PDA

View Full Version : Shofar



Phil Fourie
Apr 30th 2008, 10:49 AM
Hi julle

Ek wil kommentaar kry by diegene wat redelik kenners is op hierdie gebied.

Die shofar (ramshoring/basuin)

Kan iemand vir my uit die Woord aandui wanneer dit geblaas is, hoekom dit geblaas is en wat die verskillende maniere is hoe dit geblaas is.

Soos ek verstaan was die blaas vir 'n bruilof anders as bv. die blaas vir oorlog, diegene wat weet waarvan ek praat sal verstaan wat ek bedoel.

A.s.b. ek soek nie antwoorde uit die Talmud en die Rabbiniese dokumente nie, ek soek die antwoorde uit die Woord indien moontlik.

Groete
Phil

Roelof
Apr 30th 2008, 12:38 PM
Phil

Ek is nie 'n "boffin" op die gebied nie, maar hier is enkele verse:

Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met n pyl geskiet word; of dit n dier of n mens ishy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim. (Exo 19:13)

En die Gees van die HERE het Gdeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abisriete is agter hom aan opgeroep. (Jdg 6:34)

En Jnatan het die wagpos van die Filistyne verslaan wat in Geba was, en die Filistyne het dit gehoor. Daarop het Saul op die ramshoring laat blaas in die hele land om te s: Laat die Hebrers dit hoor! (1Sa 13:3)

Verder het Absalom spioene uitgestuur onder al die stamme van Israel om te s: As julle die geluid van die ramshoring hoor, moet julle s: Absalom is koning in Hebron! (2Sa 15:10)

En die priester Sadok het die horing met olie uit die tent geneem en Salomo gesalf, en hulle het op die ramshoring geblaas, en die hele volk het ges: Mag koning Salomo lewe! (1Ki 1:39)

Ta-An
May 6th 2008, 05:53 PM
Phil vir vandag se gebruik is die belangrikste (vir my) van die ramshoring om die Here daarmee te prys :pp
Psalms 98:6 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=19&CHAP=98&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=6) met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE!
Ps 98:6 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=82&BOOK=19&CHAP=98&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=6) With trumpets and sound of the ram's horn, Make a joyful noise before the King, Yahweh.

Dit was 'n manier van kommunikasie (Numerie 10) ..... en sal weer wees om gebeure aan te kondig (Boek van Openbaring) tye van vrede of oorlog.

Dit was in oorlog voering gebruik...Jerigo. Joshua 6:4 En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas;

5 en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk 'n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.

Om alarm mee te blaas Num.31:6 En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en Pnehas, die seun van die priester Elesar, na die oorlog, met die heilige voorwerpe en die trompette by hom om alarm te blaas.

Joshua 6:13 en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van die HERE gedurig geloop en blaas op die horings,
terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van die HERE aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.

Daar is kort blase,,, en lang blase, alarm blase en ..... ?? daar is geen aanduiding van hoe lank en hoeveel blase in die Bybel nie,,,, dit is meestal Joodse tradisie..... Ek is seker You tube kan jou wys hoe om te blaas.... ek weet net vir myself die asem kom vanuit daar waar jou borskas ribbes verdeel.

Jol 2:1 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=29&CHAP=2&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=1) Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby--

Jol 2:15 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=29&CHAP=2&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=15) Blaas die basuin op Sion, heilig 'n vasdag,...... roep 'n vergadering saam!

Met die gee van die 10 gebooie het die basuine ook geblaas.... Eksodus 19+20 in OT die gee van die 10 gebooie ...Deesdae met Shavuot (Pinkster) word die gee van die 10 gebooie gefier/onthou.

**** Die ramshoring herinner ons ook aan Abraham se gewilligheid om sy seun Isak te offer om G_d se gebod te eerbiedig, en toe op die laaste oomblik gee G_d aan Abraham die ram in ruil vir die offer van Isak.....

Genesis 22:8 En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.
9 Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggel; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.
10 Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.
11 Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en ges: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
12 En Hy s: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.
13 En toe Abraham sy o opslaan, sien hy meteens 'n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
14 En Abraham het di plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog ges word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.

Dit laat mens nog verder dink aan wat G_d ook nog op 'n berg (Golgota) voorsien het n?? Die plek van die Kop been... en kyk na die vorm van 'n rams horing..... dit kan nogals die profiel van 'n kop been wees :idea:

Phil kyk wat s die Hebreeuse Bybel hier :
Gen.22:14:::יד וַיִּקְרָא אַבְרָהָם שֵׁם-הַמָּקוֹם הַהוּא, יְהוָה יִרְאֶה, אֲשֶׁר יֵאָמֵר הַיּוֹם, בְּהַר יְהוָה יֵרָאֶה. 14 And Abraham called the name of that place Adonai-jireh; as it is said to this day: 'In the mount where the LORD is seen.'
Weet jy hoe lyk Golgota?? Die plek van die Kopbeen....?? Hier is so 'n duidelike bewys...... In the Mount where the L_rd is seen..... you are reminded of G_d 's provision!!! :pp :pp :pp

I never knew this!! Dankie Here vir die openbaring :pp

:cry:

Die Filadelfieer
May 7th 2008, 06:57 AM
Ek en Phil het al oor die Shofar sakie gesels, dit bly 'n interesante onderwerp. Annekke, baie dankie vir jou insette.
Weet iemand dalk waar mens so 'n ramshoring in die hande kan kry ?

Phil Fourie
May 7th 2008, 07:39 AM
Ja, ek kan vir jou een in die hande kry en Anneke kan vir jou een in die hande kry.

Ek gaan beslis vir my ene aanskaf, maar ek wil dit nie doen voor ek nie weet watter blaas vir wat is nie, want jy sien, daar is verskillende blase om verskillende dinge aan te toon, soos vir die aankondiging van 'n oorlog blaas jy op 'n ander manier as vir die aankondiging van 'n bruilof of 'n feesmaal, dit is eintlik wat ek hier probeer uitvind.

Hoe moet jy die shofar reg blaas vir watter geleentheid :hmm:

mari
May 7th 2008, 09:50 AM
Inligting oor die Christelikke, Skrif gebasserde gebruik van die Shofar :

http://www.delusionresistance.org/christian/shofar.html


Video en uiteensetting van verskillende blase by :

http://prophetnetworkeurope.punt.nl/index.php?r=1&id=368589&tbl_archief=0

Die Filadelfieer
May 7th 2008, 10:37 AM
Hier (http://www.myjewishlearning.com/holidays/Rosh_Hashana/Overview_Rosh_Hashanah_Community/Sounding_Shofar/DecodingShofar.htm) is nog 'n interesante skakel oor die onderwerp, met die joodse feeste waar die shofar gebruik word. Aan die linkerkant van die betrokke bladsy nog skakels na artikels.

CFJ
May 7th 2008, 11:02 AM
Ek en Phil het al oor die Shofar sakie gesels, dit bly 'n interesante onderwerp. Annekke, baie dankie vir jou insette.
Weet iemand dalk waar mens so 'n ramshoring in die hande kan kry ?

Fila,

Jy kan 'n koedoe gaan skiet en twee vlie met een klap inoes. Mens sien nogal heelwat koedoehorings as ramshorings. Alhoewel, 'n koedoe is nou nie eintlik 'n ram nie..., anders moet jy vir jou een van daai plastiek voevoezella's, of soiets noem hulle dit, kry...

Phil Fourie
May 7th 2008, 11:14 AM
Nee man Ferdi :rolleyes:

Jy mag 'n koedoehoring gebruik, dit is 'n tipe shofar, maar die plastiek affere gaan nie deug nie, daar is baie spesifieke maniere hoe die shofar gemaak moet woord ;)

Die Filadelfieer
May 7th 2008, 11:20 AM
Fila,

Jy kan 'n koedoe gaan skiet en twee vlie met een klap inoes. Mens sien nogal heelwat koedoehorings as ramshorings. Alhoewel, 'n koedoe is nou nie eintlik 'n ram nie..., anders moet jy vir jou een van daai plastiek voevoezella's, of soiets noem hulle dit, kry...

Ek sien hulle noem dit 'n "Yeminite" Shofar as iets anders as 'n ramshoring gebruik word. Ek dink egter nie 'n vuvuzella sal deur gaan onder hierdie benaming nie. :D

CFJ
May 7th 2008, 11:53 AM
Dankie julle, ek spot sommer en weet nie werklik veel van die onderwerp nie, maar by die afgelope MMC was daar heelwat ramshorings, veral van koedoehorings en een van die ouens kon nogal deuntjies opdis, soos mens met 'n trompet dit sou doen.

Ta-An
May 7th 2008, 07:12 PM
Fila, 'n Ramshoring kan jou enige iets van R 200 af kos tot a groot Koedoe horing vir omtrent R 3 000.

Latt weet hoeveeel jy wil spandeer,,, en wat jy wil h..... dan maak ons 'n plan :idea:

Die Filadelfieer
May 8th 2008, 12:19 PM
Fila, 'n Ramshoring kan jou enige iets van R 200 af kos tot a groot Koedoe horing vir omtrent R 3 000.

Latt weet hoeveeel jy wil spandeer,,, en wat jy wil h..... dan maak ons 'n plan :idea:

Omgepraat !
Ek sal graag 'n regte egte ramshoring wil h An, wat mooi uitgestal ook kan word, het jy enige voorstelle ? Is daar verskillende tipes/grotes ens ?