PDA

View Full Version : Hoe hou julle kerk



Phil Fourie
Mar 28th 2008, 12:21 PM
Hierdie vlooi voort uit 'n ander draad.

Ek sal nogals graag wil hoor hoe hou julle kerk, of jy nou in 'n formele gemeente of huiskerk is, vertel mekaar bietjie hoe werk dinge daar in julle gemeente, waarmee is julle betrokke, hoe werk julle sisteem.

Asseblief, hierdie is nie 'n draad waar "church bashing" gedoen gaan word soos om te se die huiskerk metode is al wat kan werk ens of dat die of daai en so en sus nie werk nie en die en daai om moet dit en dat. As iemand in daardie rigting begin gaan, gaan sy plasings uitgevee word.

Ek wil byvoorbeeld baie graag by Anton hoor hoe werk die kerk van John MacArthur, ek sal later ook bietjie deel oor wat in ons gemeente aangaan.

Ek sien uit na almal se bydraes.

Antonvs
Mar 29th 2008, 07:11 AM
Goed, waar begin ek? Miskien net 'n paar statistieke.

Grace Community Church is in die Hart van Hollywood / Los Angeles. Daar is ongeveer 8000 kerkgangers op 'n Sondag. John MacArthur is die hoof predikant, maar daar is ongerveer 12 mede predikante, 'n stuk of 30 interns. Die kerk is werkverskaffer vir ongeveer 150 mense, onderhou ongeveer 100 sendelinge.

Daar is drie hoof eredienste wat John MacArthur preek, plus nog een "omgeegroep diens" wat "adult Sunday School" genoem word.

Die afgelope 25 jaar was hierdie kerk die vinnigste groeiende kerk in Suidelike KaliforniŽ. Ons groter buur kerke is Jack Hayford - Church on the Way. Rick Warren Saddle Back. Inteendeel hierdie streek is die Hartland v/d moderne Christendom, wat hier gebeur beinvloed die hele wÍreld.

John MacArthur sÍ ons is nie 'n "Purpose Driven Church" nie - maar 'n Bible Driven Church. Hier is my punt, vir die afgelope 30 al wat gebeur by Grace Community Church is die Woord van God word sistematies geleer - vers op vers (J.M. is al sewe jaar besig met die Lukas Evangelie). Nog nooit was daar iets anders as net prediking - ons kerk groei en groei.

Wat gebeur by die jeug? Julle speel seker "video games" en kom op die ouens se vlak - Die antwoord is nee - hulle hoor die prediking van die Woord, vers op vers. Van graad een tot ons studente groep word dieselfde ding gedoen - UITLEG van die WOORD. Week op week. En nog steed groei die jeug - geestelik en in getalle.

John MacArthur het al ek glo, 6 miljoen audio bande verkoop - ses miljoen!

Ons het 'n klein boekwinkel op die kerk gronde - so 75 vk meter groot. Direk a.g.v. die prediking v/d Woord word mense gestimuleer om meer te leer. Ek gee jou 'n raai die waarde van die verkope per jaar? Seker 1 miljoen Rand, nee probeer 21 Miljoen Rand per jaar - waar die Woord suiwer verkondig word - groei mense - word die denke gestimuleer.

Nou ja, ek wil nie spog nie - want dit is alles God se werk. John MacArthur sÍ op die gemeente se sukses "All I do is look at the depth of my ministry, and God will take care of the breadth" Wat hy bedoel is - maak seker jy is gegrond diep in die Woord en God sorg vir die omvang en impak in mense se lewens. Amen?

MrT
Mar 30th 2008, 12:08 PM
Ek behoort aan die Wilgespruit Familie gemeente. Ons het onlangs ons verbintenis met die NGK nie amptelik verbreek. Ons vorm nie meer deel van die sinode nie maar is nog deel van die ring of so iets. Dit maak egter nie saak nie, ons is 'n geesgedrewe "OU" NG Gemeente.

Ons het 6 leraars. Drie DS'e en drie PS'e. Die kerk is min of meer in 3 afdelings verdeel. Jeug, Gesinne en dan die "ou" mensies. Elke DS is verantwoordelik vir een van die bedieninge. Twee van die PS'e is 'n getroude paartjie (man en vrou) en is veranwoordelik vir die jeug. Die ander PS is 'n swart evangelis wat sy eie gemeente het en voorheen op n Sondag ons gebou gebruik het om 'n "anderstalige" erediens te hou. Die gemeente is nou by ons gemeente geinkorporeer.

Ons het 6 eredienste op n Sondag. Daar word na die behoeftes van almal gekyk en elke diens het 'n verskillende inslag.

Van die ander groter bedieninge:

Musiek bediening - het reeds vier CD's gemaak en die vyfde een is oppad.
Gebedsbediening - Korporatiewe gebed om die hele gemeente onder 'n koepel van gebed te plaas.
Barmhartigheid - Broodjies, sopkombuis, ouetehuise (Daar is seker 10 in ons dorp)
Getuienis Bediening - Konsentreer veral op Sendelinge

Ons gemeente is veral bekend vir twee kampe wat ons op 'n gereelde basis aanbied. Huweliksverrykings kamp en ontmoetings kamp. Ons was juis so drie weke terug op huwelikskamp. Een van die pare wat nie lede van ons kerk is nie het opgemerk. Dis so "Unlike" NG Kerk. Moet erken dit was nogal lekker om so opmerking te hoor.

Ons strewe daarna om 'n selkerk te word en daar is tans so 50 aktiewe selgroepe. Ons het ook n selgroep wat elke Donderdag aand byeenkom. Ons probeer om ín Bybels gebaseerde, Christus gesentreerde, Gees gedrewe sel te wees. Ons wil die beginsel van dissipelskap aanneem. Ons is ín besprekings en omgee groep wat ons geestelike interpretasies wil deel. Ons glo Bybelstudie is ín persoonlike verantwoordelikheid, en wil ons sel ín regte ďHome churchĒ maak. Ons aktiwiteite sluit in Praise and Worship, uitreiking na die Gemeenskap, bediening, beide intern en ook by ander selgroepe, onderrig in geestelike vooruitgang, intense gebed en gebed bediening. Ons wil liefde en vertroue in die sel kweek.Ons wil mekaar bedien, bid vir mekaar en geestelik groei.Ons wil geestelike hoogmoed ten alle koste vermy. Ons wil elke week se byeenkoms ín ontmoeting met God maak waar ons sy naam kan verheerlik.

Heerlik!

Roelof
Apr 3rd 2008, 07:39 AM
Ek behoort aan die Wilgespruit Familie gemeente. Ons het onlangs ons verbintenis met die NGK nie amptelik verbreek. Ons vorm nie meer deel van die sinode nie maar is nog deel van die ring of so iets. Dit maak egter nie saak nie, ons is 'n geesgedrewe "OU" NG Gemeente.

Heerlik!

My gevoel is dat al hoe meer NGK gemeentes hulle bande met die afvallige sinode gaan verbreek. Hulle gaan 'n Bybelgedrewe, geesvervulde gemeente word, of is reeds, sonder om pinkster te word.

Die "ou" NGK wat ons geken het.

Antonvs
Apr 4th 2008, 06:39 AM
Wie stel belang om halfpad om die wÍreld te reis om die mees dinamieste geestelike symposium by te woon.

1. Bybel gedrewe
2. Gereformeerd
3. 8000 mense
4. Een God wat mense se lewens verander
5. Tema 2008 : Hemel en Hel
6. Top Sprekers John Piper, John MacArthur, CJ Mahaney


klik promo video 2008 by www.resolved.org
ook hierdie is goed http://www.resolved.org/downloads/John_MacArthur_Cross.mov

[gee my terugvoer van video twee]

Kom besoek hierdie konferensie - en gaan terug huistoe veranderd en verryk en gaan impakteer jou gemeente.

Antonvs
Jun 17th 2008, 09:36 PM
Hierdie naweek was die vooreg aan my gegee om die Resolved Konferensie by te woon.

Die was dood een voudig - Heerlik in die hemelse sin

Die tema hierdie jaar was Hemel en Hel - twaalf preke oor Hemel en Hel (ek sou graag meer wou hoor), 4500 jongmense wat getrou elke lesing bygewoon het ten spyte van allerlei wereldse aantrekkinge in Palm Springs

Wereld klas sprekers en outeurs nl. J. MacArthur, John Piper, Randy Alcorn en CJ Mahaney het fantastiese eksegese oor die leering van Hemel en Hel gedoen.

Doen julleself 'n guns en laai hierdie preek af: http://www.resolved.org/Transfer.aspx?M=b14d85e9-0abb-4cb3-af85-ef148990ffae
WAARSKUWING:
Deur hierdie preek aftelaai en te luister gaan jy jouself en dalk ander blootstel aan 'n lewensveranderende woorde oor die lewe hierna - wat die Evangelis in jou gaan wakker maak, liberales en "nominale Christen" mag dalk onstel en versteur word deur hierna te luister nie.