PDA

View Full Version : Lesing 3 - Eksegetiese stappe



Philip dT
Apr 15th 2008, 09:50 AM
Inleiding

Baie mense dink dat slegs bybelwetenskaplikes of teolo by magte is om eksegese te doen. Hierdie lesings wil egter juis aan enige persoon met n begeerte na die Woord en die waarheid, hulpmiddels verskaf wat hom / haar kan bemagtig om self antwoorde te kry op vrae wat hy /sy het oor die bybel. Enige persoon kan hierdie stappe volg. Hoewel dit baie help, is dit selfs nie nodig om die oorspronklike tale van die Bybel te kan lees om eksegese te kan doen nie. Ons is baie gesend om n vertaling soos die 1933-1953 Afrikaanse vertaling te h (ons het as Griekse en Hebreeuse studente dikwels stukke uit die Ou Vertaling uit ons kop geleer, en geweet ons gaan goed doen in die vertalings as ons dit net so weergee).

Almal gaan nie noodwendig ewe diep delf of al die stappe in dieselfde diepte toepas nie. Maar in n sekere sin bly ons eksegese op sy beste steeds ontoereikend omdat ons nooit alles van die antieke mens, die taal of die bedoeling van die skrywers af weet nie. Die wreld agter die teks, wat verwys na die konteks, sosiale milieu, kultuur en simboliese universum van die mense in die Bybelse tyd, bly in n mindere of meerdere mate altyd n tentatiewe rekonstruksie, omdat ons nie oor al die inligting beskik nie. Dit is waar die rol en werk van die Heilige Gees belangik is. Hy help ons om beskeie te bly oor ons eie kennis eerder as om vinnige, kategoriese gevolgtrekkings te maak oor dit wat ons dalk wil h die teks moet beteken. n Goeie eksegeet kyk eers na so veel as moontlik detail voordat hy tot gevolgtrekkings kom, en maak dan gevolgtrekkings op n beskeie wyse.

Vervolgens som ek 8 eksegetiese stappe op, wat ek daarna in meer detail sal bespreek. Die stappe hoef nie noodwendig presies in hierdie volgorde te wees nie, en as daar van die stappe oorgesien word, beteken dit nie dat mens geen gevolgtrekkings oor die teks kan maak nie. Dikwels groei mens se insig in n teksgedeelte namate mens weer deur bepaalde stappe of aspekte van stappe werk. Daar is n sin waarin eksegese nooit klaar is nie. En dit is die ander kenmerk van n goeie eksegeet, naamlik om enige oomblik bereid te wees om weer sy eie interpretasies in her-oorweging te neem.

Eksegetiese stappe

Stap 1 Plaas die hele bybelboek in historiese konteks (simboliese universum, omstandighede van die skrywer en gehoor).

Stap 2 Ontleed die vorm van die teks. Die ideaal is om hierdie navorsing in die grondtaal te doen, maar mens kan verbasend ver kom met n letterlike vertaling (soos die 1933/1953 Afrikaanse Vertaling).
(a) Taal: woordeboekdefinisies, sinsbou en grammatika (in die grondtaal)
(b) Styl: genre (bv. gedig, prosa, brief), die unieke styl van die skrywer
(c) Struktuur: identifiseer strukturele merkers, opbou, moontlike strukturele vorms (bv. parallelismes, chiastiese struktuur, ens.), strukturele en tematiese verbande.
Stap 3 Identifiseer n moontlike fokus(se) en of hooftemas wat na vore kom vanuit die struktuur van die teks.

Stap 4 Identifiseer grense van betekenis vir konsepte in die teks aan die hand van eerste 3 stappe.

Stap 5 Identifiseer moontlike betekenis-grense of betekenisverskuiwings in relasie met soortgelyke konsepte
(a) in die hele bybelboek (co-teks) van die teks wat jy bestudeer (indien jy nie reeds met die hele bybelboek werk nie), dan
(b) in die res van die Testament waarin jy werk, dan
(c) in die res van die Bybel, dan
(d) in nadere buite-Bybelse geskrifte (bv. kerkvaders), en dan
(e) in verdere buite-Bybelse geskrifte (bv. Josefus).
Stap 6 Identifiseer interpretasiemoontlikhede vir konsepte in die teks aan die hand van grense en waarskynlikhede.

Stap 7 Identifiseer moontlike grense van betekenis wat jy as leser by voorbaat aan die teks stel (voorveronderstellings).

Stap 8 Formuleer jou interpretasie van die teks aan die hand van bg. eksegetiese stappe, en die leiding van die Heilige Gees. Kyk of dit uitdagings rig aan jou voorverstaan van die teks en hoe jy moontlik jou eie voorverstaan van die teks kan aanpas op grond van jou eksegetiese resultate.