar wat die evangelie en genade, 'n persoonlike verhouding met God as die kern van 'n Christen se lewe plaas, hy skryf byvoorbeeld:

"God wil not hold us responsible to understand the mysteries of election, predestination and the devine sovereignty. The best and safest way to deal with these truths is to raise our eyes to God and in the deepest reverence say. 'O Lord, Thou knowest'." - AW Tozer (The Persuit of God)

Dan gaan hy verder en skryf aangaande begenoemde:

"Prying into them may make theologians, but it will never make saints" - AW Tozer (The Persuit of God)

Sy verstaan van sekere kern elemente is so eenvoudig en sy illustrasies daarvan uitstekend. Hy beskryf byvoorbeeld geloof as volg in hierdie boek:

"Like the eye which sees everything in front of it and never sees itself, faith is occupied with the Object upon which it rests and pays no attention to itself at all" - AW Tozer (The Persuit of God)

Hierdie is waarlik 'n boek wat ek kan voorskryf vir diegene wat erns maak met hul gebedslewens en geestelike groei.

Groete
Phil

mari
Feb 19th 2009, 06:37 PM
Kalahari.net het 'n massiewe boek uitverkoping ..... Studiebybels van R29, van Spurgeon se boeke so min as R9 ens....
Oom Solly en Nina Smit se oulike boeke en dagstuk albums ens...ens... ens.....

die boekwurms hier kan gerus gaan kyk en sien wat aan te beveel is.......

boekegroete
m

Johnny
Mar 26th 2009, 10:16 AM
Vir goeie Afrikaanse dvd's oor misleiding, die eindtyd, wederkoms, Israel, ens. kan my webblad besoek word. Hier is 'n direkte skakel na beskikbare lys.

http://www.oospoort.co.za/source/dvd.html

Van die videos kan ook afgelaai word by

http://www.oospoort.co.za/source/video.html

Daar is GEEN kopiŽreg op ons materiaal nie.

EDIT:

Johnny, asb. plaas jou webblad adres in you profiel,,,, en nie in elke pos wat jy hier pos nie.
Dankie ACCM

Johnny
Mar 27th 2009, 05:29 AM
Hoe en waar kom ek by my profiel uit. As 'n nuweling hier moet ek nog die "ropes" leer ken....en die kanale. Is daar Írens 'n skakel waarheen ek kan gaan om al "in's en outs" van die forum te lees/leer?

MG Van Wyk
Mar 27th 2009, 05:40 AM
Hoe en waar kom ek by my profiel uit. As 'n nuweling hier moet ek nog die "ropes" leer ken....en die kanale. Is daar Írens 'n skakel waarheen ek kan gaan om al "in's en outs" van die forum te lees/leer?

Hi Johnny en welkom hier by ons.
As jy links bo kyk gaan jy 'n link USER CP kry daar kan jy jou profiel verander en al die informasie op sit. ;)

Wat die reels betref. Elke forum het 'n reels bladsy of 'n lees hierdie eers.
Kyk maar net uit vir hierdie as jy in 'n forum soos alles en nog wat ingaan.

Groete Mari

Phil Fourie
Mar 27th 2009, 06:29 AM
Johnny

Sorg net dat jy dievolgende ook deurgaan, dan behoort jy al goed op jou paadjie te wees hier op Bible Forums asook dan natuurlik op Lighuis:

Board Rules (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=32)

en

FAQ's (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=11)

Lees maar so bietjie deur daardie forumpies en dan behoort jy sommer goed te weet waaroor Bible Forums gaan en wat is en wat is nie toelaatbaar hier nie, wat jy kan en wat jy nie kan doen nie.

Groete
Phil

Johnny
Mar 27th 2009, 10:05 AM
Dankie julle almal vir die hulp. Ek het 'n hart wat brandend is om die waarheid met mense te deel....en partykeer oorywerig!

Retha F
Jan 5th 2010, 01:15 PM
Goeie Christelike boeke?

Mere Christianity, deur CS Lewis. Ek gesels nou laas met 'n klompie Christen-vroue waarvan verskeie lief is om die nuutste godsdienstige boek te lees, en nie een van hulle het al van hierdie klassieke werk gehoor nie! Tragies!

Naas die Bybel, is dit die een Christelike werk wat ek die meeste aanbeveel. Die boek het al sedert hy geskryf is talle Christene gehelp om nuut te dink oor hulle geloof, en dit beter te verstaan.

Kyk ook CS Lewis se ander nie-fiksie uit.

Opsoek
Jan 10th 2011, 10:37 AM
Hi Almal

Ek weet van 'n Afrikaanse Christelike skrywer wat die brandende vrae van Christene behandel in sy boeke. Sy webwerf is .thedivinetruth.net. Daar is ietsie vir almal.

Groete

CFJ
Jan 10th 2011, 10:59 AM
Hi Almal

Ek weet van 'n Afrikaanse Christelike skrywer wat die brandende vrae van Christene behandel in sy boeke. Sy webwerf is .thedivinetruth.net. Daar is ietsie vir almal.

Groete

Welkom by ons Opsoek! Ek het gaan loer op die webblad en dit lyk op die oogaf werklik interessant en sonder om op enige detail te kon ingaan, is die wese van wat ek daar gelees het basies my eie vertrekpunt ook...

Soos die skrywer van hierdie boeke is ekself iemand wat groot geword het in Suidwes (nou NamibiŽ)...