PDA

View Full Version : Verduidelikings asb

koekoes
May 19th 2008, 07:18 PM
Ek luister en lees baie.maar daar is woorde wat net bokant my vuurmaak plek is.Sommige is engels.

chiasam,tripology,paralism,eksatologiese,analoog.E k weet hulle is verkeerd gespel.Hoop julle kan uitmaak wat dit is.Kan iemand dit vir my verduidelik asb.

Hou julle oe op Jesus.:)

Antonvs
May 23rd 2008, 10:43 PM
Hier is so bietjie hulp

chiasm - dit het te doen met die struktuur (literere struktuur) van 'n Bybel teks. Chiasm - verwys na 'n Kruis / oorkruis "X" struktuur.

typology - is waarby sekere voorwerpe in die Ou Testament eintlik 'n "beeld" was van dit wat in die Nuwe Testament sou kom. So was die 'paaslam' 'n "type " van die volmaakte paaslam - n.l. Jesus

paralism - nie so seker v/d een. (gee my meer konteks asb.)

eksatologies- dui op die eindtyd b.v. wat in Openbaring gebeur

analoog - "analogy" is beeldspraak = waarneer een onderwerp bv. 'n geestelike onderwerp vergelyk word met 'n fisiese onderwerp.

Laat weet my of dit help, en waar lees jy hierdie goed?

protea
May 24th 2008, 11:36 AM
a

Ruil jou s en k om . Dit moet seker lees: Eskatologies?

Philip dT
Jul 12th 2008, 10:37 AM
chaisme (afr) is 'n litiręre tegniek of struktuur waarin die tema's soos volg lyk:

bv.

a
b
c
d
c
b
a

"d" vorm dan die kern en die temas aan weerskante stem ooreen soos hierbo uiteengesit.

'n Parallelisme (afr) is 'n herhaling van dieselfde inhoud wat op twee maniere net na mekaar gestel word.

bv.

Spr 1:20
Die Wysheid roep hardop daarbuite,
sy verhef haar stem op die pleine,

Ananlogie (afr).

'n Analogie is 'n soort vergelyking.
bv.

My verhouding tot my kind is analoog tot God se verhouding met sy kinders.

Wenk:

tik in Google:

define:enige woord of term

bv. define:analogy

Stephanus
Dec 21st 2008, 02:46 AM
paralism - nie so seker v/d een. (gee my meer konteks asb.)
Miskien help hierdie 'n bietjie :
"Die gebruik van parallelle gedagtes. Elke versreël het gewoonlik twee lede—kom ons noem dit “versbene”—wat ten opsigte van inhoud en vorm sterk ooreenstem. Hierdie versbene hou mekaar in ewewig soos die twee arms van ’n weegskaal en gee saam die volle gedagte weer. Ongelukkig is baie van hierdie parallelle gedagtes in sommige Bybelvertalings nie meer sigbaar nie." - Van Wil Vosloo, a. V. R. F. J. (1997, c1993). Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling) (Electronic ed.) (Ps 3:1). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.