PDA

View Full Version : Tuinbou



Ta-An
May 8th 2008, 03:25 PM
Ek is 'n groentjie as dit by tuin-maak kom, ek het 'n groentetuin begin :D wanneer spuit mens vir goggas, wat spuit mens en waarvoor spuit mens :hmm:

Phil Fourie
May 8th 2008, 09:10 PM
Ek spuit gewoonlik bietjie Doom om die kaste se rante :rofl:

Van buite weet ek nou nie so mooi nie :rolleyes: :lol:

Ta-An
May 8th 2008, 09:13 PM
Phil, dis laat, jy moet nou gaan slaap :cool:

Phil Fourie
May 9th 2008, 05:40 AM
Goeie more tannie, dankie ek het jou raad gevolg en eerder in die bed gaan klim, ek dink dit het dalk gewerk :lol:

Ta-An
May 9th 2008, 07:25 AM
Wel, klaar 8km geloop en tuin nat gemaak.... en reg vir die dag....
Weet jy hoe baie verwysing daar is vir vuur en wind as G_d se manifestasie??

Die Filadelfieer
May 9th 2008, 07:34 AM
Hi An,
Ek is self besig met my nuwe groentetuintjie, probeer hierdie jaar iets heeltemal nuuts met die hidroponiese tonnels, wat nou ex-hidroponies geraak het.

As jy my sÍ wat jy geplant het, kan ek dalk vir jou 'n spuitprogram uitwerk ?

Ta-An
May 9th 2008, 07:45 AM
Hi Fila, Waar kry mens hidroponiese tonnels??

Ek het blomkool, brokkoli en spinasie wat al 10cm hoog staan, en dan het ek kale ( dit is 'n tipe kool wat 50 cm hoog groei, die blare is soet so 'n kruis tussen blaar-slaai en spinasie) saadjies in wat nou 1cm hoog staan en kopkool wat begin die grond breek, en my groen uitjies en wortels wat nognie die sonlig aanskou nie.. :)... miskien het ek die wortels te diep gesaai :(

Die Filadelfieer
May 9th 2008, 07:52 AM
An,
Ek weet mens kry kleiner tonneltjies juis vir mense wat dit by die huis wil doen, ek pm vir jou die maatskapy wat my altyd help se naam en nommer. (wil nie lyk asof ek adverteer nie) Hulle gaan heel moontlik by Nampo ook wees as jy daar wil draai.

Ta-An
May 12th 2008, 10:39 AM
My worteltjies kom op, maar iets vreet die kool blare :help:

Phil Fourie
May 12th 2008, 11:32 AM
maar iets vreet die kool blare :help:

Dit was rerig nie ekke nie :blush:

Ta-An
May 12th 2008, 11:40 AM
Dit was rerig nie ekke nie :blush:Ek gaan saam met jou begin honger raak Phil, maar ek eet darm appels ;) en net 3 X 'n week ;)

Die Filadelfieer
May 12th 2008, 11:54 AM
My worteltjies kom op, maar iets vreet die kool blare :help:


Probeer : Supermetrin / Cypermetrin of Alfametrin . As dit nie werk nie, het jy ten minste koolblare sonder blare wat effens gloei in die donker. :D

Phil Fourie
May 12th 2008, 12:17 PM
Ek gaan saam met jou begin honger raak Phil, maar ek eet darm appels ;) en net 3 X 'n week ;)

Dit is reg Ta-An, laat weet my wanneer jy begin dat ek jou in my gebede kan insluit soos ek glo jy ook nogsteeds aan my dink in jou gebede :hug:

protea
May 15th 2008, 06:47 PM
Dit was rerig nie ekke nie :blush:

Hier by ons met die Overberg Toetssentrum naby ons , is dit nie vreemd om BAIE skielik n oorverdowende geraas te hoor soos die Cheetahs of die ander vliegmasjiene jou 'bekruip' en oor die gebied donder nie. Die ander dag is ons jongste dogter se klas besig met n ingewikkelde skeinatprobleem toe dit weer sulke tyd is . Een van die
'witty' seuns vlieg toe so half vervaard op en se : 'Juffrou , dit was nie ek nie!!!':lol:

Die Filadelfieer
Jul 7th 2008, 05:35 AM
My worteltjies kom op, maar iets vreet die kool blare :help:


Hoe gaan dit nou met die groentetuin ?
My groentetjies groei nou te pragtig . (http://bibleforums.org/album.php?albumid=192&pictureid=1373)

Ta-An
Jul 18th 2008, 08:32 PM
Hoe gaan dit nou met die groentetuin ?
My groentetjies groei nou te pragtig . (http://bibleforums.org/album.php?albumid=192&pictureid=1373) Die wortels raak welig, die Broccolie is pragtig, ek het nooit geweet hoe dit groei nie.... ek eet lustig aan die spinasie, en het nou rooi-spinasie geplant.... brussel spruite is nog klein en die 'kale' kom stadig aan, het weer uitgeplant want dit het te veel koelte gekry.... die ertjies groei vinnig, ... :pp

Ta-An
Jul 18th 2008, 08:33 PM
Wow Fila, is dit jou groente tuin?? Pragtig!!!!

Die Filadelfieer
Jul 21st 2008, 08:26 AM
Het die naweek begin spinasie oes. Sal bietjie 'n foto plaas van ons "first fruits" .

Ta-An
Jul 21st 2008, 06:39 PM
Ken jy ROOI spinasie??? Ek het geplant, dit lyk soos Beetblare :eek: Ek kan nie wag om dit te proe nie..... die ertjies kom op :pp

Die Filadelfieer
Jul 22nd 2008, 10:08 AM
My vrou het die naweek 'n pakkie sade gekoop met allerhande kleure spinasie, rooi, groen, geel, oranje .... ek is heel nuuskierig oor hoe dit gaan lyk en proe. VoŽltjies is mal oor ertjieblare, jy moet kyk dat hulle nie alles opvreet nie. :note:

Ta-An
Jul 22nd 2008, 11:06 AM
My vrou het die naweek 'n pakkie sade gekoop met allerhande kleure spinasie, rooi, groen, geel, oranje .... ek is heel nuuskierig oor hoe dit gaan lyk en proe. VoŽltjies is mal oor ertjieblare, jy moet kyk dat hulle nie alles opvreet nie. :note:En,ek kan nie spieŽltjies hang nie want die voŽltjies is ook lief vir spieŽltjies :hmm: sal plastiek sakke help?? Hoe hou ek die voeŽltjies weg??
Geel en oranje spinasie??? Nog nooit van gehoor of gesien nie :o

Die Filadelfieer
Jul 22nd 2008, 11:29 AM
Hulle sÍ CD's werk maar nog nooit probeer nie, ek moes maar net oor my Írtjies en beet span....nou soek ek net nog iets vir hasies. (haelgeweer ?) :D

Ta-An
Jul 22nd 2008, 11:47 AM
....nou soek ek net nog iets vir hasies. (haelgeweer ?) :D
En dan maak jy haas-pastei :pp

protea
Jul 22nd 2008, 03:18 PM
Sal dit help om die ystervarke weg te hou as ek vir hulle HEAVY Bach speel op n CD...?;)

LienQ
Jul 22nd 2008, 03:25 PM
Wat kan ek nou in Augustus begin plant? Blomme en Groente? Wat se soort, ek bly in Standerton, maar dis nie die jaar so koud nie. Het gewonder of ek nou al kan begin tuin maak?

Ta-An
Aug 13th 2008, 08:19 PM
:B Die voŽltjies vreet my ertjie-blare !!!!!

Julle moet my brokkolie sien,:eek: dit is in die skaduwee geplant, dus het dit nie 'n ordentlike kop gevorm nie, maar sulke lang spriete, ek het dit gelos tot dit blom, en dit is heerlik soet en aantreklik in slaai :)

Hoe droog moet pampoen se pitte wees voordat jy dit kan plant??

protea
Aug 14th 2008, 06:44 PM
:B Die voŽltjies vreet my ertjie-blare !!!!!

Julle moet my brokkolie sien,:eek: dit is in die skaduwee geplant, dus het dit nie 'n ordentlike kop gevorm nie, maar sulke lang spriete, ek het dit gelos tot dit blom, en dit is heerlik soet en aantreklik in slaai :)

Hoe droog moet pampoen se pitte wees voordat jy dit kan plant??


Hulle hoef nie droog te wees om hulle te plant nie ,maar om hulle te bewaar tot planttyd (Sept) sal jy hulle in die son moet droog tot 'hulle nie meer nat is nie'.......;) Elementary, my dear Watson'....

Ta-An
Aug 14th 2008, 07:32 PM
Hoe lank groei pampoen voor jy dit kan oes??

protea
Aug 15th 2008, 03:14 PM
As jy die pampoenpitte in Sept insit , vat dit so 2 en n half mde ,maar as jy dit Okt insit net 2mde a.g.v. die verhoogde temperatuur. Probeer die groen Hubbard. Groen Hubbard en Krismis is vir my sinoniem. Dis lekkerder as poeding!

Ta-An
Aug 15th 2008, 03:45 PM
Ek sal dit probeer , dankie :pp

Son of the South
Aug 19th 2008, 12:09 PM
...Probeer die groen Hubbard. ... Dis lekkerder as poeding!
Het julle al ooit die groen Hubbard se skil geŽet? Dit is iets wat ek by my skoonfamilie aangeleer het.

Jy vat die skille en kerf dit in fyn repies. Jy kan dit in 'n roerbraai gebruik of in sop; net waar jy wil. Die lekkerste is doodgewoon opgekook met aartappel by soos jy groenbone sou maak. (In my geval met 'te veel' witpeper op.) Njammies...

Ta-An
Aug 19th 2008, 02:01 PM
Het julle al ooit die groen Hubbard se skil geŽet? Dit is iets wat ek by my skoonfamilie aangeleer het.

Jy vat die skille en kerf dit in fyn repies. Jy kan dit in 'n roerbraai gebruik of in sop; net waar jy wil. Die lekkerste is doodgewoon opgekook met aartappel by soos jy groenbone sou maak. (In my geval met 'te veel' witpeper op.) Njammies...:eek: Hubbard pampoen skil en aartappel ,seker bietjie ui daarby :hmm:,,,,, Ek moet dit onthou,,, my Hubbard pampoenpitte is geplant :pp

protea
Aug 19th 2008, 05:23 PM
Het julle al ooit die groen Hubbard se skil geŽet? Dit is iets wat ek by my skoonfamilie aangeleer het.

Jy vat die skille en kerf dit in fyn repies. Jy kan dit in 'n roerbraai gebruik of in sop; net waar jy wil. Die lekkerste is doodgewoon opgekook met aartappel by soos jy groenbone sou maak. (In my geval met 'te veel' witpeper op.) Njammies...

"Dis nes jy daar se, Les!" Al vereiste om die skille te benut, is dat die pampoen baie jonk moet wees. As jy die skil so met jou nael kan afkrap, dan is hy reg. SOTS, jy weet wat lekker is... Die peperlorrie moet nou darem nie omval nie...;)

Optimis
Aug 27th 2008, 11:08 AM
MŰre, julle slimmis ek vergeet elke jaar om pampoene vroeg genoeg te plant, gaan dit sommer nou doen. dankie vir julle poen praatjies!! Weet nie of skille rÍrig so lekke gaan wees nie...

Die Filadelfieer
Aug 27th 2008, 12:13 PM
Persoonlik dink ek pampoenplante was een van die strawwe, saam met dorings en dissels, van die sondeval. Mens moet omtrent gif spuit om die goed te laat ophou groei, of soos my een buurman gemaak het, 'n trop beeste in sy groentetuin ingejaag het. (Ter selfbehoud : hy het begin kinders en honde verloor in die boskasie)

Ta-An
Aug 27th 2008, 12:36 PM
Persoonlik dink ek pampoenplante was een van die strawwe, saam met dorings en dissels, van die sondeval. Mens moet omtrent gif spuit om die goed te laat ophou groei, of soos my een buurman gemaak het, 'n trop beeste in sy groentetuin ingejaag het. (Ter selfbehoud : hy het begin kinders en honde verloor in die boskasie)
:lol: Fila, teen die koers wat ek pampoenbrood bak glo ek nie ek het te veel pampoen pitte geplant nie....:pp

Ek het cd's gehang en die voŽltjies bly nou weg.... hulle het tot my Brussel spruite opgevreet :o

protea
Aug 27th 2008, 05:32 PM
Ek is MYLE agter julle en net 7 weke laat met my rose se snoei wat ek eers vandag klaargemaak het.... Maar die weer en wind was bietjie teen my en dan het ek nog steggies gemaak van 5 van die roossoorte en dit het alles vandag al klaargekom....:pp Voordat ek by die 'kepoen' pitte kan kom , wil ek eers van ons vyebome (6 soorte) ook steggies inle en DAN EERS kry die pampoenpitte aandag. Intussen verf ek eers... My dag is regtig 24 uur te kort...;) Groetnis.

Ta-An
Aug 27th 2008, 05:44 PM
Maar jy is 'n besige vrou :idea:

Wanneer oes mens Azalia's se sade?? Die nuwe blomme kom al uit, en my rooi sade sit nog....:hmm:

protea
Aug 28th 2008, 02:34 PM
Maar jy is 'n besige vrou :idea:

Wanneer oes mens Azalia's se sade?? Die nuwe blomme kom al uit, en my rooi sade sit nog....:hmm:

Anneke , ek het nie geweet jy KAN Azaleas met saad kweek nie . My eie Azalia's het ek met steggies wat ek in hormoonpoeier gedoop het vir wortelvorming aan die groei gekry. Dan is jy verseker van die kleur .

Ta-An
Aug 28th 2008, 04:53 PM
Ek wil 'n organiese groente tuin hou, maar nou het die een kool plant plant luise aan, wat nou??:hmm:

protea
Aug 29th 2008, 06:40 AM
Ek wil 'n organiese groente tuin hou, maar nou het die een kool plant plant luise aan, wat nou??:hmm:

Aangesien jy n organiese tuin het , spuit met 'goodies' soos n oplossing van skottelgoed opwasmiddel. Dit meng glo in met iets in die lewenssiklus van die luis en hy vrek a.g.v. die seepmengsel. Maar die ander goeie goggies soos die ladybirds word nie geaffekteer nie.

Ta-An
Aug 29th 2008, 04:22 PM
Dankie, ek het vandag gehoor, Sunlight seep en 'n tee mengsel van Lavender blare :)

Ta-An
Sep 10th 2008, 06:04 PM
Ek het vanaand Hubbard skille saam met aartappels en uie gaar gemaak.... ek het alleen geŽet,, die res van die familie het net so een kyk gegee en gesÍ: 'Nee dankie'

Dit is LEKKERRRR !!!!

protea
Sep 10th 2008, 06:41 PM
Anneke, jou komposhoop gaan n definitiewe gebrek aan pampoenskille he hierdie seisoen...:lol:

Ta-An
Sep 11th 2008, 08:07 AM
Anneke, jou komposhoop gaan n definitiewe gebrek aan pampoenskille he hierdie seisoen...:lol:
:rofl: Ek sal moet eet om voor te bly.....

Nou vir daardie pampoen broodjie..... as hy so 'n dag staan sal dit lekker wees... ek reŽl 'n tee vir Maandag..... :D

Ta-An
Sep 12th 2008, 04:56 PM
Kan ek Pynappel skille in my kompos gooi, want ek hoor ek moenie lemoenskille ingooi nie :hmm:

protea
Sep 13th 2008, 06:34 AM
Kan ek Pynappel skille in my kompos gooi, want ek hoor ek moenie lemoenskille ingooi nie :hmm:

Ek het nog altyd ALLES ingegooi. Is lemoenskille dan 'onvriendelike' skille wat nie assosieer met ander komposmaatjies nie?;)

Ta-An
Sep 13th 2008, 03:37 PM
Hulle sÍ die lemoenskille is te suur..... maar goed vir Krismisrose en Azalias....;)

protea
Mar 11th 2009, 02:58 PM
Met n skokmasjientjie as verjaardagpresent het my vierde poging hierdie jaar om n groentetuin tot stand te bring eers geslaag. En nou eet ons pampoene MET voutjies en SONDER voutjies , pampoen as bykos en pampoen as poeding , soet pampoen en sout pampoen en en ...
Die eerste proefkonyn om hom in die 'beeswagtertjie' vas te loop was nie n ystervark soos verwag nie maar n yslike, lankgesoekte , arogante, alleenloper bobbejaanmannetjie. Die 'note' van sy 'gesang' toe die beeswagtertjie hom 'knyp' was te onsamehangend om neer te skryf , maar ek glo hy sal die eina lank onthou....
Onthou julle nog julle skille resep wat jy soos groenbone gaarmaak? Gooi net baie uie en sampioene in en jy het koningskos!
Het julle groentetuine se pampoene al klaar gedra? Ons moes a.g.v. ons koel klimaat ons pampoene al 2 keer vir swamme spuit en een keer slakpille gooi .
Toe ons hiernatoe getrek het , het my man gese ek moet een vyeboom van n soort plant en net gister het ek my 22e vyeboom van 7 soorte geplant. Sjuut , moenie vir Hubby se nie..... Jou man is nie familie van jou nie , hy hoef nie alles te weet nie...;)

Ta-An
Mar 11th 2009, 05:14 PM
Ek het net een "Kroesie pampoen" gehad, maar heel party Lemoen pampoentjies. My pampoen se blare het wit skimmel gekry, en nou ook op my tamaties se blare :o



MJou man is nie familie van jou nie , hy hoef nie alles te weet nie...;) :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl:

marline
Mar 12th 2009, 05:23 AM
Verlede somer het 'n pampoen in die appel boom gerank. Dit lyk toe of die appelboom pampoene dra. :lol:

protea
Mar 12th 2009, 01:19 PM
Ek het net een "Kroesie pampoen" gehad, maar heel party Lemoen pampoentjies. My pampoen se blare het wit skimmel gekry, en nou ook op my tamaties se blare :o


:rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl:

n BAIE energieke ou tannie op Ceres het destyds van haar man gese : 'Hy hoef nie alles te weet nie want hy is nie familie nie'. Nou watter redenasie in die heelal is dit nou wil julle weet....
Sy het ook eenkeer vir n jong meisie wat in die bib met n dik James Michener boek onder die arm gestaan en wag het om dit gestempel te kry, gevra: Annie , gaan jy ook na die Walliese Mannekoor vanaand in die kerksaal luister? Annie se toe : Nee Tannie , ek en James Michener gaan bed toe. Die tannie vra toe : Is die kereltjie van Ceres?.......:rofl:

protea
Mar 12th 2009, 01:28 PM
Met die baie donderweer by julle in die Noorde die afgelope paar weke sou ek se dat julle julle pampoene EN ander groente baie gereeld met n swammiddel moet spuit anders gaan jy geen oes he nie. Die bedompige klimaat is net wat swamme soek om in te floreer.

protea
May 29th 2009, 12:01 PM
Kan julle glo dat ek nog Hubbard pampoene in my tuin het! Ek was nou wel n laat beginner ,maar agteros kom werklik in die kraal:pp Ek het wel so 14 dae gelede nog so vir oulaas n bietjie swammiddel gespuit ,maar as die plante nou wil klaarmaak , sal ek hulle toelaat...... Ek het toe 10 waatlemoene ook ge-oes ,maar dis hopeloos te koel vir spanspekke. Wens ek kon vir allie liggies van Lighuis n pampoen gee...:idea:

Die Filadelfieer
May 29th 2009, 12:33 PM
Protea,
Ek moes ook letterlik die pampoenplante uithaal want hulle wou nie ophou groei nie, bygesÍ dit was onder skadunet, maar nog steeds, dit is baie duidelik dat die seisoene vreeslik deurmekaar is. Laasjaar met pinkster het ons almal in die kerk se portaal staan en bibber, hierdie jaar kuier almal nog buite !

Ta-An
May 29th 2009, 03:54 PM
Wens ek kon vir allie liggies van Lighuis n pampoen gee...:idea:Rol hulle aan suster, my mond water!!

protea
May 30th 2009, 12:41 PM
Pampoene kan ongelukkig nie TEEN gravitasie krag OP rol Gauteng toe nie.....;)

Ta-An
May 30th 2009, 12:57 PM
So oor pampoene..... my pampoene dra net blomme sonder vrug!! Toe sÍ die sendeling vir my, pluk die blomme en maak dit gaar soos groente saam in 'n stowe gereg

Ta-An
May 30th 2009, 12:57 PM
So oor pampoene..... my pampoene dra net blomme sonder vrug!! Toe sÍ die sendeling vir my, pluk die blomme en maak dit gaar soos groente saam in 'n stowe gereg :idea:

protea
May 30th 2009, 05:01 PM
Ta -An , jy moet kyk, net as die blommetjie klaar bevrug is , net voordat die blom afval , is daar baiekeer n klyyyyn steekplekkie van die pampoenvliegie wat die vrug verhoed om te ontwikkel en dan so afspeen.
n Tannie van my man het eendag met n kuier vir ons n groentebredie gekook van daardie onontwikkelde pampoentjies ,uie en nog ander 'onkruid'/kruie plante wat sy in ons wintertuin afgepluk het , en dit was DELICIOUSO!:pp